|
|
|
|
|
|
DATUMS
Sa 6 Junie 2026
- Rugby: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
- Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
Ma 8 Junie 2026
Di 9 Junie 2026
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)
Do 11 Junie 2026
- Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)
Vr 12 Junie 2026
Ma 15 Junie 2026
Di 16 Junie 2026
Wo 17 Junie 2026
Do 18 Junie 2026
- Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)
Vr 19 Junie 2026
- Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Alle gr.4 - 7-leerders wat tydens hierdie jaar besonderse prestasies behaal het óf veelsydigheid getoon het op sport- en kulturele gebied kan in aanmerking kom vir 'n spesiale prys by die prysuitdeling. Voltooi asb. die aangehegte vorm en handig die vorm en afskrifte van bewyse van die prestasie(s) teen Vrydag, 21 November, by juf. Lucia de Jager in. 'n Hardekopie van die vorm kan ook afgehaal word.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Die volgende dansers neem deel aan die jaarlikse klassieke ballet "Performance Awards" op Sondag, 10 Nov 2024, te JvR @10vm
|
Die beoordelaar is Laurence Kaplan Direkteur AAB NY. Almal is baie welkom om ons pragtige dansers te kom ondersteun. Kaartjies sal by die deur beskikbaar wees met parkering agter die skool. Deelnemers: Gr1/2 Mila Maree Emily Theron Emma Wilke Livia-Mae Liebenberg Amatullah Barsadien Heike Janse van Rensburg Vasti Swart Cornelia Opperman Iris Caldeira Ciera February Sienna Kruger Gr3/4 Isla Jooste Mika vd Walt Christa-Bella Swart Heidi v Heerden Natalie Lawson Gr5/6/7 Solange Stevens Ella Grey Gabriella Buckenham Daniella Boshoff Larah Opperman Jessica Schincariol Gr8/9 Kerala Allewell Karlien vd Walt Lara Basson Emma Liebenberg Break a leg! x Juffou Barbie Maak nota asb : Ons jaarlikse "Prysuitdeling en Einddans Funksie" is op Sondag, 8 Des, te JvR. Dis 'n fees van danse en alle genre: modern, kontemporêr en klassiek. Al ons dansers neem deel met pragtige danse op die mooiste musiek. Kom ondersteun ons asb ! Almal, alle ouderdomme oud en jonk sal dit terdeë geniet.
|
|
|
|
|
|
|
|
Neem asseblief kennis dat alle graad 4 - 6-leerders 'n toestelooreenkoms volgende week sal ontvang. Ouer en kind moet dit onderteken aangesien alle graad 5 - 7-leerders sommer op die eerste dag van skool (15 Jan. 2025) 'n toestel sal ontvang. Hierdie skootrekenaar sal gebruik word om interaktief met akademie te handel. Sodra jy hierdie ooreenkoms ontvang, teken en stuur die volgende dag skool toe.
|
|
Dankie vir hierdie ondersteuning.
|
|
|
|
|
|
Neem asseblief kennis dat Jan Kas Vrydag, 29 November 2024, vir die jaar sal sluit. Maak asseblief seker dat alle skoolklere voor hierdie dag bestel word.
|
Die aanlyn winkel sal weer vanaf Vrydag, 10 Januarie 2025, vir bestellings oop wees. Die fisiese winkel maak Maandag, 13 Januarie 2025, oop. Spesifieke tye sal nader aan die tyd deur gegee word.
Kliek hier om na die aanlynwinkel te gaan: JAN KAS AANLYNWINKEL
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hierdie jaar hou die WKOD ‘n kompetisie waar leerders ‘n plakkaat of kortverhaal kan inskryf en ‘n hulpbronprys vir hul skoolbiblioteek tot die waarde van R30 000 wen!
|
|
|
|
|
|
|
Geagte Inwoners van die Bo-Stadskom, ’n Aansoek vir ’n groot, sesverdieping-ontwikkeling aan die bopunt van Leeukopstraat is by die Stad Kaapstad ingedien. Indien dit goedgekeur word, sal hierdie gebou van 41 woonstelle die rustige, voorstedelike karakter van ons buurt dramaties verander en beduidende verkeersopeenhoping en veiligheidsrisiko’s byvoeg tot ’n reeds besige area.
|
Waarom Dit Belangrik Is Die beplande ontwikkeling sal verkeer op Kloofnekweg drasties verhoog en tot 60 bykomende voertuie by die nou Leeukop-Quarry Hill kruising voeg, wat gevaarliker toestande sal skep. Kloofnekweg het reeds ernstige ongelukke met swaarvoertuie gehad, en hierdie verhoogde verkeer bedreig beide bestuurders en voetgangers, insluitend skoolkinders wat die gebied daagliks gebruik. Buiten verkeer, stel hierdie projek ’n kommerwekkende presedent vir toekomstige grootskaalse ontwikkelings in die Stadskom, wat die unieke karakter van buurte soos Tamboerskloof, Oranjezicht en Higgovale in gevaar stel. Ons glo dat hierdie ontwikkeling, wat hoofsaaklik vir beleggers ontwerp is, die harmonie van ons gemeenskap sal versteur, eiendomswaardes sal verlaag en die bekoring van ons gebied sal ondermyn.
|
Neem Aksie DIE SPERDATUM VIR BESWARE IS 19 NOVEMBER 2024. Enige persoon ouer as 18 jaar kan beswaar aanteken. Selfs as jy voorheen beswaar aangeteken het, is ’n nuwe beswaar vir hierdie aansoek nodig.
|
Help ons om ons buurt te bewaar. Saam kan ons ’n verskil maak!
|
Vriendelike groete, Friends of Tamboerskloof
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier volg die week se tennisuitslae:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier volg die week se krieketuitslae:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Die Parow-Stoeiklub se jaarlikse prysuitdeling het op 2 November 2024 plaasgevind.
|
Al die stoeiers wat die Westelike Provinsie verteenwoordig het, het hul trofeë ontvang vir hul nasionale plasing, onderskeiding en deelname sertifikate. Christian Cronje was ook daar om sy trofee te ontvang.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Dis so moeilik vir ons as ouers om ons leerders die geleentheid te bied om self foute te maak en dan verantwoordelik vir hierdie foute te aanvaar. Hoe moet ons dit hanteer? Lees gerus hier oor die advies wat Marike Badenhorst vanuit die Zen Den aan ons bied.
|
Hoe leer ek my kind om verantwoordelikheid vir hulle foute te aanvaar?
|
Ongeag ‘n ouer se poging om die waarde van eerlikheid by jou kind te vestig, lyk dit soms of hy/sy enige iets doen om nié verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar nie. Hoekom nie? Hier volg moontlike redes waaraan ons as volwassenes nie altyd dink nie:
|
- Vrees vir kritiek (disapproval): Jou kind mag bang wees om jou/die onderwyser/vriende teleur te stel. Deur nié verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar nie, hoop hulle om die negatiewe gevolge te ontduik wat mag volg.
- Hoe wil ek hê moet ander my sien? Kinders, net soos volwassenes, wil gesien word as goed, bekwaam en eerlik. Daarom “beskerm” hulle hierdie beeld deur die blaam op iemand te verskuif of te ontken hulle is skuldig. Hulle glo hulle gaan dan nie gekonfronteer word of iemand nie teleurstel nie.
- Om die gevolge te vermy: Deur die blaam op ander te plaas, hoop die kind hy/sy gaan die gevolge vryspring wat hy/sy weet gaan volg en waarvoor hy/sy ie kans sien nie.
- Gebrek aan emosionele regulering: Soms is die emosies wat mag volg – skaamte, skuldgevoelens/ verleentheid – vir die kind nét te veel om te hanteer. Om die blaam te verskuif, gebruik hulle hierdie verdedigingsmeganisme om nié hierdie uitdagende emosies in die oë te kyk nie.
So, wat kan ons as ouers doen sodat ons kinders gemakliker kan sê: “Ek is jammer?”
|
- “Normaliseer” foute: Vir jou kind om eerlik met jou te wees en te aanvaar hulle het ‘n fout gemaak, moet hulle glo om foute te maak, is aanvaarbaar. Gesels met jou kind en wees eerlik oor die foute wat jý gereeld maak en hoe jý daarop reageer.
- “Stop. Begin weer”: Wanneer jou kind reageer met verskonings, ontkennings en argumente, probeer dalk hierdie eenvoudige tegniek: “Stop. Kom ons begin van vooraf.” Help hulle om te besef dat al wat hulle hoef te doen, is om verskoning te vra, dit agter hulle te sit en aan te gaan. Dit sal die gewoonte kweek om te aanvaar iets kán skeefloop, maar jy het altyd weer ‘n kans om dit nie weer te doen nie.
- Soek saam met hulle na beter opsies: ‘n Kind wat kan aanvaar hy/sy mag foute maak het gewoonlik ouers wat openlik hieroor kan praat en saam met hulle kinders kyk na ander maniere om die probleem op te los. Probeer: “Ek verstaan hoekom jy dit gedoen het, maar wat dink jy kan jy volgende keer anders doen?”
- “Back off a little”: Soms is dit net nodig om terug te staan sodat jou kind uit sy/haar foute leer. Dit is dikwels die enigste manier hoe jou kind kan leer om ander opsies te oorweeg.
Marike Badenhorst Opvoedkundige Sielkundige
|
|
|
|
|
|
|
|
Ek hoop en vertrou dat dit met almal in ons skoolgemeenskap goed gaan, veral die tyd van die jaar waar ons nog so baie take moet afhandel en sperdatums moet eerbiedig voor die langverwagte Desember-vakansie vir almal aanbreek.
|
Volgende week op Woensdag, 13 November, begin die finale eksamen vir die Gr.7’s. Die assesserings vir die grondslagfase is reeds vanaf 04 November volstoom aan die gang. Vir die eerste keer skryf al ons grondslagfase-leerders deurlopende assesserings om assesseringsangs by hulle te verminder. Soos julle weet, mag ek mos nie eintlik die ‘E-woord’ gebruik nie, maar op Maandag, 18 November, begin die Gr. 4 – 6-leerders ook met hul eksamen en wens ek al ons leerders, ouers/voogde, tutors, fasiliteerders en personeel voorspoed toe. Eksamens verhoog ongelukkig stresvlakke by leerders en dit filter ook dikwels deur na die huisgesin. Graag versoek ek julle as ouers/voogde om ons as onderwysers te help om die stresvlakke en spanning tydens die eksamen/assessering te bestuur sodat dit nie die oorhand kry nie. Stres as gevolg van enige eksamen laat die meeste mense snak na hul asem, maar dit is ‘n natuurlike reaksie en as dit reg aangewend en bestuur word, kan dit ook voordelig wees. Probeer gerus die volgende wenke om jou kind/ers se eksamenstres en moontlik jou eie angstigheid daaroor hok te slaan:
|
- Berei asseblief betyds voor. Help om saam met jou kind/ers betyds ‘n studierooster op te stel wat jou kind/ers genoeg tyd gee om ook te ontspan en vroeg saans in die bed te spring sodat hulle genoeg slaap kry. Handhawing van ‘n roetine sal beslis help!
- Skep ‘n rustige en ontspanne atmosfeer vry van stressors by die huis vir jou kind/ers om te leer.
- Skep ‘n toegewyde studieruimte met behoorlike beligting en vry van geraas.
- Skep ‘n emosionele band met jou kind/ers dat hulle nie voel dat hulle die eksamenpad alleen stap nie. Vra vir hulle hoe die eksamen was en dit is belangrik om positiewe woorde uit te spreek deur byvoorbeeld die volgende te sê: “dit sal goed met die eksamen gaan, want jy het goed voorberei.’’ Laat hulle verstaan dat julle vir hulle nog steeds baie lief sal wees, ongeag die uitslae en hulle beslis nie op grond daarvan sal beoordeel nie.
- Help jou kind/ers om ‘n gewoonte aan te kweek dat hulle die regte skryfbehoeftes en die regte toerusting vir die dag in skool toe te pak.
- Vermy asseblief gejaagdheid en om jou kind/ers op die nippertjie soggens voor die eksamen/assesserings by die skool af te laai, want dit maak leerders ongelooflik angstig.
So tussen die eksamen en die leer gaan die somersportprogram in skooltyd vir Gr. 1 – 3-leerders voort terwyl die gr. 4 – 7-leerders slegs op atletiek gaan fokus a.g.v. die kleure-atletiek wat op Woensdag, 06 Desember, (velditems) en Vrydag, 08 Desemeber, (baanitems) by die hoërskool se velde plaasvind. Die dirigente is reeds op Vrydag, 01 November, aangewys en binne die kleurgroepe gaan daar lekker gesing en voorberei word.
|
Op Maandag, 04 November, het die jaarlikse begrotingsvergadering met ouers om 18:00 in die saal plaasgevind. Anders as ander jare het ons op FEDSAS (Federasies van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole) se aanbeveling julle as ouers ernstig versoek om die begrotingsvergadering by te woon, want daar moet ‘n kworum van 10% teenwoordig wees. Dit beteken dat daar ‘n minimum van 85 ouers/voogde die vergadering moes bywoon! Ek was aangenaam verras met die opkoms van ouers/voogde tydens die vergadering. Die kaartjies vir leerders om die volgende dag sivvies te dra asook ‘n smullekker roomys wat daarmee gepaard gaan, was ‘n groot motivering vir die opkoms. Baie dankie aan al die 117 ouers/voogde wat die vegadering bygewoon het. Ons volg altyd ‘n deursigtige proses met die begroting en ek glo dit was ‘n insiggewende sessie vir ouers/voogde rakende die finansiële bestuur van die skool asook om te sien waarvoor hulle skoolgelde jaarliks aangewend word. Die 2025 begroting en verhogings van skoolfooie (8,5%) is soos volg deur ouers/voogde goedgekeur:
|
Die 2024 skoolgelde is op R42 750 per GF-leerder en R43 835 per ISF-leerder vir die Laerskool, en Huppelland: R47 961 per leerder vir Graad R en R46 876 vir voor-Graad R vasgestel.
|
Baie dankie ons Finansiële Bestuurder, Liesel Hammond, ons Tesourier, Susan van der Walt, asook ons BR Voorsitter, Merwe Scholtz, vir jul kosbare tyd en harde werk om ‘n uitstekende en effektiewe begroting vir finale goedkeuring te kon voorlê. Weereens baie dankie aan die ouers/voogde wat die belangrike vergadering bygewoon het.
|
|
Ons jaarlikse Gr. 4-inligtingsessie met ons huidige Gr.3-ouers het op Dinsdagaand, 05 November, om 18:00 in die saal geskied. Die doel van die inligtingsessie is om aan die huidige Gr.3-ouers te verduidelik wat Gr.4 asook die nuwe fase (intermediêre fase) behels. Dit sluit onder andere in die nuwe Gr.4-vakke, voorstel aan die verskillende onderwysers wat die vakke onderrig, die volg van ‘n ruilrooster vanaf 2025, gebruik van MS Teams, eksamens asook om hul voor te brei vir hul kind/ers se oorgang na Gr.4. Ouers is dikwels meer angstig as hul kind/ers wat na ‘n volgende fase beweeg. Ek wil graag vir juf. Marianne (Graadhoof) en haar span hartlik bedank vir die puik en insiggewende aanbeiding. Die aand is verder afgerond met ‘n puik aanbieding deur Cathryne Botha (opvoedkundige sielkundige) om ons ouers beter toe te rus sodat hulle hul kind/ers wat in 2025 na Graad 4 beweeg, beter kan ondersteun en minder angs ervaar.
|
|
|
Ek deel dan graag ook die wonderlike kultuurnuus:
|
Vyf Jannies het vanjaar in September die Suid-Afrikaanse Spraak- en Dramakollege se nasionale Mondelinge Kommunikasie-eksamen afgelê en die uitslae is vandeesweek ontvang.
|
Dié vyf Jannies (onderstaande) het reeds vanaf Januarie tydens ’n weeklikse les by Alma Nel vir hierdie praktiese eksamen begin voorberei en dit saam met die junior dramagroepe van die Hoërskool Jan van Riebeeck afgelê. Die vlak waarop hul ingeskyf was, Intermediêr 2 (Sophia Derksen, Susie Samuel, Daniella Boshoff, Pieter Rademeyer) en Hoër 1 (Karu Rademeyer), is dus reeds op die gr. 8 & 9-hoërskoolleerders se vlak.
|
Dié uitdagende eksamen behels ’n program wat elke leerder aanbied en die volgende insluit: ’n voorbereide demonstrasie of praatjie oor ’n interessante onderwerp, die voorlees en bespreking van ’n boek, improvisasie-standpunt of groepverhaalkuns, vrae en besprekings oor die aanbieding en dan het die onderskeie groepe ’n 20 minute-dramaprogram met ’n spesifieke tema aangebied.
|
Baie geluk aan die volgende vyf Jannies met jul puik uitslae:
|
Intermediêr 2 Sophia Derksen - 95% Susie Samuel - 95% Daniella Boshoff - 97% Pieter Rademeyer - 98%
|
Hoër 1 Karu Rademeyer - 96%
|
Julle maak ons baie trots!
|
Graag neem ek die vrymoedigheid om ons ouers/voogde te nader of daar dalk iemand bereid sou wees om die koshuisfooi by HS Jan Van Riebeeck van ‘n huidige Graad 7-leerder by ons vir 2025 (Gr. 8) te kan dra. Hierdie leerder kom uit ‘n behoeftige gesin wie se omstandighede skielik verander het en dus benodig die leerder vanaf 2025 koshuisinwoning. Kontak my asseblief indien jy van hulp kan wees, by voorbaat dankie.
|
Ek dra nog steeds my spreekwoordelike dankbaarheidsbril en sluit nog ‘n week op ‘n dankbare noot met die bekende aanhaling van Richie Norton af. Ek wens vir julle ‘n wonderlike naweek saam met julle gesin en/of vriende toe.
|
“Express gratitude for the greatness of small things’’
|
Vriendelike groete, Naas Beets SKOOLHOOF
|
|
|
|
|
|
Kliek HIER vir Die Suidooster
met al die nuutste artikels, foto's en video's.
|
|
|
|
Kliek HIER vir advertensies van die week
|
|
Hier is 'n lekker GRATIS woordsoek wat jy saam met jou kind kan doen: WOORDSOEK
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|