|
|
|
|
|
Dagboek
Sa 6 Junie 2026
- Rugby: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
- Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
Ma 8 Junie 2026
Di 9 Junie 2026
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)
Do 11 Junie 2026
- Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)
Vr 12 Junie 2026
Ma 15 Junie 2026
Di 16 Junie 2026
Wo 17 Junie 2026
Do 18 Junie 2026
- Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)
Vr 19 Junie 2026
- Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Moeder Natuur het die afgelope paar weke die heerlikste weer gestuur en kon ons verskeie wintersportwedstryde en -oefeninge buitemuurs terdeë geniet. Sy het egter die afgelope week besluit, genoeg is genoeg, en vir ons tipiese Kaapse winterweer gestuur. Hierdie skielike veranderinge in weersomstandighede en temperature lei ongelukkig dikwels tot wintersiektes onder leerders, en dit kan maklik die hele gesin plattrek. Maak dus seker jou kind/ers is gepantser vir die koue weer deur onder andere reg aan te trek om die koue weer buite te trotseer terwyl hulle buite sport beoefen en/of kerjakker. Gesonde eetgewoontes en die neem van ‘n multivitamien kan ook moontlik help om jou kind/ers se immuunstelsel te versterk. Gelukkig word die winterseisoen nie net met siekword geassosieer nie, want winter het tog sy eie bekoring. Die kraakvars oggende en wintergeure is vir baie mense idillies. Die winter bied haar eie knusheid en bring dikwels mense bymekaar om heerlik saam te kuier met ‘n kaggelvuur wat die vertrek warmhou. Mag ons almal warm en gesond bly die komende wintermaande, veral met die eksamens om die draai.
|
|
Die afgelope naweek het ons tuis vanaf 16–17 Mei nog ‘n suksesvolle sportnaweek suksesvol by ons skool aangebied. Hokkiewedstryde is op Vrydagmiddag, 16 Mei, afgelê en die volgende dag is al die rugby- en netbalwedstryde voltooi. Ons sportspanne het puik gevaar en graag sonder ek ons eerstespanne (o/13A’s) uit met hul onderskeidelike oorwinnings oor die naweek – baie geluk aan ons leerders en afrigters! Die opkoms van ouers was weereens ‘n riem onder die hart en graag wil ek julle hartlik bedank dat julle jul kind/ers so lojaal ondersteun. Dit beteken vir hulle so baie om julle as ouers/voogde langs die sportveld te hê om hulle te ondersteun, of hulle nou wen of verloor.
|
|
|
|
Verskeie van ons o/11-, o/12- en o/13-netbaldogters het op Saterdag, 17 Mei, aan die finale WP-proewe gaan deelneem. Ons wag nog vir die uitslae en sal dit so spoedig moontlik deel sodra ons die nuus ontvang. Verder het Kyle Meissenheimer, Christina du Toit en Alexander Wille die WP-skaakspanne by die Wes-Kaap-skaakproewe te Worcester verteenwoordig. Hulle uitslae is ook nog hangend.
|
|
|
Dit is weer Eisteddfod-tyd, wat die toetsing van individue in sang, spraak, dans, toneel en musikantskap insluit. Op 20 en 21 Mei het die Kaapse Afrikaanse Spraak Eisteddfod by ons skool plaasgevind en ons leerders het hul puik van hul taak gekwyt. Ek bewonder ons leerders se moed om aan ’n Eisteddfod deel te neem deur byvoorbeeld ‘n gedig op te sê, of ‘n toespraak te lewer, of ’n karakter te vertolk voor ‘n gehoor. Eisteddfods is seker een van die beste geleenthede om van kleins af gemaklik te raak met optredes voor ‘n gehoor of om voor mense te praat. Hulle leer dus waardevolle vaardighede wat later in hul lewe handig te pas gaan kom.
|
Ek sluit dan week 7 af – mag julle as ‘n gesin ‘n wonderlike naweek geniet. Sien uit om julle die komende naweek weer langs die sportvelde by Laerskool Mikro te sien, asook vanmiddag tuis tydens die aanbied van ons eie netbaltoernooi vir B–E-spanne. Tien skole neem aan die gewilde toernooi deel en spanne kry die geleentheid om meer as een wedstryd op die dag te speel, wat die dag dus baie opwindend maak.
|
Graag gaan ek voort om ons pragtige moedertaal te promoveer en sluit ek met die bekende Afrikaanse uitdrukking af:
|
‘Iets op die keper beskou’
|
Die uitdrukking beteken: die saak noukeurig te ondersoek.
|
Vriendelike groete Naas Beets SKOOLHOOF
|
|
|
|
|
|
VIR AANDAG
|
|
Neem kennis van die volgende belangrike aankondigings en gebeure:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Sien asseblief die eksamenrooster vir die Junie-eksamen hier onder:
|
|
|
- Leerders sal Vrydag, 25 April, die eksamenafbakening ontvang.
- Neem asseblief kennis dat die skool vanaf Donderdag, 5 Junie, om 13:00 vir gr.1-3 en om 13:15 vir gr.4-7 sluit.
- Die gr.7’s kan reeds vanaf Maandag, 2 Junie, om 13:15 verdaag.
- Indien ‘n leerder afwesig op ‘n gegewe dag is, moet ‘n doktersertifikaat getoon word.
- Vraestelle wat noodgedwonge gemis word, sal tydens die tweede sessie ingehaal word indien moontlilk.
- Leerders mag nie skryfbehoeftes by mekaar leen nie en moet liefs hul eie skryfbehoeftes onthou.
- Eksamenvraestelle word tussen 07:50 en 10:10 geskryf.
- Sport- en kooroefeninge sal tydens skooltyd plaasvind.
- ‘n Spesiale program sal opgestel en versprei word.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Het jy ’n talent wat jy graag met ons wil deel? Skryf in vir Jannies Talent!
|
Oudisies vind ná skool plaas van 28 tot 31 Julie. Gedurende hierdie tyd sal die finaliste gekies word wat dan op 25 September tydens die Jannies Talentkonsert sal optree.
|
Onpartydige beoordelaars sal tydens die Jannies Talentkonsert aanwesig wees om die top drie finaliste te kies en pryse te oorhandig.
|
Dit beloof om ’n asemrowende aand en ’n spoggeleentheid te wees — ons kan nie wag om ons talentvolle Jannies se harde werk en toewyding op hiérdie manier te vier nie!
|
Inskrywings sluit op die laaste dag van Kwartaal 2, 27 Junie.
|
|
|
|
|
|
|
|
Die Musiekdepartment wil graag ‘n geleentheid skep vir ouers/voogde om hul kind(ers) se musiekonderwyser/s te ontmoet. Ons wil hierdie tyd gebruik om te gesels oor jou kind se musieklesse en om ook te luister na wat julle graag met ons wil deel. Algemene kwessies soos musiekeksamens, eisteddfods, lestye, oefenroetines, en algemene vordering en verwagtinge, is van die belangrike punte wat ons graag wil bespreek.
|
Ons nooi daarom alle musiekouers uit om enige van jou kind(ers) se musieklesse gedurende Kwartaal 2 by te woon. Kontak asseblief die betrokke musiekonderwyser om die spesifieke lestyd en -datum, wat jóu die beste pas, te bevestig sodat die nodige voorbereiding vir die ontmoeting getref kan word. Die tydsgleuf vir ‘n musiekles is 30 minute, alhoewel ‘n afspraak nie noodwendig die volle tydsduur hoef te beloop nie.
|
Ons sien baie uit daarna om ouers in die musiekdepartement te verwelkom en hoop om almal deur die loop van Kwartaal 2 hier te sien.
|
Ek lys die musiekonderwysers se kontakbesonderhede:
|
Rolene van Zyl rolene@jvrprim.co.za
|
Ben Reynecke ben@jvrprim.co.za
|
Larah Eksteen info@larah.co.za
|
Shannon Cook shannonsjb@gmail.com
|
Paul Richard paulrichard07041986@gmail.com
|
Brent January brentjanuary1305@gmail.com
|
Estelle Slabber eeslabber@gmail.com
|
Helecia Groenewald helecia@gmail.com
|
Pieter Bezuidenhout bezuidenhoutpl@gmail.com
|
|
Lily van der Merwe meetlily@gmail.com
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Sien die planne van die Sportpaviljoen hier onder:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
The Book Box kom binnekort weer 'n draai maak met hope interessante nuwe boeke! Spaar solank sodat jy vir jou 'n lekker boek of twee kan koop voor die wintervakansie.
|
|
|
|
|
|
|
TERUGVOER
|
|
Die jongste sportuitslae, toekennings, prestasies en ander resultate:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Karu Rademeyer het onlangs in Die Burger verskyn, waar daar gespog is met haar uitstekende vordering in die nasionale ATKV-redenaarskompetisie. Sy het deurgedring na die halfeindrondte saam met 30 ander graad 8- en 9-leerders. Welgedaan, Karu! Jy maak ons baie trots.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Dit is met groot trots dat ons met julle deel dat Aiyana Alfredo, Gr. 6DV, WP Kleure in akrobatiese dans-sport verwerf het.
|
|
Sy het vanaf Donderdag, 15 Mei tot Saterdag, 17 Mei deelgeneem aan die Akrobatiese Solo-dans Sport Assosiasie se WP proewe en het die 3de plek behaal in beide die distrik en inter-distrik kompetisies vir ”Level 5 u/13". Sy het toe ook gekwalifiseer vir WP en sal in Julie deelneem aan die Nasionale Kampioenskappe in Johannesburg.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Sien die week se hokkieuitslae hier onder:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Sien die week se rugbyuitslae hier onder:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Sien die week se netbaluitslae hier onder:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Insigte, wenke en kundige leiding vir ouers wat hul kinders se groei en welstand wil bevorder.
|
|
|
|
|
|
|
|
Watter ouer smag nie na verantwoordelike, onafhanklike kinders nie?
Tog is ons voortdurend in die versoeking om alles vir ons kinders te doen. Navorsing bewys egter oor en oor dat 'n kind wat van jongs af binne 'n gesin sekere verpligtinge het, meer selfvertroue en waagmoed ontwikkel. Wanneer dit reg bestuur word, word hegter gesinsbande gekweek. Volgens die Amerikaanse Psigiatriese Akademie vir Kinders en Adolessente kan 'n kind so jonk as 3 jaar al met basiese take in die huis help. Hulle wys die volgende voordele uit:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Kunsmatige Intelligensie (KI) is besig om ’n alledaagse hulpmiddel in ons lewens te word en baie ouers moedig hul kinders aan om KI te gebruik om hul huiswerk of take mee te voltooi. Met net ’n paar klikke kan kinders komplekse vrae beantwoord, opstelle skryf en selfs wiskundeprobleme oplos. Is hierdie tegnologiese vooruitgang ’n waardevolle hulpmiddel of hou dit ook ’n risiko vir werklike leer en breinontwikkeling in?
|
|
|
|
|
|
|
|
Klik HIER vir Die Suidooster met al die nuutste artikels, foto's en video's.
|
|
|
|
Klik HIER vir advertensies van die week
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Jy ontvang hierdie nuusbrief
|
|
omdat jy 'n ouer of ondersteuner van Laerskool Jan van Riebeeck is.
|
|
|
|
|
Laerskool Jan van Riebeeck, Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad
|
|
|
|
|