Share this emailCopy the public link or share it on your favorite channel.
Liewe Ouers

Dagboek

Do 27 Augustus 2026

  • Wintersport Eindig
  • Trinity Musiekeksamens by Beau Soleil Musieksenstrum (Kenilworth)

Vr 28 Augustus 2026

  • Finkom Vergadering
  • Sivvies
  • Hokkie: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal
  • Anika le Roux (Onderwyser) verjaar
  • Assessering: SW Aardrykskunde
  • Skaak: Interskole TUIS (o.9 , o.11 en o.13 span)

Sa 29 Augustus 2026

  • Rugby: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal
  • Netbal: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

Ma 31 Augustus 2026

  • GEEN SPORT

Di 1 September 2026

  • GEEN SPORT

Wo 2 September 2026

  • Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (NG Kerk Tamboerskloof)

Do 3 September 2026

  • Jannies vir Jesus
  • Wintersporttoer o.13B
  • Sanna Molepo (Terrein) Verjaar
  • Gr.7 Entrepreneursdag

Vr 4 September 2026

  • Tennis: o.13A Toernbooi by Courtrai
  • Loslitdag
  • Skaak: vs Deutsche Internationale Schule Kaapstad WEG (o.9, o.11 en o.13 span)

Sa 5 September 2026

  • Skaak Topskole Wellington (o.9&o.11)
  • SING. MOVE. PLAY. CONNECT

So 6 September 2026

  • Skaak Topskole Wellington (o.9&o.11)

Ma 7 September 2026

  • Somersport Begin
  • Tweedehandse Klereverkope

Di 8 September 2026

  • Dolinda (Nasorg) Verjaar
  • Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor
  • Koffie-en-Beskuit Konsert
  • Los alles en Lees

Do 10 September 2026

  • Somersport Eindig Tydelik
  • Jannies vir Jesus


>> SIEN DIE VOLLEDIGE KALENDER <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 14 Augustus 2026

Ek hoop en vertrou dat julle ook die afgelope langnaweek terdeë saam met jul gesinne, familie en/of vriende geniet het.

Verlede Vrydag, 07 Augustus, het agt van ons Jannies vir die eerste keer aan die ‘World Robot Olympiad’ te Curro Durbanville deelgeneem. Daar was 18 spanne in hul kategorie ingeskryf en graag wil ons die onderstaande spanne hartlik gelukwens met hul deelname en prestasie:
  • Span 1: Kohl Kushner, Rafa Lamprecht en Liam du Plessis – baie geluk met die puik algemene 2de plek en silwermedalje!
  • Span 2: Maia du Toit, Bella Malan en Leah Jacobzs.
  • Span 3: Gert van der Linde en Samuel Smit.
Ons is ongelooflik trots op al ons Robotika-leerders en graag wil ek van die geleentheid gebruik maak om juf. Suné hartlik geluk te wens met alles wat sy in terme van kodering en robotika by ons skool alreeds in ’n kort tydjie vermag het.
Op Dinsdag, 11 Augustus, is die saalboodskap deur ons 2026 Hoofdogter en Hoofseun, Mila Malan en Dane Botha, gelewer. Dit was ook hul eerste amptelike optrede as die nuwe hoofseun en -dogter en het hulle hul puik van hul taak gekwyt. Hul inspirerende boodskap het gehandel oor die belangrikheid van spanwerk in die skoolomgewing en hoe ons as leerders en personeel mekaar te alle tye moet ondersteun en help deur dik en dun, maak nie saak hoe moeilik dit partykeer is nie.

Hulle het ook onder andere verwys na Rassie Erasmus en die Springbokke wat die afgelope jare baie suksesvol is omdat hulle veral fokus op die span se beste belange en nie op individue nie. Rassie en die Springbokke is ware rolmodelle en hulle bly altyd nederig al wen hulle baie wedstryde, toernooie en wêreldbekers terwyl hulle voortgaan om nog steeds elke dag harder te werk as die dag vantevore om hul derde opeenvolgende wêreldbekerdroom na te jaag.

Mila en Dane het ook in hul boodskap verwys dat ek as skoolhoof spreekwoordelik die Rassie-rol by die skool vertolk, die onderwysers verteenwoordig al die hulpafrigters en ondersteuningspan terwyl die leerders die Springbokke is. Ek is beslis nie in Rassie se klas nie, maar wat ’n wonderlike vergelyking met ’n besondere boodskap dat met spanwerk en omgee ons soveel meer kan bereik. Die leerders en personeel het behoorlik aan die hoofleiers se lippe gehang. My beste wense vergesel ons hoofleiers vir die groot taak wat op hulle wag.

Verskeie van ons leerders het vanaf 03–07 Augustus aan die JanArte Kunstefees wat deur Hoërskool Jan van Riebeeck aangebied is, deelgeneem. Hierdie is hul eie Eisteddfod-inisiatief en ons is dankbaar dat ons deel daarvan kon wees. Baie geluk aan al ons leerders wat deelgeneem het, julle het puik presteer. Die volgende leerders is genooi om tydens die JanArte-prysuitdeling op Dinsdag, 18 Augustus, op te tree:
  • Antjie Samuel (Gedig) – Die Heks met die Aërosolkan
  • Chris Derksen (Gedig) – Ril Restaurant
  • Coreen Scholtz (Gedig) – Is jy die Mooiste?
  • Alexander Styan – Elektriese Kitaar
  • Jack Theron – Tromstel (Een item)
  • Pieter Rademeyer – Baskitaar
  • Deon de Kock – Saksofoon
  • Benjie Ntloko – Klarinet
Hierdie naweek speel ons hokkie, netbal en rugby tuis teen Laerskool Dirkie Uys as deel van Hoërskool Jan van Riebeeck se interskole teen Hoërskool Dirkie Uys. Neem asseblief weer kennis dat dit nie ons interskole is nie, want ons interskole geskied vanaf 2026 teen Laerskool Welgemoed tuis oor die naweek van 28 en 29 Augustus.

Ons o.10A- tot o.13A-netbalspanne speel Saterdag, 15 Augustus, nie teen Laerskool Dirkie Uys nie, aangesien hulle gaan uitspeel tydens die distrik-topskoletoernooi. Ons o.10- tot o.13B- en C-spanne gaan teen Laerskool Dirkie Uys se A- en B-spanne speel. Vir seker gaan dit baie sterk opposisie wees, maar dit gee geleentheid vir ons B-, C- en D-spanne om meer as een wedstryd op die dag te speel asook om blootstelling op ’n hoër vlak te kry terwyl dit ook as goeie voorbereiding vir die interskole teen Laerskool Welgemoed dien. Sterkte en beste wense aan ons o.10A-, o.11A-, o.12A- en o.13A-spanne wat môre aan die distrik-topskole-uitspeeltoernooi deelneem – ons hou styf duimvas!

Afrikaans is so ryk aan kleurryke idiome en gesegdes en daarom hou ek aan om nog bekende Afrikaanse uitdrukkings/idiome en die betekenis daarvan met julle te deel in ’n poging om ons pragtige taal verder te promoveer, deel gerus met jou kind/ers:

“As jy ’n hond wil slaan, kry jy altyd ’n stok.”

Die uitdrukking beteken dat as jy iemand kwaad wil aandoen of te na kom, jy altyd ’n rede sal vind of ’n geleentheid kry.

Ek sluit dan week vier af en mag julle ’n wonderlike naweek van sport teen Laerskool Dirkie Uys geniet.

Groetnis
Naas Beets
SKOOLHOOF

Fondsinsameling vir ons Terreinwerkers

Dit is met gemengde gevoelens dat ons aankondig dat vier van ons geliefde terreinwerkers, aan die einde van die jaar, by ons skool klaarmaak. Christopher, Elliam, Matthews en Patrick gaan, wanneer die skool vir Desember-vakansie sluit, terugkeer huis toe. Hulle is almal al meer as 16 jaar lank by die skool en is in murg-en-been Jan van Riebeeckers. Hulle is vir ons ontsettend kosbaar en het daagliks gehelp om ons skool veilig en skoon te hou. Hulle was en is altyd bereid om die spreekwoordelike ekstra myl te loop om te verseker dat alles wat ons aanpak, hetsy dit akademiese verryking, kultuurgeleenthede, sportdae of sosiale funksies is, vlot verloop.

Hierdie vier terreinwerkers het hulself daagliks by die hartklop en ritme van ons skool ingeleef en het met toewyding die skoolgemeenskap gedien. Hulle is geliefd onder leerders, personeel, ouers en selfs mense wie om en naby die skool woon en werk. Ons is hulle oneindig dankbaar vir alles wat hulle vir die skool gedoen en beteken het. Ons gaan hulle baie mis.

Gedurende hulle tyd by die skool het hulle hard gewerk om hul families op verskeie maniere te ondersteun. Elkeen het al vir hulself 'n huis tuis gebou en maak vir 'n geruime tyd planne om te kan hervestig en herenig met hul families. Die tyd het nou aangebreek waar dit sin maak om die volgende stap te neem. Ons is saam met hulle opgewonde vir die nuwe hoofstuk in hul lewens en wens hulle almal voorspoed en sukses toe, maar is ook hartseer om hulle te verloor.

Die skool en Opvoedingstrust het reeds op verskeie maniere ingetree om hulle te ondersteun met hul hervestigingsplanne om sodoende hulle te verseker dat hulle in 'n beter posisie sal wees om 'n nuwe lewe tuis te bou. Ons wil hulle graag ondersteun sodat hulle kan voortbou op dit wat hulle reeds vermag het en help dat hulle en hul families tuis kan floreer.

Elkeen van hierdie vier manne het 'n besonderse bydra tot ons skool se sukses gelewer. Ons is hulle oneindig dankbaar en wil graag die geleentheid vir ons ouers gee om te help deur 'n bydrae tot hul hervestigingskostes te maak. Ons sal dus, vir die volgende drie maande, 'n spesiale fondsinsameling op Karri oopmaak sodat ouers vir wie die saak naby aan die hart lê, 'n geleentheid bied om 'n donasie te maak.

VIR AANDAG

Neem kennis van die volgende belangrike aankondigings en gebeure:

KULTUUR

Skoolkonsert

Die konsertkaartjies op Quicket is uitverkoop! Baie dankie vir almal se belangstelling en ondersteuning!

Indien jy nog opsoek is na kaartjies, kontak asseblief vir Megan op WhatsApp - 082 794 8430

Ons sien daarna uit om saam met ons Jannie-gemeenskap ’n onvergeetlike konsert te beleef! 🎭✨

Senior Koor tree op by In Harmony saam met die Tygerberg Kinderkoor

Die Senior Koor tree eerskomende Sondag, 16 Augusuts, in die Kaapstadse Stadsaal saam met die Tygerberg Kinderkoor en kore van Laerskool Durbanville, Laerskool Panorama en Laerskool Pinehurst op. Dit is ’n glansgeleentheid waarna die koor baie uitsien!

Ons nooi die Jannie-gemeenskap uit om die koor te ondersteun - sien die skakel vir kaartjieverkope: KLIK HIER VIR KAARTJIES

JUNIOR KOOR: Kwartaal 3 Belangrike Datums

4 Augustus: Reddam Sings (Reddam Constantia) @ 18h00. Daar sal busvervoer en genoeg toesig wees. Leerders vertrek 16h00 met die bus na Reddam, en ons beveel sterk aan dat alle koorlede van busvervoer gebruik maak. Dit is altyd lekker vir die gees en luim van die groep!

2 September: Koorkonsert saam met Jiřičiky Jeugkoor (Tsjeggië), Hoërskool Jan van Riebbeeck en Laerskool Jan van Riebeeck Junior en Senior kore (LS JvR Skoolsaal) @ tbc

8 September: Kaapse Afrikaanse Eisteddfod (Laerskool Simon van der Stel) @ 16h00. Alle junior koorlede maak van busvervoer na Laerskool Simon van der Stel gebruik. Ouers is welkom om leerders na afloop van die Eisteddfod by Laerskool Simon van der Stel op te tel. Daar sal ook busvervoer terug skool toe wees na die optrede. Ons bevestig later die vertrektyd van die bus. Hou die Junior Koor WA-groep dop.

Teken hierdie belangrike datums asseblief aan. Dit is opwindende geleenthede om na uit te sien, en ons wil graag met ’n volledige koor optree!

Hou die Junior Koor WA-groep dop vir meer inligting rakende die onderskeie konserte. Kontak gerus vir Juf Bea indien daar enige vrae is.

SENIOR KOOR: Kwartaal 3 Belangrike Datums 

3 Augustus: Tafelberg Koorfees (Hoërskool Jan van Riebeeck)

1) Tyd: 18h00
2) Koorlede arriveer reeds 16h00 vir die massa kooroefening en werkswinkel saam met Mnr Pieter Bezuidenhout.
3) Kaartjies is R50 per persoon - sien die skakel op die WA-groep.

16 Augustus: Tygerberg Children’s Choir: In Harmony (Kaapstadse Stadsaal)

1) Tyd: 15h00
2) Koorlede arriveer stiptelik om 12h30 by die stadsaal sodat hulle gereed is om 12h30 met die massa kooroefening en klanktoets te begin.
3) Kaartjieverkop is reeds oop en die skakel is op die koor WA-groep.

2 September: Koorkonsert saam met Jiřičiky Jeugkoor (Tsjeggië), Hoërskool Jan van Riebbeeck en Laerskool Jan van Riebeeck Junior en Senior kore (LJvR Skoolsaal)

1) Besonderhede oor hierdie konsert sal later bevestig word.

Teken hierdie belangrike datums aan, asseblief. Dit is opwindende geleenthede om na uit te sien, en dit is altyd lekker om met ’n volledige koor op te tree!

Hou die Senior Koor WA-groep dop vir meer inligting rakende die onderskeie konserte. Kontak gerus vir Juf Rolene indien daar enige vrae is.

Orff en Kodály Werkswinkels by Laerskool Jan van Riebeeck

LsJvR bied Orff en Kodály Werkswinkels vir enige belangstellende musiek- en klasonderwysers aan! Kom woon dit gerus by!

Kontak vir Juf. Rolene vir meer inligting.

CSA Cape Studio Assessment – 30 Augustus 2026

Barbara Schreuder Dansskool nooi almal hartlik uit om ons talentvolle dansers te kom ondersteun tydens die CSA Cape Studio Assessment op Sondag, 30 Augustus 2026 by JvR Laerskool.

Dansers sal ongeveer ses moderne en kontemporêre danse en bewegingsreekse uitvoer wat spesiaal vir hul ouderdom en vlak gechoreografeer is. Hierdie informele geleentheid bied ouers, familie en vriende die geleentheid om die dansers se harde werk en pragtige optredes te geniet.

Program A: 10:00
Program B: 14:15

Parkering is agter die skool beskikbaar.

Toegang:
  • Volwassenes: R70
  • Skoolgaande kinders: R40
Betaling kan kontant by die deur of via EFT na die FNB Studio-rekening geskied.

Aan die einde van die assessering ontvang alle dansers 'n sertifikaat en 'n verslag met opbouende kommentaar. Dansers van Graad 4 tot 11 kan ook, op versoek, 'n amptelike gradering ontvang.

Vir meer inligting, kontak Barbie by 072 454 9353.

ALGEMEEN

Kennisgewing: Skool verdaag vroeër

Neem asseblief kennis van die onderstaande dae waarop die skool gedurende hierdie kwartaal weens sportverpligtinge vroeër sal verdaag. Daar sal steeds toesig beskikbaar wees vir leerders wat nie vroeër huis toe kan gaan nie. Nasorg sal gewone tyd plaasvind.
 
Vrydag, 14 Augustus, (VANDAG) verdaag om 12:15 (o.7-o.9) en 13:00 (o.10-o.13) - hokkie vs Dirkie Uys
Dinsdag, 18 Augustus, verdaag om 13:00 (o.7-o.9) en 13:30 (o.10-o.13) - Hokkie te Durbanville Curro (hokkie wat vanaf kw. 2 uitgestel is)
Vrydag, 28 Augustus, verdaag 12:00 (Interskole vs LS Welgemoed)
 

Baie dankie vir die samewerking en ondersteuning in die verband.

Die Suidooster: Bly op hoogte van alles wat by die skool gebeur!

Ons skool se kreatiewe platforms het onlangs bietjie verander. In die verlede het ons elke kwartaal 'n gedrukte koerant uitgegee en ons foto's op Die Kiek gedeel. Nou is alles op een plek!

Die Suidooster is ons skoolblog waar ons gereeld foto's, video's en artikels plaas wat 'n samevatting gee van alles wat by die skool gebeur. Behalwe nuus vanuit die skool, kry leerders ook die geleentheid om hul eie artikels te skryf en te deel. Só kan jy maklik op hoogte bly van die nuutste nuus, prestasies en gebeure.

👉 Kliek hier om Die Suidooster te besoek:
Die Suidooster – Ls Jan van Riebeeck

Kwartaal 3: Welwillendheid

Hierdie kwartaal is ons fokus om diere te help!

Wat: Bring kat- en hondekos skool toe.
Wanneer: 28 Julie - 7 September 2026
Waar: By jou registerklas

Trofees terugbring

Ons is tans besig om al die trofees wat die leerders verlede jaar tydens die prysuitdeling ontvang het, te dokumenteer. Indien u kind verlede jaar ’n trofee ontvang het, stuur dit asseblief na die Mediasentrum, aan Juffrou Marecia van Zyl.

Baie dankie vir u hulp hiermee.

Groete,
Juffrou Marecia

Boekverkope - 19 & 20 Augustus 2026

Exclusive Books bring hul boekverkope na ons skool op
19 en 20 Augustus!

✨ Boeke beskikbaar vanaf slegs R50 – daar is iets vir elke jong leser.

Moenie hierdie geleentheid misloop om jou boekrak uit te brei en 'n nuwe gunstelingboek te ontdek nie.

🗓️ Teken 19 en 20 Augustus nou op jou kalender aan!

Doughnutverkope: Bestel nou!

Ons Graad 7-leerders hou ’n heerlike doughnutfondsinsameling om hul projekte en aktiwiteite te ondersteun. Doughnuts is beskikbaar teen slegs R15 elk en word Vrydae vars afgelewer.

Ondersteun gerus ons Graad 7’s.

BESTEL NOU OP KARRI

BASJAN Ondersteunerskussing op UITVERKOPING!

Moenie die geleentheid misloop nie! Kry jou BASJAN Ondersteunerskussing nou teen die spesiale uitverkopingsprys van slegs R220.

Perfek vir die pawiljoen, sportveld of enige plek waar jy ons Jannies kom ondersteun.

💙 Slegs R220
🏉 Koop nou voor die naweek se groot sport!
⚠️ Beperkte voorraad beskikbaar – wees vinnig!

🛒 BESTEL HIER

TERUGVOER

Die jongste sportuitslae, toekennings, prestasies en ander resultate:

JANNIES VAN DIE WEEK

KULTUUR

JanArte Kunstefees: Ons leerders neem deel en presteer!

Baie geluk aan al die Jannies wat aan die JanArte Kunstefees deelgeneem het. Ons is baie trots op julle.

Instrumentaal: Solo's

  • Izak Steyn (klavier) Goud+
  • Emma-Jane Wilke (viool) Goud+
  • Joan van Vreden (saksofoon) Goud
  • Matthias Barkhuizen (klarinet) Goud+
  • Aiden Cronje (klarinet) Goud
  • Olivia Blackmore (saksofoon) Silwer
  • Henry Jordaan (tjello) Diploma
  • Louis Hofmeyer (klavier) Goud+
  • Pierre du Toit (klavier) Diploma | Diploma | Diploma
  • Antjie Samuel (klavier) Diploma | Diploma
  • Anna Leach (viool) Goud+
  • Peter More (viool) Goud | Goud+
  • Frannie Samuel (klavier) Diploma | Diploma
  • Ella van der Walt (klavier) Goud+ | Diploma
  • Hanna Thom (klavier) Goud+ | Goud+
  • Natalie Lawson (klavier) Silwer
  • Lukas Venter (klavier) Diploma
  • Jacob Venter (viool) Silwer
  • Elsie Janse van Rensburg (klavier) Goud+
  • Michaela Lawson (klavier) Goud
  • Olivia Blackmore (klavier) Goud
  • Natalie Lawson (saksofoon) Goud
  • Lukas Venter (saksofoon) Goud+
  • Deon de Kock (saksofoon) Diploma
  • Micah Nikiforos (saksofoon) Goud+
  • Jamie Jordaan (klarinet) Goud+
  • Benjie Ntloko (klarinet) Diploma
  • Ben Ward (trom) Goud+
  • Jack Theron (trom) Diploma | Diploma
  • Dane Botha (elektriese kitaar) Diploma
  • Alexander Styan (elektriese kitaar) Diploma
  • Pieter Rademeyer (elektriese kitaar) Diploma

Instrumentaal: Ensembles

  • Jacques du Toit en Luka Lonte (klavierduet) Goud+
  • Olivia Blackmore en Joan van Vreden (saksofoonduet) Goud
  • Bentjie Ntloko, Aiden Cronje, Matthias Barkhuizen (klarinettrio) Goud+
  • Natalie Lawson, Lukas Venter, Micah Nikiforos (saksofoontrio) Diploma
  • Coreen Scholtz, Jacob Venter, Anna Leach (viooltrio) Goud
    Houtblaasensemble Diploma
  • Dané Walker, Jenna Erasmus, Jamie Jordaan, Benjie Ntloko, Lukas van der Westhuizen, Lukas Venter, Natalie Lawson, Deon de Kock, Micah Nikiforos, Beulah Magerman.

Sang: Solo

  • Lucy le Roux Diploma
  • Ella van der Walt Silwer | Goud | Goud+
  • Alida Loubser Goud+ | Goud+

Sang: Ensembles

Almal slaag met Diplomas
  • Groep 1: Frannie Samuel, Emma Venter, Christopher Styan, Maya Basson, Sebastian Scott, Heike Louw
  • Groep 2: Pieter-Steph Bothma, Anton Titley, Cornelia Opperman, Emma-Jane Wilke
  • Groep 3: Marguerite Eksteen, Stella Koekemoer, Ariella Meinking, Rumi Benson, Luna Snyders, Cara Scholtz

Dramatiese Kunste: Gedig

  • Daniel Oosthuizen Goud+
  • Amelie Rossouw Goud+
  • Adel de Wet Goud+
  • Frannie Samuel Diploma
  • Lily Jordaan Goud+
  • Pierre du Toit Goud+
  • Christopher Styan Diploma
  • Remi Perreira Goud
  • Hugo Derksen Goud
  • Storm Wiese Goud
  • Christopher Styan Goud+
  • Celeste de Wet Goud
  • Christa-Bella Swart Goud+
  • Henry Jordaan Goud+
  • Antjie Samuel Diploma
  • Coreen Scholtz Diploma
  • Rupert Janse van Rensburg Diploma
  • Chris Derksen Diploma
  • Ella van der Walt Diploma
  • Pieter Rademeyer Goud+
  • Reuben Janse van Rensburg Goud+

Dramatiese Kunste: Prosa

  • Ella van der Walt Diploma
  • Pieter Rademeyer Goud

Dramatiese Kunste: Onvoorbereide lees

  • Alexander Styan Diploma
  • Henry Jordaan Goud+
  • Coreen Scholtz Diploma
  • Antjie Samuel Goud+
  • Pieter Rademeyer Goud
  • Chris Derksen Goud+
  • Ella van der Walt Goud+
  • Jamie Jordaan Goud
Volg Die Suidooster vir al die nuutste artikels, foto's en video's.

Klik HIER vir advertensies van die week

facebook instagram 
Jy ontvang hierdie nuusbrief
omdat jy 'n ouer of ondersteuner van Laerskool Jan van Riebeeck is.
Laerskool Jan van Riebeeck, Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad
Email Marketing Powered by MailPoet