|
|
|
|
|
Dagboek
Sa 6 Junie 2026
- Rugby: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
- Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
Ma 8 Junie 2026
Di 9 Junie 2026
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)
Do 11 Junie 2026
- Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)
Vr 12 Junie 2026
Ma 15 Junie 2026
Di 16 Junie 2026
Wo 17 Junie 2026
Do 18 Junie 2026
- Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)
Vr 19 Junie 2026
- Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Vandag kom ons aan die einde van week 7 en dit beteken dat eksamens om die draai is – weereens ’n bewys van hoe vinnig die kwartaal besig is om verby te snel. Die eksamen vir die Gr. 7’s begin reeds volgende week op Vrydag, 29 Mei, en vir die Gr. 4 tot 6-leerders op Woensdag, 04 Junie, sodat ons die eksamen voor die langnaweek vanaf 13–16 Junie kan afhandel, asook om die jaarlikse Suid-Kaapsporttoer tydens die laaste week van die kwartaal te akkommodeer. Die assesserings vir die Gr. 1 tot 3-leerders het reeds die afgelope week op Maandag, 18 Mei, afgeskop en verloop klopdisselboom.
|
Eksamen/assesserings veroorsaak vir die meeste mense ’n hol kol op die maag en verhoog ongelukkig stresvlakke by leerders wat dikwels ook na die res van die gesin oor spoel. Graag versoek ek julle as ouers/voogde om ons te help om angs en spanning tydens die eksamen te bestuur sodat dit nie die oorhand kry nie. Stres voor en tydens ’n eksamen is ’n natuurlike reaksie, maar as dit reg aangewend en bestuur word, kan dit gewoonlik voordelig wees.
|
Dus, met bietjie meer as ’n week voor die eksamen afskop, deel ek graag die volgende wenke om jou kind/ers se eksamenstres, -voorbereiding en moontlik jou eie angstigheid daaroor hok te slaan:
|
• Berei betyds voor. Dit is van kardinale belang dat julle jul kind/ers sal help om vroegtydig ’n studierooster op te stel wat jou kind/ers genoeg tyd sal gee om deeglik voor te berei. Dit moet egter ook tye insluit om te ontspan, te speel en vroeg saans in die bed te spring sodat hulle voldoende slaap sal kry.
|
• Skep gerus ’n rustige en ontspanne atmosfeer by die huis, vry van enige stressors, vir jou kind/ers om effektief te leer.
|
• Skep ’n toegewyde studieruimte met behoorlike beligting en vry van geraas.
|
• Probeer gerus om ’n emosionele band met jou kind/ers te skep sodat hulle nie voel hulle hoef die eksamenpad alleen te stap nie. Vra gerus na afloop van elke dag vir hulle hoe die eksamen/assessering afgeloop het en spreek positiewe woorde uit. Laat hulle verstaan dat julle vir hulle nog steeds baie lief is, ongeag die uitslae, en hulle beslis nie op grond daarvan sal beoordeel of liefhê nie.
|
• Help jou kind/ers om die gewoonte aan te leer dat hulle elke dag die regte skryfbehoeftes en toerusting vir die eksamen inpak.
|
• Vermy asseblief gejaagdheid en veral om jou kind/ers op die nippertjie soggens voor die eksamen by die skool af te laai, want dit maak leerders angstig.
|
Sterkte met die voorbereiding vir die eksamen en assesserings wat voorlê en by voorbaat dankie dat julle ons sal help om die eksamen en assesserings ’n positiewe ervaring vir die leerders te maak.
|
Die semi-finale uitdunronde van die ATKV-Redenaars geskied op 27 en 28 Mei. Baie geluk aan die volgende leerders wat daarvoor gekwalifiseer het:
|
• Izak Steyn • Henry Jordaan • Antjie Samuel • Alida Loubser
|
|
|
Die Trinity-musiekeksamen het op Maandag, 18 Mei, by die Beau Soleil Musieksentrum te Kenilworth plaasgevind. Hierdie is uitdagende eksamens en ons is baie trots op die volgende vier leerders wat daaraan deelgeneem het:
|
• Benjie Ntloko • Natalie Lawson • Deon de Kock • Micah Nikiforos
|
Kwartaal twee word ook met die begin van die Eisteddfod geassosieer. Vandag en môre skop die sanggedeelte af en ons hou vir die volgende leerders styf duimvas met hul optredes:
|
• Noa Rademan • Lucy le Roux • Christina du Toit • Dirkie van Eeden • Kitty Partner • Antjie Samuel • Coreen Scholtz • Pieter Rademeyer • Alida Loubser
|
Laat my ook toe om ons beheerraad hartlik te bedank vir die bywoning van ons weeklikse saalbyeenkoms op Dinsdag, 19 Mei 2026. Ons het tydens die saalgeleentheid die beheerraadslede aan die leerders en personeel bekend gestel en elkeen het onderskeidelik kortliks die rol wat hulle in die beheerraad vertolk, aan die leerders en personeel verduidelik. Dit maak altyd die spesifieke saalgeleentheid baie spesiaal.
|
|
Op Donderdag, 14 Mei, het ons vanaf 07:30 Hemelvaart in die saal gevier wat deur ds. Marietjie Steyn aangebied is. Dit was deel van die Jannies vir Jesus-aksie en enige leerder, ouer of personeellid kon dit bywoon. Baie dankie, ds. Marietjie, vir hierdie spesiale Christelike geleentheid om dankie te sê vir al die wonderlike seëninge wat ons skool daagliks geniet.
|
|
|
Ons bied vanmiddag ons jaarlikse o.10 - o.13 B-D-netbaltoernooi aan. Hierdie opwindende toernooi is baie gewild en 12 skole gaan vanjaar deelneem, met 90 spanne wat ingeskryf het. Baie dankie aan die sportkantoor vir al die reëlings en mag die dogters en ouers dit terdeë geniet.
|
Ek gaan die kwartaal verder voort om bekende Afrikaanse uitdrukkings/idiome en die betekenis daarvan met julle te deel in ’n poging om ons pragtige taal verder te promoveer. Deel gerus met jou kind/ers:
|
“Skrik nie vir ’n koue pampoen nie”
|
Die uitdrukking beteken dat iemand nie sommer maklik vir iets of ’n dreigement skrik nie of maklik laat intimideer nie.
|
Ek sluit dan week 7 af. Mag julle as ’n gesin ’n wonderlike naweek geniet.
|
|
|
|
|
|
VIR AANDAG
|
|
Neem kennis van die volgende belangrike aankondigings en gebeure:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Sien belangrike inligting rakende die Junie-eksamen asook die rooster hier onder:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons is opgewonde om aan te kondig dat Laerskool Jan van Riebeeck op 28 Mei 2026 ons eerste JvR Robotikadag gaan aanbied. Die dag bestaan uit: 'n robotika kompetisie, spanuitdagings en beoordeling wat in die skoolsaal plaasvind asook koderingsaktiwiteite en praktiese STEM-aktiwiteite vir leerders tydens klastyd. Die robotika-kompetisie sal slegs vir ons Intersenfase leerders (Graad 4–7) aangebied word.
Hierdie dag bied aan ons leerders die geleentheid om die vaardighede wat hulle gedurende robotika- en koderingsklasse ontwikkel het, in ’n prettige en opwindende omgewing toe te pas en te vier. Robotika help leerders om belangrike vaardighede soos: probleemoplossing, kreatiewe denke, spanwerk, logiese redenasie en effektiewe kommunikasie vaardighede te ontwikkel - vaardighede wat noodsaaklik is vir die toekoms.
|
Ouers is ook welkom om die robotika-kompetisie wat gedurende die dag in die saal plaasvind, te kom ondersteun. Loer gerus na die sessie-indelings om te sien of jou kind deelneem en wanneer jy kan kom kyk.
|
|
Ons sien uit om ons leerders se kreatiwiteit, innovasie en harde werk saam met julle te vier!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Dit is weer daardie tyd van die kwartaal om musiekkonsert te hou! Ons nooi almal uit om die konsert by te woon en die musiekleerders te ondersteun. Dit beloof om pragtige konserte te wees met optredes deur ons kore, houtblaasensemble, strykensemble, kleiner ensembles, en individuele items.
Jou kind se musiekonderwyser sal jou in kennis stel indien jou kind gekies is om by een van hierdie konserte op te tree.
Donderdag, 18 Junie: Graad 4-7’s
Die konsert op Donderdag, 18 Junie, is vir ons Intersenfase musiekleerders. Die volgende ensembles neem deel:
* Senior Koor
* Houtblaasensemble
* Strykensemble
* Ander kleiner ensembles
Tyd: 18h00 - 19h00
Plek: LS JvR Skoolsaal
Drag: Formele Skooldrag
Vrydag, 19 Junie: Graad 1-3’s
Die konsert op Vrydag, 19 Junie, is vir ons Grondslagfase musiekleerders. Ons junior koor en gekose musiekleerders tree op.
Tyd: 08h15 - 09h00
Plek: LS JvR Skoolsaal
Drag: Formele Skooldrag
|
|
Hou die relevante WA-groepe dop vir meer inligting, of kontak gerus vir juf Rolene indien daar enige vrae is.
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons volgende oggendkonsert vind Dinsdagoggend, 26 Mei, in die NASORG plaas. Die volgende leerders tree op: Maja le Roux - Klavier Hugo van den Heever - Klavier Emma Kuys - Klavier Matthias Ackerman - Klavier Jamie Jordaan - Klarinet Pieter Derksen - Tjello Emma Venter - Tjello Joe Barnard - Klavier Henry Jordaan - Tjello Jacques du Toit - Klavier Anna-Sophia Leach - Viool Anya Greeff - Klavier Daar word ook kunswerke van hierdie leerders in die Nasorg uitgestal, waarna julle gerus voor óf na die konsert kan kyk. Hier is enkele algemene reëlings rondom die verrigtinge: * Deelnemende leerders meld stiptelik om 07h45 in die Nasorg met hul instrument aan. Juf Bea en/of mnr Ben sal daar wees om hulle te ontvang en te help om instrumente te stem. * Elke deelnemende leerder bring een of twee maatjies saam om die konsert by die woon. Ons het ongelukkig nie spasie om meer leerders te akkommodeer nie. * Ouers is welkom om te kom luister - bring gerus koffie saam! * Gebruik asb die deur by die Nasorg om in te kom - die senior koor oefen in die saal, en ons wil hulle nie steur nie. Tyd: 08h00 - 08h30 Plek: Nasorg
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons is baie opgewonde oor ons skoolkonsert wat hierdie September plaasvind! Elke leerder word versoek om ’n bedrag van R200 by te dra om die kostes van kostuums en grimering te help dek. Leerders sal hul kostuums ná afloop van die konsert kan hou.
|
Karri sal vanaf Dinsdag, 28 April, tot en met September beskikbaar wees vir betalings.
|
|
Baie dankie vir almal se ondersteuning en samewerking om hierdie produksie moontlik te maak.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Die Kaapstadse Opera bied Georges Bizet se wêreldberoemde opera Carmen in die Kunstekaap-operahuis aan. Op 28 en 30 Mei is daar spesiale verkorte vertonings teen slegs R80. Maak gerus van hierdie wonderlike geleentheid gebruik om jou kind aan die wonder van opera bekend te stel! Datum en Tyd: * 28 Mei @ 11h00 * 30 Mei @ 14h00 Koste: R80 Kaartjies: Webtickets - CARMEN
|
|
|
|
|
|
|
|
|
As gevolg van die koue- en natweerstoestande het ons besluit om 'n reënbaadjie as deel van ons skooldrag te ondersoek. Ons sal laat weet sodra ons gereed is om hierdie baadjie in Jan Kas te verkoop. Die skool se wapen sal hierop aangebring word om eenvormigheid in ons skooldrag te verseker. Die soft shell-baadjie sal steeds deel van die skooldrag vorm.
|
In die interimperiode mag leerders donkerblou reënbaadjies dra om hulle droog en warm te hou. Moet asseblief nie nou onnodig 'n baadjie gaan koop nie. Ons sal binnekort kennis gee van die verwikkeling.
|
Ons tree vanaf hierdie kwartaal streng op om ons kleredragbeleid te eerbiedig. Hierdeur verseker ons eenvormigheid en gesonde dissipline. Ons besef dit sal 'n tydperk neem om netjies en korrek aan te trek daarom gesels die personeel weekliks met die leerders tydens saalbyeenkomste.
|
Ons waardeer die samewerking om te sorg dat ons mooi skooldrag met trots gedra word.
|
|
|
|
|
|
|
|
Neem asseblief kennis dat Jan Kas vanaf 01 - 18 Junie gedurende die volgende tye oop sal wees:
|
Maandae & Woensdae: 07:00 - 08:00
Dinsdae & Donderdae: 12:30 - 13:30
Vrydae: GESLUIT
|
|
Jan Kas sal op 18 Junie sluit vir voorraadopname vir die res van die kwartaal.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Baie dankie aan almal wat gereeld sakke vir Jan Kas skenk, dit werk baie goed! Indien julle ekstra Woolworths-sakke by die huis het en bereid is om dit te skenk, hou asb. aan om dit na Jan Kas of Megan en Sue-Ann se kantoor te stuur. Ons het altyd nog nodig. Baie dankie!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons skool is opgewonde om hierdie kwartaal ’n welwillendheidsprojek aan te bied om Laerskool Prestwich te ondersteun – ’n minderbevoorregte skool wat hulp nodig het om kos aan hul leerders te voorsien. Ons gaan blikkies boeliebief insamel, en dit sommer in ’n prettige kompetisie tussen die klasse omskep! Hoe werk dit? ⭐ Vir elke 5 blikkies boeliebief wat ’n klas insamel, kry hulle 1 blokkie om in te kleur. ⭐ Hoe meer blikkies ingesamel word, hoe voller raak die klas se blokkaart! 🏆 Die klas met die meeste blokkies wen: 🍕 ’n Pizza-partytjie 👕 ’n Sivviedag 📅 Datums: Begin: 20 April 2026 Sluit: 8 Junie 2026
|
|
💛 Elke blikkie maak ’n verskil. Kom ons werk saam en help waar dit regtig nodig is!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons Graad 7-leerders hou ’n heerlike doughnutfondsinsameling om hul projekte en aktiwiteite te ondersteun. Doughnuts is beskikbaar teen slegs R15 elk en word Vrydae vars afgelewer.
|
|
Ondersteun gerus ons Graad 7’s.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Liewe Ouers Ons nooi julle graag uit om nou julle kaartjies vir die veilingsdinee te bespreek.
|
|
|
|
|
|
|
TERUGVOER
|
|
Die jongste sportuitslae, toekennings, prestasies en ander resultate:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
SPORT
|
|
|
|
|
|
Hier volg die week se landloopuitslae:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier volg die week se netbaluitslae:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier volg die week se hokkie-uitslae:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier volg die week se rugbyuitslae:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier volg die week se skaakuitslae:
|
|
|
|
|
|
|
SPORT JANNIE VAN DIE WEEK
|
|
|
|
|
|
|
INDIVIDUEEL
|
|
|
|
|
Ons deel met trots dat Aiyana Alfredo (Gr. 7M) haar WP-kleure in Akrobatiese Danssport verwerf het.
|
Sy het vanaf Vrydag, 8 Mei, tot Sondag, 10 Mei, aan die Akrobatiese Solo-danssport Assosiasie se WP-proewe deelgeneem, waar sy ’n eerste plek in haar afdeling, “Vlak 6 o.13”, behaal het.
|
Aiyana het hiermee ook vir WP-kleure gekwalifiseer en is genooi om aan die Nasionale Kampioenskappe deel te neem, wat einde Junie in Gauteng plaasvind.
|
|
Baie geluk, Aiyana – ons is ongelooflik trots op jou prestasie!
|
|
|
|
|
|
|
Volg Die Suidooster vir al die nuutste artikels, foto's en video's.
|
|
|
|
Klik HIER vir advertensies van die week
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Jy ontvang hierdie nuusbrief
|
|
omdat jy 'n ouer of ondersteuner van Laerskool Jan van Riebeeck is.
|
|
|
|
|
Laerskool Jan van Riebeeck, Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad
|
|
|
|
|
|
|