|
|
|
|
|
Dagboek
Di 17 November 2026
- Huppelland Gr.R Kleedrepitisie
- Koffie en Beskuit Konsert (slegs Grade 1-3)
Do 19 November 2026
- Krieket: Tableview (WEG) o.7 - o.9
Vr 20 November 2026
- Megan Zondagh (Kommunikasie) verjaar
- Raché Turner (Onderwyser) verjaar
Sa 21 November 2026
Ma 23 November 2026
Di 24 November 2026
- Prysuitdeling: Gr.1 (08:30)
- Prysuitdeling: Gr.2 (10:00)
- Prysuitdeling: Gr.3 (11:30)
Wo 25 November 2026
- Jan Kas Monitors Afsluiting
Do 26 November 2026
- Kersfees Musiekkonsert (onder afdak langs snoepie)
Vr 27 November 2026
- Eksperimaats Instappie: Gr.1-3 (Saal)
Ma 30 November 2026
Di 1 Desember 2026
- Prysuitdeling: Gr.5 (11:30)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Vandag is die laaste Vrydag van Oktober-maand en ons maak gereed vir November-maand wat leerders en onderwysers ongelukkig met eksamens en assesserings assosieer waartydens uitslae en prestasie dikwels onnodig onder die vergrootglas geplaas word.
|
Vanaf Maandag, 02 November, het die grondslagfaseleerders (gr. 1 – 3) reeds met hul finale assesserings vir die jaar begin. Ons grondslagfaseonderwysers hanteer die finale assesserings op ‘n deurlopende basis, m.a.w. 'n klein gedeelte elke dag oor 'n verlengde tydperk wat beslis help om die assesseringsangs by hulle te verminder. Op Maandag, 09 November, begin die finale eksamen vir die gr. 7’s. Soos julle weet, mag ek mos nie eintlik die ‘E-woord’ gebruik nie, maar op Woensdag, 11 November, begin die gr. 4 tot 6-leerders ook met hul finale eksamen en wens ek al ons leerders, ouers/voogde, tutors, fasiliteerders en personeel voorspoed toe.
|
Eksamens is inderdaad deel van die opvoedingstelsel en ongelukkig verhoog dit stres- en angsvlakke by leerders en dit filter ook dikwels deur na die huisgesin. Graag versoek ek julle as ouers/voogde om ons as onderwysers te help om die stresvlakke en spanning tydens die eksamen/assessering te help bestuur sodat dit nie die oorhand kry nie. Stres as gevolg van enige eksamen laat selfs volwassenes snak na hul asem, maar dit is ‘n natuurlike reaksie en as dit reg bestuur word, kan dit ook voordelig wees om ons leerders vir hul hoërskoolloopbaan asook volwasse lewe voor te berei.
|
Graag neem ek die vrymoedigheid om die volgende wenke aan julle as ouers/voogde voor te stel wat jou kind(ers) se eksamenstres en moontlik jou eie angstigheid daaroor hok sal slaan:
|
- Help jou kind(ers) asseblief om betyds voor te berei. Daar is nog genoeg tyd om betyds ‘n studierooster saam met jou kind(ers) op te stel wat jou kind(ers) genoeg tyd sal gee om die werk baas te raak, maar dit moet ook genoeg tyd om te ontspan, insluit. Genoeg slaap is egter kardinaal om hiermee te help. Handhawing van ‘n roetine is so belangrik!
- Skep ‘n rustige en ontspanne atmosfeer vry van stressors by die huis vir jou kind(ers) om te leer.
- Skep ‘n toegewyde studieruimte met behoorlike beligting en vry van geraas.
- Vorm ‘n emosionele band met jou kind(ers) sodat hulle nie voel dat hulle die eksamenpad alleen hoef te stap nie. Vra vir hulle daagliks hoe die eksamensessie/assessering was en dit is belangrik om positiewe woorde uit te spreek deur byvoorbeeld soggens voor aflaai ter ondersteuning die volgende te sê: “Dit sal goed met die eksamen gaan, want jy het goed voorberei.” Laat hulle verstaan dat julle vir hulle steeds baie lief sal wees, ongeag die uitslae en hulle beslis nie op grond daarvan sal beoordeel nie.
- Help jou kind(ers) om ‘n gewoonte aan te kweek dat hulle die regte skryfbehoeftes en die regte toerusting vir die eksamendag saamneem skool toe.
- Vermy asseblief gejaagdheid direk voor 'n eksamensessie, veral om nie jou kind(ers) op die nippertjie soggens voor die eksamen/assesserings by die skool af te laai nie, want dit maak leerders ongelooflik angstig.
Graag herinner ek almal aan die belangrike begrotingsvergadering met ouers op Maandag, 02 November 2026, om 18:00 in die skoolsaal. Gedurende hierdie vergadering maak ons die verhoging van die 2027-skoolfooie bekend. Soos julle bewus is, vereis die BELA-Wetgewing dat 10% van ons ouers (kworum) die begrotingsvergadering moet bywoon om die vergadering legitiem te maak. Dit beteken dat daar ‘n minimum van 85 ouers/voogde die vergadering moet bywoon! Dus doen ek ‘n ernstige beroep dat julle die vergadering sal bywoon. As motivering om ‘n kworum te verseker, sal elke ouer/voog wat die vergadering bywoon, se kind(ers) toestemming ontvang om die volgende dag (03 November) sivvies skool toe te dra asook ‘n smaaklike roomys te ontvang. Verder sal ons ook vir elke ouer wat die vergadering bywoon met 'n heerlike glas wyn bedien wat julle tydens die aanbieding kan geniet. By voorbaat dankie dat julle die belangrike begrotingsvergadering op Maandag, 02 November, om 18:00 sal bywoon om die effektiewe bestuur van die skool ook in 2027 te verseker.
|
|
Op Dinsdag, 27 Oktober, het een van ons mammas, dr Maggie Swart, gereël dat sy saam met Dr Zunaid Ahmed (dermatoloog) 'n sonskermpraatjie tydens die saalbyeenkoms met ons leerders en onderwysers kom voer. Die insiggewende praatjie oor 'Wees Sonslim' het ons almal net weer bewus gemaak van hoe belangrik dit is om vanaf 'n jong ouderdom jou vel teen die son te beskerm. Elke leerder en onderwyser het ook elkeen 'n spesiale sonskermmiddel ontvang wat hulle soggens voor skool alreeds kan aanwend. 'n Hartlike dankie aan Maggie en dr Ahmed vir al jul moeite om ons van sonskermveiligheid bewus te maak.
|
|
|
Afrikaans bly darem net 'n kosbare taal wat so ryk aan kleurryke idiome en gesegdes is daarom hou ek aan om nog bekende en/of minder bekende Afrikaanse uitdrukkings/idiome en die betekenis daarvan met julle te deel in ‘n poging om ons pragtige taal verder te promoveer. Deel gerus met jou kind(ers):
|
‘Donkie skel vir langoor uit’
|
Die uitdrukking beteken dat iemand iemand anders kritiseer of slegmaak oor 'n fout of gebrek, terwyl die persoon wat kritiseer presies dieselfde fout het.
|
Ek sluit dan week 4 af en mag julle 'n wonderlike naweek saam met jul gesinne, vriende en familie geniet.
|
|
|
|
|
|
Terreinpersoneel - Afskeid en donasies
|
Soos almal weet, kom van ons geliefde terreinwerkers, naamlik Christopher, Elliam, Matthews en Patrick, se werkskontrakte binnekort tot ’n einde. Hulle laaste dag by die skool is Vrydag, 6 November 2026. Let asseblief op dat ons personeel ’n spesiale afskeidsfunksie vir hulle daardie middag hou en dat die skool gevolglik vroeër verdaag. Die skool sal om 13:00 vir graad 1–3 en om 13:15 vir graad 4–7 verdaag.
|
|
Laaste kans om 'n donasie te maak
|
|
Hierdie vier werkers het hulself daagliks by die hartklop en ritme van ons skool ingeleef en het met toewyding die skoolgemeenskap gedien. Ons is hartseer om hulle totsiens te heet en is rêrig baie dankbaar vir alles wat hulle vir die skool gedoen en beteken het. Hoewel daar reeds ’n geleentheid vir ouers was om ’n vrywillige donasie tot hul hervestigingskoste te maak, het van ons ouers die Karri-insameling gemis. Ons gaan dus ’n tweede Karri-insameling oopmaak vir ouers vir wie die saak na aan die hart lê en wat nog graag ’n geleentheid wil hê om ’n bydrae te lewer. Hierdie Karri-insameling sal vanaf 23 Oktober tot 2 November 2026 oop wees.
|
|
|
|
|
|
VIR AANDAG
|
|
Neem kennis van die volgende belangrike aankondigings en gebeure:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Sien asseblief die skryfbehoeftes wat jou kind in 2027 gaan nodig hê hier onder:
|
|
|
|
SPORT
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Neem asseblief kennis van die volgende datums en tye:
|
- Gr. 7 Musiekkonsert: Maandag, 2 November, om 08:00 - 09:00
- Begrotingsvergadering: Maandag, 2 November, om 18:00 (slegs vir ouers)
- Graad 1 2027-oueraand: Donderdag, 5 November, om 18:00 (slegs vir ouers)
- Skool verdaag om 13:00 en 13:15 vir die hele skool: Vrydag, 6 November (personeel neem afskeid van terreinpersoneel)
Skool verdaag vanaf Dinsdag, 10 November, tot Dinsdag, 8 Desember, om 13:00 vir GF en 13:15 vir ISF.
|
- Eksamen begin vir graad 7: Maandag, 9 November
- Eksamen begin vir graad 4-6: Woensdag, 11 November
- Graad 4 2027-inligtingsgesprek: Dinsdag, 10 November, om 18:00 (slegs vir ouers)
- Graad 7 2027-inligtingsgesprek: Donderdag, 12 November, om 18:00 (slegs vir ouers)
- Spesiale interne kultuur- en sportprogram tree tydens skoolure in werking - 16 - 27 November
- Eksamen eindig: 20 November
- Graad 1-prysuitdeling: Dinsdag, 24 November, om 08:30
- Graad 2-prysuitdeling: Dinsdag, 24 November, om 10:00
- Graad 3-prysuitdeling: Dinsdag, 24 November, om 11:30
- Graad 4-prysuitdeling: Dinsdag, 1 Desember, om 09:00
- Graad5-prysuitdeling: Dinsdag, 1 Desember, om 11:30
- Kleure-atletiek (velditems o.9 - OPE): Woensdag, 2 Desember
- Graad 6-prysuitdeling: Donderdag, 3 Desember, om 09:00
- Graad 7-prysuitdeling: Donderdagaand, 3 Desember, om 18:00
- Kleure-atletiek (baanitems o.7 - OPE): Vrydag, 4 Desember
- Dinsdag, 8 Desember: sivvies
- Woensdag, 9 Desember: sivvies; rapporte word uitgedruk en uitgedeel (nie elektronies nie) en skool sluit om 10:30 vir alle leerders
|
|
|
|
|
|
|
Neem asseblief kennis dat Jan Kas gedurende die eksamentyd die volgende winkelure vanaf 11 November tot 26 November sal volg:
|
- Maandag & Woensdag: 07:00 - 08:00
- Dinsdag & Donderdag: 12:30 - 13:30 (vroeër tye)
- Vrydag: Gesluit
Jan Kas sluit op 26 November vir voorraadopname en sal eers weer in Januarie 2027 oopmaak. Maak dus asseblief seker dat jou kind alles het wat hy/sy vir die laaste paar weke van skool en sport sal nodig hê. Geen bestellings of aankope sal vanaf 26 November meer gemaak kan word nie.
|
Hou asseblief die nuusbrief dop vir die bevestigde heropeningsdatums en winkelure vir die nuwe jaar.
|
|
Ons wens almal 'n voorspoedige eksamentyd toe!
|
|
|
|
|
|
|
|
Moenie die Graad 7’s se laaste roomysverkope vir die jaar misloop nie! Kom geniet 'n heerlike roomys tydens eerste pouse op Vrydag, 6 November by die Snoepie.
|
Roomyse kos slegs R15 of R25, en kaarte is ook welkom.
|
Bring jou vriende saam en ondersteun die Graad 7’s terwyl jy afkoel met 'n lekker roomys!
|
Datum: Vrydag, 6 November Tyd: Eerste pouse Plek: By die Snoepie
|
|
Ons sien uit daarna om julle daar te sien! 🍨✨
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons sien uit na ons opwindende Ouer Sport-en-Pretdag op Saterdag, 21 November! Ouers word hartlik uitgenooi om spanne vir tennis, netbal, raakrugby, hokkie, skaak of swem in te skryf. Ons benodig ook helpers en borge om van hierdie dag 'n groot sukses te maak!
|
|
Klik op die knoppie hieronder vir meer inligting en inskrywingskakels. Kom neem deel en geniet 'n heerlike dag saam met ons JvR-familie!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Op Vrydag, 13 November, om 10:30 hou ons ’n spesiale diabetesbewusmakingsgeleentheid in die skoolsaal.
|
Leerders word aangemoedig om blou sivvies te dra ter ondersteuning van diabetesbewusmaking. Ons vra ’n bydrae van R10 per leerder, wat deur Karri betaal kan word.
|
|
Kom ons staan saam en wys ons ondersteuning vir almal wat deur diabetes geraak word!
|
|
|
|
|
|
|
TERUGVOER
|
|
Die jongste sportuitslae, toekennings, prestasies en ander resultate:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier volg die week se krieketuitslae:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier volg die week se tennisuitslae:
|
|
|
|
|
|
|
|
AKADEMIE
|
|
|
Ses Graad 6-leerders van Laerskool Jan van Riebeeck het as deel van die Standard Bank STEAM-projek ’n uitdaging aangepak wat ’n verskil in ons skoolgemeenskap kan maak. Tussen 18 deelnemende skole in Kaapstad het ons leerders gewys hoe tegnologie gebruik kan word om werklike probleme op te los. Hul projek, 'Smart Find' fokus op ’n probleem waarmee ons almal kan identifiseer: verlore eiendom. Van waterbottels en kosblikke tot skoolklere, ons ken almal die frustrasie wanneer goed wegraak.
|
Met die ondersteuning en leiding van Juffrou Suné het die leerders ’n slim stelsel ontwikkel wat RFID-tegnologie en ’n Raspberry Pi gebruik om verlore items makliker te identifiseer en met hul eienaars te herenig.
|
Die leerders het self navorsing gedoen, gekodeer, elektroniese komponente gekoppel en saamgewerk om hul idee in ’n werkende oplossing te omskep.
|
Ons harde werk het vrugte afgewerp. JVR het deurgedring na die top vyf skole en die span het uiteindelik ’n fantastiese prys gewen: ’n 3D-drukker. Dit is ’n ongelooflike prestasie en ’n bewys van wat leerders met kreatiwiteit, spanwerk en deursettingsvermoë kan bereik. Ons is ongelooflik trots op hierdie ses leerders en hul harde werk. Julle het JVR behoorlik trots gemaak.
|
Baie geluk aan ons Smart Find-span, Julle is ware jong innoveerders.
|
|
Ons span: Stef Nel, Gert van der Linde, Kent Chimukuyu, Heleen de Kock, Antjie Samuel en Mia Laubscher.
|
|
|
|
|
INDIVIDUEEL
|
|
|
|
|
Ella is gekies vir die SA Nasionale Jeuggroep vir Touch Rugby. Sy sal gedurende Desember en Januarie aan twee oefenkampe deelneem, waarna die finale Suid-Afrikaanse span gekies word om volgende jaar in Ierland deel te neem.
|
|
Ons wens haar alle sterkte toe en is trots op hierdie besondere prestasie!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Klik HIER vir advertensies van die week
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Jy ontvang hierdie nuusbrief
|
|
omdat jy 'n ouer of ondersteuner van Laerskool Jan van Riebeeck is.
|
|
|
|
|
Laerskool Jan van Riebeeck, Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad
|
|
|
|
|
|
|
|