Share this emailCopy the public link or share it on your favorite channel.
Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

Sa 6 Junie 2026

  • Rugby: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
  • Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
  • Veiling

Ma 8 Junie 2026

  • Interne sport begin

Di 9 Junie 2026

  • Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)

Do 11 Junie 2026

  • Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)

Vr 12 Junie 2026

  • Eksamen Eindig

Ma 15 Junie 2026

  • Skoolvakansiedag

Di 16 Junie 2026

  • Jeugdag

Wo 17 Junie 2026

  • Hoofleiers Verkiesing
  • Eksamen Sieketoetse

Do 18 Junie 2026

  • Musiekkonsert ISF
  • Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar
  • Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)

Vr 19 Junie 2026

  • Finkom vergadering
  • Hoofleiers aanwys
  • Musiekkonsert GF
  • Toer oorhandiging
  • Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)




>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 11 Desember 2024

Vandag sluit die skole in die land vir ‘n welverdiende vakansie vir die leerders en personeel na ‘n lang en besige akademiese jaar.

Verlede week is die onderskeie prysuitdelings vir elke graad suksesvol afgehandel om erkenning te gee aan ons leerders vir hul harde werk en toewyding. Ons unieke wyse van erkenning, veral vir die akademie, maak my gerus dat ons die regte aanslag het en dat daar ‘n plek vir akademiese erkenning en uitnemendheid is. Ons poog as personeel om vir ons leerders altyd ‘n voorbeeld te stel deur alles wat ons as skool aanpak met uitnemendheid en passie te doen. Baie geluk aan die volgende Top 10 Akademiese Graad 7-leerders vir hulle harde werk en toewyding:
  • Michaan Naylor (Dux-leerder 2024)
  • Hila Hertzog
  • Daniella Boshoff
  • Izzy du Plessis
  • Ané Swanepeol
  • Emma Snijders
  • Ruben Eksteen
  • Leah de Kock
  • Jessica Schincariol
  • Isabella Marais
Graag wil ek ook vir mnr. Leon en sy span hartlik gelukwens met vanjaar se puik kleure-atletiekbyeenkoms wat op Woensdag, 6 Desember (velditems) en Maandag, 9 Desember (baanitems) plaasgevind het. Die atletiekdag, wat as gevolg van gure weer uitgestel is, het reeds Maandagoggend vroeg om 07:15 met die tradisionele optogte om die baan begin. Die onderskeie kleurhuise se areas op die pawiljoen was indrukwekkend versier, en dit alles te danke aan ons graad 7-ouers wat reeds dou voor dag daarmee begin het. Opvallend was die opwindende gees wat reeds met die aanvang van die ongelooflike dag teenwoordig was en die hele dag geheers het. Ons leerders se stemme was behoorlik hees gesing en later het ons lekker musiek gespeel waarop hulle saam met personeel, ouers en voogde gedans het. Ek is vanjaar vier jaar by ons merkwaardige skool betrokke en dit was volgens my die beste atletiekdag sedert ek by die skool aangesluit het. Die meerderheid van leerders en hul ouers/voogde het tot 15:45 na afloop van die prysuitdeling gebly. Baie geluk aan die Huis Blou wat die geesbeker verower het en Huis Oranje wat vanjaar net-net die atletiekbeker gewen het. Baie geluk aan die volgende atlete wat met hul uitsonderlike prestasie tydens die prysuitdeling aangewys is:
  • Victrix Ludorum jnr (o.10 - o.11): Gedeel deur Elize Theron en Lexi Buhrman
  • Victor Ludorum jnr (o.10 - o.11): Willem Viljoen
  • Victrix Ludorum jnr (o.12 - o.13): Ynes Samba-Kabassidi
  • Victor Ludorum jnr (o.12 - o.13): Dane Botha
Baie geluk aan die volgende Graad 6-leerders wat op Dinsdagoggend, 10 Desember, tydens die saalbyeenkoms bekend gemaak is:

  • Rudi Badenhorst
  • Jack Dawes
  • Abigail Fourie
  • Ben Esterhuyse
  • Gusto Hoogendyk
  • Nils le Roux
  • Elisabet Marais
  • Johannes Mouton
  • Dané Olivier
  • Vincent Oosthuizen
  • Stella Pansegrouw
  • Katryn Silvis
  • Amelie van der Walt
  • Annalene Viljoen
Ons neem oor die laaste week stelselmatig afskeid van die Gr. 7-leerders. Ons het vandag (11 Desember) ‘n spesiale afskeidsaal vir die Gr. 7’s saam met hul ouers/voogde gehou. Daarna het hulle tradisioneel met hul skoolklere in die swembad gespring. Hulle finale sokkie het dan ook op Maandagaand om 18:00 na die lang atletiekdag in die saal plaasgevind. Baie geluk aan die Gr. 7’s met jul pragtige 2024 Jaarboek. Dit sluit ‘n spesiale bladsy in van elke Gr. 7-leerder met iets spesiaal oor haar of homself. Kostelik is die babafoto van elke Gr. 7-leerder in vergelyking met hul hedendaagse foto.

Ons beste wense vergesel die Gr. 7’s vir hul nuwe reistog na die hoërskool en mag hulle hul hoërskoolloopbaan net so geniet soos by ons. Onthou my boodskap: “Droom altyd groot en as iemand dit durf waag om te sê dat julle te groot droom, dan moet julle vir hulle sê dat hulle dalk te klein dink.” Julle is ‘n merkwaardige groep leerders met ‘n blink toekoms wat voorlê. Ons gaan julle baie mis. Hou aan om ‘n positiewe verskil in mense se lewens te maak deur net jouself te wees.

Graag wil ek vir Susan Derksen hartlik bedank wat vanaf 2025 die leisels as OOV-Voorsitter by Coreen Scholtz gaan oorneem. Ons beste wense vergesel haar en haar span vir die belangrike rol wat hulle in 2025 gaan speel. Dus wil ek vir Coreen Scholtz ook hartlik bedank wat haar belangrike rol as OOV-Voorsitter so puik uitgevoer het. Baie dankie, Coreen, vir al jou kosbare tyd en puik organiseringsvermoë wat die suksesse van die OOV-funksies wat by die skool die afgelope jaar aangebied is, verseker het. Ek is jou baie dankbaar!

2024 was vir Laerskool Jan van Riebeeck ‘n ongelooflik suksesvolle jaar. Daar was verskeie hoogtepunte, maar ek glo die tweejaarlikse skoolkonsert het beslis die kollig gesteel! Vir ‘n skool om op verskeie areas te presteer, kan slegs gebeur waar leerders veilig voel en skool terdeë geniet, toegewyde personeel met soveel omgee werksaam is, asook ‘n effektiewe skoolbestuur, ondersteunende ouers/voogde en ‘n dinamiese Beheerraad wat betrokke is. Sukses beteken nie noodwendig net prestasies nie, maar ook die karakter en omgeehart van ons skoolgemeenskap wat so prysenswaardig en uniek is. Ek is so trots op ons personeel wat jaar-in en jaar-uit die spreekwoordelike ekstra myl tot voordeel van ons leerders loop. Baie dankie aan die EXCO (skoolbestuur) vir jul leeue-aandeel in die effektiewe bestuur van ons puik skool. Laat my ook toe om my regterhand, naamlik Marinda (adjunkhoof), te bedank vir haar harde werk en lojale ondersteuning die afgelope jaar. Hartlike dank aan die Voorsitter van ons Beheeraad, naamlik Merwe Scholtz, en die res van die Beheerraad wat my so lojaal ondersteun en help om ons skool na nog hoër hoogtes te lei. Lees gerus my jaarverslag vir 2024 wat kortliks reflekteer wat ons as skool oor die afgelope jaar vermag het.

Graag sluit ek dan die jaar af en wens vir julle ‘n welverdiende vakansie toe van lekker rus en ontspan saam met vriende en familie. Mag elkeen van julle ‘n Christusfees vol vreugde, vrede en liefde ervaar saam met al die spesiale mense in jou lewe. Ek wens verder vir ons skoolgemeenskap ‘n voorspoedige 2025 toe vol liefde, vrede, omgee en dankbaarheid!

Reis asseblief veilig, groete vir die kinders en sien julle D.V. Woensdag, 15 Januarie 2025, wanneer die skool weer sy deure vir 2025 oopmaak.

Vriendelike vakansie-groete,

Naas Beets
SKOOLHOOF

VIR AANDAG

KULTUUR

Musiekinskrywings vir 2025

Kom word deel van die musiekdepartement en skryf in om volgende jaar musiekonderrig in een van die volgende instrumente te ontvang:
klavier, viool, kitaar, saksofoon, blokfluit, klarinet, dwarsfluit of individuele sanglesse (slegs vir Gr. 4-7’s).

Pieter Bezuidenhout is 'n SAFTA genomineerde komponis, koordirigent, sangafrigter en instrumentalis. Hy is ‘n besonders veelsydige musikant, en leef nie net sy passie vir musiek as komponis en koordirigent uit nie, maar ook as musiekonderwyser. As komponis het hy groot lof ontvang vir sy instrumentele album, AULA, wat deur Die Burger beskryf is as musiek wat Suid-Afrikaanse klassieke musiek weer cool maak. Hy het ook in 2023 sy eerste solo Afrikaanse Electropop album vrygestel, SOEKER. Sy komposisies is reeds op 5 kontinente uitgevoer én internasionaal gepubliseer.

Pieter sluit in 2025 by Laerskool Jan van Riebeeck aan as sangonderwyser vir leerders in Graad 4-7. Hy is passievol oor die ontwikkeling van ‘n jonger generasie musikante en koester ‘n hoë agting vir die afrigting van sangers op laer- en hoërskool vlak. Hy glo dat sang ‘n medium is wat elke kind help om sy/haar uniekheid na vore te bring, persoonlikheid ontwikkel, en selfvertroue bou.
Vul die aangehegde musiekinskrywingsvorm in, en stuur dit aan Juf. Rolene.
MUSIEKINSKRYWINGSVORM

Ons sien uit daarna om jou aansoek te ontvang!

Rolene van Zyl
rolene@jvrprim.co.za

Koordatums 2025

Senior Kooroefentye vir 2025:
  • Dinsdag, 07h45-08h45
  • Donderdag, 07h45-08h45
  • Oefeninge begin Dinsdag, 21 Januarie.
  • Leerders moet asseblief stiptelik om 07h45 by die weeklikse kooroefeninge aanmeld.
Senior Koorkamp: 7-8 Februarie (by die skool)

Senior Koorkamp: Saterdag, 1 Maart (by die skool)

Senior Koorkamp: Donderdag, 6 Maart (by die skool) om 13h00 - 17h00

Mzanzi Conductors Convention by CTICC: 14-16 Maart 2025

George Cantamus Koorfees: 8-11 Augustus 2025

ALGEMEEN

2024 Jaarverslag

Hier volg die 2024 Jaarverslag:

JAARVERSLAG

Foto's: Ouma- en Oupadag 2024

Ons is opgewonde om die Ouma- en Oupadag foto's met julle te deel.

Laai die foto's hier af: OUMA- EN OUPADAG

Instruksies om af te laai:
  1. Kliek op die Google Drive-skakel wat aan jou gestuur is.
  2. Meld aan met jou Google-rekening indien nodig.
  3. Kies die foto's wat jy wil aflaai.
  4. Kliek op die aflaai-ikoon (afwaartse pyl) bo-aan die bladsy.
  5. Kies die ligging op jou toestel waar jy die foto's wil stoor.
Hierdie foto's sal slegs beskikbaar wees om af te laai tot 31 Desember 2024. Maak asseblief seker jy laai dit af en stoor dit op jou eie toestel. Ons sal ongelukkig met geen laat versoeke kan help nie.

TERUGVOER

Kleure-atletiek: 4 & 9 Desember 2024

Woensdag 4 Desember en Maandag 9 Desember het ons ons jaarlikse kleure-atletiek gehou. Dit was twee onvergeetlike dae. Woensdag het ons die velditems gehou en Maandag die baanitems. Die pawiljoene was pragtig opgemaak en dit was tyd vir die optogte. Die huise het hul krete en liedjies gesing en daarna was dit tyd vir die eerste items.

Reg deur die dag het soveel leerders aan verskillende items deelgeneem om hulle spanne die kans te gee om die atletiekbeker te verower. Na afloop van die dag was die puntverskil tussen die twee spanne slegs 26 punte. Baie geluk aan Huis Oranje wat die atletiekbeker gewen het en Huis Blou wat wegstap met die geesbeker.

Die bekerwenners op die dag was:
  • Beste junior dogter: Elise Theron en Lexi Bierman
  • Beste junior seun: Willem Viljoen
  • Beste senior dogter: Ynes Samba Kabassidi
  • Beste senior seun: Dane Botha
Baie geluk aan al ons atlete wat deelgeneem het, dit is waarna ons streef om vir almal geleentheid te bied.

Baie geluk aan die volgende atlete wat ons skool by die jaarlikse interskole volgende jaar gaan verteenwoordig. Dit vind plaas op 11 Februarie by Hoërskool Jan van Riebeeck se sportvelde.

INTERSKOLE SPAN

Kliek HIER vir Die Suidooster

met al die nuutste artikels, foto's en video's.

Kliek HIER vir advertensies van die week