|
|
|
|
|
|
DATUMS
Sa 6 Junie 2026
- Rugby: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
- Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
Ma 8 Junie 2026
Di 9 Junie 2026
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)
Do 11 Junie 2026
- Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)
Vr 12 Junie 2026
Ma 15 Junie 2026
Di 16 Junie 2026
Wo 17 Junie 2026
Do 18 Junie 2026
- Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)
Vr 19 Junie 2026
- Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)
|
|
|
|
|
|
|
|
Belangike begrotingsvergadering
|
Wanneer? Maandag, 04 November om 18:00 in die skoolsaal
|
Hoekom? Die nuwe BELA-wetgewing vereis dat minstens 10% van ons ouers (minstens 85!) die vergadering moet bywoon anders het ons nie ‘n kworum nie.
|
Wat? Ons bied die begroting vir 2025 aan en sal ook ‘n oorsig gee van die skool, BELA-wetgewing en ons breër planne
|
En nog? Ons sal vir julle kaas-en-wyn voorsit tydens die vergadering sodat dit gesellig is en vir die wat dit bywoon ‘n spesiale kaartjie gee sodat jul kind(ers) die volgende dag kan sivvies skool toe dra en ‘n roomys kry!
|
|
|
|
|
|
|
|
Respek is een van ons kernwaardes by Laerskool Jan van Riebeeck. Ons fokus op positiewe versterking en poog om die leerders te lei om daagliks hierdie waarde tydens alle skoolaktiwiteite (klas, speelgrond, kampe, uitstappies, wedstryde) uit te leef. Oor die algemeen leef ons Jannies hierdie waarde daagliks uit, maar daar is tog enkele leerders wat moet besef dat hul aksies spesifieke gevolge het.
|
Ons was ongelukkig genoodsaak om ‘n dissiplinêre proses op te stel in die geval waar ‘n leerder herhaaldelik oortree en nie gehoor gee aan vermaning nie. In so ‘n geval sal die registeronderwyser in die vervolg ‘n vorm oopmaak vir die spesifieke leerder sodat die oortredings deeglik aangeteken kan word. Indien die leerder se gedrag nie verander nie, sal die ouer/voog ‘n e-pos eers van die registeronderwyser en op ‘n latere stadium, indien nodig, van ‘n dissiplinekomiteelid ontvang. In hierdie e-pos sal die ouer/voog ingelig word van ‘n oortreding(s) en hul ondersteuning en hulp sal ook versoek word. Op hierdie stadium sal mnr. Beets die vorm onderteken en hy of die komiteelid ‘n gesprek met die leerder voer. Die leerder sal as straf ‘n tweede pouse (sal wel tyd kry vir eet en badkamer toe gaan) verbeur of ontneem word van ‘n skoolaktiwiteit bv. ‘n uitstappie of sportwedstryd. In uitsonderlike gevalle sal ‘n vergadering met die ouer(s)/voog(de), registeronderwyser, mnr. Beets en ‘n dissiplinekomiteelid belê word.
|
|
Tipiese oortredings wat op hierdie vorm aangebring sal word is: herhaaldelike versteuring van klasse, huiswerk wat herhaaldelik nie gedoen word nie, vloektaal, vandalisering van skooleiendom, bakleiery, onwelvoeglike gebruik van sosiale media, swak sportmanskap, oneerlikheid (tydens toetse/steel/jok), nalatigheid met skootrekenaars en ernstige disrespek teenoor ‘n personeellid of ‘n mede-leerder.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Wanneer weet ek my kind word geboelie? Of wanneer mag dit dalk my kind se eie sensitiwiteit of sosiale onsekerheid wees wat hom of haar blootgestel of uitgesonder laat voel? Dit is noodsaaklik om presies te weet wat ís boelie en wat dit nié is nie. So kan ons die korrekte inligting met ons kinders deel, hulle bemagtig en beskerm. Verder kan ons ingestel wees op gedrag wat daarop dui dat my kind geboelie word, maar ook wanneer mý kind dalk die boelie is... Lees meer
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Die Junior - en Senior kore tree die komende week by twee geleenthede tydens die Kultuurweek op. Sien asseblief verdere detail rakende hierdie konserte: 15 Oktober | JvR Bedankingsfunksie (Ongelukkig word geen ouers toegelaat om hierdie optrede by die woon nie) Ons wil graag spog met ons kore! JUNIOR KOOR Aanmeld: 18h30 | Optel: 19h30 Lokaal: Sal bevestig waar leerders moet aanmeld Kleredrag: Soos vir Weskus Koorfees SENIOR KOOR Aanmeld: 18h15 | Optel: 19h45 Oefenlokaal: Nasorg Kleredrag: Soos vir Weskus Koorfees * Maak asseblief gebruik van die agterste hek en parkering wanneer leerders afgelaai en opgetel word. Die voorste parkeerarea word vir gaste gebruik. 17 Oktober | ISF Kultuurkonsert (18h00-19h15) SENIOR KOOR Aanmeld: 17h15 Lokaal: Nasorg Kleredrag: Soos vir Weskus Koorfees Ons nooi ouers, familie en vriende uit om hierdie konsert saam met ons te kom geniet! 18 Oktober | GF Kultuurkonsert (08h00-09h00) JUNIOR KOOR Aanmeld: 07h45 Lokaal: Nasorg Kleredrag: Soos vir Weskus Koorfees Ons nooi ouers, familie en vriende uit om hierdie konsert saam met ons te kom geniet! Kontak gerus vir juf. Rolene indien daar enige vrae is.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons kore tree eerskomende Saterdag by die Pleziermarkt te Hoërskool Jan van Riebeeck op. Kore arriveer: 10h45 Optrede begin: 11h30 - 12h15 (ongeveer) by die amfiteater Oefenlokaal: Koorlede sal na die oefenlokaal geneem word sodra hulle arriveer. Kleredrag: Soos vir Weskus Koorfees Kaartjies: Koorlede gaan verniet in sonder ’n kaartjie. | Elke koorlid ontvang EEN gratis kaartjies vir ’n ouer/voog om hom/haar na die optrede te vergesel. Hierdie kaartjies word vir die leerders op Vrydag, 11 Oktober, uitgedeel. Kontak gerus vir juf. Rolene indien daar enige vrae of onsekerheid is.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons leerders het puik presteer in die Unisa klaviereksamens wat in September plaasgevind het. Ons wens hul baie geluk met hul toegewyde werk en besonderse deursettingsvermoë. Ella van der Walt / Voorgraad 1 / 91% Eliana Greef / Voorgraad 1 / 70% Ella Grey / Gr.1 / 80% Lukas Venter / Gr.1 / 90% Antjie Samuel / Gr.1 / 92% Olivia Blackmore / Gr.1 / 88% Frank van der Walt / Gr.2 / 57% Neill Ferreira / Gr.2 / 76%
|
Daniella Boshoff / G.2 / 74%
|
Karu Rademeyer / Gr 2 / 87% Stella Zulch / Gr.3 / 80%
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Op Saterdag, 5 Oktober, het ons O.13A-tennisdogters deelgeneem aan 'n tennistoernooi wat deur Laerskool Brackenfell aangebied is. Agt skole het in die toernooi deelgeneem, met Laerskool Brackenfell, Welgemoed en Stellenbosch in ons groep. Ons dogters het teen Laerskool Brackenfell en Welgemoed gewen en teen Laerskool Stellenbosch verloor. Die top twee skole van elke groep het na die semi-finaal deurgedring. Ons span het daarna teen Laerskool Durbanville 11-6 gewen, en in die finaal teen Laerskool Paarl Meisies 12-4 oorwin. Ons dogters het met 'n eerste plek getriomfeer. Welgedaan!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Moeder Natuur het heel moontlik van die jaarlikse lenteweer vergeet en met die aanbreek van Oktober-maand vir ons die langverwagte warmer dae sommer in ‘n japtrap gebring. Ek is seker ons almal geniet die pragtige sonskyndae wat na die lang wintersdae sommer ons gemoedstoestand ophelder en energievlakke laat styg.
|
Op Vrydag, 04 Oktober, het ons die gewilde ‘Oupa- en Oumadag’ in die saal vanaf 09:30 aangebied. Die inspirerende motiveringspraatjie van ons gasspreker, naamlik die bekende aktrise Lindie Strydom, het die dag verder gekomplimenteer. Haar treffende boodskap versoek ons as volwassenes om die lewe meer eenvoudig te maak, want ons is so geneig dat alles mos gekompliseerd moet wees. Ek dink die mensdom is al so gekondisioneer dat al is iets eenvoudig en maklik oplosbaar, kan ons dit nie meer raaksien of aanvaar nie en dan voeg ons mos allerhande ‘goed’ by, want dikwels in ons gedagtes moet die lewe mos moeilik wees. Ek wil dus by haar aansluit om ‘dinge’ meer in eenvoud te sien, ons hoef dit nie so moeilik vir onsself en almal om ons te maak nie. Sit jou dankbaarheidsbril op en ervaar ‘n nuwe wêreld van waardering!
|
|
Ek is so dankbaar vir ons leerders se grootouers wat van heinde en verre gereis het om die spesiale dag met hul kleinkinders te deel. Ek het ook tydens my bedankingsgesprek genoem dat hulle nooit die belangrike rol wat hulle in hul kleinkinders se lewe speel, moet vergeet of onderskat nie. Oumas en Oupas is die spreekwoordelike gom wat families oor die jare bymekaar hou. Hulle deel hul kosbare lewenservaring en wysheid met hul kinders en kleinkinders – wat ‘n wonderlike voorreg. Studie het bevestig dat wanneer daar ‘n goeie verhouding tussen grootouers en kleinkinders bestaan, dit die spesifieke kleinkinders instaat stel om makliker enige struikelblokke in die lewe te oorkom. Baie dankie aan elke ouma vir al die liefde en omgee asook al die oupas vir jul wysheid, familiestories en raad. Ons salueer julle vir die belangrike rol wat julle in ons Jannies se lewens speel. Baie dankie aan Marinda en haar dinamiese span wat vanjaar weer die spoggeleentheid gereël het.
|
|
|
|
Op Dinsdag, 08 Oktober, het die jaarlikse matrieksaal tydens die weeklikse saalbyeenkoms plaasgevind. Tydens die saalbyeenkoms word alle oud-Jannies wat hul laerskoolloopbaan in graad 7 voltooi het en wat vanjaar matrikuleer, uitgenooi om die spesiale saalbyeenkoms by te woon. Die doel van die matrieksaal is om vir die Graad 7-Jannies van 2019 wat vanjaar in verskeie skole in hul matriekjaar is, weer bymekaar te kry, hulle so ‘n bietjie terug te neem in tyd, erkenning te gee vir die belangrike rol wat hulle as oud-leerders van die skool gespeel het en dan af te sluit deur vir hul sterkte vir die komende nasionale eksamen asook hulle toekoms toe te wens. Ek ken nie persoonlik al die spesifieke oud-Jannies nie, maar in ‘n baie kort rukkie het ek gou besef die voorreg wat ons het om met kwaliteit leerders en indirek met merkwaardige ouers/voogde te kan werk. Hulle is ‘n merkwaardige groep en daar lê vir hulle ‘n blink toekoms voor. Baie dankie aan Pieter Rademeyer (Skoolhoof van HS Jan van Riebeeck) dat jy ook die spesiale saal bygewoon het om jou matrikulante te ondersteun! Baie dankie aan ons hoofseun en –dogter, naamlik Frank en Karu vir die spesiale boodskap wat julle aan die matrieks deurgegee het en mag die oud-Jannies altyd groot droom deur net hulself te wees. Vir seker gaan hulle volgende jaar diep spore trap waar ook al hulle hulself mag bevind.
|
|
|
Ons junior - en senior kore het op Woensdagaand, 09 Oktober, aan die Weskus Koorfees te Laerskool Wolraad Woltemade deelgeneem. Beide ons kore het hul puik van hul taak gekwyt met hul uitstekende optredes en keuse van liedere. Die junior koor het weereens die kollig gesteel en die senior koor het hulsef oortref! Hulle het hulself lekker ingeleef en vloeiend gesing met sorgvuldige aandag aan dinamiese kontraste. Baie dankie en geluk aan mnre. Leon en Ben wat wat onderskeidelik ons senior en junior koor afrig asook juf. Rolene wat hulle begelei. Om ‘n koor af te rig, is uitdagend, want dit behels dat elkeen se individuele sangstem ontwikkel moet word om uiteindelik ‘n eenheid in klank te vorm. Dit was vir seker die beste wat ek beide kore nog ooit hoor sing het. Dit was ‘n voorreg om na hulle te luister en dit maak my ongelooflik trots op hulle en ons wonderlike skool.
|
Laat my toe om die volgende leerder(s) hartlik geluk te wens met hul besonderse prestasies:
|
- Baie geluk aan ons eerste dogterstennisspan wat op Saterdag, 05 Oktober, skoon skip gemaak het deur Laerskool Brackenfell se o.13A Tennistoernooi vir dogters te wen. Baie geluk aan Amelie van der Walt, Jeanne van Heerden, Stella Pansegrouw, Stella Zulch, Annaline Viljoen en mnr. Rashard wat hulle vergesel het. Julle maak ons so trots!
- Karu Rademeyer ontvang die spesiale toekenning vir die Beste Veelsydige Deelnemer (3781 deelnemers in totaal) by die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod. Baie geluk, Karu, met die merkwaardige prestasie!
- Abigail Fourie het die 23ste September die Wes-Kaap Gimnastiekspan verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe vir ritmiese gimnastiek, en ‘n derde plek behaal. Baie geluk, Abi!
- Delmar Benecke het die naweek van 05 – 06 Oktober ‘n ongelooflike prestasie behaal deur vir die Suid-Afrikaanse Junior Swemkampioenskappe (SAJN) in die 100m rugslag te kwalifiseer. Hierdie nasionale swemkampioenskap vind gedurende Maart 2025 in Durban plaas. Deur vir SANJ te kwalifiseer ontvang hy dan ook sy WP-kleure vir swem seuns o.13. Baie geluk, Delmar!
- Christiaan Cronje het aan die Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskappe die afgelope vakansie deelgeneem. Hy het 'n tweede plek behaal en silwer medalje verower. Baie geluk, Christiaan!
Graag herinner ek almal aan die belangrike begrotingsvergadering met ouers op Maandag, 04 November, om 18:00 in die saal. Tydens die vergadering word die verhoging van die 2025 skoolfooie goedgekeur. Soos julle bewus is, is die BELAW-wetgewing deur President Ramaphosa onderteken, maar nog nie deur die nasionale minister van onderwys nie asook die implementeringsdatum daarvan is nog nie bepaal nie. Anders as ander jare beveel FEDSAS (Federasies van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole) skole aan om een van die BELAW-vereistes, naamlik dat 10% van ons ouers (kworum) die begrotingsvegadering vanaf 2024 moet bywoon om die vergadering legitiem te maak. Dit beteken dat daar ‘n minimum van 85 ouers/voogde die vergadering moet bywoon! Dus doen ons ‘n ernstige beroep dat julle nou al sal beplan om die vergadering by te woon. As motivering om ‘n kworum te verseker, sal elke ouer/voog wat die vergadering bywoon, se kind(ers) ‘n kaartjie ontvang wat jou kind(ers) toestemming gee om die volgende dag (05 November) sivvies skool toe te dra asook ‘n roomys te ontvang. Ons beplan om ook vir julle kaas en wyn voor te sit. Hou ingedagte dat ek die reëling aktief onder die leerders gaan bemark. By voorbaat dankie dat julle die belangrike begrotingsvergadering op 04 November gaan bywoon om die effektiewe bestuur van die skool te verseker.
|
Ek sluit dan die tweede week van die kwartaal af met die onbekende aanhaling oor die lewe en ek wens vir julle ‘n wonderlke naweek saam met julle gesin en/of vriende toe.
|
“Life is really simple, but we insist on making it difficult!’
|
Vriendelike groete, Naas Beets SKOOLHOOF
|
|
|
|
|
|
Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek
|
|
|
|
Kliek HIER vir advertensies van die week
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|