|
|
|
|
|
Dagboek
Sa 6 Junie 2026
- Rugby: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
- Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
Ma 8 Junie 2026
Di 9 Junie 2026
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)
Do 11 Junie 2026
- Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)
Vr 12 Junie 2026
Ma 15 Junie 2026
Di 16 Junie 2026
Wo 17 Junie 2026
Do 18 Junie 2026
- Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)
Vr 19 Junie 2026
- Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Die afgelope naweek het ons Dapper Stappers aan die Geelbek-oorslaapstaproete te Langebaan vanaf Saterdag, 23 Mei, tot Sondag, 24 Mei, deelgeneem. ‘n Groep van 60 ouers en kinders het saam met juff. Anika, Anthea, mnre. Keenen en Dian die pragtige staproete aangepak en hope pret in die buitelug geniet. Baie dankie aan juf. Anika en mnr. Keenen vir al die puik reëlings. Indien jy die buiteluggeleentheid gemis het, moet asseblief nie die volgende staproete wat vanaf 09 tot 11 Oktober te Greyton gaan plaasvind, misloop nie.
|
Die kwartaal 2-eksamen vir die graad 7’s het dan ook vandag met die skryf van Skeppende Kunste en Lewensoriëntering afgeskop, terwyl die graad 4 – 6-leerders volgende week op Woensdag, 03 Junie, begin. Ons hou styf duimvas vir ons leerders dat dit met hulle goed sal gaan, asook dat daar rustigheid in die huishoudings sal heers, aangesien die eksamenstresvlakke by leerders ook dikwels na die gesinne deurfilter.
|
Vandag en môre tree die volgende leerders vir hul sangoptredes by die Eisteddfod op en ons hou vir die volgende leerders styf duimvas dat dit met hulle baie goed sal gaan:
• Antjie Samuel • Coreen Scholtz • Pieter Rademeyer • Alida Loubser
|
Ons jaarlikse en baie gewilde o.10 - o.13 B-D-netbaltoernooi het ongelukkig vanjaar uitgereën. Ek weet die spelers was baie teleurgesteld, maar ongelukkig kon ons nie teen Moeder Natuur baklei nie. Weens ons skool, asook ander skole se besige buitemuurse programme, kon ons dit ongelukkig ook nie uitstel nie. Die wintersportprogram (oefeninge) vir kwartaal 2 het ook vir graad 4 – 7-leerders op Donderdag, 28 Mei, geëindig met die eksamen wat op hande is. Die graad 1 – 3-leerders se sportoefeninge eindig op Donderdag, 04 Junie. Die interne sportoefeninge gaan egter gedurende skooltyd voort en dit begin op 08 Junie en eindig op 18 Junie. Hierdie wintersportoefeninge (o.7 - o.13) gedurende die eksamen is egter vrywillig. Ons ondervinding is dat leerders die oefeninge gedurende eksamen terdeë geniet. Dit help hulle beslis om die angstigheid van eksamen te verminder, asook om net ‘n bietjie asem te skep na ‘n lang eksamensessie.
|
Navorsing toon dat leerders wat gereeld oefen en aan sport deelneem, beter tydens kognitiewe toetsing presteer, ‘n beter geheue het en meer gefokus tydens eksamens is. Ons weet ook dat om vir eksamens voor te berei en tussendeur vir vakke te studeer, geestelik en fisies uitputtend is, wat leerders dikwels moeg en afgemat laat voel. Wanneer ‘n mens egter oefen, stel jou liggaam onder andere hormone soos adrenalien en kortisol vry, wat weer help om die energievlakke te verhoog. Ek glo dat julle sal saamstem dat deur sportoefeninge vir leerders tydens die eksamen in te sluit, dit hulle beslis sal help om beter te konsentreer, beter tydens die eksamen te presteer, asook hul algemene gesondheid en welstand in die proses te verbeter.
|
Ek glo dat julle ook opgemerk het dat die sportopgraderingsprojek amptelik afgeskop het met die garages wat afgebreek is en dat hulle tans besig is om die fondasies te grawe. Ek glo dat julle saam met ons as leerders en personeel baie opgewonde is oor die bouprojek wat die volgende fasiliteite gaan insluit:
• Sportkantoor • Badkamergeriewe vir seuns en dogters • Pawiljoenarea • Klubhuis en kafeteria • Kodering- en robotika-klaskamer • Stoorspasie vir sporttoerusting
|
|
Die nuwe sportgebou en pawiljoen gaan saam met die kunsgrasveld die agterste gedeelte van ons skoolterrein esteties perfek afrond.
|
|
|
|
Verder is daar ook spreiligte op tennisbane 3 en 4 geïnstalleer om ons tennisafrigtingsure te verleng en dit help sommer ook met die algemene beligting van die skoolperseel, veral vroeg soggens in die winter of wanneer dit begin skemer raak. Graag wil ek Oloff Sieberhagen hartlik bedank vir die ruim borgskap om die oprigting van die nuwe spreiligte moontlik te maak! Dit gaan verseker ons tennisafrigting verder komplimenteer.
|
|
|
|
Op Donderdag, 28 Mei, het ons opwindende Kodering- en Robotikadag in die saal plaasgevind. Dit behels 'n interne kompetisie waar leerders in spanne ingedeel was om robotte te programmeer om spesifieke funksies op die spesiale robotikaborde uit te voer. Die onderwysers het as beoordelaars opgetree en 'n spesiale toepassing gebruik wat deur juf. Suné ontwerp is om ‘lewendige’ tellings op die groot skerm te plaas sodat spanne presies die stand van sake kon dophou. Hartlike dank aan juf. Suné wat die opwindende dag gereël het. Die doel van die dag was om gesonde kompetisie onder spanne te bewerkstellig met die fokus op spanwerk, innovasie, kreatiwiteit en die toepassing van kritiese denke. Dit was 'n trotse dag propvol pret terwyl ons hard aan 21ste-eeu-vaardighede gewerk het!
|
|
|
Ek gaan die kwartaal verder voort om bekende Afrikaanse uitdrukkings/idiome en die betekenis daarvan met julle te deel in ‘n poging om ons pragtige taal verder te promoveer, deel gerus met jou kind/ers:
|
"Banger as die duiwel vir ‘n slypsteen’’
|
Die uitdrukking beteken dat iemand buitengewoon of verskriklik bang vir iets is.
|
Ek sluit dan week 8 af en kan nie wag om julle die komende naweek langs die sportveld weg teen Laerskool Sunningdale te sien nie. Mag julle as ‘n gesin ‘n wonderlike naweek geniet.
|
Groetnis Naas Beets SKOOLHOOF
|
|
|
|
|
|
VIR AANDAG
|
|
Neem kennis van die volgende belangrike aankondigings en gebeure:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Sien belangrike inligting rakende die Junie-eksamen asook die rooster hier onder:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Dit is weer daardie tyd van die kwartaal om musiekkonsert te hou! Ons nooi almal uit om die konsert by te woon en die musiekleerders te ondersteun. Dit beloof om pragtige konserte te wees met optredes deur ons kore, houtblaasensemble, strykensemble, kleiner ensembles, en individuele items.
Jou kind se musiekonderwyser sal jou in kennis stel indien jou kind gekies is om by een van hierdie konserte op te tree.
Donderdag, 18 Junie: Graad 4-7’s
Die konsert op Donderdag, 18 Junie, is vir ons Intersenfase musiekleerders. Die volgende ensembles neem deel:
* Senior Koor
* Houtblaasensemble
* Strykensemble
* Ander kleiner ensembles
Tyd: 18h00 - 19h00
Plek: LS JvR Skoolsaal
Drag: Formele Skooldrag
Vrydag, 19 Junie: Graad 1-3’s
Die konsert op Vrydag, 19 Junie, is vir ons Grondslagfase musiekleerders. Ons junior koor en gekose musiekleerders tree op.
Tyd: 08h15 - 09h00
Plek: LS JvR Skoolsaal
Drag: Formele Skooldrag
|
|
Hou die relevante WA-groepe dop vir meer inligting, of kontak gerus vir juf Rolene indien daar enige vrae is.
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons is baie opgewonde oor ons skoolkonsert wat hierdie September plaasvind! Elke leerder word versoek om ’n bedrag van R200 by te dra om die kostes van kostuums en grimering te help dek. Leerders sal hul kostuums ná afloop van die konsert kan hou.
|
Karri sal vanaf Dinsdag, 28 April, tot en met September beskikbaar wees vir betalings.
|
|
Baie dankie vir almal se ondersteuning en samewerking om hierdie produksie moontlik te maak.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Die Kaapstadse Opera bied Georges Bizet se wêreldberoemde opera Carmen in die Kunstekaap-operahuis aan. Op 28 en 30 Mei is daar spesiale verkorte vertonings teen slegs R80. Maak gerus van hierdie wonderlike geleentheid gebruik om jou kind aan die wonder van opera bekend te stel! Datum en Tyd: * 28 Mei @ 11h00 * 30 Mei @ 14h00 Koste: R80 Kaartjies: Webtickets - CARMEN
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Neem asseblief kennis dat elke leerder self verantwoordelik is vir sy/haar persoonlike besittings by die skool. Geen onderwyser of die skool aanvaar verantwoordelikheid vir verlore of vermiste items nie. Alle verlore goedere wat opgetel word, word na die verlore goedere-hoekie geneem waar ouers self daarna kan gaan soek.
|
Ons doen ons bes om hierdie area netjies en georganiseerd te hou, ook ná skoolure. Ons vra daarom dat ouers en leerders asseblief alles weer netjies terugpak indien daar na items gesoek is.
|
Neem ook kennis dat geen leerder of ouer ander leerders se besittings mag neem indien hul eie items nie gevind word nie. Respekteer asseblief ander se eiendom te alle tye.
|
|
Dankie vir jul samewerking en ondersteuning.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
As gevolg van die koue- en natweerstoestande het ons besluit om 'n reënbaadjie as deel van ons skooldrag te ondersoek. Ons sal laat weet sodra ons gereed is om hierdie baadjie in Jan Kas te verkoop. Die skool se wapen sal hierop aangebring word om eenvormigheid in ons skooldrag te verseker. Die soft shell-baadjie sal steeds deel van die skooldrag vorm.
|
In die interimperiode mag leerders donkerblou reënbaadjies dra om hulle droog en warm te hou. Moet asseblief nie nou onnodig 'n baadjie gaan koop nie. Ons sal binnekort kennis gee van die verwikkeling.
|
Ons tree vanaf hierdie kwartaal streng op om ons kleredragbeleid te eerbiedig. Hierdeur verseker ons eenvormigheid en gesonde dissipline. Ons besef dit sal 'n tydperk neem om netjies en korrek aan te trek daarom gesels die personeel weekliks met die leerders tydens saalbyeenkomste.
|
Ons waardeer die samewerking om te sorg dat ons mooi skooldrag met trots gedra word.
|
|
|
|
|
|
|
|
Neem asseblief kennis dat Jan Kas vanaf 01 - 18 Junie gedurende die volgende tye oop sal wees:
|
Maandae & Woensdae: 07:00 - 08:00
Dinsdae & Donderdae: 12:30 - 13:30
Vrydae: GESLUIT
|
|
Jan Kas sal op 18 Junie sluit vir voorraadopname vir die res van die kwartaal.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Baie dankie aan almal wat gereeld sakke vir Jan Kas skenk, dit werk baie goed! Indien julle ekstra Woolworths-sakke by die huis het en bereid is om dit te skenk, hou asb. aan om dit na Jan Kas of Megan en Sue-Ann se kantoor te stuur. Ons het altyd nog nodig. Baie dankie!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons skool is opgewonde om hierdie kwartaal ’n welwillendheidsprojek aan te bied om Laerskool Prestwich te ondersteun – ’n minderbevoorregte skool wat hulp nodig het om kos aan hul leerders te voorsien. Ons gaan blikkies boeliebief insamel, en dit sommer in ’n prettige kompetisie tussen die klasse omskep! Hoe werk dit? ⭐ Vir elke 5 blikkies boeliebief wat ’n klas insamel, kry hulle 1 blokkie om in te kleur. ⭐ Hoe meer blikkies ingesamel word, hoe voller raak die klas se blokkaart! 🏆 Die klas met die meeste blokkies wen: 🍕 ’n Pizza-partytjie 👕 ’n Sivviedag 📅 Datums: Begin: 20 April 2026 Sluit: 8 Junie 2026
|
|
💛 Elke blikkie maak ’n verskil. Kom ons werk saam en help waar dit regtig nodig is!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Liewe Ouers Ons nooi julle graag uit om nou julle kaartjies vir die veilingsdinee te bespreek.
|
|
|
|
|
|
|
TERUGVOER
|
|
Die jongste sportuitslae, toekennings, prestasies en ander resultate:
|
|
|
|
|
|
JANNIES VAN DIE WEEK
|
|
|
|
|
SPORTUITSLAE
|
|
|
|
|
|
Op Vrydag, 22 Mei, het ons, ten spyte van die koue en reënerige weer, die pad na Sun Valley School aangedurf waar ons o.9 netbalmeisies aan ’n opwindende toernooi deelgeneem het. Die meisies het altesaam 10 wedstryde gespeel en ons is ongelooflik trots op elkeen van hulle. Hulle het deurentyd ’n pragtige voorbeeld van positiwiteit, deursettingsvermoë en om met hul hele hart te speel, geopenbaar. Elke speler het haar beste gegee en elke oomblik op én langs die baan ten volle geniet. Julle harde werk, spangees en entoesiasme maak ons baie trots!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Baie geluk aan die volgende spelers wat opgeneem is in die verskillende WP-netbalspanne.
|
o.11 Lizzy Snyders (Dolphins)
|
o.13 Solange Stevens (Dolphins) Ghia Pereira (Dove)
|
Hierdie dogters neem 15-18 Julie aan die Interdistrik toernooi te Bredasdorp deel. Ons is ongelooflik trots!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier volg die week se skaakuitslae:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier volg die week se hokkie-uitslae:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier volg die week se netbaluitslae:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Baie geluk aan Sophia Liebenberg (oud-Jannie) wat opgeneem is in die Oaks o.17-Weskaapnetbalspan.
|
Die nasionale All Ages (AA) vind tydens die Junievakansie in Boksburg plaas.
|
|
Ons is ongelooflik trots op jou, Sophia.
|
|
|
|
|
|
Volg Die Suidooster vir al die nuutste artikels, foto's en video's.
|
|
|
|
Klik HIER vir advertensies van die week
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Jy ontvang hierdie nuusbrief
|
|
omdat jy 'n ouer of ondersteuner van Laerskool Jan van Riebeeck is.
|
|
|
|
|
Laerskool Jan van Riebeeck, Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad
|
|
|
|
|
|
|