|
|
|
|
|
|
DATUMS
Sa 6 Junie 2026
- Rugby: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
- Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
Ma 8 Junie 2026
Di 9 Junie 2026
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)
Do 11 Junie 2026
- Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)
Vr 12 Junie 2026
Ma 15 Junie 2026
Di 16 Junie 2026
Wo 17 Junie 2026
Do 18 Junie 2026
- Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)
Vr 19 Junie 2026
- Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Neem asb. kennis dat ons jaarlikse kleure-atletiek se datums verander het: Wo, 4 Desember: Velditems Vr, 6 Desember: Baanitems
|
Baie van ons leerders neem op die oorspronklike datum aan die WP-tenniskompetisie deel.
|
Beide dae vind gedurende skooltyd plaas en verdere inligting sal op 'n latere stadium volg.
|
|
|
|
|
|
|
|
Belangike begrotingsvergadering
|
Wanneer? Maandag, 04 November, om 18:00 in die skoolsaal
|
Hoekom? Die nuwe BELA-wetgewing vereis dat minstens 10% van ons ouers (minstens 85!) die vergadering moet bywoon anders het ons nie ‘n kworum nie.
|
Wat? Ons bied die begroting vir 2025 aan en sal ook ‘n oorsig gee van die skool, BELA-wetgewing en ons breër planne
|
En nog? Vir die wat dit bywoon sal ons ‘n spesiale kaartjie gee sodat jul kind(ers) die volgende dag kan sivvies skool toe dra en ‘n roomys kry!
|
Toesig Juff. Naomi en Anika, sal Maandagaand oor die GF / ISF-leerders wie se ouers die begrotingsvergadering bywoon in hul klasse toesig hou.
|
|
|
|
|
|
Neem asseblief kennis dat daar geen sport of nasorghuiswerkklasse eerskomende Maandag, 4 November, sal wees nie. Daar is 'n opleidingsessie vir al die personeel vir hierdie middag geskeduleer.
|
|
Baie dankie vir die ondersteuning.
|
|
|
|
|
|
|
Hierdie jaar hou die WKOD ‘n kompetisie waar leerders ‘n plakkaat of kortverhaal kan inskryf en ‘n hulpbronprys vir hul skoolbiblioteek tot die waarde van R30 000 wen!
|
|
|
|
|
|
|
|
Sport- en kultuurfoto's is nou beskikbaar. Kyk asseblief na die besonderhede hieronder vir aankope:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier volg die week se krieketuitslae:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier volg die week se swemuitslae:
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier volg die week se tennisuitslae:
|
|
|
|
|
|
|
Kyle het verlede Vrydag en Saterdag aan die "Chess Elevation Series" deelgeneem. Hy het 1ste plek behaal vir die vlak 2-groep en was die enigste speler in sy groep wat geen wedstryde verloor het nie. Baie geluk met hierdie puik prestasie, Kyle! Jy maak ons Jannie-harte trots!
|
|
|
|
|
|
|
Oud-Jannie, Jana Brink, is as hoofdogter van HS Milnerton vir 2025 verkies.
|
|
Welgedaan, Jana! Ons is trots op jou.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Dis wonderlik hoe die Zen Den besig is om stadig die stigma omtrent angs en oorweldiging van emosies af te breek. Leerders kry die geleentheid om hulself te reguleer en in die proses beter op hul skoolwerk te fokus. Hulle ontvlug vir enkele minute of sommer 'n hele pouse na hierdie ruimte waartydens die kalm ruimte wanbalans herstel sodat hulle weer klasuitdagings in die gesig kan staar. Ons poog om weekliks 'n skrywe in die nuusbrief te plaas wat volgens verskillende temas sal handel. Ons het met boelie begin aangesien daar navrae in die ouermeningspeiling hieroor was. Ons voel ook dat ons 'n opvoedingsplig vanuit die Zen Den het sodat almal so goed moontlik ingelig oor 'n verskeidenheid onderwerpe kan wees. Opleiding is tog ons kernbesigheid. Hierdie week se Jannie-gesprek vanuit die Zen Den, geskryf deur Marike Badenhorst: Moontlike ouerskapsfoute wat ons mag maak
|
|
1.Ouers probeer dikwels hul kinders ongemak spaar
|
Terwyl ons probeer om aan ons kinders die heel beste te bied, skep ons dikwels vir hulle ‘n “mini ideale wêreld” - iets wat ons weet nie bestaan nie. In ‘n gegewe dag ervaar ons kinders deesdae min ongemak: fisies of emosioneel. As hulle verveeld is, gee ons vir hulle ‘n selfoon om hulle besig te hou. As hulle verloor, beloon ons hulle met hul eie “trofee” – hetsy iets wat hulle graag wil hê of ‘n uitstappie om die gevoel van teleurstelling “sagter” te maak. As hulle moeg is, hoef hulle nie hulle gewone huistake te doen nie. As hulle sleg doen in ‘n toets, kontak ons die onderwyser. Ons probeer elke spreekwoordelike klip wat ‘n struikelblok kan wees uit hul pad haal voordat ons hulle die geleentheid gee om self eers ‘n plan te maak om die probleem op te los. Al is dit hóé moeilik, móét ons soms opsy staan en aan ons kind die geleentheid gee om te misluk of om ongemak en teleurstelling te ervaar. As ons dit níé doen nie, gaan hulle moeilik ‘n krisis later in hulle lewe kan hanteer wanneer ons as ouers nie by is nie. Ook wat tydsbesteding betref: wanneer ons kind permanent besig is om hom/haar van een aktiwiteit na ‘n ander te haas, mag daar in die proses nie genoeg tyd wees vir ongestruktureerde spel, ontspanning en sommer net kind-wees nie. Soms is dit goed vir ‘n kind om genoeg tyd te hê om wél verveeld te wees en sélf ‘n plan te maak wat om volgende te doen!
|
|
2. Kinders leer nie meer “regte-wêreld” vaardighede aan nie
|
Al klink dit voor die handliggend, ontneem ons deesdae dikwels ons kinders om alledaagse roetine-take aan te leer: om iets wat by die huis stukkend is, reg te maak; om jou te help om die plante in die huis te versorg; om saam met jou eenvoudige disse te maak. As ons nie hierdie belangrike vaardighede vir óns geslag kinders aanleer nie, gaan ‘n volgende geslag nie ouers hê by wie hulle dit kan leer nie.
|
|
3. Ons fokus op die resultaat en nie die proses nie
|
Daar word vertel dat Thomas Edison 1000 keer misluk het in sy poging om die gloeilamp uit te vind. Toe daar aan hom gevra is hoe dit voel om 1000 keer te misluk voordat hy sukses behaal het, was sy antwoord: “Ek het nie 1000 keer misluk nie, die uitvindsel van die gloeilamp het net 1000 stappe geneem.” As ons vir ons kinders so ‘n ingesteldheid kan aanleer, leer ons hulle deursettingsvermoë (“grit”). Indien my kind kan leer om vir homself/haarself erkenning te gee vir die moeite en vasbyt vir die poging - al was die eindresultaat anders as wat hulle verwag het - leer ons hulle deursettingsvermoë en ook die moed om weer te probeer.
|
|
4. Ouers moedig nie aanspreeklikheid aan nie
|
Meeste kinders sal enige iets doen om nie te erken wanneer hulle ‘n fout gemaak het nie. Tog is dit nodig om ons kinders te leer om verantwoordelikheid vir ‘n situasie te aanvaar wat hulle ongemaklik laat voel en waar hulle verkeerd was. Leer hulle om “ek-frases” te begin gebruik. In plaas daarvan om jou kind toe te laat om te sê: “Die toets was te moeilik, die onderwyser het wéér nie alles verduidelik nie”, help hom/haar om op ‘n punt te kom waar hy/sy kan sê: “Ek het nie al die vrae in die toets verstaan nie. Ek moes vooraf vir my onderwyser gevra het om my te help.” Deur die skuld op iemand anders te plaas, hoop jou kind hy/sy gaan nie gestraf word of die negatiewe gevolge in die oë hoef te kyk nie. Leer jou kind dat almal foute maak, jy ook. En lei jou kind om te kan sê: “Ek is jammer, ek het ‘n fout gemaak. Ek gaan probeer om dit reg te maak.” In ons poging om goedaangepaste kinders met baie selfvertroue groot te maak, moet ons daarteen waak om nie oorsensitiewe, selfgesentreerde kinders groot te maak nie . Leer jou kind nederigheid en ‘n begrip vir die talente en prestasies van ander. Deur hul eie beperkings te erken en terselfdertyd erkenning te gee aan ander, leer hulle om diversiteit te omarm en aanpasbaar binne verhoudings te wees. Marike Badenhorst Opvoedkundige Sielkundige
|
|
|
|
|
|
Ons was so bevoorreg om Dinsdag, 22 Oktober, in die geselskap van die kundige op sosiale media gebied te kon wees. Carla de Beer het omtrent baie inligting en kennis aan ons oorgedra. Soos sy belowe het, plaas ons die wenke en inligting soos sy aan ons gestuur het hier. Ons skool het die nodige maatreëls in plek. Gaan lees gerus die slimfoon en -horlosie gebruiksbeleid vir leerders deur. Slimfoon en -horlosie gebruiksbeleid vir leerders Volgens departementele riglyne moet alle leerders se selfone tydens skoolure en op die skoolterrein (skoolgronde) afgeskakel wees. Leerders bring hul selfone op eie risiko skool toe en die skool aanvaar geen verantwoordelikheid vir verlies of beskadiging daarvan nie. Leerders moet soggens sodra die eerste periode begin hul fone by hul registeronderwyser inhandig sodat die onderwyser die selfone in die klas se kluis kan bewaar totdat die skooldag verby is. Geen oproepe/boodskappe mag tydens klastyd of op die skoolterrein ontvang of gemaak word nie. Indien daar ‘n krisis ontstaan, sal leerders wel toestemming ontvang om hul ouers te kontak, maar dan moet die oproep in die teenwoordigheid van die onderwyser (bv. net buite die klaskamer, in die gang) gemaak word. Indien leerders wel ‘n dringende oproep aan hul ouers wil of moet maak, gaan gerus na ontvangs om die skool se telefoon te gebruik. Indien leerders hul selfone tydens skoolure of op die skoolterrein sonder toestemming gebruik, sal dit gekonfiskeer word. Indien dit ‘n tweede keer of herhaaldelik gebeur sal die foon vir ‘n langer tydperk afgeneem word en leerders sal dit eers ‘n week later of aan die einde van die skoolkwartaal ontvang. Ouers van die spesifieke leerder sal hiervan in kennis gestel word. In die geval waar ‘n leerder sy/haar selfoon by die registeronderwyser vergeet, sal die onderwyser die die foon in die kluis bewaar totdat die leerder die foon kom afhaal. Tydens kampe/uitstappies word leerders verbied om hul selfone saam te neem. Die onderwysers wat die leerders op die kampe/uitstappies vergesel, moet hul selfoonnommer beskikbaar stel indien dit nodig sou wees om die ouer van ‘n insident of krisis in kennis te stel. Indien ‘n vermoede bestaan dat leerders ongerymdhede/pornografie op hul selfone kyk/stuur, behou die skool die reg in die beste belang van alle leerders van Laerskool Jan van Riebeeck om op te tree deur onmiddellik die selfoon te konfiskeer en die polisie in kennis te stel. Ouers sal telefonies verwittig word dat die polisie in kennis gestel is. Die polisie het die reg om leerders se selfone te ondersoek indien daar ‘n vermoede is dat daar pornografiese materiaal / video’s op sy/haar selfoon is. Indien ‘n finale bevinding gemaak is dat ‘n leerder na ongerymdhede/pornografie op sy/haar selfoon gekyk of aangestuur het, sal die betrokke leerder se ouers skriftelik in kennis gestel word dat hy/sy voortaan nie toegelaat sal word om ‘n selfoon skool toe te bring nie. *Dieselfde reëls geld vir slimhorlosies. Horlosies moet afgeskakel wees om geen boodskappe of oproep te ontvang of te maak nie. Tydens formele assesserings word hierdie horlosies ingeneem.
|
|
|
|
|
|
|
|
Die mooiste, mooiste maand van die jaar is ongelukkig iets van die verlede en vandag groet November-maand ons met ‘n heerlike sonnige dag. Ons weet ook dat November-maand die begin van die sogenaamde ‘silly season’ is. Mense is gewoonlik teen die tyd van die jaar moeg van uitbranding, hulle gemoed is negatief en voel heeltemal oorweldig met die pas waarteen die jaar verbysnel. Ek sien dit elke jaar ook by die skool waar leerders, dikwels van wie ‘n mens dit die minste verwag, die eienaardigste dinge aanvang of selfs kwytraak. Selfs personeel sukkel om kop bo water te hou. Dus hou ek die afgelope weke gereelde gesprekke met leerders en personeel om die spanning en angs wat die tyd van die jaar bring, te leer bestuur en eerder te fokus op geduld, samewerking, dink voor jy praat en ander mense met die nodige respek te behandel. My grootste wens is dat ons die volgende maand wat die finale eksamen en assesserings insluit, die nodige empatie aan die dag sal lê en nie ons ‘silly season’ - frustrasie onnodig na ander mense kanaliseer nie.
|
|
Op Saterdag, 26 Oktober, is die indrukwekkende dakraamstruktuur van die balletsaal te Huppelland afgelewer en met fyn presisie deur ‘n hyskraan gemonteer. Ek het die voorreg gehad om die interessante oefening waar te neem en op kamera vas te lê. Weereens het ek besef hoe gelukkig ons as skool is om nog ‘n wêreldklas fasiliteit te kan bekom en dit alles te danke aan ‘n ruim skenking van ‘n weldoener waarvoor ons baie dankbaar is.
|
|
|
|
Ek glo julle het alreeds vanaf 21 Oktober waargeneem dat daar ‘n verfkontrakteur besig is om die skoolgebou voor te berei om geverf te word. Tans word al die ‘ou’ verf afgespuit en krake toegemaak, en binnekort sal daar met die fisiese verfwerk begin word. Ons is baie opgewonde, want binnekort gaan die buitekant van die skoolgebou ‘n gedaanteverwisseling ondergaan. Ons skoolgebou gaan dan weer spoggerig lyk en al die nuwe infrastruktuur-opgraderings perfek afrond. Baie dankie aan mnr. Hanekom wat vir ons die projek bestuur en groot dankie aan ons Opvoedingstrust wat die projek befonds.
|
|
|
Op Saterdag, 26 Oktober, het Dapper Stappers onder leiding van juf Anika aan die ‘’walk for little feet’’ deelgeneem. “Walk for little feet’’ is ‘n internasionale fondsinsamelingsprojek asook bewusmakingsgeleentheid wat deur Life Child gereël is. Daar is dus 5 km gestap om fondse in te samel vir wees- en kwesbare kinders. Baie dankie aan al die ouers en leerders wat kaartjies gekoop het om aan die welwillendheidsprojek deel te neem. Alle deelnemers op die dag moes in oranje getooi wees en so is ons oranje-kleur sommer outomaties en gratis bemark. Baie dankie aan mnr. Keenen wat juf. Anika tydens die dag bygestaan het. Ondersteun gerus Life Child deur ‘n kind te borg en sodoende ‘n kind se lewe vir ewig te verander.
|
Graag herinner ek almal aan die belangrike begrotingsvergadering met ouers op Maandag, 04 November, om 18:00 in die skoolsaal. Anders as ander jare beveel FEDSAS (Federasies van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole) skole aan om een van die BELAW-vereistes, naamlik dat 10% van ons ouers (kworum) die begrotingsvegadering vanaf 2024 moet bywoon om die vergadering legitiem te maak.Di t beteken dat daar ‘n minimum van 85 ouers/voogde die vergadering moet bywoon! Dus doen ek ‘n ernstige beroep dat julle die vergadering sal bywoon. As motivering om ‘n kworum te verseker, sal elke ouer/voog wat die vergadering bywoon, se kind(ers) ‘n kaartjie ontvang wat jou kind(ers) toestemming gee om die volgende dag (05 November) sivvies skool toe te dra asook ‘n smaaklike roomys te ontvang. By voorbaat dankie dat julle die belangrike begrotingsvergadering op 04 November om 18:00 gaan bywoon om die effektiewe bestuur van die skool te verseker.
|
My dankbaarheidsbeker loop steeds oor en kan ek nie anders as om die week weer op ‘n dankbare noot af te sluit met die bekende aanhaling van Oprah Winfrey. Ek wens vir julle ‘n wonderlike naweek saam met julle gesin en/of vriende toe.
|
“Be thankful for what you have; you will end up having more! If you concentrate on what you don't have, you will never, ever have enough.’’
|
Vriendelike groete, Naas Beets SKOOLHOOF
|
|
|
|
|
|
Kliek HIER vir Die Suidooster
met al die nuutste artikels, foto's en video's.
|
|
|
|
Kliek HIER vir advertensies van die week
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|