Share this emailCopy the public link or share it on your favorite channel.
Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

Sa 6 Junie 2026

  • Rugby: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
  • Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
  • Veiling

Ma 8 Junie 2026

  • Interne sport begin

Di 9 Junie 2026

  • Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)

Do 11 Junie 2026

  • Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)

Vr 12 Junie 2026

  • Eksamen Eindig

Ma 15 Junie 2026

  • Skoolvakansiedag

Di 16 Junie 2026

  • Jeugdag

Wo 17 Junie 2026

  • Hoofleiers Verkiesing
  • Eksamen Sieketoetse

Do 18 Junie 2026

  • Musiekkonsert ISF
  • Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar
  • Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)

Vr 19 Junie 2026

  • Finkom vergadering
  • Hoofleiers aanwys
  • Musiekkonsert GF
  • Toer oorhandiging
  • Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)




>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Junior en Senior Koor: Belangrike Datums vir Oktober

Let asseblief op dat beide die Junior en Senior kore die 15de Oktober optree.
ISF Kultuurkonsert begin 18h00.

Sien asseblief die tye in PDF-formaat hier.
Kontak my gerus indien daar enige vrae is.

Vriendelike groete,
Rolene van Zyl

Kleredrag vir fotodag: Maandag, 7 Oktober 2024

Kyk asseblief mooi na die kleredrag wat leerders Maandag moet saambring vir sportfoto's.

Kliek hier om die PDF dokument oop te maak:

SPORT

Netbaloefening: Buite-seisoen

Dapper Stappers: 26 Oktober 2024

Na 'n lang winter is dit weer tyd dat Dapper Stappers die natuur gaan verken! Ons gaan op 26 Oktober gebruik maak van 'n geleentheid om sommer geld ook in te samel vir "Walk for little feet", ons Welwillendheidsprojek vir kwartaal 4.

INLIGTING
Plek: Camps Bay Primary School Symmonds Field, Cape Town
Datum en tyd: Sat, 26 Okt 2024 at 09:00 am
Kaartjies: Grootmense R80 / Tieners (13-17 years) R40 / Kinders (0-12 years) FREE

Die hele familie is welkom! Kaartjies vir die stap en meer inligting kan by hierdie skakel gevind word.

Koop jou kaartjie en kom neem deel aan 'n lekker dag van stap, kos en samesyn. Sien julle daar!

ALGEMEEN

Sosiale media aanbieding: Carla de Beer

Ons is bevoorreg om vir Carla de Beer op Dinsdagaand, 22 Oktober, om 19:00 by ons skool te verwelkom. Sy het 3 jaar gelede 'n inligtingsessie by HS JvR aangebied waartydens sy belangrike inligting betreffende sosiale media se gebruik en gevare uitgelig het.

Ons het dit goedgedink om haar weer te nooi aangesien sosiale media so vinnig ontwikkel. Ons ervaar dat ons kinders nie die belangrikheid van korrekte gebruik asook die gevare agter die skerm van sosiale media verstaan nie. Vir ons as ouers is dit nog meer belangrik om ingelig te bly.

Kom woon asseblief hierdie ouerinligtingsessie by. Kaartjies sal op Karri beskikbaar wees.

Sy sal ook 'n inligtingsessie vir alle graad 5-7-leerders gedurende daardie dag tydens skoolure aanbied wat geen kostes vereis nie.

Vir enige navrae kontak gerus vir Marinda Brink marinda@jvrprim.co.za.

Mediasentrum en biblioteek: Middae beskikbaar

Balletkonsert: Charlie and the Chocolate Factory

TERUGVOER

Daniella Boshoff: Gekies vir Cape Town Opera Children’s Chorus

Ons wil vir Daniella Boshoff hartlik gelukwens! Sy is gekies om deel te wees van die 2025 Cape Town Opera Children’s Chorus. Hierdie is 'n wêreldklas koor met net die beste sangers en musikante.

Ons is baie trots op jou!

Abigail Fourie presteer in Gimnastiek

Abigail Fourie het op 23 September die Wes-Kaap verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe vir Ritmiese gimnastiek en ‘n derde plek behaal.

Baie geluk, Abigail. Dit is 'n puik prestasie! Ons is baie trots op jou.

Top Schools Tennistoernooi

Ons Skool se 1ste tennisspan maak geskiedenis!

Met groot trots deel ons die opwindende nuus dat ons skool se 1ste dogters tennisspan vir die eerste keer deelgeneem het aan die gesogte Top Schools Tennistoernooi. Hierdie toernooi wat vanjaar plaasgevind het bring die beste skole van regoor Kaap se streek bymekaar.

Vanaf die oomblik dat ons spelers die baan betree het, het hulle 'n sterk gees van samewerking en uithouvermoë getoon. Teen strawwe kompetisie het hulle elke wedstryd met passie aangepak en het hulle elke keer die skool se naam met trots verteenwoordig. Met elke stel het hulle beter en sterker gespeel, ons is trots op ons dogters.

Ons span hul beste pogings ingespan en daarin geslaag om 'n oorwinning te behaal wat hulle verseker het van 'n 5de plek.

Uitslae beloop soos volg:
JVR vs. Hendrik Louw, gelykop gespeel en met ń super tiebreaker verloor.
JVR vs. Gene Louw, wen 6-0
JVR vs. Durbanville, 6-2

Ons spanlede, insluitend Amelie van der Walt, Stella Pansegrouw, Jeanne van Heerden en Ané Swanepoel het ongelooflike vaardigheid en deursettingsvermoë getoon op die baan. Hierdie merkwaardige prestasie is nie net 'n bewys van die talent van ons spelers nie, maar ook van die toewyding van ons afrigters en ondersteuning van ouers. Ons sien uit daarna om hierdie momentum vorentoe te neem en volgende jaar nog hoër te mik!

Baie geluk aan ons span, julle het geskiedenis gemaak en ons is ongelooflik trots op elkeen van julle!

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 04 Oktober 2024 

"Dit is die maand Oktober, die mooiste, mooiste maand!
Dan is die dag so helder, so groen is elke aand,
So blou en sonder wolke die hemel heerlik bo,
So blomtuin-vol van kleure
Die asvaal ou Karoo."


So beskryf die bekende digter, C. Louis Leipolt, die mooiste en magiese maand van die jaar in die tweede strofe van sy bekende gedig. Oktober bring beslis nuwe hoop vir veld, dier en mens. Dit is die tydperk wanneer blomme in volle mag blom en die landskap word omskep in die pragtigste kleure en geure. Die koue dae van die winter is veronderstel om iets van die verlede te wees, maar so ken ons die Moederstad wat dikwels vier seisoene in ‘n enkele dag kan akkommodeer. Ek glo dat die warmer dae almal se gemoedstoestand sal opkikker en ons die laaste kwartaal met hernieude energie kan aanpak. Sien gerus die clivia-plante in ons skooltuin wat besig is om te blom. Hierdie pragtige blomplante is inheems aan Suid-Afrika en word dikwels in skaduryke plekke gesien. Hul oranje blomme bring kleur aan ons skoolterrein.

Dus is dit my ‘n wonderlike voorreg om al ons leerders, ouers/voogde en personeel terug by die skool te verwelkom na ‘n heerlike kort en koue September-vakansie. Ek hoop almal het die vakansie geniet. Dit was so lekker om heelwat Jannies en hul ouers gedurende die vakansie in George raak te loop. Verder glo ek almal se spreekwoordelike batterye is herlaai en slaggereed om kwartaal 4 met hope energie en entoesiasme aan te durf. Kwartaal 4 is elf weke lank met heelwat opwindende aktiwiteite wat gaan plaasvind – hou die spasie dop.

Die somersport buitemuurse program het alreeds op Dinsdag, 01 Oktober, met mening afgeskop en maak ons gereed vir al die somersportwedstryde, -toernooie en –byeenkomste wat die kwartaal gaan plaasvind. Ons eerste dogterstennispan het vir die Top Skole tennistoernooi gekwalifiseer en reeds vanaf 02 – 03 Oktober deelgeneem.
Die afgelope vakansie is daar hard aan herstel- en verfwerk by beide die laerskool en Huppelland gewerk. Huppelland se klaskamers is aan die binnekant uitgeverf en daklekke is herstel. Die bouwerk aan die balletsaal en nuwe ingang by Huppelland vorder goed en ons sien baie uit na die opening van die nuwe fasiliteit. Verder is die palmbome en verskeie ander bome by die skool gesnoei terwyl die nuwe raakskerms (TutorTouch) by Grade 3 en 4 asook in die koderingslokaal (STEAM-klas) geïnstalleer is. Hierdie nuwe tegnologie (interaktiewe raakskermpanele) transformeer leer en onderrig by ons skool. Dit bevorder ook spanwerk, leerderbetrokkenheid en die aanleer van 21ste eeu-vaardighede by leerders. Dit dra ook by dat interaktiewe leer bevorder. Ons skool het ook ‘n nuwe Toyota skoolbussie aangekoop wat op Maandag, 30 September, afgelewer is om voorsieing vir die uitgebreide sport- en kultuurprogram te maak.

Ek sluit dan die eerste week af met die bekende en inspirerende aanhaling deur Mandy Hale en ek wens vir julle ‘n wonderlke naweek saam met julle gesin en/of vriende toe.

"A great attitude becomes a great day
which becomes a great month
which becomes a great year
which becomes a great life."


Vriendelike groete,
Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek

Kliek HIER vir advertensies van die week