|
|
|
|
|
Dagboek
Vr 26 Junie 2026
- Skole sluit (skoolvakansie)
Sa 27 Junie 2026
Di 30 Junie 2026
- Shahnee Felix (Onderwyser) verjaar
Wo 8 Julie 2026
- Claudia Abdol (Assistent) verjaar
- Leon Hanekom (Onderwyser) verjaar
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Die eerste twee weke van die nuwe kwartaal het behoorlik vinnig verby gesnel, en ons het alreeds ons eerste suksesvolle sportnaweek van die kwartaal teen Laerskool Totius agter die rug.
|
Alhoewel die skool die vorige week skaars geopen het, het ons sommer met die spreekwoordelike deur in die huis geval met ’n opwindende sportnaweek teen Laerskool Totius — weg (hokkie) en tuis (netbal en rugby). Ek is oortuig dat ons leerders, ná die lang drie weke vakansie en die eksamen, sommer lekker ‘uitgehonger’ was om weer sport op ’n kompeterende vlak te kon geniet. Die hokkiewedstryde het weg te Laerskool Totius en op Hoërskool D.F. Malan se astro plaasgevind. Dit was lekker om te sien hoe ons leerders die kunsgras- en astro-oppervlakte terdeë geniet het. Baie dankie aan al ons ouers wat al die pad na Bellville gery het om ons spanne te ondersteun.
|
Die sportuitslae die afgelope naweek was ongelooflik, en daar is ’n merkwaardige verbetering as ons dit met die vorige jaar se uitslae teen Laerskool Totius sou vergelyk. Hierdie is weereens ’n bewys dat die sportplan en -strategie wat ons vier jaar gelede geïmplementeer het, besig is om vrugte af te werp. Beslis gaan dit nie net oor wen nie, maar eerder dat ons vanaf graad 1 fokus op die ontwikkeling van sportvaardighede, meer leerders by sport betrek, die skep van meer sportgeleenthede vir ons leerders (489 wedstryde het in kwartaal 2 plaasgevind), en die aanstelling van bevoegde en toegewyde afrigters.
|
Deel van die ‘wenresep’ om sport by ons skool te verbeter, sluit natuurlik ook verder in die inkoop van ’n nuwe sportkultuur by ons skool, waar beide leerders en ouers meer toegewyd is om sportaktiwiteite te ondersteun, veral oor naweke. Baie dankie dat julle jul sosiale programme oor naweke die afgelope klompie jare aangepas het om jul kind/ers na al die wedstryde en toernooie te vergesel. Ons besef ook dat sukses op enige vlak nie permanent is nie, daarom moet ons aanhou hard werk en verbeter op dit wat reeds vermag is. Dus is ons as skool beslis nie klaar met sportontwikkeling nie, maar sal ons aanhou om verder te verbeter.
|
|
Graag spog ek met ons o.13A-tennisspanne (seuns en dogters) wat vanaf 21–25 Junie aan die prestige Sun City-tennistoernooi deelgeneem het. Ons dogterspan (Stella Pansegrouw, Jeanne van Heerden, Amelie van der Walt, Chanelle van Wyk en Annalene Viljoen) het die prestige tennistoernooi gewen, en ons seuns (Nils le Roux, Rafa Lamprecht, Ben Esterhuyse, Francois Boshoff en Kohl Kushner) het ’n 4de plek behaal. Ek glo julle sal saamstem dat dit ’n merkwaardige sportprestasie is, en om as ’n ‘klein skooltjie’ op nasionale vlak teen groter skole mee te ding en met die louere weg te stap, is nie te versmaai nie. Baie geluk aan ons dogters en seuns wat ons so trots maak! In die proses het hulle ook as ware ambassadeurs vir ons skool by Sun City opgetree. Ons skool het baie komplimente vir ons tennisspelers se goeie maniere, sportmansgees en eerlikheid ontvang. Dit is sekerlik die grootste kompliment waarvoor enige skool of ek as skoolhoof kan vra. Baie dankie aan juf. Suné en mnr. Rashard, wat onderskeidelik die dogters- en seunspanne suksesvol bestuur en vergesel het. Laat my ook toe om Yurich Daniels (buite-tennisafrigter) hartlik te bedank vir sy instrumentele rol oor die afgelope jare om tennis by ons skool te ontwikkel.
|
|
|
Baie dankie ook aan al ons ouers wat die ouerafsprake op 28 en 29 Julie by jul kind/ers se onderskeie onderwysers bygewoon het. Baie dankie dat julle tyd gemaak het om die akademiese vordering van jou kind/ers met hul onderwysers te bespreek. Hou ook in gedagte dat kinders nie net bekommerd is oor hul eie punte nie, maar ook oor hul ouers se reaksie daarop. Ek glo dat julle die geleentheid gebruik het om weer met onderwysers kontak te maak, insigte te deel en saam te werk om jou kind/ers se leerervaring te verbeter. ’n Spograpport is ’n groot seëning, maar bepaal beslis nie die geheelbeeld van jou kind/ers nie. Baie dankie dat julle ons as ’n span gaan help om jul kind/ers te ondersteun, sodat hulle met selfvertroue probleme kan aanpak en leer om dit op te los.
|
Die afgelope week het die oudisies vir Jannies Talent plaasgevind. Daar was 53 inskrywings. Ons sien baie uit na die Jannies Talentaand, wat op 25 September as deel van die akademiese- en kultuurweek sal plaasvind. Baie dankie aan juf. Rolene en die musiekdepartement vir julle leeue-aandeel in dié verband.
|
Ek sluit dan die tweede week af, en mag julle ’n wonderlike naweek propvol sportaktiwiteite geniet. Sterkte aan ons o.12A- en o.13A-netbalspanne vir jul liga-uitspeelwedstryde wat op Saterdag, 02 Augustus, plaasvind.
|
Graag gaan ek voort om ons pragtige moedertaal te promoveer en sluit af met nog ’n minder bekende Afrikaanse uitdrukking:
|
‘Toe Tafelberg nog ’n molshoop was’
Die uitdrukking beteken dat iets baie lank gelede gebeur het.
|
Vriendelike groete Naas Beets SKOOLHOOF
|
|
|
|
|
|
VIR AANDAG
|
|
Neem kennis van die volgende belangrike aankondigings en gebeure:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons is opgewonde om aan te kondig dat die Jantrap Fietsry Klub amptelik afskop met ons eerste fietsrydag op Vrydag, 27 September om 09:00! Hierdie is die perfekte geleentheid vir almal – van beginners tot ervare fietsryers – om saam te kom, nuwe mense te ontmoet en die buitelewe te geniet.
|
Wil jy deel wees van die avontuur? Sluit aan by ons WhatsApp-groepie vir meer inligting, roetes en opdaterings. Kliek hier om aan te sluit: Jantrap WhatsApp-Groep
|
|
Maak seker jou fiets is reg, en trap saam met ons 'n nuwe seisoen in beweging!
|
|
|
|
|
|
|
|
???? Loslitdag is hier! ????
|
Wanneer: Vrydag, 5 September 2025 Tema: Beyond the Label Koste: R20
|
Kom wys jou ware kleure op Loslitdag! Leerders mag op 5 September in sivvies skool toe kom — maar net as jy ‘n Loslit-plakker het!
|
Koop jou plakker vir slegs R20 op Karri en help om bewusmaking te skep oor die belangrikheid daarvan om mense nie volgens hul etiket te beoordeel nie.
|
|
Wees deel van die verandering — gaan beyond the label!
|
|
|
|
|
|
|
|
Hierdie kwartaal gaan ons iets besonders doen — ons gaan die onderwysers van ons buur-skool, Prestwich Primary, verras en bederf in hul personeelkamer!
|
Dié toegewyde onderwysers werk ongelooflik hard en ontvang min erkenning. Laat ons saam ’n verskil maak deur hulle te waardeer met lekkernye en ’n klein geskenkie.
|
Hoe kan jy help?
Maak ’n vrywillige donasie via die KarriApp – elke bydrae help ons om hierdie spesiale bederf moontlik te maak.
|
????️ Karri oop: 4 Augustus – 5 September 2025
|
|
Saam sê ons: Dankie, Juffrou! ❤️
|
|
|
|
|
|
|
|
Sluit aan by ons Advertensies WhatsApp-groep!
|
Ons plaas 1 keer 'n week advertensies hier wat ook in ons nuusbrief verskyn.
|
|
Druk HIER om aan te sluit.
|
|
|
|
|
|
TERUGVOER
|
|
Die jongste sportuitslae, toekennings, prestasies en ander resultate:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier volg die week se hokkieuitslae:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier volg die week se netbaluitslae:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier volg die week se rugbyuitslae:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Baie sterkte aan Katryn Silvis wat Woensdag, 6 Augustus aan ATKV-redenaars se nasionale finale ronde by ATKV-Goudini Spa deelneem.
Ons hou duimvas en jy het ons reeds trots gemaak!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Veels geluk aan die JvR-ballerinas met hul uitsonderlike prestasies! Hierdie talentvolle dansers het onlangs hul Royal Academy of Dance-balleteksamens met groot sukses voltooi by die Cape Ballet Centre.
|
Hul uitslae weerspieël maande se toewyding, dissipline en liefde vir die kuns van ballet. Wel gedaan, pragtige ballerinas!
|
- Octavia Ackermann – Hoë Onderskeiding (Dubbel Goud)
- Anna Leach – Hoë Onderskeiding (Dubbel Goud)
- Deidre Louw – Hoë Onderskeiding (Dubbel Goud)
- Christina du Toit – Hoë Meriete (Dubbel Silwer)
- Inge Engelbrecht – Onderskeiding (Goud)
- Olivia Faling – Hoë Meriete (Dubbel Silwer)
- Eliana Greef – Onderskeiding (Goud)
- Karen James – Onderskeiding (Goud)
- Mila Malan – Onderskeiding (Goud)
- Kitty Partner – Onderskeiding (Goud)
- Sophia Price – Onderskeiding (Goud)
|
Ons sien uit daarna om ons JvR-ballerinas van Cape Ballet Centre op die verhoog te sien skitter by die Artscape op 19 Oktober 2025!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Pieter Rademeyer het die afgelope naweek aan die finale ronde van die jaarlikse Talento-sangkompetisie deelgeneem. Sowat 800 leerders van regoor die Wes-Kaap het vanjaar in talle rondes van dié provinsiale kompetisie deelgeneem en uiteindelik het die top 200-deelnemers die afgelope naweek sake uitgespook vir 'n plek in die top 3 in elke afdeling. Pieter is uitgenooi na die spoggalageleentheid in Augustus as 'n top 3-kategoriewenner in die musiekblyspel-afdeling.
|
|
|
|
|
|
|
Volg Die Suidooster vir al die nuutste artikels, foto's en video's.
|
|
|
|
Klik HIER vir advertensies van die week
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Jy ontvang hierdie nuusbrief
|
|
omdat jy 'n ouer of ondersteuner van Laerskool Jan van Riebeeck is.
|
|
|
|
|
Laerskool Jan van Riebeeck, Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad
|
|
|
|
|