|
|
|
|
|
|
DATUMS
Sa 6 Junie 2026
- Rugby: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
- Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
Ma 8 Junie 2026
Di 9 Junie 2026
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)
Do 11 Junie 2026
- Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)
Vr 12 Junie 2026
Ma 15 Junie 2026
Di 16 Junie 2026
Wo 17 Junie 2026
Do 18 Junie 2026
- Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)
Vr 19 Junie 2026
- Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
‘n Hartlike welkom terug by ons geliefde skool. Groot opwinding het geheers saam met hoë energievlakke op Woensdagoggend, 17 Januarie 2025, tydens die opening van die skool na die heerlike somervakansie. Selfs ‘n ligte reënbui vroegoggend voor skool kon nie die opwinding demp nie en vanaf 07:00 het ‘n asemrowende reënboog sy stille verskyning oor Seinheuwel en Leeukop gemaak om amper simbolies ons leerders terug by die skool te verwelkom. Ons graad 1’s is spesiaal met ope arms deur die nuwe leerderraad ontvang en sonder enige trane na hul onderskeie klaskamers vergesel. Dit was so lekker om al ons leerders, ouers/voogde en personeel weer te sien, hande te skud, drukkies te gee en sommer net lekker te gesels oor die wonderlike vakansie-ervarings asook die opwindende jaar wat voorlê.
|
|
|
Ek vertrou almal het ‘n heerlike vakansie en ‘n geseënde Kerstyd saam met familie en vriende geniet. Ek glo almal se spreekwoordelike batterye is ten volle herlaai en slaggereed om die nuwe jaar aan te pak. Sterkte ook met al die nuwejaarsvoornemens! Volgens nuttelose statistieke in die verband, eerbiedig slegs 15% van mense hul nuwejaarsvoornemens, maar kom ons kyk of ons hulle verkeerd kan bewys.
|
Laat my toe om veral ons nuwe leerders en ouers/voogde hartlik by die LS Jan van Riebeeck-familie te verwelkom. Ek weet julle sal sommer vinnig inskakel en deel word van ‘n trotse omgee-skoolgemeenskap. Laat my toe om weereens vir almal ‘n wonderlike en voorspoedige 2025 toe te wens. ‘n Nuwe jaar bring nuwe geleenthede, nuwe lesse, en nuwe uitdagings – kom ons maak die beste daarvan gebruik.
|
Dit is dan ‘n riem onder die hart om met julle te deel dat al ons personeel veilig terug na die lang vakansie is, uitgerus en slaggereed om jul kinders te onderrig en te inspireer om te verseker dat elke Jannie sy/haar skooljaar terdeë sal geniet. Ons streef daarna dat elke leerder sy/haar volle potensiaal sal bereik teen die tempo waarteen elke leerder individueel ontwikkel. Graag verwelkom ek dan ook die volgende nuwe personeellede:
|
- Dian Roelofse (Gr. 5-opvoeder)
- Tine-Louise van Huysteen (Gr. 1-intern)
- Christelle van Heerden (Zen Den-intern)
- Herculine Becker (Gr. R-intern by Huppelland)
- Amelia Heppell (Nasorgbestuurder by Huppelland)
Maak asseblief seker dat jy volgende week op Donderdagaand, 23 Januarie 2025, vanaf 18:00 die jaarlikse bekendstellingsfunksie en inligtingsaand by die skool bywoon sodat julle ook al jul kinders se nuwe opvoeders asook ander nuwe personeel kan ontmoet. Die program vir die aand werk as volg:
|
- 18:00 – Inligtingsgesprek met klasopvoeder in die klaskamer soos deur opvoeders gereël. Benut asseblief dié geleentheid om jou kind se leeromgewing te verken en die roetines/stelsels binne-in die klas beter te verstaan. Ons gaan ook die akademiese verwagtinge vir die graad deurgee. Die opvoeders moet egter direk na afloop van die vergadering saam met julle as ouers/voogde in die saal wees vir die bekendstellingsfunksie. Individuele afsprake sal op ‘n latere stadium met ouers/voogde gemaak word sodra die basislynassesserings voltooi is.
- 18:45 – Almal verdaag saal toe vir ons algemene inligtingsessie. Na afloop van die bekendstellingsfunksie sal smaaklike etes geniet word. Ek sien baie uit na die heerlike samesyn.
Neem asseblief kennis dat ons vanjaar weer vroeër met ons sportoefeninge begin. Die atletiekspan het alreeds vanaf Woensdag, 15 Januarie, begin oefen ter voorbereiding van die Interskole-atletiekbyeenkoms wat Dinsdag, 11 Februarie, plaasvind. Die somersport-buitemuurse program skop dan amptelik op Maandag, 20 Januarie 2025, af. Hou asseblief Saterdagoggend, 25 Januarie 2025, oop waartydens ons weer die gewilde ouer-kind sportdag by die Conradieveld gaan aanbied. Daar sal ook heerlike verversings te koop wees. Die doel hiervan is om pret saam met jou kind te hê terwyl ouers ook die geleentheid kry om mekaar beter te leer ken, nuwe vriende te maak en saam die jaar behoorlik af te skop met lekker geesvang.
|
Die musiekprogram skop ook amptelik op Maandag, 20 Januarie 2025, onder leiding van juf. Rolene van Zyl, Hoof van Musiek en Kultuur, af. Kontak gerus vir juf. Rolene indien jou kind musiekonderrig wil ontvang of in musiek belangstel. Ons poog om vanjaar weer aktief die kultuur-spyskaart vir ons leerders uit te brei.
|
Graag sluit ek af met die volgende aanhaling van Michael Josephson rakende nuwejaarsvoornemens en wens julle ‘n wonderlike en voorspoedige 2025 toe. Geniet saam met jou kind/ers hul nuwe graad en leerervaring. Mag julle ‘n heerlike naweek geniet.
|
“Approach the new year with resolve to find the opportunities hidden in each day.”
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
1. OEFENTYE Die senior koor oefen hierdie jaar gedurende die volgende tye: Dinsdag: 07h30 - 08h30 Donderdag: 07h45 - 08h45 Let asseblief op dat ons oefening op ’n Dinsdag reeds 07h30 begin. Leerders kan hul tasse in die Nasorg sit voor die oefening, en kan dit dan na die oefening gaan haal en klas toe neem. 2. KOORKAMP Die senior koor het ’n lekker koorkamp om na uit te sien in Februarie! Buiten vir die musiek waaraan ons gaan werk, sal ons seker maak om die kinders ook te bederf. Datum: 7-8 Februarie Plek: LJvR Skoolsaal Tyd: Vrydag, 7 Februarie @ 14h30 - 17h30 Saturday, 8 Februarie @ 08h00 - 13h30 Saterdag, 1 Maart @ 08h00 - 13h30 Donderdag, 6 Maart @ 13h00 - 17h00 Ek sal meer detail deel nader aan die tyd. Laat weet asseblief indien daar ’n oefening is wat jou kind nie kan bywoon nie. 3. MZANZI CONDUCTORS CONVENTION: 14-16 Maart 2025 Ons sien baie uit na die MCC wat in Maart by die CTICC plaasvind. Tydens hierdie geleentheid gaan ons senior koor deel wees van ’n kinderkoor wat, onder leiding van die befaamde Kanadese kinderkoordirigent Zimfira Poloz, gaan leer en werk. Die MCC kinderkoor word opgemaak deur die koorlede van die volgende kore: Tygerberg Kinderkoor, Pietermatizburg Kinderkoor, en Laerskool Jan van Riebeeck Senior Koor. Die MCC verrigtinge gaan die kinders meeste van die naweek besig hou, en die koor gaan die volgende tye by die CTICC spandeer: Vrydag, 14 Maart: 13h00 - 18h00 Saturday, 15 Maart: 09h00 - 21h30 Sondag, 16 Maart: 08h00 - 16h00 Daar gaan maaltye aan die kinders voorsien word, en hulle gaan defnitief tyd hê om tussen die oefeninge, konserte, en meestersklasse te ontspan. Sien asseblief die volledige program (ons senior koor is betrokke by die “children’s choir”):
Kliek hier > VOLLEDIGE PROGRAM Wat ’n geleentheid!
|
Ek sal meer detail stuur soos ons dit ontvang, maar julle is baie welkom om my te kontak indien daar enige vrae is.
|
Groete, Rolene van Zyl rolene@jvrprim.co.za Dankie! Groete, Rolene
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Die Barbara Schreuder Dansskool bied Moderne, Contemporary, American Ballet Awards en Choreografie aan vir alle ouderdomme (Gr 1-11). Klasse begin vanaf Maandag, 20 Jan 2025. Dans is lekker en daar is ‘n plekkie vir almal. Dansers word blootgestel aan verskillende genres, musiek en leer om dit met vertroue te waardeer. Ons volg die Nasionale, WPDTA en Internasionale AAB voorgeskrewe sillabus, toepaslik tot ouderdom en standaard. Daar is opsionele geleenthede om aan Eisteddfod, Assessering, Vertonings by JvR en Ballet Awards deel te neem. Klasse word op die perseel aangebied en dansers kan veilig tussen klasse beweeg vanaf sport en nasorg.
|
Maandae, Dinsdae, Donderdae en Vrydae volgens ouderdom en graad:
|
- Gr 1: 1 maal per week op Dinsdae
- Gr 2-7: 2 maal per week op Dinsdae en Donderdae
- Gr 8-11: 2/3 maal per week op Maandae, Dinsdae, Donderdae
Skakel my asb vir meer inligting ivm rooster.
|
Kleredrag: Leotard/unitard
|
Hare asb vasgemaak. Mag kort rompie dra by leotard.
|
Toetsklas: Vir nuwe dansers, Dinsdag 21 Jan 2025
|
Kontak my asb en maak afspraak vir eenmalige gratis toetsklas:
|
- Gr 1: 2:15 - 3:00
- Gr 2/3: 3:00 - 3:45
- Gr 4/5: 3:45 - 4:30
- Gr 6/7: 4:30 - 5:15
- Gr 8: 5:00 - 5:45
- Gr 9/11: 5:30 - 6:15
Dansklere of baaibroekie of kortbroekie en T-shirt, kaalvoet vir toetsklas.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Sien die buitemuurse-program vir 2025, kwartaal 1 hier onder:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Kliek op die foto hier onder vir meer inligting oor tennislesse by die skool:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Donderdagaand, 23 Januarie, is ons Bekendstellingsfunksie by die laerskool. Oudergewoonte sal Stan van Boulevard 82 se “Foodtruck” weer na afloop van die inligtingsessie regstaan met voorafbestelde etes en sal daar ook ‘n SnapScan kroeg beskikbaar wees.
|
Kies asseblief uit die volgende ete opsies. Bestellings moet teen Maandagmiddag, 20 Januarie op Karri geplaas word.
|
- Karringmelk gebraaide hoenderburger en tjips - R150
- 180g Beesvleisburger met roket, tamatie, cheddar en tjips - R165
- Salmon “poke bowl” met avokado, julienne groente, gepekelde gemmer en Japanese mayonnaise - R175
- Groente burger en tjips - R105
|
|
|
|
|
|
|
Aan al ons nuwe Jannies, baie welkom by ons!
Jan Kas is Laerskool Jan van Riebeeck se klerewinkel.
|
Waar kan jy ons kry?
> 52 Kloofstraat se ingang > Volg die oprit en gaan af by die trappe aan jou regterkant > Die winkel sit links op die hoek
|
Ons het ook 'n aanlynwinkel waar jy enige tyd van die dag 'n bestelling kan plaas. Ons laai jou pakkie dan sommer by jou kind se klas af. Maak asseblief seker dat jy jou kind se graad en klas by die notas invul, bv. gr.4H
|
Winkeltye is as volg:
|
|
Leerders is meer as welkom om gedurende hierdie tye op hul eie klere te kom aanpas. Stuur net vroegtydig vir my 'n boodskap met instruksies, sodat ek hul kan laat roep en met die regte items help.
|
|
Vir enige navrae, kontak vir Megan op WhatsApp: 067 448 4943 of per e-pos by megan@jvrprim.co.za
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Jannies vir Jesus vind elke Donderdagoggend van 07:15 - 07:45 in die NASORGLOKAAL plaas. Ons eerste samekoms van die jaar is eerskomende Donderdag, 23 Januarie. Ons sing eers lekker saam en dan bring ds Marietjie Steyn, van die Groote Kerk, of een van die onderwysers 'n boodskap. Dit is baie van ons Jannies se gunsteling-oggend van die week. Alle gr.1-7-leerders en hul ouers is welkom! Sluit asb. by die communitygroep aan indien jy graag op hoogte van die aktiwiteite wil bly.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Oud-jannies presteer puik tydens matriekeindeksamen! Baie geluk aan HS JvR met hul pragtige uitslae.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons is so bevoorreg om te kan spog dat ons skool se opvoedkundige sielkundige, Marike Badenhorst, hierdie vakansie op RSG met Anthea Frederiks op die program Groeipyne gesels het. Hierdie twee opnames volg so mooi op die Jannie Gesprekke soos sy dit tydens kwartaal 4 in ons nuusbrief gepubliseer het.
|
Marike deel graag praktiese advies en wenke met ouers. Luister gerus na die potgooi-uitsendings:
|
|
|
|
|
|
Kliek HIER vir Die Suidooster
met al die nuutste artikels, foto's en video's.
|
|
|
|
Kliek HIER vir advertensies van die week
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|