|
|
|
|
|
|
DATUMS
Sa 6 Junie 2026
- Rugby: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
- Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
Ma 8 Junie 2026
Di 9 Junie 2026
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)
Do 11 Junie 2026
- Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)
Vr 12 Junie 2026
Ma 15 Junie 2026
Di 16 Junie 2026
Wo 17 Junie 2026
Do 18 Junie 2026
- Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)
Vr 19 Junie 2026
- Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)
|
|
|
|
|
|
|
|
Waarom het ons besluit om weekliks inligting rakende boelie in die nuusbrief te plaas?
|
Neem asseblief kennis dat ons die boeliegesprekke weekliks publiseer aangesien ons besef het dat ouers/voogde somtyds oor boelie wonder, verward is oor presies wat boelie is vs. gedrag-/dissipline uitdagings en sommer ook net om kundige inligting op 'n praktiese manier te deel. Ons is bederf met 'n opvoedkundige sielkundige wat haar kennis graag met ons skoolgemeenskap deel. Boeliegesprek nr.3
|
Wat kan ek as ouer doen om my kind meer weerbaar teen boeliegedrag te maak? Wat kan ek binne hulle leefwêreld beheer en wat nie? Wat kan ék doen om my kind te beskerm teen seerkry en struikelblokke? In hoe ‘n mate kan ék besluit wat ek wil toelaat wat van die wêreld se kant op my kind gelaai en soms “gegooi” word wat my kind potensieel emosioneel kan laat struikel?
|
Ongelukkig is daar nie ‘n kitsoplossing nie. Al wat jy as ouer in sekere situasies régtig kan beheer, is om jou kind se emosionele weerbaarheid te ontwikkel; om lewensvaardighede aan te leer wat hulle vir die res van hulle lewe kan toepas in watter situasie hulle ookal mag wees. En om dáár te wees sodat hulle nie alleen voel en broei rondom sekere emosies en vrae wat hulle verwar of trauma mag veroorsaak nie.
|
Waar begin ‘n mens as ‘n ouer? ‘n Goeie vertrekpunt mag wees om jou kind bewus te maak van “wat sê ek vir myself in my kop?” Onthou, dit is nie net ons as volwassenes wat moet baklei teen daardie interne kritiese stemmetjie nie. Glo my, kinders sukkel ook daarmee. Daarom: hoe jonger jy jou kind leer om daardie stem te “beheer”, hoe gelukkiger en meer selfvertroue sal jou kind hê. Onthou: as óns as ouers nie vir ons kinders daardie vaardigheid aanleer nie, wie gaan dit vir hulle leer?
|
Hoe verduidelik ek “selfspraak” aan my kind? Hier is ‘n lekker praktiese manier waarop jy dit dalk kan
|
benader afhangend van die ouderdom van jou kind. Begin deur jou kind daarvan bewus te maak dat gedagtes wel beheer kan word. Noem dat ons brein se stemmetjie van binne af gaaf kan wees en soms ‘n regte boelie kan wees. Maak jou kind daarvan bewus dat hy/sy beheer het oor hoe sy dink en voel.
|
Verduidelik dat ons almal se gedagtes twee kante het: ‘n “beste-maat(jie)-kant” en ‘n ”boelie-kant.”Hierdie laaste kant hou niks van jou nie en dit is vir hulle lekker om jou hartseer en ongelukkig te sien.
|
‘n Wonderlike tegniek om te gebruik is humor. Dit is ‘n tegniek wat heeltemal onderskat word en wat die angel uit ‘n plofbare situasie haal, alles ligter maak en dikwels ‘n ander perspektief gee. Besluit saam met jou kind wat hy/sy elke kant wil noem … hoe snaakser die naam, hoe beter. Veral die “boelie-stem”. ‘n Voorbeeld mag wees: jou kind kom moedeloos van die skool af en die eerste ding wat hy/sy sê is: “Ons skryf Vrydag ‘n Wiskundetoets. Ek verstaan níks nie, ek gaan definitief dop en dan gaan Meneer sien hoe dom ek eintlik is” … Jou reaksie kan wees: “Ag nee, nou hoor ek Rosie die Rot (negatiewe gedagtes) se stem. Het jy al ooit ‘n Wiskundetoets gedop en het jy al ooit gaan toets skryf as jy nie seker gemaak het jy verstaan nie alles nie? Kom ons maak ‘n plan!”
|
Of jou kind maak ‘n opmerking: “Sjoe, dit het vandag so goed gegaan met my mondeling. Ek is so trots op myself.”
|
Jou reaksie: “Ag ek is so bly ek hoor dit is Liewe Lolla wat daar praat … dalk moet jy meer na haar luister, want dit klink vir my sy jok nie vir jou nie en sy hou van jou.”
|
Leer jou kind: BE YOUR OWN BIGGEST FAN … En dan pas ons dit sommer ook op onsself toe!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Eerstens, wil ek graag alle koor-ouers bedank vir jul ondersteuning gedurendende ‘n baie bedrywige Oktober. Ons waardeer die moeite wat julle gedoen het om jul kinders betyds by elke optrede te besorg, en die bydrae wat jul hierdeur gelewer het tot die groei van ‘n positiewe en opwindende koorkultuur by Laerskool Jan van Riebeeeck.
|
Die Junior en Senior kore is reeds besig om voor te berei vir hul volgende reeks konserte wat in November plaasvind. Ons sien regtig baie uit na beide hierdie spesiale konserte!
|
1. OEFENING: NG Kerk Tamboerskloof Kerssangdiens
|
Datum: Vrydag, 22 November Tyd: 12h15-14h15 Plek: NG Kerk Tamboerskloof
|
Ouers kan leerders 14h15, na afloop van die oefening, by NG Kerk Tamboerskloof kom optel.
|
2. NG Kerk Tamboerskloof Kerssangdiens
|
Datums: Sondag, 24 November Tyd: 19h00 Plek: NG Kerk Tamboerskloof Kleredrag: Netjiese wit hemp / Blou denim langbroek (geen kortbroeke) / Wit rokkie vir dogters / Wit tekkies OF plakkies
|
3. Laerskool Jan van Riebeeck Kerskonsert
|
Datum: Donderdag, 28 November Tyd: 19h00 Plek: LJvR Skoolsaal Kleredrag: Netjies wit hemp / Blou denim langbroek (geen kortbroeke) / Wit rokkie vir dogters / Wit tekkies OF plakkies Kaartjies: R50 pp op Karri. Ons sal laat weet sodra Karri oop is.
|
Teken asseblief hierdie datums aan. Ek vra ook dat ouers my persoonlik in kennis stel indien jou kind nie ‘n optrede van bywoon nie.
|
Vra gerus indien daar enige onduidelikheid is. Ek sal nader aan die tyd verdere besonderhede gee.
|
Groete, Rolene rolene@jvrprim.co.za
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Sport- en kultuurfoto's is nou beskikbaar. Kyk asseblief na die besonderhede hieronder vir aankope:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Welkom by die splinternuwe Suidooster blog. Ons is opgewonde om hierdie moderne weergawe van ons geliefde skoolkoerant met julle te deel!
|
|
|
Hier is hoe jy kan inteken:
|
Gaan na hierdie skakel: SUIDOOSTER Gebruik jou JvRKiek intekenbesonderhede.
|
Indien jy enige intekenprobleme ervaar, stuur gerus vir Megan 'n e-pos: megan@jvrprim.co.za
|
|
|
|
|
|
|
|
Het jou kind hulp nodig met eksamenvoorbereiding? Drie van ons oud-leerders is beskikbaar om kinders met eksamenvoorbereiding te help. Al drie was Top 10 studente vanaf laerskool en het gematrikuleer aan Hoërskool Jan van Riebeeck. Hulle studeer tans en is reeds vanaf November beskikbaar om enige tyd van die dag te help. Lesse kan by die laerskool, by ‘n kantoor oorkant die skool of aan huis van die leerder aangebied word.
|
Kontak hulle gerus: Ilse de Lange (matriek 2020, studeer B.Sc.) beskikbaar vanaf 7 Nov, 0764612317 (slegs Whatsapp) Lené Vorster (matriek 2022, studeer BA) beskikbaar vanaf 16 Nov, 0793359317 Thea de Lange (matriek 2022 studeer Arbeidsterapie), beperkte beskikbaarheid vanaf 22 Okt, volle beskikbaarheid vanaf 15 Nov, 0722186060
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier volg die week se swemuitslae:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier volg die week se krieketuitslae:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier volg die week se tennisuitslae:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Week vier van die laaste kwartaal kom net te vinnig tot ‘n einde met die jaar wat besig is om einde se kant toe te staan. Ek weet nie van julle nie, maar vir my voel dit asof die laaste gedeelte van die jaar net eenvoudig vinniger verby snel as die res van die jaar. Selfs die kersfeesversierings is besig om hul verskyning in winkelsentrums te maak. Oor ‘n bietjie meer as 2 weke begin die Gr. 7’s met hulle finale eksamen by die laerskool en net daarna begin die Gr. 4 en 6-leerders, maar dit nou eers daar gelaat.
|
Op Dinsdag, 22 Oktober, het ons weeklikse saalbyeenkoms plaasgevind, maar hierdie keer met ‘n bietjie van ‘n verskil. Ons het vanaf hierdie week 10 sitplekke vir ons ouers/voogde wat die saalbyeenkoms graag wil bywoon, gereserveer. Ons sal graag meer sitplekke wil uitsit, maar ongelukkig is spasie ‘n probleem. Ek glo hulle het die saalervaring terdeë geniet en moontlik het kosbare terugflitse van hul eie skoolervaringe in hul gedagtes opgekom. Die saalboodskap is op Dinsdag deur die Graad 7’s gelewer en dit het gehandel oor een van ons vier kernwaardes, naamlik eerlikheid. Baie dankie aan Hila, Jana, Milan en Ané wat die pragtige boodskap in die saal gelewer het. Stuur asseblief vir my ‘n e-pos indien jy ook belangstel om ‘n saalbyeenkoms op ‘n Dinsdag vanaf 07:40 – 08:30 by te woon. Die laaste saalbyeenkoms vir die jaar geskied op Dinsdag, 12 November, aangesien die eksamens daarna begin. ‘n Jannie-saal is ‘n belewenis, kom loer gerus!
|
|
Ons was die week bevoorreg om vir Carla de Beer al die pad vanaf Pretoria op Dinsdagaand, 22 Oktober, om 19:00 by ons skool te verwelkom. Carla is ‘n regsgeleerde wat fokus op digitale wetgewing, maar ek kan seker eerder na haar as ‘n digitale welstandsafrigter verwys wat skole regoor die land besoek. Sy het 3 jaar gelede ook 'n inligtingsessie by HS Jan van Riebeeck aangebied waartydens sy belangrike inligting betreffende die gebruik van sosiale media en die internet deur kinders en die gevare daarvan uitgelig het.Ons ervaar dat ons leerders nie die belangrikheid van korrekte gebruik asook die gevare agter die skerm van sosiale media verstaan nie. Vir ons as personeel en ek glo vir julle as ouers is dit nog meer belangrik om ingelig te bly, want sosiale media-gebruik is dikwels ‘n tammeletjie vir tieners en ouers. Carla het verder ook Dinsdagoggend, 22 Oktober, vanaf 11:00 – 12:00 ‘n inligtingsessie met ons Gr. 4 – 7-leerders oor die gevare van sosiale media-gebruik asook die korrekte gebruik van die Internet gehou. Hierdie insiggewende sessie was beslis ‘n openbaring vir ons leerders en personeel om uiters versigtig te wees voordat jy enige plasings (geskrewe of foto’s) op sosiale media platforms plaas.
|
|
|
Graag wil ek ons ouers/voogde ernstig versoek om nie ‘n selfoon/slimfoon vir jou kind/ers op ‘n jong ouerdom aan te skaf nie. Ek het hierdie week ‘n gesprek met die Gr. 3-leerders gevoer oor ons skool se waardes en ek moet eerlik wees ek was nogal geskok om te hoor hoeveel van hulle ‘n selfoon/slimfoon besit en/of toegang tot Internet het. Ek kry nogal heelwat navrae van ouers/voogde oor watter ouderdom geskik vir laerskoolleerders is om ‘n selfoon/slimfoon te besit en/of te gebruik. My advies sal altyd wees om eers te wag tot jou kind in Graad 7 is voordat jy dit aanskaf. Indien jou kind dan wel jonger is, maak asseblief seker dat jy aktief betrokke by jou kind se Internet-gebruik is. Stel gesonde grense vir skermtyd en oorweeg dit om filters te installeer wat onvanpaste inhoud blokkeer. Baie dankie aan al ons ouers/voogde wat die inligtingsessie bygewoon het. Ons besef weereens hoe blootgestel ons leerders aan ‘n ongenaakbare digitale wêreld is, daarom het hulle ons leiding in die verband nodig. Ek glo dat die inligtingsessie absoluut die moeite werd was en dat dit jou bemagtig het om die regte digitale keuses namens jou kind/ers te kan neem.
|
Vandag heers daar groot opwinding by die skool, want ons loods die nuwe formaat van die Suidooster. Sover my inligting strek, is die eerste harde kopie is 1991 bekend gestel. Die nuwe Suidooster sluit onder andere ‘n blogfunksie vir ons leerders in wat dus meer geleenthede vir leerders as net vir die redaksiespan gee om ‘n bydrae tot die Suidooster te maak.
|
Baie dankie, Marié Cruywagen, vir jou harde werk om die nuwe digitale platform vir ons leerders moontlik te maak en in die proses te verseker dat ons saam met die moderne tye beweeg. Die nuwe Suidooster is nou meer boeiend, hedendaags en persoonlik en dit gaan lesers beslis laat terugkom. Marié ek is jou baie dankbaar vir al die ongeloofike IKT-werk wat jy pro bono by ons skool verrig! Baie dankie vir jou passie in die verband asook jou leeue-aandeel in die onderhoud van ons digitale adminstelsel en aanlyn aankope deur Jan Kas.
|
Ek sluit dan die week weer op ‘n dankbare noot af met die bekende aanhaling van John Ortberg en ek wens vir julle ‘n wonderlike naweek saam met julle gesin en/of vriende toe. Sterkte met al die sportaktiwiteite wat die naweek plaasvind!
|
“Gratitude is the ability to experience life as a gift. It liberates us from the prison of self-preoccupation!’
|
Vriendelike groete, Naas Beets SKOOLHOOF
|
|
|
|
|
|
Kliek HIER vir Die Suidooster
en al die nuutste artikels, foto's en video's.
|
|
|
|
Kliek HIER vir advertensies van die week
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|