|
|
|
|
|
Dagboek
Vr 26 Junie 2026
- Skole sluit (skoolvakansie)
Sa 27 Junie 2026
Di 30 Junie 2026
- Shahnee Felix (Onderwyser) verjaar
Wo 8 Julie 2026
- Claudia Abdol (Assistent) verjaar
- Leon Hanekom (Onderwyser) verjaar
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Kwartaal twee is besonders lank, aangesien dit 12 weke insluit. Dus kan ek verstaan dat leerders, ouers en die personeel redelik afgemat mag voel, veral ook met ’n eksamen agter die rug. Gelukkig het die afgelope naweek ’n lekker meevallertjie met ’n langnaweek ingesluit om so ’n voorsmakie van die komende wintervakansie wat voorlê te kry. So kom die tweede laaste week van die kwartaal vandag tot ’n einde.
|
Ek is seker ons ouers/voogde was saam met hul kinders baie verlig dat die Junie-eksamen iets van die verlede is. Die antwoordstelle is klaar gemerk, ’n deeglike modereringsproses is die afgelope week afgehandel om seker te maak die leerders se antwoordstelle is korrek nagesien en die punte is korrek opgetel. Die finale punte word tans verwerk sodat ons op Vrydag, 26 Junie, die dag wat die skole sluit, vir elke leerder sy/haar elektroniese rapport aan sy/haar ouers kan e-pos.
|
Graag wil ek spesifiek ons leerders bedank en gelukwens met hul deeglike voorbereiding vir die afgelope eksamen en assesserings, asook die besonderse werksetiek wat hulle dwarsdeur die kwartaal gehandhaaf het. Hartlike dank ook aan ons ouers/voogde wat hul kind(ers) so mooi die afgelope tyd tydens die eksamen-/assesseringstydperk ondersteun het om net hul beste te doen. Laaste, maar nie die minste nie, ’n hartlike dank aan ons opvoeders en die leerontwikkelingspersoneel wat met soveel deernis en toewyding ons leerders vir die eksamen en assesserings voorberei het, asook vir hul besonderse wyse van bystand tydens die aflê van die eksamens en assesserings – ek waardeer julle omgee!
|
Die interim buitemuurse sportprogram wat vanaf 8 Junie in skooltyd plaasgevind het, het ook op Donderdag, 18 Junie, tot ’n einde gekom. Ek het met verskeie leerders gepraat en hulle het almal bevestig dat dit heerlik en opwindend was om direk na ’n lang eksamensessie uit die klas te kom, die vars lug buite te geniet en net ’n bietjie aktief te wees deur ’n sport te beoefen wat hulle terdeë geniet. Dit het vir hulle baie beteken aangesien dit gehelp het met hul algemene geestelike welsyn, veral omdat die fisiese oefeninge ook die eksamenstres verminder het.
|
Vandag vind die oorhandiging van die sporttoerklere vir die Suid-Kaaptoer plaas. Ons sporttoerspanne (netbal o.13A & o.12A, hokkie o.13A seuns & dogters en o.13A-rugby) vertrek dan op Maandag, 23 Junie, met ’n luukse bus na die Suid-Kaap vir ’n weeklange sporttoer. Hulle keer op Vrydagmiddag, 26 Junie, terug. Ons beste wense vergesel mnr. Leon en die toergroep, en hartlike dank aan die opvoeders en afrigters wat die toergroep gaan vergesel.
|
|
Dit is dan my voorreg om amptelik in die nuusbrief die Hoofseun en Hoofdogter vir 2026, wat op Woensdag, 17 Junie, aangewys is, naamlik Dane Botha en Mila Milan, bekend te maak en hartlik geluk te wens. My beste wense vergesel hulle met hul nuwe rol as die hoofleerderleiers van ons trotse skool. Mag dit vir hulle ’n groot eer en ’n verrykende ervaring wees. Ons is baie trots op Dane en Mila en ek sien baie uit om saam met hulle die skool nog ’n beter plek vir die Jannies te maak waar leerders net hulself kan wees!
|
|
|
Ek glo dat al die pa’s in ons skoolgemeenskap behoorlik op Sondag, 21 Junie, op Vadersdag tot in die afgrond bederf sal word. Baie dankie aan al ons wonderlike pa’s vir die belangrike rol wat julle binne gesinsverband en in die gemeenskap speel; ons het groot waardering vir julle.
|
Ek gaan dan die kwartaal verder voort om bekende Afrikaanse uitdrukkings/idiome en die betekenis daarvan met julle te deel in ’n poging om ons pragtige taal verder te promoveer. Deel gerus met jou kind/ers:
|
Die uitdrukking beteken dat iemand se hulp onnodig is of ’n las veroorsaak. Dit verwys ook na ’n persoon wat meer pla as help tydens die uitvoering van ’n projek.
|
Ek sluit dan week 11 af en mag julle as ’n gesin ’n wonderlike naweek terdeë geniet, en mag die Springbokke môre die Barbarians en die Vroue Protea-krieketspan op Sondag teen Indië wys waar spreekwoordelik Dawid die wortels gegrawe het.
|
Groetnis Naas Beets SKOOLHOOF
|
|
|
|
|
|
VIR AANDAG
|
|
Neem kennis van die volgende belangrike aankondigings en gebeure:
|
|
|
|
|
|
|
|
Neem asseblief kennis dat die volgende interne program vanaf 8 Junie tydens skooltyd in werking tree. Op dae waar jou gr. 4 - 7-kind aan sport deelneem, mag hy/sy met sportdrag skool toe kom. Laaste week van skool: 22 - 26 Junie *Skool verdaag 13:00 en 13:15 *Sporttoer (senior spanne) *Donderdag, 25 Junie, Markdag (10:00) en Sivvies *Vrydag, 26 Junie - Skool sluit om 10:30 (elektroniese rapporte) en Sivvies
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Teken hierdie belangrike datums aan:
|
- 3 Augustus: Tafelberg Koorfees (Hoërskool Jan van Riebeeck) @ 18h00
- 16 Augustus: Tygerberg Children’s Choir: In Harmony (Kaapstadse Stadsaal) @ 15h00
- 2 September: Koorkonsert saam met Jiřičiky Jeugkoor (Tsjeggië), Hoërskool Jan van Riebeeck en Laerskool Jan van Riebeeck Junior en Senior kore (LS JvR Skoolsaal) @ tbc
Dit is opwindende geleenthede om na uit te sien, en dit is altyd lekker om met ’n volledige koor op te tree! Hou die Senior Koor WA-groep vir meer inligting rakende die onderskeie konserte dop. Kontak gerus vir juf. Rolene indien daar enige vrae is.
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons is baie opgewonde oor ons skoolkonsert wat hierdie September plaasvind! Elke leerder word versoek om ’n bedrag van R200 by te dra om die kostes van kostuums en grimering te help dek. Leerders sal hul kostuums ná afloop van die konsert kan hou.
|
Karri sal vanaf Dinsdag, 28 April, tot en met September beskikbaar wees vir betalings.
|
|
Baie dankie vir almal se ondersteuning en samewerking om hierdie produksie moontlik te maak.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier volg meer inligting oor die volgende markdag:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Dit is vir ons baie lekker om aan te kondig dat me. Felicity Beerwinkel, wat tans by die skool se nasorg werk en reeds sedert 2016 by die vakansiesorg betrokke is, die vakansiesorg van nou af gaan bestuur.
|
Die vakansiesorg was vir die afgelope paar jaar in Loraine van Vuuren se bekwame hande. Die vakansiemaats sal haar baie mis, maar ons weet dat die vakansiesorg, soos voorheen, sommer baie goed bestuur sal word.
|
Datums: Maandag, 29 Junie, tot Maandag, 20 Julie.
|
Tye en koste: Halfdag: 07:30 – 13:00 vir R100; en voldag: 07:30 – 17:00 vir R200.
|
Kos: Maats bring hul eie kos. Daar is wel elke dag bak-en-brou en ’n kreatiewe aktiwiteit.
|
Spanlede: Hierdie bekende gesigte neem net so oor by Loraine van Vuuren.
|
|
As jy wil inskryf, VOLTOOI HIERDIE VORM en WhatsApp dit teen Vrydag, 19 Junie 2026, terug aan Felicity met die datums wat jou kind/ers vakansiesorg gaan bywoon, na 073 856 6577.
|
|
|
|
|
|
TERUGVOER
|
|
Die jongste sportuitslae, toekennings, prestasies en ander resultate:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier volg die week se netbaluitslae:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Daniel Lawson en Pieter-Steph Bothma het die afgelope naweek uitstekend gevaar by die Kaapse Ope Skaakkampioenskappe. Albei het in die o.10-kategorie deelgeneem, waar Daniel ’n eerste plek en Pieter-Steph ’n derde plek behaal het.
|
Daniel is boonop as die kampioen in sy ouderdomsgroep gekroon.
|
|
Baie geluk met hierdie puik prestasies! Ons is ongelooflik trots op julle.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Volg Die Suidooster vir al die nuutste artikels, foto's en video's.
|
|
|
|
Klik HIER vir advertensies van die week
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Jy ontvang hierdie nuusbrief
|
|
omdat jy 'n ouer of ondersteuner van Laerskool Jan van Riebeeck is.
|
|
|
|
|
Laerskool Jan van Riebeeck, Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad
|
|
|
|
|
|
|
|