Share this emailCopy the public link or share it on your favorite channel.
Liewe Ouers

Dagboek

Sa 6 Junie 2026

  • Rugby: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
  • Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
  • Veiling

Ma 8 Junie 2026

  • Interne sport begin

Di 9 Junie 2026

  • Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)

Do 11 Junie 2026

  • Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)

Vr 12 Junie 2026

  • Eksamen Eindig

Ma 15 Junie 2026

  • Skoolvakansiedag

Di 16 Junie 2026

  • Jeugdag

Wo 17 Junie 2026

  • Hoofleiers Verkiesing
  • Eksamen Sieketoetse

Do 18 Junie 2026

  • Musiekkonsert ISF
  • Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar
  • Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)

Vr 19 Junie 2026

  • Finkom vergadering
  • Hoofleiers aanwys
  • Musiekkonsert GF
  • Toer oorhandiging
  • Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)


>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 25 April 2025

Ek glo dat almal ‘n heerlike en geseënde tyd saam met familie en vriende oor die afgelope Paasnaweek geniet het. Ek is baie dankbaar dat almal veilig terug is na die Paasnaweek, veral gegewe die feit dat die paaie gedurende dié tyd van die jaar buitengewoon besig is en tragies genoeg dikwels kosbare lewens eis as gevolg van motorongelukke.

Ek wil graag vir Hoërskool Jan van Riebeeck se ‘Paashase’ bedank wat verlede week op Donderdag, 17 April, vir die Grondslagfase-leerders paaseiers kom uitdeel het. Ons graad 1-leerders was in ekstase om die sogenaamde Paashase in ‘lewende lywe’ te ontmoet en vir hulle drukkies te kon gee. Baie dankie aan die leerderraad van die hoërskool vir die wonderlike bederf – ons waardeer dit opreg!
Neem asseblief kennis dat volgende week (Week 4: 28 April – 2 Mei) ‘n volledige week van skoolvakansie is. Hierdie welkome blaaskans sluit twee openbare vakansiedae en drie skoolvakansiedae in. Dit is belangrik dat ons nie die betekenis van die twee openbare vakansiedae miskyk nie.

Op 27 April vier ons jaarliks Vryheidsdag in Suid-Afrika – ‘n baie belangrike dag in ons land se geskiedenis. Dit is ‘n geleentheid om ons leerders bewus te maak van die waarde van hierdie dag. Vryheidsdag is ingestel om die eerste post-apartheidverkiesings te herdenk – ‘n mylpaal op 27 April 1994, toe alle Suid-Afrikaners bo die ouderdom van 18, ongeag ras, vir die eerste keer kon stem. Dit was ‘n waterskeidingsmoment in die geskiedenis van ons reënboognasie.

Verder vier ons jaarliks op 1 Mei Werkersdag, ‘n openbare vakansiedag ter ere van die harde werk van ons land se werkers, asook hul stryd vir regverdige indiensneming en menswaardigheid in die werkplek. Die oorsprong van Werkersdag lê in die internasionale vakbondbewegings se soeke na solidariteit en regverdigheid. Ek wil van die geleentheid gebruik maak om al ons personeel en gemeenskapslede te salueer vir hul toewyding en harde werk. Julle dra daagliks by tot onderwys én tot die ekonomie – wat help om werksgeleenthede vir ander te skep.

Dit is hartseer om te sien hoe baie haweloses daagliks in ons moederstad sukkel om te oorleef. Die toename in armoede en mense wat op straat bedel, plaas ons bevoorregte lewenshandel in perspektief. Mag ons almal meer gereeld die spreekwoordelike “dankbaarheidsbril” opsit.

Baie dankie aan al die ouers/voogde wat op 15 en 22 April die ouerafsprake met hul kind(ers) se onderwysers bygewoon het. Ons waardeer julle tyd en betrokkenheid in jul kind(ers) se akademiese reis. Ons glo sterk aan spanwerk – betrokke ouers/voogde + toegewyde opvoeders = gelukkige en suksesvolle leerders. Navorsing bevestig dat ouerbetrokkenheid ‘n positiewe impak het op skoolbywoning, prestasie, sosiale vaardighede en algemene gedrag.

Wêreld Boekedag is op Dinsdag, 23 April, met groot entoesiasme by ons skool gevier. Leerders het soos hul gunstelingboekkarakters aangetrek en die dag was ‘n kleurryke fees van kreatiwiteit. Leerders het van vroeg af hul kostuums met trots in my kantoor kom wys. Baie geluk aan die volgende leerders wat as beste boekkarakters aangewys is:
  • Gr. 1 – Ariella Meinking
  • Gr. 2 – Maya van den Berg
  • Gr. 3 – Leah Verhoeven
  • Gr. 4 – Dirkie van Eeden
  • Gr. 5 – Antjie Samuel
  • Gr. 6 – Lukas van der Westhuizen
  • Gr. 7 – Jayden Henning
Baie dankie aan al ons ouers/voogde met die hulp van die kostuums – die boekkarakters het letterlik lewendig geword! Graad 1 – 5-leerders het ook deelgeneem aan ‘n virtuele skrywersbesoek met Jaco Jacobs – ‘n opwindende Zoom-ervaring wat vir baie leersaamheid gesorg het. Dankie aan juf. Marecia van Zyl met die uitstekende reëlings en uitvoering van hierdie dag.

Ek is ook verheug om te rapporteer dat die kunsgrasprojek op die mini-sportveld op Dinsdag, 22 April, afgeskop het. Die bestaande gras word tans verskuif en hervestig. Baie dankie aan Gerhard Conradie vir sy groot bydrae om die projek te realiseer.
So sluit ons Week 3 af. Mag julle ‘n heerlike naweek en volgende week se kort vakansie as gesin ten volle geniet.

Ek gaan voort om ons pragtige taal te bevorder en sluit graag met ‘n bekende Afrikaanse uitdrukking af:
‘Iets te berde bring’

Hierdie uitdrukking beteken om iets ter sprake te bring of op die tafel te plaas vir bespreking.

Vriendelike groete,
Naas Beets
Skoolhoof

VIR AANDAG

Neem kennis van die volgende belangrike aankondigings en gebeure:

AKADEMIE

Eksamenrooster: Junie 2025

Sien asseblief die eksamenrooster vir die Junie-eksamen hier onder:
  • Leerders sal Vrydag, 25 April, die eksamenafbakening ontvang.
  • Neem asseblief kennis dat die skool vanaf Donderdag, 5 Junie, om 13:00 vir gr.1-3 en om 13:15 vir gr.4-7 sluit.
  • Die gr.7’s kan reeds vanaf Maandag, 2 Junie, om 13:15 verdaag.
  • Indien ‘n leerder afwesig op ‘n gegewe dag is, moet ‘n doktersertifikaat getoon word.
  • Vraestelle wat noodgedwonge gemis word, sal tydens die tweede sessie ingehaal word indien moontlilk.
  • Leerders mag nie skryfbehoeftes by mekaar leen nie en moet liefs hul eie skryfbehoeftes onthou.
  • Eksamenvraestelle word tussen 07:50 en 10:10 geskryf.
  • Sport- en kooroefeninge sal tydens skooltyd plaasvind.
  • ‘n Spesiale program sal opgestel en versprei word.

KULTUUR

Jannies Talent Inskrywings

Het jy ’n talent wat jy graag met ons wil deel? Skryf in vir Jannies Talent!

Oudisies vind ná skool plaas van 28 tot 31 Julie. Gedurende hierdie tyd sal die finaliste gekies word wat dan op 25 September tydens die Jannies Talentkonsert sal optree.

Onpartydige beoordelaars sal tydens die Jannies Talentkonsert aanwesig wees om die top drie finaliste te kies en pryse te oorhandig.

Dit beloof om ’n asemrowende aand en ’n spoggeleentheid te wees — ons kan nie wag om ons talentvolle Jannies se harde werk en toewyding op hiérdie manier te vier nie!

Skryf gerus in deur die volgende skakel te volg:
https://forms.office.com/r/JYp5GEvefs?origin=lprLink

Inskrywings sluit op die laaste dag van Kwartaal 2, 27 Junie.

Kontak gerus vir Juf. Rolene vir meer inligting:
???? rolene@jvrprim.co.za

Musiek-ouervergaderings: Kwartaal 2

Die Musiekdepartment wil graag ‘n geleentheid skep vir ouers/voogde om hul kind(ers) se musiekonderwyser/s te ontmoet. Ons wil hierdie tyd gebruik om te gesels oor jou kind se musieklesse en om ook te luister na wat julle graag met ons wil deel. Algemene kwessies soos musiekeksamens, eisteddfods, lestye, oefenroetines, en algemene vordering en verwagtinge, is van die belangrike punte wat ons graag wil bespreek.

Ons nooi daarom alle musiekouers uit om enige van jou kind(ers) se musieklesse gedurende Kwartaal 2 by te woon. Kontak asseblief die betrokke musiekonderwyser om die spesifieke lestyd en -datum, wat jóu die beste pas, te bevestig sodat die nodige voorbereiding vir die ontmoeting getref kan word. Die tydsgleuf vir ‘n musiekles is 30 minute, alhoewel ‘n afspraak nie noodwendig die volle tydsduur hoef te beloop nie.

Ons sien baie uit daarna om ouers in die musiekdepartement te verwelkom en hoop om almal deur die loop van Kwartaal 2 hier te sien.

Ek lys die musiekonderwysers se kontakbesonderhede:

Rolene van Zyl rolene@jvrprim.co.za

Ben Reynecke ben@jvrprim.co.za

Larah Eksteen info@larah.co.za

Shannon Cook shannonsjb@gmail.com

Paul Richard paulrichard07041986@gmail.com

Brent January brentjanuary1305@gmail.com

Estelle Slabber eeslabber@gmail.com

Helecia Groenewald helecia@gmail.com

Pieter Bezuidenhout bezuidenhoutpl@gmail.com

Lily van der Merwe meetlily@gmail.com

SPORT

Beoogde Projek: Sportopgradering van 2025

Klik hier of op die foto om die planne te beskou.

ALGEMEEN

Moedersdag geskenkpakkies

Dit is weer tyd om ons moeders te bederf!

Bestel nou 'n Moedersdag geskenkpakkie op Karri teen slegs R60.

Bestellings sluit op 7 Mei om 10:00.

Jannies gee om: Kwartaal 2, 2025

Help ons om 'n verskil te maak – gee jou ou sporttoerusting 'n tweede lewe!

Het jy dalk 'n bal, kolf of raket wat al ‘n rukkie stof staan en vergaar? Ons almal het daardie sporttoerusting wat net in ‘n kas weggebêre is — gaan loer gerus en kyk wat jy kan opspoor!

Ons wil graag ons buurskool, wat tans deur moeilike tye gaan, help deur bruikbare sporttoerusting aan hulle te skenk.

Wat soek ons?
Ou, maar steeds bruikbare sporttoerusting soos balle, kolwe, rakkette – en enigiets anders wat nog in ‘n goeie toestand is.

Waarheen?
Bring jou donasie na Juffrou Michelle Compion se klaskamer.

Wanneer?
Ons versamel van Maandag 5 Mei tot Vrydag 13 Mei.

Laat ons saamwerk en sport pret vir almal moontlik maak!

Veilingsdinee: 7 Junie 2025

Ons nooi julle graag na hierdie jaar se opvoedingstrust veilingsdinee fondsinsameling.

Die veiling vind plaas op 7 Junie by die Mount Nelson Hotel.

Daar is beperkte kaartjies so rsvp asb. by die onderstaande skakel om teleurstelling te vermy:
https://forms.gle/mtH1mY7RqxdsFTYL7

Vriendelike groete,
Die 2025 Veilingkomitee

Peti Troskie kom inspireer ons Graad 4–7 leerders: 6 Mei 2025

Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat Peti Troskie op 6 Mei ons skool gaan besoek om met ons Graad 4 tot 7 leerders te gesels!

Ons sien uit daarna om haar by ons skool te verwelkom!

TERUGVOER

Die jongste sportuitslae, toekennings, prestasies en ander resultate:

Netbaluitslae: 16 April 2025

Sien die week se netbaluistlae hier onder:

Netbaluitslae: 23 April 2025

Sien die week se netbaluitslae hier onder:

Rugbyuitslae: 18 April 2025

Sien die week se rugbyuitslae hier onder:

JANNIES GESPREKKE

Kinders en Slimfone: Besluit met insig

Kinders en Slimfone: Besluit met insig
Op watter ouderdom kan my kind 'n slimfoon kry?
Wat is die effek van slimfoongebruik op kinders en wat is die voor- en nadele daarvan om 'n foon op 'n jong ouderdom te hê?

In hierdie DInK-slim artikel verken ons die voor- en nadele daarvan om kinders met slimfone toe te rus en bied ons nuttige wenke sodat ouers ingeligte besluite oor hierdie belangrike kwessie kan neem.

Klik HIER vir Die Suidooster met al die nuutste artikels, foto's en video's.

Klik HIER vir advertensies van die week

facebook instagram 
Jy ontvang hierdie nuusbrief
omdat jy 'n ouer of ondersteuner van Laerskool Jan van Riebeeck is.
Laerskool Jan van Riebeeck, Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad