|
|
|
|
|
Dagboek
Sa 6 Junie 2026
- Rugby: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
- Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
Ma 8 Junie 2026
Di 9 Junie 2026
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)
Do 11 Junie 2026
- Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)
Vr 12 Junie 2026
Ma 15 Junie 2026
Di 16 Junie 2026
Wo 17 Junie 2026
Do 18 Junie 2026
- Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)
Vr 19 Junie 2026
- Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Week 5 is verlede Vrydag op ’n hoë noot met opwindende Valentynsvieringe, ’n mini-kriekettoernooi by Laerskool Hugo Rust te Wellington, asook ’n swemgala te Elkanah House afgesluit. Die skoolprogram in al sy fasette hardloop klopdisselboom, met leerders wat aan verskeie kulturele-, sport- en akademiese aktiwiteite deelneem. Ek het nogal begrip dat dit ’n logistieke uitdaging vir ouers kan wees om hul kind/ers betyds by al die verskillende aktiwiteite te kry en dit mag dalk ook vir al ons nuwe ouers oorweldigend wees. Die skool gaan daarom uit sy pad om sover as moontlik vervoer vir ons leerders in dié verband te verskaf. Dit is ’n waardevolle diens wat baie min skole vandag nog vir hul leerders bied.
|
Week 6 is, soos die vorige weke, ook besig en propvol opwinding, met die jaarlikse Interskole-atletiekbyeenkoms wat ons by Hoërskool Jan van Riebeeck se Boshoff-veld op Dinsdag, 17 Februarie, aangebied het. Twee-en-sestig van ons atlete het aan die byeenkoms deelgeneem en puik gevaar. Baie dankie en baie geluk aan mnr. Leon Hanekom en sy span met die suksesvolle interskole-atletiekdag waaraan tien skole deelgeneem het. Baie geluk aan die volgende 21 atlete wat na afloop van die Interskole-atletiekbyeenkoms gekwalifiseer het om vandag aan die sonebyeenkoms (slegs vir o.10–o.13-atlete) te Vygieskraal deel te neem:
|
1. Anouk Jacobsz, 1200m 2. Klara Pfeifer, 1200m 3. Lukas Loubser, 1200m 4. Leah Jacobsz, 1200m 5. Samuel Smit, 1200m 6. Cato Terblanche, 1500m 7. Graeme Ford, 0.10 - 70m Hekkies 8. Elise Theron, o.11 - 70m H 9. Bella Malan, o.12 - 75m Hekkies en 150m Hekkies en 150m 10. Rafa Lamprecht, o.13 - 80m Hekkies en 200m Hekkies 11. Stef Nel, Verspring, o.12 - 100m, 150m en hoogspring 12. Louis Hofmeyer, o.11 - 80m en verspring 13. Nicholaas Boshoff, o.11 - verspring 14. Ellen van Heerden, o.12 - gewigstoot, spiesgooi en diskus 15. Octavia Ackermann, o.10 - Hoogspring 16. Kent Chimukuyu, o.12 - spiesgooi 17. Anabella Boshoff, o.13 - spiesgooi 18. Jake van der Walt, o.13 - spiesgooi 19. Zander Smit, o.13 - diskus en 200m Hekkies 20. Willem Viljoen, 0.12 - 150m Hekkies 21. Maia du Toit, o.12 - 150m Hekkies
|
|
Ons is baie trots op julle en hou styf duimvas dat julle almal vir die WP-kampioenskappe op 28 Februarie 2026 sal kwalifiseer. Ons wag nog om te hoor waar presies die WP-byeenkoms vanjaar sal plaasvind.
|
|
|
Ons gr. 3’s en 6’e van 2025 het ons weereens baie trots gemaak met die aflê van die sistemiese toetse wat deur alle Wes-Kaap-leerders in gr. 3, 6 en 9 geskryf word. Hierdie sistemiese toetsing het op 15 Oktober 2025 by ons skool plaasgevind. Die WKOD (Wes-Kaap Onderwysdepartement) het sedert 2002 sistemiese toetse in Taal en Wiskunde vir alle graad 3- en 6-leerders afgeneem. Die program is in 2010 ook na graad 9 uitgebrei. Die uitslae help skole om dele wat verbetering verg te identifiseer en die WKOD om vas te stel watter dele van die kurrikulum bykomende ondersteuning benodig. Ons puik uitslae het ons op Maandag, 16 Februarie 2026, ontvang en is soos volg:
Graad 3:
|
Wiskunde: Ons graad 3’s het ’n 100%-slaagpersentasie en 84,4%-gemiddelde behaal. Die provinsie het ’n 62%-slaagpersentasie en 57,2%-gemiddelde behaal. Kwintiel 5-skole (skole wat met JvR vergelyk) het ’n 77,9%-slaagpersentasie en 67,1%-gemiddelde behaal.
|
Huistaal (Afrikaans): Ons graad 3’s het ’n 92,5%-slaagpersentasie en 71,6%-gemiddelde behaal. Die provinsie het ’n 51,2%-slaagpersentasie en 49,1%-gemiddelde behaal. Die kwintiel 5-skole (skole wat met JvR vergelyk) het ’n 71,7%-slaagpersentasie en 61,4%-gemiddelde behaal.
|
Wiskunde: Ons graad 6’e het ’n 100%-slaagpersentasie en 84,8%-gemiddelde behaal. Die provinsie het ’n 41,6%-slaagpersentasie en 47%-gemiddelde behaal. Die kwintiel 5-skole (skole wat met JvR vergelyk) het ’n 67,5%-slaagpersentasie en 61,1%-gemiddelde behaal.
|
Huistaal (Afrikaans): Ons graad 6’e het ’n 98,5%-slaagpersentasie en 75,9%-gemiddelde behaal – ’n aansienlike verbetering vanaf die 2024-uitslae. Die provinsie het ’n 44,5%-slaagpersentasie en 44,7%-gemiddelde behaal. Die kwintiel 5-skole (skole wat met JvR vergelyk) het ’n 70,8%-slaagpersentasie en 57,4%-gemiddelde behaal.
|
Ons is die enigste laerskool in ons distrik wat ’n 100%-slaagsyfer vir Wiskunde gr. 3 en gr. 6 behaal het. Baie dankie aan ons toegewyde onderwysers vir hul leeueaandeel in die verband.
|
Ons wil egter graag ons huistaal-uitslae verbeter en dus versoek ons julle om jul kind/ers aan te moedig om meer te lees, maar veral Afrikaanse boeke – ons mediasentrum het verskeie moderne Afrikaanse leesboeke wat leerders kan gaan uitneem. Ons leerders vaar puik in Engels daarom vra ons julle om meer gereeld tuis met jul kind/ers in Afrikaans te kommunikeer en/of Afrikaanse stories vir hulle te lees. Ons kinders word op verskeie terreine aan Engels blootgestel wat maak dat hulle dikwels met die betekenis van eenvoudige Afrikaanse begrippe sukkel.
|
Die skoolbestuur is tans besig om ’n strategie in plek te stel waarmee ons Afrikaans verder onder ons leerders wil promoveer, aangesien baie leerders wel lees, maar hulle verkies egter Engelse boeke en praat met mekaar Engels by die skool – ons spreek dit gereeld aan. Leerders dink natuurlik dit is baie “cool” om Engels met mekaar te praat, maar hulle besef nie die impak wat dit op akademiese vordering het nie.
|
Baie dankie dat julle ons in die verband gaan help om ons pragtige taal te beskerm en te promoveer.
|
Ek is saam met ons leerders en personeel baie opgewonde om almal later vanaand by die jaarlikse klasbraai by die Conradieveld vanaf 18:00 te ontvang. Weens ’n tekort aan parkeerspasie by Huppelland versoek ek julle om asseblief eerder van Uber gebruik te maak om julle en jul gesinslede te vervoer. Bring dus jou piekniekmandjie of iets “lekkers” om op die kole te gooi, of laat Uber Eats iets te ete aflewer, en geniet die heerlike samesyn en geselligheid wat net Laerskool Jan van Riebeeck kan opdis.
|
Hiermee gaan ek voort om bekende Afrikaanse uitdrukkings/idiome en die betekenis daarvan met julle te deel in ’n poging om ons pragtige taal verder te promoveer:
|
Die uitdrukking word gebruik om aan te dui dat die son besig is om onder te gaan; met ander woorde, dit word laat en ons moet klaarmaak waarmee ons besig is om betyds voor donker by die huis te kom.
|
Geniet die klasbraai en samesyn vanaand, en mag julle ’n wonderlike naweek saam met jul vriende en gesin geniet.
|
Groetnis Naas Beets SKOOLHOOF
|
|
|
|
|
|
VIR AANDAG
|
|
Neem kennis van die volgende belangrike aankondigings en gebeure:
|
|
|
|
|
|
|
|
Dit is amper weer tyd vir ons Kwartaal 1 Musiekkonserte! In Maart kry elke leerder wie ‘n musiekinstrument speel, die geleentheid om die kwartaal se harde werk op die verhoog ten toon te stel. Ons leerders is nie verplig om deel te neem nie, maar ons moedig almal aan om die geleentheid te gebruik. Alhoewel musiekleerders baie tyd alleen spandeer om te oefen, is musiek ‘n uitvoerende kuns en bedoel om ook met ander gedeel te word. Die konserte sal in klas- of graadverband gedurende skooltyd plaasvind. Die spesifieke konserttye sal op ’n latere stadium gedeel word, maar loer gerus na die datums:
|
Graad 2 en 3 - Maandag, 23 Maart
|
Graad 4 en 5 - Dinsdag, 24 Maart
|
Graad 6 en 7 - Woensdag, 25 Maart
|
Ons Graad 1-leerders tree nie by hierdie konsertgeleentheid op nie. Ons gee hulle nog kans om te ontwikkel en hul voete te vind.
|
Vra asb vir juf Rolene of jou kind se musiekonderwyser indien daar enige vrae rondom jou kind se deelname aan hierdie konserte is. Ons help graag.
|
Ons nooi alle ouers, familie, en vriende uit om te kom luister en saam met ons die kinders se harde werk en vordering te vier.
|
Indien daar leerders is wat buite die skool musiekles ontvang en graag wil deelneem, kontak my gerus. Die leerders wat by die skool musiekles neem, kry voorkeur, maar ons akkommodeer graag enige leerder wat musiekles buite die skool neem, indien die program dit toelaat.
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons eerste oggendkonsert vind Dinsdagoggend, 24 Februarie, in die groot musiekklas plaas. Ons kan nie wag nie! Die volgende leerders tree op: Joe Barnard - Klavier Anna-Sophia Leach - Viool Jacob Venter - Viool Mila Maree - Klavier Deon de Kock - Saksofoon Benjie Ntloko - Klarinet Michaela Lawson - Klavier Christina du Toit - Klavier Hier is enkele algemene reëlings rondom die verrigtinge: * Deelnemende leerders meld stiptelik 07h45 by die groot musiekklas aan met hul instrument. Juf Bea en/of mnr Ben sal daar wees om hulle te ontvang en te help om instrumente te stem. * Elke deelnemende leerder bring slegs een maatjie saam om die konsert by die woon. Ons het ongelukkig nie spasie om meer leerders te akkommodeer nie. * Ouers is welkom om te kom luister - bring gerus koffie saam! * Gebruik asb. die deur by die Nasorg om by die musiekklas te kom. Die senior koor oefen in die saal. Tyd: 08h00 - 08h30 Plek: Groot Musiekklas (Musiekdepartement)
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons versoek ouers vriendelik om hul kontakbesonderhede (e-posadres en telefoonnommer) op MyJvR na te gaan en op te dateer indien dit verander het. Dit verseker dat alle belangrike kommunikasie, insluitend u kind/kinders se rapporte, ontvang word.
|
|
Dankie dat u saam met ons werk om gladde en effektiewe kommunikasie te verseker!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hou asb 06 Junie 2026 oop vir hierdie jaar se Laerskool JvR Opvoedingstrust Veiling, wat by die Mount Nelson sal plaasvind.
|
Ons soek graag skenkings vir ons lotte. Enige ouers wat kan help met drank, vakansiehuise, jagritte, kuns, juwele, spa-ervarings, ens. word vriendelik versoek om Anna Blackmore op 083 386 4057 te kontak.
|
Enige bydrae word opreg waardeer.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier is hoe jy hierdie kwartaal 'n verskil kan maak:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons wil baie graag weer vanjaar Kaapstad se Lion’s Club ondersteun deur paaseiers vir minderbevoorregte kinders in te samel. Dit sal wonderlik wees as elke leerder minstens een paaseier vir ons kan bring en dit in die emmer wat in Adri se kantoor staan, kan plaas. Hulle verkies die eiers wat die malvalekker aan die binnekant van die sjokolade het soos op die prentjie. Dit kom ook in ‘n string van vier of in verpakkings van 24 en meer.
|
|
Enige donasies word opreg waardeer!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Kom kuier, luister na en kook saam met Rooi Rose se oudredaktrise (Vickie de Beer) wat 'n kookboek geskryf het om ons kinders te inspireer om gesonder te eet. Haar fokus is op lekker kos wat voedsaam is. Koop gerus jul, jy en jou kind(ers), kaartjie d.m.v. Quicket teen R370 per gesin. Dit sluit 'n mengbak, houtlepel, bestanddele vir die gereg en die resepteboek in. Dis ook opwindend om te weet dat Antjie Krog saam met Vickie gewerk het om hierdie kookboek ekstra spesiaal te maak. Ons gaan 'n heilsame aand (Dinsdag, 17 Maart) in ons skoolsaal beleef! Sien jou daar.
|
|
|
|
|
|
TERUGVOER
|
|
Die jongste sportuitslae, toekennings, prestasies en ander resultate:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier volg die week se tennisuitslae:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier volg die week se krieketuitslae:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Die afgelope twee weke was daar behoorlik geredeneer! Ons Graad 3 - 7-leerders het met groot entoesiasme aan ons jaarlikse interne redenaarskompetisie deelgeneem en ons oortuig met uiteenlopende en prikkelende onderwerpe – van huiswerk wat dalk eerder die pad moet vat, tot KI wat té veel in sport inmeng, Afrikaanse lirieke wat ons soms in die steek laat en selfs die stelling dat skaak ’n beter opsie as ander buitemuurse aktiwiteite is. Dit was ’n voorreg om ons leerders se deurdagte menings te hoor en hul selfvertroue en spreekvaardighede op die verhoog te beleef. Hulle het nie net sterk argumente gelewer nie, maar ook gewys dat hulle met respek kan verskil en hul standpunte met oortuiging kan verdedig. Baie geluk aan die volgende deelnemers wat ons skool met trots tydens die ATKV se eerste rondte in April gaan verteenwoordig:
|
-
-
-
-
-
-
-
|
Amalie Janse van Rensburg
|
-
-
-
-
-
-
-
-
-
|
Ons is baie trots op julle!
|
|
|
|
|
|
|
|
Drie van ons skool se fluitspelers neem 28 Februarie - 4 Maart aan die South African Flute Festival, wat by Universiteit Stellenbosch se Musiekdepartement plaasvind, deel. Hierdie inisiatief bied die geleentheid om aan meesterklasse by bekende plaaslike fluitonderwysers en die internasionaal befaamde Gareth McLearnon deel te neem, professionele en studente konserte by te woon, om deel te wees van die fluitkoor en ander ensemble geleenthede, en werkswinkels vir onderwysers en leerders by te woon. Ons is baie trots op Dané Walker, Sophia Jooste, en Jenna Erasmus wat aan hierdie wonderlike geleentheid gaan deelneem. ’n Groot dankie aan juf Lily van der Merwe wat die fluit-leerders inspireer en aanmoedig om hul vaardighede op hierdie inspirerende manier te slyp.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Insigte, wenke en kundige leiding vir ouers wat hul kinders se groei en welstand wil bevorder.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons was so bevoorreg om hierdie jaar weer na Carla de Beer (Social Saam met Carla) te kon luister. Sy het Maandagoggend om 07:30-08:30 in die skoolsaal met 'n groepie belangstellende ouers gesels. Hierdie gesprek het oor sosiale media, maar meer spesifiek die invloed van en blootstelling aan Kunsmatige Intelligensie gehandel. Dis skrikwekkend hoe min ons, maar meer nog ons kinders van hierdie onderwerp weet en hoe maklik hulle inligting beskikbaar gestel word deur byvoorbeeld aanlyn speletjies met vreemdelinge te speel.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Volg Die Suidooster vir al die nuutste artikels, foto's en video's.
|
|
|
|
Klik HIER vir advertensies van die week
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Jy ontvang hierdie nuusbrief
|
|
omdat jy 'n ouer of ondersteuner van Laerskool Jan van Riebeeck is.
|
|
|
|
|
Laerskool Jan van Riebeeck, Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad
|
|
|
|
|
|