|
|
|
|
|
|
DATUMS
Sa 6 Junie 2026
- Rugby: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
- Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
Ma 8 Junie 2026
Di 9 Junie 2026
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)
Do 11 Junie 2026
- Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)
Vr 12 Junie 2026
Ma 15 Junie 2026
Di 16 Junie 2026
Wo 17 Junie 2026
Do 18 Junie 2026
- Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)
Vr 19 Junie 2026
- Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Neem asb. kennis dat ons jaarlikse interskole atletiekbyeenkoms skuif vanaf 11 Februarie na 18 Februarie.
|
Dit vind nog steeds by Hoërskool Jan van Riebeeck se sportvelde plaas met 62 van ons atlete wat op die dag deelneem en dit beloof om 'n heerlike byeenkoms te wees. Die volledige program sal Maandag op die webtuiste gepubliseer word en via WhatsApp uitgestuur word.
|
|
|
|
|
|
|
|
Sluit aan by ons skoolkalender om op hoogte te bly van belangrike datums en gebeure by die skool. Graad 4-7 het hul eie take- en toetsrooster-kalenders, en ouers kan daarby inskakel om seker te maak hulle bly op hoogte. Vir meer inligting en om aan te sluit, besoek gerus die volgende skakel: Skoolkalender
|
|
|
|
|
|
|
|
Maandag, 10 Februarie, is klas en individuele fotodag. Leerders moet asb. netjies en volgens korrekte skooldrag skool toe kom.
|
Sien hier onder ‘n herinnering aan die korrekte skooldrag vir leerders:
|
Intersenfase (Graad 4 - 7)
|
Dogters: Hempie met geruite rompie en/of netjiese donkerblou kortbroek + kaalvoet/ donkerblou plakkies/swart skoolskoene met wit sokkies
|
Seuns: Hempie met netjiese, donkerblou kortbroek/khaki langbroek + kaalvoet/ donkerblou plakkies/swart skoolskoene met lang, donkerblou kouse met wit strepies
|
Grondslagfase (Gr.1-3)
Dogters: Hempie (mouloos of moue) met skort of sportbroekie + kaalvoet/ donkerblou plakkies/tekkies met wit sokkies
|
|
Seuns: Hempie met sportbroekie + kaalvoet/ donkerblou plakkies/tekkies met wit sokkies
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Die vereiste vir motorplakkers is 'n nuwe instelling by die skool wat vanaf 10 Februarie 2025 in werking sal wees. Alle motors wat op die perseel kom, moet 'n plakker in die motorvenster hê. Elke gesin sal twee motorplakkers ontvang. Indien jy ekstra plakkers benodig, kan jy dit via die Karri-app teen R10 'n plakker bestel. Die plakkers sal direk aan die leerders oorhandig word.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Graag wil ek versoek dat julle van die volgende datum en geleentheid ‘n nota sal maak: Ons beplan om op Vrydag, 14 Maart 1 700 waterbuffel patties te braai. Dit word geskenk deur Babylonstoren en word tans as die gesondste rooivleis beskou. Burgers gaan @R40 elk verkoop word en bestellings sal binnekort op Karri-toep oopmaak. Julle sal ‘n keuse hê van ‘n wegneem-burger wat vanaf 14:00 by die skool opgetel word (“drive-through) of julle kan vanaf 16:00 dit agter by die skool by tafeltjies en musiek kom geniet terwyl bier en wyn te koop sal wees.
|
Susan Derksen en haar OOV span hanteer die dag en hulle sal julle nog versoek om vanaf Vrydagoggend 06:30 te kom help met braai en verpakking. Ons beplan om 500 burgers vir ‘n behoeftige skool te skenk.
|
Meer inligting volg binnekort. Stoor asb die datum van 14 Maart vir ‘n heerlike samesyn by die skool. Dit gaan Baie opwindend wees!
|
Groetnis, Naas Beets | Skoolhoof
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Sien meer inligting hier onder oor biddag vir onderwys by NGK Drieankerbaai:
|
|
|
|
|
|
|
|
Dit is amper weer sulke tyd! Valentynsdag is om die draai en dit beteken sivvies, lekkernye en vele ander produkte!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons wil graag die opwindende nuus deel dat Liam Kruger se film, wat ook by die KykNet Silwerskermfees gewys is, nou beskikbaar is op Showmax!
|
Ons is ongelooflik trots op hom en hoop dat hierdie prestasie as kultuur vir die skool gevier sal word. Liam het alreeds geweldig sukses behaal in die filmbedryf en is bevestig vir nog twee ander films en 'n reeks saam met groot Afrikaanse akteurs.
|
|
Welgedaan Liam! Ons is baie trots op jou.
|
|
|
|
|
|
|
|
Sien die week se krieketuitslae hier onder:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons het verlede week gepraat oor die frustrasie wat ons as ouers ervaar as elke opdrag of versoek in ‘n onaangename baklei-sessie ontaard. Om daardie rede is ons soms geneig om hierdie situasies te vermy deur “gemak” bo “tydelike ongemak” te kies. Maar is dit die beste vir my kind?
|
Kom ons begin by wat dissipline is. Dissipline is om te onderrig, te korrigeer, asook om jou kind met geduld in ‘n rigting te stuur om - sonder jou - te doen dít wat goed en reg is. Ons motivering vir enige dissipline is om ons verantwoordelikheid as ouer of volwassene na te kom. Indien jy jou kind toelaat om te doen wát hulle wil wánneer hulle wil, gaan daar waarskynlik twee goed gebeur. Eerstens: hulle gaan verwag dat die lewe daar buite sonder enige struikelblokke gaan wees. Tweedens is dit amper ‘n gegewe dat hulle diegene rondom hulle sonder respek en empatie gaan hanteer. Onthou: jou kind is nie gereed om besluite te neem op grond van wat vir hulle goed is nie, hulle neem besluite op grond van wat hulle wil hê. Jou taak is dus as’t ware om jou kind soms van homself/ haarself red!
|
Kom ons neem skermtyd en die tyd wat jou kind voor die televisie spandeer as ‘n voorbeeld. Jy weet dit laat jou kind ontspan en hy/sy geniet dit. Wanneer ons hulle skermtyd wil beperk, doen ons dit nie om hulle te ontneem van wat vir hulle lekker of ontspanne is nie. Indien dít ons rede is, gaan ons kinders nooit die geleentheid kry om te “oefen” om dít wat vir hom of haar lekker is met selfdissipline te bestuur nie. Ons moet ‘n balans vind. Ons beperk skermtyd om verskillende redes en elke gesin het daar hul eie unieke ritme en reëls. Wat ons egter weet, is indien ons níé skermtyd gaan beperk nie, dit ons kind op verskillende maniere negatief gaan benadeel. Dit is buiten dat ons sien hy/sy is besig om ‘n slegte gewoonte te ontwikkel. Konflik kan terselfdertyd as ‘n leerskool gebruik word. Ons gebruik daardie oomblikke van ongehoorsaamheid om ons kinders te leer om korrek op te tree, in plaas daarvan om hulle net na hulle kamer toe te stuur. Die hoop is dat jou reaksie uiteindelik hulle disrespekvolle manier van terug praat sal omskep tot iets wat tot voordeel van almal is. Ek wil my kind leer om met respek te verskil, met respek te vra “hoekom”, maar ook om “goeie” outoriteit te respekteer.
|
Kom ons neem die volgende praktiese voorbeeld:
|
Jy vra jou kind om die televisie af te sit en te gaan slaap.
|
Jou kind antwoord in ‘n onaangename stemtoon: ”Wát? Hoekom? Daar is nog net 10 minute oor van die fliek! Daar is ook net reëls, reëls, reëls in hierdie huis!”
|
Ouer: “Ek wonder of jy dit op ‘n ander en gawer manier kan sê, dán kan jy vra hoekom. Wil jy weer probeer?
|
Kind: “Okay, Ma, is dit okay as ek die fliek klaar kyk, want daar is net ‘n kort stukkie oor...”(Dit is ‘n geldige rede en miskien sou jy dit oorweeg het as hy/sy nie die vorige aand ook laat gaan slaap het nie).
|
Ouer: “Ek is jammer dat jy dit nie kan klaar kyk nie, maar jy het gisteraand ook baie laat gaan slaap en hoe meer rus jy vannag kry, hoe beter... Dit is môre skool.”
|
Baie ouers sou dalk nie kans sien vir hierdie “omslagtige” aanslag nie en net toegee. Maar wat leer ek vir my kind? Dat hy/sy die reëls in die huis maak? Jy is in hulle lewe geplaas om hulle te leer van reg en verkeerd. Om hulle te beskerm. Dus, dalk kan ons hierdie strategie probeer. Hier is ‘n paar praktiese voorbeelde wat jy kan gebruik om hierdie konfliksituasies anders te hanteer:
|
“Ek gee nie om dat jy vra “hoekom” nie, maar ek hou nie van die maníér waarop jy dit vra nie. Probeer weer, maar sê dit nou op ‘n manier soos ons gewoonlik met mekaar in ons huis praat.”
|
“Ek is heeltemal bereid om jou kant te hoor. Kan jy dit op ‘n ander manier sê?”
|
“Ek is nie jou vyand nie en ek sal graag wil hoor wat jy wil sê. Hoekom wag ons nie ‘n rukkie nie en dan praat ons hieroor as jy beter voel?”
|
“Hierdie is ongelukkig ononderhandelbaar. Kom ons bespreek die hoekom as ons al twee rustiger is.”
|
“Ek hoor jou. Kom ons praat later hieroor wanneer ons al twee kalm is en saam ‘n oplossing hiervoor kan kry.”
|
Of die uiklophou: “Oortuig my met goeie redes hoekom jy dit nie hoef te doen nie?”
|
Kom ons probeer. En onthou: “Only dead fish swim with the stream” – Malcolm Muggeridge
|
|
Marike Badenhorst | Opvoedkundige Sielkundige
|
|
|
|
UIT DIE HOOF SE KANTOOR
|
|
|
|
|
Ek vertrou dat week 4 van die akademiese jaar vir julle vreugde gebring het en min uitdagings. In my nuusbrief van verlede week het ek kortliks na die konsep van tyd verwys en hoe vinnig dit verby snel. Dit het my verder laat dink dat in vandag se moderne, gejaagde lewe, dit vir ouers/voogde moeilik moet wees om al die balle in die lug te hou en dan boonop tyd te maak vir hul kinders, lewensmaat en hulself. Die beste belegging wat jy in jou kind se toekoms kan maak, is om tyd vir jou kind/ers te maak. Dit gee dikwels jou kind/ers die geleentheid om dieper gesprekke te voer, indien hulle dit nodig sou vind, wat tot sterker bande lei. Ek weet dat ons almal net die beste vir ons kinders wil hê, maar dikwels val ons in die strik dat ons deur ons eie oë en ervarings na ons kinders se probleme en uitdagings kyk en vergeet dat kindwees vandag nie meer dieselfde is as toe ons op skool was nie. Die ondersteuning wat kinders vandag by ons skool kry, is ook heelwat beter as toe ons op skool was. Ek dink ook dat ons baie versigtig moet wees om kritiek teenoor onsself en ons kinders uit te spreek sonder nadenke. Dit mag dalk net die vrymoedigheid van ‘n oop verhouding kelder. Ek glo dat doeltreffende kommunikasie nie net uit praat bestaan nie, maar ook luister. Vandag se kinders wil voel hulle word verstaan. Baie dankie dat julle as rolmodelle vir jul kinders optree, na hulle luister en met soveel deernis na hulle kyk wat ons weer in staat stel om hulle makliker te bemagtig om tot hul volle potensiaal te ontwikkel.
|
Ons o/12A- en o/13A-netbalspelers het vanaf Donderdag, 30 Januarie, tot Sondag, 02 Februarie, ‘n voorseisoen-netbalkursus saam met hul afrigters op die pragtige karooplaas Elandsrus naby Drie Susters bygewoon. Die gewilde netbalkursus word deur die bekende Patrys van der Merwe aangebied, en skole staan letterlik in ‘n ry om die spesiale netbal- en plaaservaring te beleef. Patrys is ‘n voormalige Protea-speler en doen baanbrekerswerk as dit by afrigting kom. Ons is baie dankbaar dat die dogters en personeel die lang pad eerder met ‘n luukse Elwiera-bus kon aflê om sodoende die veiligheid van ons leerders en personeel te verseker. Baie dankie aan al ons ouers wat so hard agter die skerms gewerk het om die addisionele vervoeruitgawe te dek. Ek is julle baie dankbaar. Behalwe al die netbalvaardighede wat hulle opgedoen het, het hulle ook die plaaslewe terdeë geniet, iets wat ons stadsjapies nie elke dag ervaar nie – dit maak die ervaring uniek. Die opwindende drie dae het onder andere die volgende aktiwiteite ingesluit:
|
-
-
-
-
-
-
|
swem in ‘n vlak plaasdam wat deur die onlangse reën moontlik gemaak is
|
-
|
staproete in die karooveld
|
-
|
fantastiese plaaskos wat, soos altyd, die hoogtepunt was.
|
|
Baie dankie aan juffrou Ischké en Sharon en meneer Keenen wat so mooi na die dogters gekyk het.
|
|
|
Wêreld-hardopleesdag word jaarliks op die eerste Woensdag van Februarie gevier. Die doel van die dag is om mense wat ‘n gemeenskaplike liefde vir lees het, saam te bring, en dit is presies wat ons op Woensdag, 05 Februarie, by die skool gevier het. Met hierdie inisiatief wou ons ook daarop fokus dat hardoplees nie spanning hoef te veroorsaak nie. Lees is lekker! Hardoplees is beslis nie iets vreemd nie, veral nie wat die skoolkurrikulum betref nie. Al ons leerders in die verskillende grade het vanaf 09:30 tot eerste pouse aan die opwindende hardopleessessie met oorgawe deelgeneem. Leerders het die hele skoolterrein gebruik om heerlik hardop te lees. Onderwysers het hierdie aktiwiteit met kreatiwiteit aangepak:
|
-
|
Die graad 7’s het vir die graad 2-leerders hardop gelees.
|
-
|
Ek het ook die wonderlike voorreg gehad om vir die graad 1’s hardop te lees. Hulle was eers skepties en onseker of ek wel kan lees, maar was darem baie verlig dat ek iets kon lees – dit was groot pret!
|
-
|
Graad 3’s en 5’s het heerlik in hul klasse aan die inisiatief deelgeneem.
|
-
|
Die graad 4-groep het almal saam in die vierkant aan dieselfde teks gelees.
|
-
|
Die graad 6’s het in groepies van twee verdeel en op verskillende plekke met hul leesmaat gesit.
|
|
Ons poog voortdurend om ‘n gesonde leeskultuur by ons skool te handhaaf deur ‘n liefde vir lees by ons leerders van ‘n baie jong ouderdom aan te kweek. Moedig gerus jou kinders aan om ‘n boek een keer per week by die mediasentrum uit te neem.
|
|
|
Die afgelope week het ons ook met liga-tenniswedstryde begin. Vandag bied ons die jaarlikse senior swemgala aan en dit is altyd ‘n hoogtepunt vir die graad 4 – 7-leerders. Baie dankie aan juffrou Rolene wat vandag en Saterdag ‘n senior koorkamp by die skool aanbied. Hierdie twee dae gaan effektief gebruik word om ons senior koor so goed moontlik vir die komende optredes voor te berei.
|
Graag neem ek die vrymoedigheid om ons ouers/voogde te versoek om eerder van halfdagnasorg gebruik te maak as om jul kinders te laat wag vir later optel na skool, byvoorbeeld na sport of ekstra klasse. Die probleem is dat hulle daar moet wag sonder enige amptelike toesig. ‘n Klompie leerders sonder toesig is ‘n resep vir moeilikheid. Ongelukkig kan die skool nie vir die tipe toesig verantwoordelikheid neem nie, aangesien die personeel reeds by sport, kultuur en/of ekstra klasse betrokke is. Baie dankie vir julle samewerking in hierdie verband.
|
Ek sluit dan die week af met die fokus op omgee en deel die onderstaande aanhaling van Theodore Roosevelt rakende omgee. Geniet ‘n heerlike naweek saam met jul gesinne.
|
“Nobody cares how much you know, until they know how much you care.’’
|
Vriendelike groete, Naas Beets SKOOLHOOF
|
|
|
|
|
|
Kliek HIER vir Die Suidooster
met al die nuutste artikels, foto's en video's.
|
|
|
|
Kliek HIER vir advertensies van die week
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|