|
|
|
|
|
Dagboek
Sa 6 Junie 2026
- Rugby: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
- Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
Ma 8 Junie 2026
Di 9 Junie 2026
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)
Do 11 Junie 2026
- Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)
Vr 12 Junie 2026
Ma 15 Junie 2026
Di 16 Junie 2026
Wo 17 Junie 2026
Do 18 Junie 2026
- Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)
Vr 19 Junie 2026
- Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ek het al gewonder of dit ‘n versugting is om uit te spreek dat tyd net te vinnig verby vlieg, aangesien ons hierdie naweek spreekwoordelik van Augustus-maand afskeid neem. Dit beteken meer as die helfte van kwartaal 3 is alweer agter die rug. Hierdie week het juf. Cornel (Gr. 5) ook as aflosonderwyser in juf. Mardry se plek by ons aangesluit aangesien juf. Mardry vir die volgende 4 maande met kraamverlof is. Ons beste wense vergesel juf. Mardry, haar man Kyle en baba-Bailey wat binnekort haar opwagting gaan maak.
|
Hierdie naweek sluit ons dan ook amptelik met 'n baie suksesvolle wintersportseisoen af en besoek ons vir Laerskool Welgemoed in die noordelike voorstede met hokkiewedstryde wat gister- en vanmiddag afgelê word. Netbal- en rugbywedstryde sal môre die amptelike 'eindfluitjie' vir die sportseisoen blaas. Ek glo julle het dit net soveel soos ons leerders geniet. Hartlike dank aan ons toegewyde afrigters, ons lojale ouers/voogde wat al die wedstryde so getrou ondersteun het en dan laaste, maar nie die minste nie, ons toegewyde leerders wat getrou hul oefeninge bygewoon het en elke wedstryd net hul beste vir hul onderskeie spanne gegee het – ons is so trots op julle!
|
Die afgelope week het die volgende nie-sportaktiwiteite by die skool plaasgevind:
|
|
Die bekende skryfster van jeugfiksie, naamlik Christien Neser, het ons skool op Donderdag, 21 Augustus, besoek. Sy het met ons gr. 5- en 6-dogters oor haar gewilde jeugboeke kom gesels asook ‘n puik skryfkursus vir hulle aangebied. Vanaf 18:00 die aand het sy ‘n baie interessante gesprek (Help! My kind is anders) rakende neurodiversiteit met ons ouers in die mediasentrum gevoer. ‘n Mens hoor so baie van neurodiversiteit en die verkeerde afleidings is dikwels dat mense dink dit is net ‘n vorm of kondisie van outisme, kinders wat aandagafleibaar is, obsessiewe kompulsiewe gedrag, angstigheid en/of disleksie.
|
|
|
Ek mag dalk verkeerd wees, maar in ‘n neutedop dink ek dat neurodiversiteit eerder beskryf kan word dat mense hul omgewing en wêreld rondom hulle op verskillende maniere ervaar en daarmee moet omgaan. Ons vergeet dikwels dat mense se breine op verskillende maniere werk en daar is nie net een regte manier van dink, leer en optree nie. Wanneer dit by neurodiversiteit kom, moet ons eerder fokus op ‘breinverskille’ as om altyd te dink daar is iets groot fout met ‘n persoon! Hoe beter ons die komplekse funksionering van die brein verstaan, hoe makliker kan ons ons leerders ondersteun. Gelukkig word daar vandag ongelooflike navorsing gedoen en daar is insiggewende inligting beskikbaar om ons te help om neurodiverse mense/leerders beter te verstaan en te ondersteun. Ongelukkig is daar die realiteit van ons onverdraagsame en uitgesproke samelewing wat dit vir die tipe leerders en hul ouers geweldig uitdagend maak. Baie dankie, Christien, vir jou kosbare tyd en wonderlike raad aan ons ouers/voogde met ‘n kind(ers) wat die spesifieke uitdagings op ‘n daaglikse basis beleef en moet hanteer. Ons is weereens baie dankbaar vir ons Zen Den onder leiding van juf. Marietjie wat uitstekende ondersteuningswerk in die verband doen.
|
Baie dankie aan mnr. Leon en juf. Andri wat Vrydagmiddag, 22 Augustus, asook Saterdagoggend, 23 Augustus, ‘n opwindende wiskundekamp vir ons gr. 6- en 7-leerders aangebied het. Ons leerders het dit terdeë geniet en hulle is op verskeie wiskundige aspekte op ‘n hoë vlak uitgedaag om onder andere vir toekomstige wiskunde-olimpiades voor te berei. Die belangrike doel egter vir my rakende die wiskundekamp is om die liefde vir Wiskunde verder onder ons leerders te kweek.
|
Baie dankie aan juf. Ilse-Marié (Gr. 4 en vakhoof vir Afrikaanse Huistaal) en haar span wat die WOW-Spelkompetisie op Vrydagmiddag, 22 Augustus, by ons skool suksesvol aangebied het. Baie geluk aan die volgende leerders wat ‘n top-vier posisie behaal het en na die provinsiale rondte vorder wat op 13 September plaasvind:
|
Graad 1: Frannie Samuel (2de) en Joshua du Toit (1ste) Graad 2: Mary-Anne du Toit (4de) en Izak Steyn (3de) Graad 3: Petronella Gouws (2de) en Charles Thompson (1ste) Graad 4: Benjie Ntloko (3de), Mateo Pereira (2de) en Mika van der Walt (1ste) Graad 5: Noah Karusseit (4de), Jacob Venter (3de) en Dirk de Jager (2de) Graad 6: Ella van der Walt (2de) en Ghia Pereira (1ste)
|
Baie geluk aan die bogenoemde leerders met jul puik prestasies. Ons hou vir julle styf duimvas vir die provinsiale rondte wat voorlê.
|
Graag neem ek die vrymoedigheid om die volgende ernstige saak met julle te bespreek. Verskeie ouers het my die afgelope tyd genader rakende hul kinders se “Soft Shell”-baadjies wat net spoorloos by die skool verdwyn soos die kinders dit tydens skoolure uittrek. Ouers en leerders gaan dan na verlore goedere, maar kry dit nie daar nie. Ons vermoed dat leerders soms veral teen die einde van ‘n pouse net enige baadjie gryp wat hulle kry. Ouers/voogde kyk dalk nie by die huis na die baadjies nie, en sien dalk nie dat die baadjie aan ‘n ander leerder behoort nie. Leerders se klere is gewoonlik duidelik gemerk en dit kan gebeur dat die baadjies dus so onbewustelik in kinders se kaste bly. Ek wil dus julle vriendelik versoek om asseblief ‘n slag te kyk dat jul kinders moontlik nie ‘n ander leerder se gemerkte skooldrag dra nie. Baie dankie vir julle begrip en dringende aandag. Ek waardeer baie!
|
Graag gaan ek voort om ons pragtige moedertaal te promoveer en sluit ek met nog ‘n bekende Afrikaanse uitdrukking af:
|
“Hoe kaler die jakkals, hoe groter die stert.”
|
Die uitdrukking beteken: hy wat die minste besit, spog dikwels die meeste!
|
|
|
|
|
|
VIR AANDAG
|
|
Neem kennis van die volgende belangrike aankondigings en gebeure:
|
|
|
|
|
|
|
|
Koöpteer van beheerraadslede Ek glo dat dit goed met julle en jul kinders gaan en dat julle die skool geniet. Daar is van ons beheerraadslede wie se termyn in die komende maande tot ‘n einde kom. Daar is vele strategiese kwessies op die horison, insluitend ingrypende wysigings tot die skolewet. Ter selfde tyd moet ons vir Naas en sy span die nodige ruimte skep om voort te gaan met die uitstekende werk wat hulle doen en ons unieke skoolomgewing met sy wees jouself-manier van doen te handhaaf en verder uit te bou. Dit midde die toenemende finansiële voetwerk wat nodig is om in 'n openbare skool die boeke te laat klop. Ek doen 'n beroep op minstens twee van ons ouers wat volgende jaar kinders in graad R, 1, 2 of 3 het wat belangstel en bereid is om betrokke te raak. Kontak my (mscholtz@genfin.co.za). Ons het spesifiek ‘n behoefte aan finansiële kundigheid en breër bestuursvaardighede. Dit is nodig om ouers wat kinders het wat minstens nog 5 jaar by ons op skool is tot die beheerraad te verkies, sodat hulle twee termyne kan dien en so die nodige kontinuïteit kan verskaf. Stuur asseblief ook aan ander ouers wat julle voel kan help. Groetnis, Merwe 082 783 8795
|
|
|
|
|
|
|
|
Waar Suidoos se spierwit pluime
oor ou Tafelberg afval,
en teen Vlaeberg se hange die
kanonskoot twaalfuur knal:
|
waar die see se blinkblou branders
teen ou Tafelbaai aanspoel,
staan ons skool, die Jan van
Riebeeck, met ‘n groot en edel doel.
|
Vas en stewig soos die berge is ons
moedertaal geplant,
liefde daarvoor sal ons uitdra oor
ons hele vaderland.
|
In ons werk en in ons lewe streef
ons al wat goed is na,
want ons skool sal van ons altyd net
die allerbeste vra.
|
Woorde: Alba Bouwer
Musiek: H. Pieter v.d. Westhuizen
|
|
|
|
|
|
|
|
Neem asseblief kennis dat Jan Kas op 2 Oktober gesluit sal wees as gevolg van 'n personeelfunksie.
|
|
Vir enige navrae, kontak vir Megan by megan@jvrprim.co.za
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Maak reg vir pret, spanpoging en sportgees!
|
Saterdag, 29 November 2025, van 08:30 tot 17:30 bied ons die opwindende Ouersportdag aan.
|
Kom wys jou vaardighede in:
|
- Netbal
- 7’s Raakrugby
- 8’s Hokkie
- Aflosswem
- Tennis
- Skaak
Daar is slegs plek vir 8 spanne, elk bestaande uit 16–20 lede. Moenie uitmis nie – dit beloof ’n dag vol lag, kompetisie en lekker saamwees.
|
|
???? Skakel of WhatsApp Danielle le Clus-Rossouw by 082 923 5903 om meer inligting te kry en jou span se plek te bevestig.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons is opgewonde om aan te kondig dat die mediasentrum vanaf 2 September gedurende tweede pouses oop sal wees.
|
|
Kom loer in en neem ’n boek uit – daar wag iets vir elke smaak en belangstelling!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
???? Loslitdag is hier! ????
|
Wanneer: Vrydag, 5 September 2025
Tema: Beyond the Label
Koste: R20
|
Kom wys jou ware kleure op Loslitdag! Leerders mag op 5 September in sivvies skool toe kom — maar net as jy ‘n Loslit-plakker het!
|
Koop jou plakker vir slegs R20 op Karri en help om bewusmaking te skep oor die belangrikheid daarvan om mense nie volgens hul etiket te beoordeel nie.
|
|
Wees deel van die verandering — gaan beyond the label!
|
|
|
|
|
|
|
|
Hierdie kwartaal gaan ons iets besonders doen — ons gaan die onderwysers van ons buur-skool, Prestwich Primary, verras en bederf in hul personeelkamer!
|
Dié toegewyde onderwysers werk ongelooflik hard en ontvang min erkenning. Laat ons saam ’n verskil maak deur hulle te waardeer met lekkernye en ’n klein geskenkie.
|
Hoe kan jy help?
Maak ’n vrywillige donasie via die KarriApp – elke bydrae help ons om hierdie spesiale bederf moontlik te maak.
|
????️ KarriApp oop: 4 Augustus – 5 September 2025
|
|
Saam sê ons: Dankie, Juffrou! ❤️
|
|
|
|
|
|
TERUGVOER
|
|
Die jongste sportuitslae, toekennings, prestasies en ander resultate:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier volg die week se hokkieuitslae:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier volg die week se netbaluitslae:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Dit is vir ons ’n groot vreugde om aan te kondig dat Christiaan Cronje gekies is om die Wes-Kaapse Stoeivereniging te verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Nasionale Kampioenskappe in Pretoria van 9–11 Oktober 2025.
|
|
Ons wens hom alles van die beste toe met die voorbereiding en die kampioenskappe!
|
|
|
|
|
|
|
Volg Die Suidooster vir al die nuutste artikels, foto's en video's.
|
|
|
|
Klik HIER vir advertensies van die week
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Jy ontvang hierdie nuusbrief
|
|
omdat jy 'n ouer of ondersteuner van Laerskool Jan van Riebeeck is.
|
|
|
|
|
Laerskool Jan van Riebeeck, Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad
|
|
|
|
|
|