|
|
|
|
|
|
DATUMS
Sa 6 Junie 2026
- Rugby: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
- Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
Ma 8 Junie 2026
Di 9 Junie 2026
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)
Do 11 Junie 2026
- Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)
Vr 12 Junie 2026
Ma 15 Junie 2026
Di 16 Junie 2026
Wo 17 Junie 2026
Do 18 Junie 2026
- Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)
Vr 19 Junie 2026
- Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ouerbesoeke vind op 15 & 22 April vanaf 13:30 - 17:30 plaas.
|
Skeduleer asseblief so gou as moontlik 'n afspraak met jou kind se onderwyser deur gebruik te maak van die onderstaande skakel:
|
- Maak die skakel oop en kies die regte graad
- Rol af na die kalenderafdeling en kies jou kind se onderwyser by die "select staff" opsie
- Kies die datum (15/22 April) en die tydsgleuf wat jou die beste pas
- Rol af en vul alle nodige besonderhede in
- Kliek op "Book"
|
|
|
|
|
|
|
Het jy ’n talent wat jy graag met ons wil deel? Skryf in vir Jannies Talent!
|
Oudisies vind ná skool plaas van 28 tot 31 Julie. Gedurende hierdie tyd sal die finaliste gekies word wat dan op 25 September tydens die Jannies Talentkonsert sal optree.
|
Onpartydige beoordelaars sal tydens die Jannies Talentkonsert aanwesig wees om die top drie finaliste te kies en pryse te oorhandig.
|
Dit beloof om ’n asemrowende aand en ’n spoggeleentheid te wees — ons kan nie wag om ons talentvolle Jannies se harde werk en toewyding op hiérdie manier te vier nie!
|
Inskrywings sluit op die laaste dag van Kwartaal 2, 27 Junie.
|
Kontak gerus vir Juf. Rolene vir meer inligting: ???? rolene@jvrprim.co.za
|
|
|
|
|
|
|
|
Die Musiekdepartment wil graag ‘n geleentheid skep vir ouers/voogde om hul kind(ers) se musiekonderwyser/s te ontmoet. Ons wil hierdie tyd gebruik om te gesels oor jou kind se musieklesse en om ook te luister na wat julle graag met ons wil deel. Algemene kwessies soos musiekeksamens, eisteddfods, lestye, oefenroetines, en algemene vordering en verwagtinge, is van die belangrike punte wat ons graag wil bespreek.
|
Ons nooi daarom alle musiekouers uit om enige van jou kind(ers) se musieklesse gedurende Kwartaal 2 by te woon. Kontak asseblief die betrokke musiekonderwyser om die spesifieke lestyd en -datum, wat jóu die beste pas, te bevestig sodat die nodige voorbereiding vir die ontmoeting getref kan word. Die tydsgleuf vir ‘n musiekles is 30 minute, alhoewel ‘n afspraak nie noodwendig die volle tydsduur hoef te beloop nie.
|
Ons sien baie uit daarna om ouers in die musiekdepartement te verwelkom en hoop om almal deur die loop van Kwartaal 2 hier te sien.
|
Ek lys die musiekonderwysers se kontakbesonderhede:
|
Rolene van Zyl rolene@jvrprim.co.za
|
Ben Reynecke ben@jvrprim.co.za
|
Larah Eksteen info@larah.co.za
|
Shannon Cook shannonsjb@gmail.com
|
Paul Richard paulrichard07041986@gmail.com
|
Brent January brentjanuary1305@gmail.com
|
Estelle Slabber eeslabber@gmail.com
|
Helecia Groenewald helecia@gmail.com
|
Pieter Bezuidenhout bezuidenhoutpl@gmail.com
|
|
Lily van der Merwe meetlily@gmail.com
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Sien die planne vir die sportspaviljoen hier onder:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Dit is vir ons ’n voorreg om ’n nuwe personeellid, Me. Sue-Ann Bouw, aan u voor te stel en by ons skool te verwelkom. Sue-Ann het op 7 April by ons aangesluit in die rol van Skoolondersteuningsassistent, waar sy hoofsaaklik in Jan Kas werksaam is.
|
Sy is oorspronklik van Knysna en het in 2021 Kaap toe getrek. Sedertdien het sy by Takealot in verskeie poste gewerk – van aanlynmode tot in die kliëntediensafdeling.
|
Sue-Ann bring sterk administratiewe en organisatoriese vaardighede na ons skool se administratiewe span. Ouers/voogde en leerders sal haar vriendelike gesig in Jan Kas en in die administrasieblok sien.
|
|
Baie welkom, Sue-Ann! Ons vertrou dat jy baie gelukkig by ons gaan wees.
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons is opgewonde om Wêreldboekedag op Woensdag, 23 April 2025 te vier! Ter viering gaan ons ’n prettige kompetisie hou waar leerders uitgenooi word om skool toe te kom in die uitrusting van hul gunstelingboekkarakter. Daar sal ’n prys in elke graad wees vir die leerder met die mees kreatiewe uitrusting, so ons moedig almal aan om hul verbeelding te gebruik en pret te hê! Ons sien uit daarna om al die wonderlike karakters op die dag te sien.
|
Vriendelike groete, Juf Marecia
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons nooi julle graag na hierdie jaar se opvoedingstrust veilingsdinee fondsinsameling.
|
Die veiling vind plaas op 7 Junie by die Mount Nelson Hotel.
|
Vriendelike groete, Die 2025 Veilingkomitee
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Help ons Graad 7-leerders om fondse in te samel deur ’n heerlike doughnut op Karri te bestel! Dis ’n lekker bederf vir ’n goeie doel – moenie uitmis nie!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier volg die week se hokkie uitslae:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier volg die week se netbaluitslae:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons is ongelooflik trots op Christiaan Cronje (Freestyle, FS-O/10) wat ’n goue medalje gewen het!
|
Nie net het hy homself met groot waardigheid op die mat gedra nie, maar die afrigters en spanbestuurders het hom ook aangewys as Parow se Junior Stoeier van die Toernooi.
|
|
Welgedaan, Christiaan – jy is ’n inspirasie!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Die Waterbuffel-Burgerfees, wat op 14 Maart by ons skool, Laerskool Jan van Riebeeck, plaasgevind het, was ’n groot sukses! Ons is deur Babylonstoren uitgedaag om ’n hele waterbuffel – in die vorm van ’n burger-marathon oor twee dae – aan te pak.
|
Met die beste bestanddele, ruimlik deur hulle geskenk, is ons taak aansienlik vergemaklik.
|
Hier volg ’n paar statistieke:
|
-
|
Ongeveer 1 800 patties is ontvang.
|
-
|
Oor twee dae het ons altesaam 1 500 frikkadelbroodjies gaar gemaak – waarvan ons onder andere die magies van ons buurskool, Prestwich Primary, gevul het, en 1 000 in ons gemeenskap verkoop het.
|
Helpende hande het ingesluit:
|
-
|
80 ouers wat brood gesny en gesmeer het
|
-
|
40 kinders wat die frikkadelbroodjies gebou het
|
-
Die gemeenskap van LJvR het heerlik gesmul, en die oorblywende 300 patties is vinnig opgeraap. Die bolletjies wat nie gebruik is nie, is aan Kaapstad Kinderhuis geskenk.
|
Die samesyn was wonderlik, en die vure het reeds van 16:00 af hoog gebrand. Met lekker musiek in die agtergrond is die feesmaal in volle gees geniet.
|
Nie net was dit ’n heerlike middag nie – ons het ook R34 860 se profyt vir die skool gemaak!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons Kaperjolle het darem nét sy eie sjarme en nie eens gure weer kon op die dag die kosbare samesyn van ons skoolgemeenskap demper nie. Die heerlike kuier en samesyn is nog steeds op almal se lippe. Hierdie jaarlikse en gewilde pretdag het op Saterdag, 12 April, plaasgevind en is onomwonde die hoogtepunt op die skoolgemeenskap se sosiale kalender, veral vir ons leerders. Kaperjolle bied soveel aktiwiteite en pret vir oud en jonk. Die leerders het hulle gate uit geniet en hulle glad nie aan die reënbuie gesteur nie. Volgens die leerders was die besoek aan die spookhuis die gewildste aktiwiteit om te doen. Nie eers ’n skrikwekkende foto van die skoolhoof of gerugte dat spoke in die gange rondloop, het die leerders afgeskrik nie. Volgens die leerders was my ‘gedramatiseerder’ foto blykbaar nie vreesaanjaend genoeg nie en daarom was hulle dus nie bang nie. Leerders het in lang rye tougestaan om die opwinding te ervaar, veral as daar ’n kans is dat ’n sogenaamde spook aan jou been kan vat. Ek glo dat die spookhuis se gewildheid sal nooit oor die jare taan nie en sal vir geslagte nog, ons leerders en selfs volwassenes, fasineer. Baie geluk en ook groot dankie aan ons ouers wat die smaaklikste disse by hul onderskeie stalletjies opgedis het vir ieder en elk om te proe. Die fraai versierde kosstalletjies het die geleentheid perfek afgerond. Die verskeidenheid disse om te proe was hemels en die kompetisie was baie sterk. Baie geluk aan René (stalletjie nr. 6) se span wat op die dag met die louere weggestap het.
|
|
|
|
Die van julle wat my goed ken, weet dat ek ’n groot gholfliefhebber is, en toe ek vir Mathias Ackerman (Gr. 1) op Saterdag tydens die Kaperjolle sien met sy ‘Stinger’-gewaad, het dit beslis my dag gemaak. Die Stingers bestaan uit vier Suid-Afrikaanse professionele gholfspelers, naamlik Louis Oosthuizen, Charl Schwartzel, Brendan Grace en Dean Burmester, wat aan die nuwe LIV Gholfreeks deelneem. Baie dankie, Mathias, dat ek saam met jou die mooi foto kon neem!
|
|
|
Die opkoms van ouers en leerders tydens Kaperjolle was verstommend en spreek weer boekdele van die karakter van ons skoolgemeenskap wanneer dit by die ondersteuning van skoolaktiwiteite kom. Die weer het sy bes gedoen om ons pret te probeer bederf, maar met kosstalletjies sonder einde, feestelike agtergrondmusiek, ’n groot markiestent met gemaklike sitplekke en tafels om die heerlike kos, bier en wyn te geniet, het almal egter die dag terdeë geniet. Hierdie kombinasie, saam met omgee-mense, maak die perfekte resep vir ’n onvergeetlike ervaring. Ek is so trots en dankbaar dat ons ouers/voogde die skool in alle opsigte ondersteun. Dit dra onder andere kollektief by dat ons skool net van krag tot krag gaan. Graag wil ek ons OOV-voorsitter, Susan Derksen, en haar span, asook al die ouers, voogde en personeel wat so hard gewerk het om die sukses van die Kaperjolle te verseker, hartlik bedank.
|
Verskeie sportwedstryde en -toernooie het in week 1 van die nuwe kwartaal plaasgevind en die Jannies het hulself weer puik van hul taak gekwyt. Laerskool Jan Cilliers, ’n onafhanklike privaatskool geleë in Parkview, Johannesburg, het met hul o/13A-netbal- en -rugbyspanne na Kaapstad getoer en op Woensdag, 09 April, teen ons gespeel. Ons o/13A-netbalspan het puik gevaar en met 18–12 gewen, terwyl ons o/13-rugbyspan net-net met 22–27 verloor het. Verder was ons netbalspanne op Woensdag, 09 April, tuis hopeloos te sterk vir Laerskool Sentinel, wat in Houtbaai geleë is.
|
Die komende naweek is een van vele langnaweke wat tydens April-maand plaasvind. Hierdie komende naweek vier Christene regoor die wêreld Paasfees. Tydens Paasfees word die kruisiging en opstanding van Christus prominent gevier.
|
Ek sluit dan week 2 af. Mag julle as gesin en/of saam met familie en vriende ’n baie geseënde Paasfees geniet. Wees veilig op die paaie! Graag gaan ek voort om ons pragtige taal verder te promoveer en sluit ek met die bekende Afrikaanse uitdrukking af:
|
‘Uie tap’
As iemand ’n grap so goed vertel dat hy of sy die gehoor wat daarna luister nie net laat lê van die lag nie, maar laat huil van die lag, kan van so ’n grapjas gesê word dat hy of sy weet hoe om ’n ui te tap.
|
Vriendelike groete, Naas Beets Skoolhoof
|
|
|
|
|
|
Kliek HIER vir Die Suidooster
met al die nuutste artikels, foto's en video's.
|
|
|
|
Kliek HIER vir advertensies van die week
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|