|
|
|
|
|
Dagboek
Vr 26 Junie 2026
- Skole sluit (skoolvakansie)
Sa 27 Junie 2026
Di 30 Junie 2026
- Shahnee Felix (Onderwyser) verjaar
Wo 8 Julie 2026
- Claudia Abdol (Assistent) verjaar
- Leon Hanekom (Onderwyser) verjaar
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Week 10 van die kwartaal kom vandag saam met die Junie-eksamen tot 'n einde soos kwartaal twee se spreekwoordelike uurglas stadig, maar seker uitloop. Ek glo die Gr. 4 – 7-leerders is saam met hul ouers baie verlig dat die eksamen agter die rug is en dat julle as gesinne gereed is vir 'n welverdiende wintervakansie wat op ons wag. Hierdie komende naweek sluit ‘n lekker meevallertjie van ‘n buitengewone langnaweek in met ‘n skolevakansiedag wat op Maandag, 15 Junie, plaasvind asook 'n openbare vakansiedag, naamlik Jeugdag, wat op Dinsdag, 16 Junie, landwyd gevier word.
|
Jeugdag word jaarliks in ons land op 16 Junie gevier ter nagedagtenis aan die 1976-opstande deur leerders wat hoofsaaklik in Soweto plaasgevind het. Die regering van daardie tyd het slegs Engels en Afrikaans as onderrigtale toegelaat en geen etniese tale vir onderrig in skole toegelaat nie. Tragies het dit gelei tot die sterftes van meer as 600 leerders tydens die opstande wat landwyd uitgebreek het, toe die polisie op die betogende jeugdiges met lewendige ammunisie losgebrand het in hul poging om die opstand in toom te probeer hou. Vandag kan ons jeug die voorregte geniet wat deur die jeugdiges in 1976 die weg begin baan het. Mag die tragiese gebeure en diskriminasie nooit weer in ons land herhaal word nie.
|
Vanaf Maandag, 08 Junie, het die interim buitemuurse sport- en kultuurprogram in skooltyd net na afloop van die eksamensessies afgeskop. Die doel om nog steeds met sportoefeninge tydens die eksamentyd voort te gaan, is tweeledig: eerstens geniet die leerders dit terdeë om direk na ‘n lang eksamensessie uit die klas te kom, die vars lug buite te geniet en aktief te wees, wat sommer ook met hul algemene geestelike welsyn tydens die eksamen help. Tweedens help die program ook om hulle fiks te hou asook om hul spelpeil langer te handhaaf, veral met ‘n welverdiende drie weke vakansie wat voorlê. Daar is die afgelope kwartaal so hard deur ons afrigters aan die spelers se fiksheidsvlakke gewerk asook om effektiewe spelpatrone te implementeer en indien ons sportoefeninge vanaf die begin van die eksamen sou stop, plus die vakansie wat voorlê, beteken dit dat daar amper vir sewe weke geen oefeninge en/of afrigting sou plaasvind nie. Help ons gerus om jul kind/ers die komende vakansie aktief en fiks te hou deur saam met hulle lekker buitemuurse aktiwiteite te geniet indien die weer dit toelaat.
|
|
Op Saterdagaand, 06 Junie, het ons Opvoedingstrust se jaarlikse veilingsdinee by die ikoniese 'Pienk Dame', naamlik die Mount Nelson Hotel, plaasgevind. Al die kaartjies vir die glans- en fondsinsamelingsgeleentheid was vinnig uitverkoop en weens die groter aanvraag moes daar vir nog 30 ekstra kaartjies voorsiening gemaak word. Die tema vir die aand was ‘Ou-Kaapse Sjarme’ en die gaste was elegant en deftig vir die spesiale geleentheid getooi. MC du Toit, een van ons ouers, het soos in die verlede as die afslaer opgetree. Dit was my sesde veilingsdinee as skoolhoof en MC se 11de keer dat hy as die afslaer opgetree het. Hy het die ongelooflike 54 lotte binne ‘n kort tydjie onder groot geesdrif van die gaste verkoop. Baie dankie aan al ons borge en donateurs vir jul ruim skenkings wat die indrukwekkende 54 lotte opgemaak het. Die versameling kunswerke wat ons ontvang het, was uitstekend! MC het soos oudergewoonte hom puik van sy taak gekwyt om die lotte in ‘n baie kort tyd van die hand te sit. Dit is dan my eer en voorreg om bekend te maak dat daar tydens die veiling ‘n enorme R1,6 miljoen ingesamel is. Dit het weereens al ons verwagtinge oortref, veral met die huidige ekonomiese toestande in ag geneem. Graag wil ek ook die geleentheid gebruik om al ons gaste en veral ons ouers wat op die aand ‘n ruim finansiële bydrae gemaak het, hartlik te bedank vir hul bydrae om Laerskool Jan van Riebeeck na nog hoër hoogtes te neem. Die aand het nie net ‘n spogveiling behels nie, maar daar is ook lekker saam gekuier en gedans. Die onthaalsaal van die Mount Nelson was uiters stylvol voorberei en verfraai. Die samesyn was kosbaar en die ‘goeie gevoel’ van die skoolgemeenskap was feitlik tasbaar. Baie dankie aan ons Voorsitter van die Opvoedingstrust en die Beheerraad, naamlik Merwe Scholtz, vir sy dinamiese leiding as Voorsitter en puik toespraak wat die doel van die spesiale aand mooi in konteks geplaas het. Ek glo dit was vir hom nostalgies, aangesien dit sy laaste toespraak as Voorsitter van die Beheerraad by ons veilingsdinee sal wees aangesien sy termyn as BR-voorsitter einde Maart 2027 tot 'n einde kom. Laat my ook toe om die reëlingskomitee, bestaande uit Anna Blackmore, Lyndi Kuys, Joanita du Toit, Marina van der Westhuizen, Sonia Hough en Pieter Geldenhuys, hartlik te bedank en geluk te wens met ‘n onvergeetlike glansaand. Hulle het spesiaal vir die spoggeleentheid 'n indrukwekkende webtuiste ontwikkel waar ons as gaste die lotte vooraf kon besigtig.
|
|
|
Dit is dan verder ook my voorreg om bekend te maak dat die welwillendheidsprojek vir kwartaal twee uiters suksesvol afgeloop het. Baie dankie aan juf. Michelle wat aan die stuur van die Bully Beef-projek gestaan het en ‘n allemintige 2 398 blikkies Bully Beef is deur julle as ouers geskenk. Ons het die blikkies op Dinsdag, 09 Junie, aan Laerskool Prestwich se skoolhoof, mnr. Madhi Samodien, oorhandig om hul voedingskema vir leerders te ondersteun. Ons is julle baie dankbaar en wees verseker dat dit hul leerders se magies gaan vol maak. Mag ons altyd dankbaar wees vir al die wonderlike voorregte wat ons elke dag as so vanselfsprekend aanvaar, terwyl daar so baie leerders in Suid-Afrika is wat honger skool toe gaan. Baie geluk aan die volgende klasse wat die meeste blikkies Bully Beef ingesamel het:
|
Derde plek: Graad 1 juf. Nicola se klas met 179 blikkies Tweede plek: Graad 3 juf. Michelle se klas met 240 blikkies Eerste plek: Graad 1 juf. Mieke se klas met 244 blikkies
|
|
|
|
Op Donderdagoggend, 11 Junie, vanaf 08:00 is die laaste Koffie-en-Beskuit-konsert vir die kwartaal aangebied. Dertien grondslagfaseleerders het deelgeneem en hulle puik van hul taak gekwyt. Hierdie informele musiekkonsertgeleenthede gee ons leerders geleenthede om in 'n ontspanne omgewing hul musiektalente en -vaardighede vir hul ouers en maats te wys. Ons leerders is so talentvol en laat 'n mens verstom dat hulle op so ‘n jong ouderdom met soveel selfvertroue kan optree. Komplimente aan die musiekdepartement vir jul harde werk en toewyding om musiek by ons skool te ontwikkel. Groot dankie aan juff. Rolene, Bea en mnr. Ben vir die puik Koffie-en-Beskuit-konserte wat die afgelope kwartaal plaasgevind het. Laaste, maar nie die minste nie, groot dankie aan ons ouers wat hul kinders tydens die musiekgeleenthede getrou ondersteun het – dit is kosbaar! Indien jy nog nie die spesiale vroegoggendgeleenthede bygewoon het nie, moet jy beslis ‘n plan maak, want ek kan jou verseker dat ‘n mens nie jou dag op ‘n beter noot kan begin nie.
|
|
|
Ek gaan dan die kwartaal verder voort om bekende Afrikaanse uitdrukkings/idiome en die betekenis daarvan met julle te deel in ‘n poging om ons pragtige taal verder te promoveer. Deel gerus met jou kind/ers:
|
“'n halwe eier is beter as 'n leë dop”
|
Die uitdrukking beteken dat dit beter is om 'n klein bietjie van iets te hê as heeltemal niks nie. Hierdie gesegde herinner ons daaraan om dankbaar te wees vir klein suksesse en nie sommer geleenthede of skamele aanbiedinge van die hand te wys nie, net omdat dit minder is as waarop 'n mens gehoop het. Dit word ook dikwels gebruik om iemand aan te moedig om 'n kleiner inkomste te aanvaar of om tevrede te wees met 'n gedeeltelike oplossing vir 'n probleem.
|
Ek sluit dan week 10 af en mag julle as ‘n gesin ‘n wonderlike langnaweek terdeë geniet.
Groetnis Naas Beets SKOOLHOOF
|
|
|
|
|
|
VIR AANDAG
|
|
Neem kennis van die volgende belangrike aankondigings en gebeure:
|
|
|
|
|
|
|
|
Neem asseblief kennis dat die volgende interne program vanaf 8 Junie tydens skooltyd in werking tree. Op dae waar jou gr. 4 - 7-kind aan sport deelneem, mag hy/sy met sportdrag skool toe kom. Woensdag (10 en 17 Junie): 10 Junie 07:45 - 10:00 Gr. 4-7 eksamensessie 17 Junie 09:15 - 10:00 Gr. 6 en 7: Hoofleiertoesprake vir hoofseun en -dogter; graad 7's stem direk na hierdie toesprake in hul klasse 10:00 - 10:20 Pouse 10:30 - 11:45 Sport: Netbal en Rugby o.10 - o.13 17 Junie 11:30 - 12:15 Graad 4 - 7: Bekendmaking van hoofseun en -dogter 2026 12:00 - 12:15 Pouse 11:45 - 12:45 Sport: Rugby en netbal o.7 - o.9 12:15 - 13:15 Kultuur: Senior Koor 13:00 Skool verdaag GF 13:15 Skool verdaag ISF Donderdag (11 en 18 Junie): 11 Junie 07:45 - 10:00 Gr. 4-7 eksamensessie 18 Junie 08:00-10:00 ISF-musiekkonsertoefening 10:00 - 10:20 Pouse 10:30 - 11:45 Sport: Hokkie o.10 - o.13; Landloop; Skaak o.7-o.9 18 Junie 10:30 - 11:45 Kultuur: Junior koor en musiekensemble 12:00 - 12:15 Pouse 11:45 - 12:45 Sport: Hokkie o.7 - o.9 12:15 - 13:15 Kultuur: Houtblaasensemble 13:00 Skool verdaag GF 13:15 Skool verdaag ISF 18 Junie 18:00 - 19:00 Musiekkonsert in skoolsaal Vrydag (12 en 19 Junie): 12 Junie-eksamen eindig - 07:45 - 10:00 Gr. 4-7 eksamensessie 12 Junie 08:00-08:45 Junior kooroefening 19 Junie 08:00-09:00 GF-musiekkonsert 10:00 - 10:20 Pouse 10:30 - 11:45 Kultuur: Senior kooroefening 12:00 - 12:15 Pouse 19 Junie 12:20 - 13:00 Sporttoeroorhanding 13:00 Skool verdaag GF 13:15 Skool verdaag ISF Laaste week van skool: 22 - 26 Junie *Skool verdaag 13:00 en 13:15 *Sporttoer (senior spanne) *Donderdag, 25 Junie, Markdag en Sivvies *Vrydag, 26 Junie - Skool sluit om 10:30 (elektroniese rapporte) en Sivvies
|
|
|
|
|
|
|
|
Teken hierdie belangrike datums aan:
|
- 3 Augustus: Tafelberg Koorfees (Hoërskool Jan van Riebeeck) @ 18h00
- 16 Augustus: Tygerberg Children’s Choir: In Harmony (Kaapstadse Stadsaal) @ 15h00
- 2 September: Koorkonsert saam met Jiřičiky Jeugkoor (Tsjeggië), Hoërskool Jan van Riebeeck en Laerskool Jan van Riebeeck Junior en Senior kore (LS JvR Skoolsaal) @ tbc
Dit is opwindende geleenthede om na uit te sien, en dit is altyd lekker om met ’n volledige koor op te tree! Hou die Senior Koor WA-groep vir meer inligting rakende die onderskeie konserte dop. Kontak gerus vir juf. Rolene indien daar enige vrae is.
|
|
|
|
|
|
|
|
Dit is weer daardie tyd van die kwartaal om musiekkonsert te hou! Ons nooi almal uit om die konsert by te woon en die musiekleerders te ondersteun. Dit beloof om pragtige konserte te wees met optredes deur ons kore, houtblaasensemble, strykensemble, kleiner ensembles, en individuele items. Jou kind se musiekonderwyser sal jou in kennis stel indien jou kind gekies is om by een van hierdie konserte op te tree. Donderdag, 18 Junie: Graad 4-7’s Die konsert op Donderdag, 18 Junie, is vir ons Intersenfase musiekleerders. Die volgende ensembles neem deel: * Senior Koor * Houtblaasensemble * Strykensemble * Ander kleiner ensembles Tyd: 18h00 - 19h00 Plek: LS JvR Skoolsaal Drag: Formele Skooldrag Vrydag, 19 Junie: Graad 1-3’s Die konsert op Vrydag, 19 Junie, is vir ons Grondslagfase musiekleerders. Ons junior koor en gekose musiekleerders tree op. Tyd: 08h15 - 09h00 Plek: LS JvR Skoolsaal Drag: Formele Skooldrag
|
|
Hou die relevante WA-groepe dop vir meer inligting, of kontak gerus vir juf Rolene indien daar enige vrae is.
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons is baie opgewonde oor ons skoolkonsert wat hierdie September plaasvind! Elke leerder word versoek om ’n bedrag van R200 by te dra om die kostes van kostuums en grimering te help dek. Leerders sal hul kostuums ná afloop van die konsert kan hou.
|
Karri sal vanaf Dinsdag, 28 April, tot en met September beskikbaar wees vir betalings.
|
|
Baie dankie vir almal se ondersteuning en samewerking om hierdie produksie moontlik te maak.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons versoek vriendelik dat alle boeke wat tans uitgeneem is, asseblief gedurende hierdie week aan die Mediasentrum terugbesorg word. As gevolg van voorraadopname wat voor die Junie-skoolvakansie afgehandel moet word, sal leerders ongelukkig nie vir die res van hierdie kwartaal boeke mag uitneem nie.
|
Ons waardeer almal se samewerking en sien daarna uit om volgende kwartaal weer die boekrakke vir ons leerders oop te stel. Leerders sal dan weer soos normaal boeke kan uitneem en nuwe leesavonture ontdek.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Dit is vir ons baie lekker om aan te kondig dat me. Felicity Beerwinkel, wat tans by die skool se nasorg werk en reeds sedert 2016 by die vakansiesorg betrokke is, die vakansiesorg van nou af gaan bestuur.
|
Die vakansiesorg was vir die afgelope paar jaar in Loraine van Vuuren se bekwame hande. Die vakansiemaats sal haar baie mis, maar ons weet dat die vakansiesorg, soos voorheen, sommer baie goed bestuur sal word.
|
Datums: Maandag, 29 Junie, tot Maandag, 20 Julie.
|
Tye en koste: Halfdag: 07:30 – 13:00 vir R100; en voldag: 07:30 – 17:00 vir R200.
|
Kos: Maats bring hul eie kos. Daar is wel elke dag bak-en-brou en ’n kreatiewe aktiwiteit.
|
Spanlede: Hierdie bekende gesigte neem net so oor by Loraine van Vuuren.
|
|
As jy wil inskryf, VOLTOOI HIERDIE VORM en WhatsApp dit teen Vrydag, 19 Junie 2026, terug aan Felicity met die datums wat jou kind/ers vakansiesorg gaan bywoon, na 073 856 6577.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
TERUGVOER
|
|
Die jongste sportuitslae, toekennings, prestasies en ander resultate:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier volg die week se skaakuitslae:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier volg die week se hokkie-uitslae:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier volg die week se rugbyuitslae:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier volg die week se netbaluitslae:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons moderne dansgroep het onlangs tydens ’n saalbyeenkoms by Laerskool JvR opgetree. Die optrede het gedien as voorbereiding vir die Junie Kaapstad Eisteddfod en het ook uittreksels uit verskeie musiekblyspele ingesluit.
|
Baie geluk aan al die dansers wat met selfvertroue en entoesiasme hul talent ten toon gestel het. Ons wens hulle alles van die beste toe vir die komende Eisteddfod.
|
Junior groep:
Zoey Fischer, Emily Botha, Amelie du Toit, Lara Cloete, Abigail Maritz, Arabella Nagel, Charlie de Klerk, Reine Bothma, Mila Otto, Ferdie Titley, Heike Louw, Cara Scholtz, Ariella Meinking, Ada Uys, Emma-Jane Wilke, Emily Theron, Cornelia Opperman en Mila Maree.
|
Senior groep:
Ciera February, Mika van der Walt, Christa-Bella Swart, Hanna Louw, Anabel Brink, Ella Nel, Heidi van Heerden en Solange Stevens.
|
|
|
|
|
|
OUD-JANNIES PRESTEER
|
|
Nuus oor ons oud-Jannies se prestasies.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Twee oudleerders van Laerskool JvR, Karlien van der Walt en Kerala Allewell, is op pad na die AAB Summer School in New York saam met hul dansonderwyseres, Barbie Schreuder.
|
Karlien en Kerala se dansloopbane strek reeds vanaf Graad 1 tot Graad 10, en albei is in die genres Modern en AAB Ballet opgelei. Hul uitstekende prestasies by die Kaapstad Eisteddfod, CSA-assesserings en AAB Ballet-eksamens oor die jare getuig van hul toewyding en harde werk. Nadat hulle in 2025 weer ’n borgskap ontvang het, het hulle die geleentheid aangegryp om die AAB Summer School in 2026 by te woon.
|
By Purchase College in New York sal hulle klasse bywoon en saam met internasionale dansers deur wêreldklas-afrigters afgerig word.
|
Ons wens hulle alle voorspoed toe met hierdie besonderse geleentheid en is ongelooflik trots op hul prestasies.
|
|
|
|
|
|
|
Volg Die Suidooster vir al die nuutste artikels, foto's en video's.
|
|
|
|
Klik HIER vir advertensies van die week
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Jy ontvang hierdie nuusbrief
|
|
omdat jy 'n ouer of ondersteuner van Laerskool Jan van Riebeeck is.
|
|
|
|
|
Laerskool Jan van Riebeeck, Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad
|
|
|
|
|
|
|
|