Share this emailCopy the public link or share it on your favorite channel.
Liewe Ouers

Dagboek

Vr 5 Junie 2026

  • Hokkie: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
  • Skaak: Herzlia Highlands Primary School (WEG)

Sa 6 Junie 2026

  • Rugby: Mini-toernooi by Durbanville (o.7 - o.9)
  • Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
  • Veiling

Ma 8 Junie 2026

  • Interne sport begin

Di 9 Junie 2026

  • Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)
  • Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)

Ma 15 Junie 2026

  • Skoolvakansiedag

Di 16 Junie 2026

  • Jeugdag

Wo 17 Junie 2026

  • Eksamen Eindig
  • Hoofleiers Verkiesing
  • Eksamen Sieketoetse

Do 18 Junie 2026

  • Musiekkonsert ISF
  • Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)

Vr 19 Junie 2026

  • Finkom vergadering
  • Hoofleiers aanwys
  • Musiekkonsert GF
  • Toer oorhandiging
  • Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)


>> SIEN DIE VOLLEDIGE KALENDER <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 21 November 2025

Die tweede week van die eksamen het op Maandag, 17 November, goed afgeskop en kom op Maandag, 24 November, tot ‘n einde. Die onderwysers is tans besig om die laaste klompie antwoordstelle noukeurig te merk en dan volg interne post-moderasie voordat die finale punte op die WKOD-skedules ingevoer word.

Interne post-moderasie word deur die moderators (vakhoofde/departementshoofde) behartig, daarna volg ‘n tweede rondte moderasie waartydens ek as skoolhoof ook betrek word. Onderskeie antwoordstelle word saam met die vraestelle gebruik om die belangrike proses van moderasie verder te ondersteun. Moderasie (pre- en post-) vorm ‘n integrale deel van leer en onderrig en dien verder vir ons skool as ‘n gehalteversekeringsinstrument om seker te maak kwaliteit leer en onderrig geskied by ons skool. Dit is so belangrik dat ons deur middel van pre-moderasie seker maak dat die assesseringsinstrumente billik en regverderig is, maar ook voldoen aan ons hoë akademiese standaarde by die skool. In my gesprekke met voornemende ouers bevestig hulle almal dat die twee belangrikste redes hoekom hulle ons skool oorweeg om hul kind/ers in te skryf, soos volg is:
  1. Hoë akademiese standaarde en verryking;
  2. Waardes van die skool en sy gemeenskap.
Akademie is een van ons spreekwoordelike vlagskepe waar uitnemendheid en die handhawing van hoë standaard te alle tye eerbiedig word.

Dit is dan my eer en voorreg om die uitslae van die 2025 Mondelinge Kommunikasie-eksamens van ons leerders wat aan die SA Spraak-, Drama- en Kommunikasiekollege se nasionale eksterne eksamens deelgeneem het, onder leiding van Alma Nel by Hoërskool Jan van Riebeeck, met julle te deel. Almal het geslaag – die meerderheid met LOF. Ek is ongelooflik trots op hul prestasies en werketiek.

Hiermee word gesertifiseer dat die volgende leerders van Laerskool Jan van Riebeeck die 2025 Mondelinge Kommunikasie-eksamen van Spraak en Drama soos volg geslaag het:

Eksamenvlak: Hoër 1

Antjie Samuel het die Mondelinge Kommunikasie-eksamen van Spraak en Drama op Hoër 1 met LOF geslaag met 'n punt van 89%.

Anya Maritz het die Mondelinge Kommunikasie-eksamen van Spraak en Drama op Hoër 1 met LOF geslaag met 'n punt van 89%.

Pieter Rademeyer het die Mondelinge Kommunikasie-eksamen van Spraak en Drama op Hoër 1 met LOF geslaag met 'n punt van 90%.

Jamie Jordaan het die Mondelinge Kommunikasie-eksamen van Spraak en Drama op Hoër 1 met LOF geslaag met 'n punt van 89%.

Ghia Pereira het die Mondelinge Kommunikasie-eksamen van Spraak en Drama op Hoër 1 met LOF geslaag met 'n punt van 88%.

Ella van der Walt het die Mondelinge Kommunikasie-eksamen van Spraak en Drama op Hoër 1 met LOF geslaag met 'n punt van 86%.

James Marais het die Mondelinge Kommunikasie-eksamen van Spraak en Drama op Hoër 1 met LOF geslaag met 'n punt van 88%.

Eksamenvlak: Junior 1

Jasper Wolff het die Mondelinge Kommunikasie-eksamen van Spraak en Drama op Junior 1 met LOF geslaag met 'n punt van 89%.

Henry Jordaan het die Mondelinge Kommunikasie-eksamen van Spraak en Drama op Junior 1 met LOF geslaag met 'n punt van 87%.

Christina du Toit het die Mondelinge Kommunikasie-eksamen van Spraak en Drama op Junior 1 met LOF geslaag met 'n punt van 89%.

Hanna Louw het die Mondelinge Kommunikasie-eksamen van Spraak en Drama op Junior 1 met LOF geslaag met 'n punt van 88%.

Hannah de Stadler het die Mondelinge Kommunikasie-eksamen van Spraak en Drama op Junior 1 met LOF geslaag met 'n punt van 89%.

Die laaste mini-krieketwedstryde vir die jaar het op Donderdag, 20 November, tuis teen Curro Century City plaasgevind. Die interne sportprogram wat in skooltyd plaasvind, het op Maandag, 17 November, afgeskop, waartydens ons leerders direk na ‘n eksamensessie aan sportoefeninge kan deelneem. Ons leerders geniet dit terdeë en dit help om die eksamenangs te verminder!

Dit is dan, soos die vorige weke, my voorreg om verder voort te gaan om ons pragtige moedertaal te promoveer, en sluit ek met nog ‘n bekende Afrikaanse uitdrukking af:

“Die oggendstond het goud in die mond.”

Die uitdrukking word gebruik om aan te dui dat ‘n mens deur vroeg op te staan baie kan vermag, of dat ‘n mens soggens vroeg, voordat die dag te besig raak, tyd het om baie te doen.

Geniet ‘n wonderlike naweek saam met jul gesinne, en mag die Bokke die naweek weer wen deur die Iere ore aan te sit — en die keer hopelik sonder ‘n rooi kaart!

Naas Beets
SKOOLHOOF

VIR AANDAG

Neem kennis van die volgende belangrike aankondigings en gebeure:

AKADEMIE

Kontakbesonderhede op MyJvR opdateer

Ons versoek ouers vriendelik om hul kontakbesonderhede (e-posadres en telefoonnommer) op MyJvR na te gaan en op te dateer indien dit verander het. Dit verseker dat alle belangrike kommunikasie, insluitend u kind/kinders se rapporte, ontvang word.

Volg hierdie skakel na MyJvR: KLIK HIER

Dankie dat u saam met ons werk om gladde en effektiewe kommunikasie te verseker!

Skryfbehoeftes vir 2026

Sien asseblief die skryfbehoeftes wat jou kind in 2026 gaan nodig hê hier onder:

Laaste dag: Aansoek vir spesiale toekennings

Alle gr.4-7 leerders wat tydens hierdie jaar besonderse prestasies behaal het óf veelsydigheid getoon het op sport- en kulturele gebied kan in aanmerking kom vir 'n spesiale prys by die prysuitdeling.
Voltooi asb. die aangehegte vorm en handig die vorm en afskrifte van bewyse van die prestasie(s) teen Vrydag, 21 November by juf. Lucia de Jager in. 'n Hardekopie van die vorm kan ook afgehaal word.

Prysuitdelingsgeleenthede 2025

Prysuitdelings vind op die volgende dae en tye in die skoolsaal plaas. Kom woon dit gerus by.

Maandag, 1 Desember 2025:

Graad 1: 08:30

Graad 2: 10:00

Graad 3: 11:30

Dinsdag, 2 Desember 2025:

Graad 4: 09:00 (Geen Top 10 word aangekondig nie)

Graad 5: 11:00 (Top 10 word aangekondig)

Donderdag, 4 Desember 2025:

Graad 6: 09:00 (Top 10 word aangekondig)

Graad 7: 18:00 (Top 10 word aangekondig)

Engels Graad 5-7 (HL en FAL)

Neem asseblief kennis dat graad 5-7 Engelseklasse vanaf 2026 jaarliks oor ingedeel sal word (net soos ons klasindelingsbeleid vir jaarlikse graadwisseling) om te verseker dat leerders blootstelling aan verskillende onderrigstyle en onderwysers ontvang. Dit beteken dat die huidige graad 5 en 6 Engelseklasse van hierdie jaar (2025) nie noodwendig by dieselfde onderwyser en klasmaats ingedeel sal word nie. Tot op hede het leerders van graad 5 tot 7 jaarliks Engelse onderrig by dieselfde onderwyser ontvang en saam met dieselfde groep maats in die klas gebly. 

Verder het ons ook besluit om slegs twee Engels HL (Home Language) en twee Engels FAL (First Additional Language) klasse per graad in te deel. 

Engelse onderwysers vir graad 5 tot 7-klasse:

HL (vakhoof): Charlene van Rooyen

HL: Mardry Wright (ook vakhoof van FAL)

FAL: André Lourens

FAL: Sharon Mabena

Hierdie indelings sal net soos die algemene klasindelings tydens die laaste week van hierdie kwartaal bekendgemaak word.

KULTUUR

Kerskonsert - Donderdag, 27 November 2025

Kom geniet ’n betowerende aand vol musiek en feesvreugde tydens ons jaarlikse LsJvR Kerskonsert!

???? Datum: Donderdag, 27 November
???? Tyd: 19:00
???? Kaartjies: R50 (beskikbaar op Karri)

SPORT

Kleure-atletiekprogram 2025

Klik op die knoppie hier onder om die program oop te maak:

ALGEMEEN

Jan Kas sluit: 27 November 2025

Ons skoolklerebank, Jan Kas, sal op Donderdag, 27 November 2025, om 10:00 vir die jaar sluit vir voorraadopname.

Ons vra vriendelik dat ouers en leerders asseblief alle nodige skoolklere voor hierdie tyd aankoop, aangesien geen verkope ná hierdie datum hanteer kan word nie.

Baie dankie vir julle begrip en samewerking.

Koop ’n kookboek – ’n geskenk wat aanhou gee!

Kersfees is om die draai! Koop kookboeke as geskenke vir oumas, onderwysers, vriende en familie – en laat die skool daarby baat!

Vir elke kookboek wat teen R200 gekoop word, ontvang die skool R50.

Dis die perfekte manier om iets besonders vir Kersfees of verjaardae te gee, terwyl jy terselfdertyd ons skool ondersteun.

Kies uit vier pragtige kookboeke:

Geure deur Lientjie Wessels – eenvoudige resepte met jou gunstelingbestanddele soos asyn, sout en olyfolie. Heerlik en stylvol!
Cake It Till You Make It deur Anmar Wilding – stap-vir-stap riglyne om die perfekte koek te bak, met al die geheime vir goeie bakwerk.
Going Home deur Sophia Lindop – ’n Lebanese kookboek vol bekende Mediterreense disse soos hummus, laban en kofta. Gesond én smaaklik!
The Lockdown Recipe Storytelling Book saamgestel deur Ingrid Jones – ’n nostalgiese versameling resepte vir klassieke gunstelinge soos hertzoggies en sagopoeding.
Sien die volgende skakel vir meer besonderhede oor hoe om te bestel: BESTEL JOU KOOKBOEK

Kersdonasies vir JvR-personeel

Indien jy graag ’n kersdonasie deur Karri vir die terrein-, nasorg- en/of snoepiepersoneel by die laerskool te maak, is jy baie welkom om 'n bydrae te lewer.

Hou asseblief die Karri-toep dop vir meer besonderhede.

Baie dankie vir julle ondersteuning en ruim harte!

Ouersportdag: 29 November 2025

Kom geniet 'n dag vol pret saam met ons eie sportsterre!

Sien die insetsel hier onder vir meer inligting:

JvR-Ondersteunersdrag is hier!

Bestellings vir ons splinternuwe ondersteunersdrag deur Old School is nou oop!

As jy nie seker is watter grootte om te kies nie, is jy welkom om by Jan Kas gedurende winkeltye aan te pas.

???? Volg die skakel om jou bestelling te plaas en wys jou Ls JvR-trots!
PLAAS BESTELLING HIER

BESTELLINGS SLUIT : 28 November 2025

TERUGVOER

Die jongste sportuitslae, toekennings, prestasies en ander resultate:

SPORT

Krieketuitslae: 13 November 2025

Sien die week se krieketuitslae hier onder:

Volg Die Suidooster vir al die nuutste artikels, foto's en video's.

Klik HIER vir advertensies van die week

facebook instagram 
Jy ontvang hierdie nuusbrief
omdat jy 'n ouer of ondersteuner van Laerskool Jan van Riebeeck is.
Laerskool Jan van Riebeeck, Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad