|
|
|
|
|
Dagboek
Sa 6 Junie 2026
- Rugby: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
- Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
Ma 8 Junie 2026
Di 9 Junie 2026
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)
Do 11 Junie 2026
- Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)
Vr 12 Junie 2026
Ma 15 Junie 2026
Di 16 Junie 2026
Wo 17 Junie 2026
Do 18 Junie 2026
- Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)
Vr 19 Junie 2026
- Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
So breek die einde van ‘n lang en besige, maar tog ‘n opwindende kwartaal propvol hoogtepunte aan. Vandag ontvang elke leerder sy/haar rapport en julle as ouers/voogde ook ‘n elektroniese weergawe via e-pos om erkenning te gee vir hul harde werk, toewyding en deursettingsvermoë die afgelope kwartaal. Ek wil graag die leerders hartlik gelukwens en komplimenteer met hul spograpporte. Spograpporte behels nie net altyd uitmuntende punte nie, maar sluit ook in waar positiewe vordering deur middel van toewyding, deursettingsvermoë en harde werk getoon word.
|
Ons is saam met julle as ouers/voogde baie trots op jul kinders se akademiese vordering en -prestasies. Geniet ‘n welverdiende wintervakansie saam met jul kinders om sommer alles te doen wat julle as gesinne nie die afgelope tyd as gevolg van die eksamen en/of assesserings voor tyd gehad het nie.
|
|
Dit is dan my eer en voorreg om amptelik in die nuusbrief die Hoofseun en Hoofdogter vir 2025, wat op 20 Junie aangewys is — naamlik Nils le Roux en Katryn Silvis — bekend te maak en geluk te wens. My beste wense vergesel hulle met hul nuwe rol as die hoofleerderleiers by ons skool. Mag dit vir hulle ‘n groot eer en ‘n verrykende ervaring wees. Katryn volg in die spore van haar broer, Jan-Willem, wat gedurende 2023 ons hoofseun was. Ons is baie trots op Nils en Katryn!
|
|
|
|
Die Intersen (Gr. 4–7) se kwartaalikse musiekkonsert is op Donderdagaand, 19 Junie, deur ons musiekdepartement, onder leiding van juf. Rolene en haar dinamiese musiekonderwysers, in die saal aangebied. Die saal was uiters stylvol vir die spogaand voorberei. Baie dankie, mnr. Ben — jou stylvolle hand was duidelik sigbaar. Die program het 28 items ingesluit en die pragtige aand is op ‘n hoogtepunt deur die senior koor met hul nuwe liedjies afgesluit.
|
|
|
Die merkwaardige vooruitgang van ons senior koor is op almal se lippe, en hul optrede van die Franse liedjie, naamlik J’Entends Le Moulin, het die gehoor behoorlik betower. Die groei en vooruitgang van ons musiekdepartement was beslis tydens die aand ten toon gestel met al die nuwe instrumente wat ons leerders nou kans kry om by ons skool te kan leer speel.
|
Nog ‘n hoogtepunt van die aand vir my was juis dat sommige deelnemers ons met hul tweede keuse-instrument vermaak het. Weereens ‘n kompliment aan ons musiekonderwysers met die kwaliteit van musiekonderrig en hul toegewydheid. Welgedaan aan ons Hoof van Musiek en Kultuur, juf. Rolene, wat aan stuur van sake staan.
|
|
Ons sporttoerspanne het op Maandag, 23 Junie, net na 08:00 op ‘n luukse toerbus na die Suid-Kaap vir ‘n weeklange sporttoer vertrek. Die eerste stop en wedstryde het op dieselfde dag teen Laerskool Volschenk te Riversdal plaasgevind, waar die hokkiespanne hul eerste toerwedstryde gespeel het. Beide ons o.13A seuns- en dogterhokkiespan het hul wedstryde gelykop gespeel — die seuns nul elk en die dogters een elk. Daarna het hulle na Hartenbos vertrek, waar hulle spreekwoordelik vir die week gaan kamp opslaan het.
|
|
|
Deel van die sporttoer sluit onder andere uitstappies na bekende toeristebestemmings (wildbesigtigingsrit te Bottelierskop, grotklim te Kango-grotte en aarbeie pluk te Redberry Farm) in, wat die leerders terdeë geniet het. Verder word smaaklike etes by verskeie restaurante geniet, wat altyd ‘n hoogtepunt vir beide die leerders en personeel is.
|
Geen selfone is vir leerders op die sporttoer toegelaat nie. Mnr. Leon (toerbestuurder) het daagliks op die WhatsApp-groep terugvoering oor elke aktiwiteit gegee, sodat ouers/voogde presies oor al die daaglikse gebeure ingelig is. Ek glo dat dit goed vir ons leerders was om ‘n week sonder ‘n selfoon te wees. Leerders het beslis meer sosiaal verkeer en in die proses mekaar beter leer ken, terwyl daar saans bordspeletjies gespeel is wat tot groot vermaak en samesyn gelei het.
|
Ons wens die sporttoergroep vandag ‘n veilige rit terug na Kaapstad toe.
|
Ek sluit dan die laaste week af as ‘n trotse skoolhoof met ‘n ongelooflike kwartaal propvol hoogtepunte agter die rug. Dus is ek baie dankbaar vir ons dinamiese Beheerraad, onder leiding van ons voorsitter, Merwe Scholtz. Ek wil hulle graag hartlik bedank vir hul waardevolle insette en kosbare tyd om saam met die EXCO (bestuurspan) Laerskool Jan van Riebeeck se reis na uitnemendheid moontlik te maak.
|
Dit is instrumenteel dat ons ons skool na nog hoër hoogtes kan lei, sodat ons trotse skool homself as een van die voortreflikste skole in die land kan vestig. ‘n Skool kan slegs suksesvol wees indien sy ouers/voogde aktief betrokke is, en dit is waarvoor ons skool staan – betrokke ouers/voogde wat net die beste vir hul kinders en die skoolgemeenskap wil hê. Mag ons die spesiale etos by die skool, asook die unieke band tussen leerders, ouers/voogde en personeel vir nog baie lank koester!
|
Solank ons onsself kan wees, sal Laerskool Jan van Riebeeck van krag tot krag gaan. Laat my ook toe om ons toegewyde personeel hartlik te bedank vir hul harde werk, maar veral hul omgee om seker te maak dat ons leerders ‘n leersame skoolervaring geniet. Baie dankie, Marinda, vir jou lojale ondersteuning as adjunkhoof, en saam met die EXCO maak ons ‘n gedugte span. Laaste, maar nie die minste nie — baie dankie aan Louise en haar wonderlike span by Huppelland wat ongelooflike werk doen om die Huppellanders so mooi vir die laerskool voor te berei.
|
Ek sluit dan die kwartaal af, en mag julle as ‘n gesin ‘n wonderlike wintervakansie geniet. Mag julle jul spreekwoordelike batterye ten volle herlaai om nog ‘n opwindende kwartaal die bul by die horings te pak. Haal dus die vakansie jou horlosie af en skakel jou slimfoon af om kwaliteittyd saam met jou gesin te spandeer.
|
Graag gaan ek voort om ons pragtige moedertaal te promoveer en sluit ek met die bekende Afrikaanse uitdrukking af:
|
‘Alle grappies op ‘n stokkie’
|
Die uitdrukking beteken: in alle erns, ons moet nou ophou grappies maak.
|
Vir ons Engelse ouers/voogde, indien ek dit sou vertaal: ‘On a serious note!’
|
Vriendelike groete Naas Beets SKOOLHOOF
|
|
|
|
|
|
VIR AANDAG
|
|
Neem kennis van die volgende belangrike aankondigings en gebeure:
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons ouerbesoeke vir die derde kwartaal vind plaas op Maandag, 28 Julie en Dinsdag, 29 Julie 2025. Hierdie geleentheid stel ouers in staat om eerstehands met onderwysers te gesels oor leerders se vordering, prestasies en enige areas van ondersteuning.
|
???? Volg hierdie skakel om 'n tydgleuf te bespreek: KLIK HIER
|
|
Vir enige navrae, maak asseblief kontak met die betrokke klasonderwyser of stuur 'n e-pos aan megan@jvrprim.co.za
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Tussen 17–26 September 2025 fokus ons op geïntegreerde, interaktiewe leer deur allerhande leergeleenthede te skep wat die boublokke van ontwikkeling benadruk word. Almal van ons het iewers begin wat ons òf ontwikkel het òf gestaak/verander het – jou stokperdjie of jou loopbaan. Jou nuuskierigheid en vaardighede het iewers of by iemand posgevat.
|
Indien jy by hierdie week op welke manier ook al betrokke wil raak, moet jy asb. vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) kontak. Idees is welkom.
|
Ouma- en oupadag (19 Sept.)
|
The Brick Club: uitstallings, werkswinkels, speel-en-bou Maandag tot Dinsdag, 22-23 Sept.
|
Curro-musiekfees (23 Sept.)
|
|
Jannies Talent (25 Sept.)
|
|
|
|
|
|
|
|
Leerders word volgens hulle grade in groepe ingedeel. Die groepe bestaan uit 8 leerders per groep en kom een keer per week vir 40 minute bymekaar. Leerders gaan vir 5 weke gratis studie-ontwikkeling ontvang. Jy kan ‘n e-pos aan Marietjie de Kock (marietjie@jvrprim.co.za) stuur om vir jou kind ‘n plek te bespreek.
|
Die studie-ontwikkeling bestaan uit die volgende:
|
- Beplanning vir die kwartaal en doelwitstelling
- Hersiening van verskillende opsommings
- Luister en konsentrasievaardighede
- Geheue oefeninge
- Beantwoording van toetse en eksamens
|
Die kursus begin die tweede week van die kwartaal op 28 Julie. Hier volg die tye en datums vir die onderskeie grade:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Daar lê vir ons musiekleerders ’n baie opwindende tyd in Augustus voor, met ’n propvol program vir deelname aan die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod. Sien die program met spesifieke datums, tye, en venues by hierdie skakel: KAE PROGRAM
|
Teken die relevante datum\s in jou dagboek aan, om sodoende enige botsings te voorkom óf vroegtydig uit te sorteer. Kontak gerus vir Juf. Rolene vir enige verdere navrae.
|
|
|
|
|
|
|
|
Daar lê 'n heerlike toer na George voor waarna die senior koor kan uitsien. Ter voorbereiding van die kompetisie, Cantanus Koorfees, waaraan die koor in George gaan deelneem, wil ons graag 'n oefenkamp reël op Dinsdag, 29 Julie @ 13:15–17:00. Dit sal ons kans gee om rustig met die kinders deur al die repertorium te werk, en aandag te gee aan aspekte van ons musiek waarvoor ons normaalweg nie tyd het nie.
|
Datum: Dinsdag, 29 Julie Tyd: 13:15 – 17:00
|
Bywoning is verpligtend, en ouers moet asseblief by my verskoning maak indien iemand dit nie kan bywoon nie.
|
Ouervergadering oor koortoer na George
|
Ons wil ook hierdie middag gebruik om inligting rakende die toer met ouers te deel. Hierdie sessie sal dan direk ná ons oefening begin: 17:00–17:30.
|
Datum: Dinsdag, 29 Julie Tyd: 17:00 – 17:30
|
Vra gerus indien daar onsekerheid oor iets is.
|
|
|
|
|
|
|
|
Die Musiekdepartement sien uit na ’n baie opwindende Kwartaal 3, met ’n bedrywige program vir deelname aan die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod, UNISA en Trinity musiekeksamens, sowel as ’n hele paar kooroptredes. Ons verwelkom ook drie nuwe musiekonderwysers, en sien baie uit na die besonderse kennis en vaardigheid wat hulle by ons departement toevoeg. Klavier - Juf Bea de Wit Viool - Mnr Pieter Joubert Tjello - Mnr Reece Allum Kom loer gerus volgende kwartaal in om hulle te ontmoet. Intussen wil ek ouers aanmoedig om my te kontak indien jou kind met musieklesse wil begin. Sien die musiekinskrywingsvorm hier onder.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Vrydag, 1 Augustus | 19:00 | Skoolsaal
|
Is jy slimmer as die gemiddelde ouer? Kom wys jou algemene kennis-spiere tydens ons Bring-en-Raai Vasvrae Kompetisie! ???? 8 mense per span ???? Wynglase, tafels en bankies word voorsien ???? Jy sorg self vir jou span se kos & drank — maak dit ’n happiesbord, bring wegneemetes of pak sommer daai piekniekmandjie vol!
|
???? Let wel: Geen braaivure word verskaf nie — dis 'Bring-en-Raai', nie 'Bring-en-Braai' nie.????
|
???? Nog slegs 10 tafels beskikbaar — bespreek joune sommer dadelik!
|
|
Kom kuier saam, lag lekker en raai jou pad na roem! ????✨
|
|
|
|
|
|
TERUGVOER
|
|
Die jongste sportuitslae, toekennings, prestasies en ander resultate:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Baie geluk aan ons leerders wat aan die Spraak-afdeling van die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod deelgeneem het. Ons leerders het uitstekend gevaar. Die uitslae word aangedui soos dit op die sertfikate verskyn. Die uitslae is as volg:
|
Diploma: 95%-100% Hoogste Lof: 90%-94% Lof: 80%-89% Eervolle Vermelding: 70%-79%
|
- Hoogste Lof: Adele de Wet, Isa Rademan.
- Lof: Amelie Rossouw, Daniël Oosthuizen, Louis Crotz, Imari Steyn.
- Hoogste Lof: Frannie Samuel, Christopher Styan, Floris Muller, Heike Louw
- Lof: Hugo Derksen, Lukas Molenaar, Remi Pereira, Lily Jordaan, Rumi Benson, Cara van Rensburg, Joshua du Toit, Emma Kuys, Johannes Smit, Leah Wille, Marlina Maartens, Mathias Ackermann, Luna Coetzer, Emma Venter.
- Hoogste Lof: Cornelia Opperman, Izak Steyn, Peta Partner, Joe Barnard.
- Lof: Lia Sauer, Lukas de Goede, Martin Crots, Mila Maree, Jude Murray.
- Dilpoma: Jean-Jacques Rossouw
- Hoogste Lof: Michiel Ackermann, Petronella Gouws
- Lof: Klara Kemp, Rene Coetzee, Michaela Lawson, Michael Meyer, Sienna-Isabella Kruger, Anna Sophia Leach, Alexander Styan, Deidre Louw, Octavia Ackermann.
- Eervolle Vermelding: Celeste de Wet
Afdeling: Unprepared Reading
|
- Lof: Jean-Jacques Rossouw, Alexander Styan, Anna Sophia Leach
Afdeling: Onvoorbereide lees
|
- Hoogste Lof: Jean-Jacques Rossouw, Petronella Gouws, Anna Sophia Leach
- Diploma: Mika van der Walt
- Hoogste Lof: Christa-Bella Swart, Elliott Coetzee, Kitty Partner, Henry Jordaan.
- Lof: Olivia Faling, Hanna Louw, Inge Engelbercht, Pieter Derksen, Benji Ntloko, Dirk van Eeden, Jan Jurie Fourie, Anabelle Enslin, Emilie Theron, Noa Rademan, Sofia Cleghorn.
- Lof: Hanna Louw, Jan Jurie Fourie, Anabelle Enslin.
Afdeling: Unprepared reading
|
- Lof: Henry Jordaan, Anabelle Enslin.
- Eervolle Vermelding: Hanna Louw.
Afdeling: Onvoorbereide Lees
|
- Lof: Kitty Partner, Mateo Pereira, Henry Jordaan, Anabelle Enslin.
- Diploma: Antjie Samuel.
- Hoogste Lof: Coreen Scholtz.
- Lof: Hanna Thom, Leah Coetzee, Natalie Lawson, Leah Jacobz, Hannah de Stadler.
- Eervolle Vermelding: Ella Nel.
Afdeling: Onvoorbereide lees
|
- Hoogste Lof: Antjie Samuel, Coreen Scholtz.
- Lof: Jacob Venter, Heleen de Kock, Natalie Lawson.
- Hoogste Lof: Gerhard Conradie, Chris Derksen.
- Lof: Anouk van der Linde, Rupert Janse van Rensburg, Anya Maritz, Bella Naylor, Jana Nel, Anabella Boshoff, Pieter Rademeyer.
- Eervolle Vermelding: Ella van der Walt.
- Eervolle Vermelding: Ella van der Walt.
Afdeling: Unprepared reading
|
- Hoogste Lof: Jamie Jordaan.
- Lof: Jenna Erasmus, Anabella Boshoff.
- Eervolle Vermelding: Ella van der Walt.
Afdeling: Onvoorbereide lees
|
- Hoogste Lof: Gerhard Conradie, Chris Derksen.
- Lof: Bella Naylor, Jamie Jordaan, Anabella Boshoff, Ella van der Walt.
- Hoogste Lof: Elisabet Marais, Dane Olivier, Katryn Silvis, Sabine Barnard.
- Lof: Alexander Weideman, Zani Scholtz, Kyle Meissenheimer, Abigail Fourie.
- Hoogste Lof: Dane Olivier.
- Lof: Abigail Fourie, Kyle Meissenheimer.
Afdeling: Unprepared reading
|
- Hoogste Lof: Susie Samuel, Dane Olivier, Katryn Silvis, .
- Lof: Zani Scholtz.
Afdeling: Onvoorbereide lees
|
- Hoogste Lof: Dane Olivier, Katryn Silvis, Susie Samuel, Sabine Barnard.
- Lof: Zani Scholtz, Abigail Theron, Kyle Meissenheimer.
|
|
|
|
|
|
|
Ons is baie trots om aan te kondig dat die fliek Alma Oppad op 20 Augustus as die openingsfilm van die Silwerskermfees vertoon sal word!
|
|
Wat hierdie prestasie vir ons skoolgemeenskap ekstra spesiaal maak, is dat twee van ons eie Jannies, Gerhard Conradie en sy sussie, Chrystal, rolle in die film vertolk. Dit is ’n merkwaardige mylpaal vir die Conradie-gesin én ’n inspirasie vir ons jong sterre wat droom van 'n loopbaan in die uitvoerende kunste.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons het die naweek vier JvR meisies gehad wat by Western Cape Championships for Rhythmic Gymnastics, deelgeneem het. Hulle het die volgende medaljes verower:
|
- Olivia Faling
- Nina Burger
- Klara Pfeiffer
|
Ons is ongelooflik trots op die vier meisies!
|
|
|
|
|
|
|
|
Volg Die Suidooster vir al die nuutste artikels, foto's en video's.
|
|
|
|
Klik HIER vir advertensies van die week
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Jy ontvang hierdie nuusbrief
|
|
omdat jy 'n ouer of ondersteuner van Laerskool Jan van Riebeeck is.
|
|
|
|
|
Laerskool Jan van Riebeeck, Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad
|
|
|
|
|
|