|
|
|
|
|
Dagboek
Sa 6 Junie 2026
- Rugby: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
- Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
Ma 8 Junie 2026
Di 9 Junie 2026
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)
Do 11 Junie 2026
- Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)
Vr 12 Junie 2026
Ma 15 Junie 2026
Di 16 Junie 2026
Wo 17 Junie 2026
Do 18 Junie 2026
- Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)
Vr 19 Junie 2026
- Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
So kom die tweede laaste week van die lang kwartaal asook die Junie-eksamen tot ‘n einde. Ek glo dat al ons wonderlike pa’s in die skoolgemeenskap behoorlik op Sondag, 15 Junie, tydens Vadersdag tot in die afgrond bederf was. Baie dankie aan al ons pa’s vir die belangrike rol wat julle binne gesinsverband en in die gemeenskap speel – ons het groot waardering.
|
Ek is seker ons ouers/voogde het saam met hul kinders ‘n groot sug van verligting gegee toe die laaste vak van die Junie-eksamen op Woensdag, 18 Junie, geskryf is. Die antwoordstelle is amper klaar gemerk, ‘n deeglike modereringsproses is tans aan die gang en punte word verwerk sodat ons op Vrydag, 27 Junie, – die dag wat die skole sluit – vir elke leerder sy/haar rapport kan gee. Julle as ouers/voogde sal vir die eerste keer ‘n elektroniese rapport op die dag ontvang. Graag wil ek van die geleentheid gebruik maak om vir Marié Cruywagen saam met mnr. Leon en juf. Megan hartlik te bedank vir die nuwe IKT-verwikkeling, sodat integrasie van tegnologie nie net in die klaskamer by ons skool plaasvind nie, maar ook weereens bewys dat ons voortuitgang onomwonde omhels.
|
Graag wil ek spesifiek die leerders bedank en gelukwens met hul deeglike voorbereiding vir die assesserings asook die besonderse werketiek wat hulle dwarsdeur die kwartaal gehandhaaf het. Hartlike dank ook aan ons ouers/voogde wat hul kinders so mooi die afgelope twee weke tydens die eksamen/assessering ondersteun het om net hul beste te doen. Laaste, maar nie die minste nie, ‘n hartlike dank aan ons opvoeders en leerontwikkelingspersoneel wat met soveel deernis en toewyding ons leerders vir die eksamen en assesserings voorberei het.
|
Die interim buitemuurse sportprogram wat vanaf 09 Junie in skooltyd plaasgevind het, het ook op Woensdag, 18 Junie, tot ‘n einde gekom. Ek het met verskeie leerders gepraat en hulle het almal bevestig dat dit heerlik en opwindend was om net na ‘n lang eksamensessie uit die klas te kom, die vars lug buite te geniet en net ‘n bietjie aktief te wees deur sport te beoefen. Dit het vir hulle baie beteken, aangesien dit baie gehelp het met hul algemene geestelike welsyn – veral omdat die oefeninge ook die eksamenstres verminder het.
|
|
Op Donderdag, 19 Junie, het die oorhandiging van die sporttoerklere vir die Suid-Kaap-toer vroeg die oggend in die saal plaasgevind. Daar was groot opwinding, want ons was so bevoorreg om vir Ben-Jason Dixon, die Stormers se slot, by ons skool te ontvang om die sporttoerklere aan die toerleerders te oorhandig. Ben-Jason is ‘n oud-Paul Rooser en beskik oor ‘n ingenieursgraad van die Universiteit van Stellenbosch. Hy het reeds meer as 50 wedstryde vir die Stormers asook twee toetse vir die Springbokke gespeel. Hy is ‘n ware rolmodel vir ons leerders en dit was ‘n besondere voorreg om hom te kon ontmoet. Baie dankie, Ben-Jason, dat jy die leerders se dag gemaak het.
|
|
|
Ons sporttoerspanne vertrek dan op Maandag, 23 Junie, met ‘n luukse bus na die Suid-Kaap vir ‘n weeklange sporttoer en hulle keer op Vrydagmiddag, 27 Junie, terug. Die eerste stop en wedstryde vind dan op dieselfde dag teen Laerskool Volschenk te Riversdal plaas, waar die hokkiespanne hul eerste toerwedstryde sal speel.
|
Ek sluit dan week 11 af – mag julle as ‘n gesin ‘n wonderlike naweek geniet. Graag gaan ek voort om ons pragtige moedertaal te promoveer en sluit ek met die bekende Afrikaanse uitdrukking af:
|
‘Praatjies vul geen gaatjies nie’
|
Die uitdrukking beteken dat met blote gepraat rig ‘n mens nie veel uit nie.
|
|
|
|
|
|
VIR AANDAG
|
|
Neem kennis van die volgende belangrike aankondigings en gebeure:
|
|
|
|
|
|
|
|
Neem asseblief kennis dat die leerders se elektroniese rapporte Vrydag, 27 Junie, uitgestuur sal word.
|
Maak asseblief seker dat jou e-posadres korrek in MyJvR opgestel is, sodat jy die rapport sonder enige probleme ontvang.
|
As jou e-posadres verander het, gaan asseblief so gou moontlik na MyJvR en verander dit na die regte een.
|
|
|
|
|
|
|
|
Dit is weer daardie tyd van die jaar waar die Jannies hul goeie spelvermoëns tydens die WOW-Spelfees ten toon kan stel. Leerders (graad 1-7) wat belangstel om deel te neem, sal woordelyste by hul onderwysers ontvang. Die woordelyste is ook hier beskikbaar.
|
Die leerders wat belangstel om deel te neem, word aangemoedig om al deur die woorde te begin gaan. Hierdie leerders sal dan in die eerste week van volgende kwartaal deur hul Afrikaanse onderwysers getoets word en inligting rakende registrasie sal daarna volg.
|
Belangrike datums wat al beskikbaar is (onderhewig aan verandering):
Distrikskompetisie: 22 Augustus 2025
Provinsiale rondte: 13 September 2025
Nasionale rondte: 11 Oktober 2025
Vir enige navrae, kontak gerus vir Ilse-Marié Holtzhausen (ilsemarie@jvrprim.co.za).
|
|
|
|
|
|
|
|
Het jy ’n talent wat jy graag met ons wil deel? Skryf in vir Jannies Talent!
|
Oudisies vind ná skool plaas van 28 tot 31 Julie. Gedurende hierdie tyd sal die finaliste gekies word wat dan op 25 September tydens die Jannies Talentkonsert sal optree.
|
Onpartydige beoordelaars sal tydens die Jannies Talentkonsert aanwesig wees om die top drie finaliste te kies en pryse te oorhandig.
|
Dit beloof om ’n asemrowende aand en ’n spoggeleentheid te wees — ons kan nie wag om ons talentvolle Jannies se harde werk en toewyding op hiérdie manier te vier nie!
|
Inskrywings sluit op die laaste dag van Kwartaal 2, 27 Junie.
|
Kontak gerus vir Juf. Rolene vir meer inligting: ???? rolene@jvrprim.co.za
|
|
|
|
|
|
|
|
Belangrike inligting vir die laaste week van kwartaal 2:
|
*Suid-Kaap-toer vertrek om 08:00
|
*Grondslagfase Musiekkonsert 08:00 in skoolsaal
|
*Ontvang rapporte (hardekopie en elektronies)
|
*Skool sluit vir vakansie om 10:30 (GF) en 10:45 (ISF)
|
|
*Suid-Kaap-toer keer terug.
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons is opgewonde om te sê dat die Basjan ondersteunerskussing nou op Jan Kas beskikbaar is!
|
Die aanlynwinkel sal deur die vakansie oop wees, so jy kan enige tyd bestel.
Alle bestellings sal immers eers in die eerste week van die nuwe kwartaal afgelewer word.
|
Let wel: die fisiese winkel sal gesluit wees tydens die vakansie.
|
Jan Kas sal weer oop wees op: ???? Maandag, 21 Julie ???? 10:00 tot 12:00.
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons sien met groot opgewondenheid uit daarna om weer hierdie vakansie vir ons leerders en hul ouers ’n lekker, veilige en sorgvrye Vakansiesorg-opsie te bied.
|
|
Lees gerus HIER vir alle praktiese reëlings, besonderhede en besprekings.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Kom geniet die gees van samewerking, kreatiwiteit en pret!
|
???? Datum: Donderdag, 26 Junie
???? Verkopers: Grondslagfase-leerders
???? Plek: Vierkant
|
Dis die Grondslagfase se beurt om hul entrepreneursvernuf te wys! Van smullekker happies tot kreatiewe handwerk – jy wil dit nie misloop nie!
|
???? Bespreek nou jou tafel!
???? Karri is oop vanaf Dinsdag, 17 Junie vir tafelbesprekings. Moenie uitmis nie – plek is beperk!
|
|
Bring jou kontant, kom kuier en ondersteun ons jong verkopertjies. Ons sien uit daarna om jou daar te sien!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Sluit aan by ons Advertensies WhatsApp-groep!
|
|
Ons plaas 1 keer 'n week advertensies hier wat ook in ons nuusbrief verskyn.
|
|
|
|
|
|
|
|
TERUGVOER
|
|
Die jongste sportuitslae, toekennings, prestasies en ander resultate:
|
|
|
|
|
|
|
|
Cape Town Eisteddfod Uitslae – Junie 2025
Met trots deel ons die uitslae van die jaarlikse Cape Town Eisteddfod te Seepunt.
|
Deelname aan hierdie byeenkoms is opsioneel, maar bied altyd ’n waardevolle danservaring vir ons junior en senior dansers.
|
Baie dankie aan ons wonderlike ouers vir hul ondersteuning, liefde en hulp met oefentye – ons waardeer julle opreg!
|
Die volgende solo-dansers het tussen 2 en 8 Junie 2025 deelgeneem. Baie geluk aan elkeen met hul uitstekende optredes en uitslae:
|
- Heike Louw – Diploma, Finalis + Wenner
- Scarlett Hugo – Honours
- Cornelia Opperman – Merit
- Emma-Jane Wilke – Honours, Finalis
- Emily Theron – Merit
- Mila Maree – Honours
- Amatullah Barsadien – Merit
- Anya Greeff – Honours
- Ciera February – Honours, Finalis
- Ella Fischer – Merit
-
|
Mika van der Walt – Diploma, Finalis
|
-
|
Heidi van Heerden – Honours, Finalis
|
-
-
|
Solange Stevens – Honours, Finalis
|
-
|
Karlien van der Walt – Honours, Finalis
|
-
|
Kerala Allewell – Honours, Finalis + Wenner
|
Baie geluk aan ons 8 finaliste, en spesiale geluk aan Heike Louw en Kerala Allewell wat hul afdelings gewen het!
|
Ons is baie trots op elke danser. Hou aan dans met passie en styl!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Insigte, wenke en kundige leiding vir ouers wat hul kinders se groei en welstand wil bevorder.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Tydens die Professional Minds-konferensie (Teens & Tweens) wat in Mei 2025 aangebied is, het dr. Jenny Rose (kliniese sielkundige wat in kinder- en tienergeestesgesondheid spesialiseer) heelwat insig oor hierdie komplekse fase gebied. Sy noem dat die hedendaagse tiener onder baie meer druk verkeer as ‘n paar dekades terug. Tieners van vandag se stresvlakke is hoog, hulle sukkel met geestesgesondheidsuitdagings en voel dikwels alleen. Onrealistiese verwagtinge (van hulself en gemeenskap) asook te veel blootstelling op ‘n te jong ouderdom mag redes hiervoor wees.
|
|
|
|
|
|
|
|
Volg Die Suidooster vir al die nuutste artikels, foto's en video's.
|
|
|
|
Klik HIER vir advertensies van die week
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Jy ontvang hierdie nuusbrief
|
|
omdat jy 'n ouer of ondersteuner van Laerskool Jan van Riebeeck is.
|
|
|
|
|
Laerskool Jan van Riebeeck, Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad
|
|
|
|
|
|