|
|
|
|
|
|
DATUMS
Sa 6 Junie 2026
- Rugby: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
- Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
Ma 8 Junie 2026
Di 9 Junie 2026
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)
Do 11 Junie 2026
- Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)
Vr 12 Junie 2026
Ma 15 Junie 2026
Di 16 Junie 2026
Wo 17 Junie 2026
Do 18 Junie 2026
- Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)
Vr 19 Junie 2026
- Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)
|
|
|
|
|
|
|
|
Op 15 en 16 Julie vind daar ouerbesoeke plaas. 15 Minuut-afsprake sal met onderwysers gemaak kan word om oor jou kind(ers) se akademiese vordering of emosionele welstand te gesels.
|
Volg hierdie stappe om ‘n afspraak te maak:
|
- Volg die skakel vir die Besprekingsbladsy.
- Kies die graad waarin jou kind is.
- Onder “Select Staff”, kies die onderwyser met wie jy ‘n afspraak wil maak.
- Op die kalender, gaan na Julie en kliek op 15 / 16 Julie.
- Kies die tydgleuf wat jou sal pas. Indien daar geen tydgleuwe meer beskikbaar is nie, stuur gerus ‘n boodskap op WhatsApp of per e-pos aan die betrokke onderwyser om ‘n alternatiewe tyd te reël.
- Rol af op die bladsy en vul jou naam, e-posadres, kind se naam en enige addisionele kommentaar in.
- Jy sal ‘n bevestiging van jou afspraak per e-pos ontvang.
- Indien jy die afspraak wil skuif of kanselleer, volg die stappe in die e-pos.
- Jy kan tot en met 24 uur voor ‘n afspraak nog bespreek, verander of kanselleer.
- Om te sien watter onderwyser bied watter vak aan, sien gerus die personeelblad op die webtuiste.
|
Die skool verdaag op 15 en 16 Julie vroeër: 12:45 (gr. 1-3) en 13:00 (gr. 4-7)
|
|
|
|
|
|
Daar lê ’n bedrywige en opwindende tyd vir ons senior koor voor, en ek wil graag enkele belangrike datums en tye onder almal se aandag bring.
|
Dinsdag, 16 Julie: Kooroefening 12h40-14h10 Ons senior kooroefening gaan Dinsdag, 16 Julie, voort soos normaal ter voorbereiding van ons optrede op 22 Julie by die Tafelberg Koorfees. Alhoewel daar ouerbesoeke is en die skool reeds om 13h00 verdaag, versoek ons asseblief dat alle senior koorlede die volle oefening bywoon. Indien daar broers of susters is wie nie koor sing nie, is hulle welkom om by die Nasorg te wag tot 14h10.
|
Saterdag: 20 Julie: Koorkamp 10h00 - 12h30 Ons reël ‘n lekker oefen en spanbou geleentheid vir die senior koorlede, waar ons spesifiek gaan fokus op die voorbereiding en afronding van ons repertorium en die massakooritmes vir die Tafelberg Koorfees. Volg asseblief hierdie skakel vir meer inligting.
|
Maandag: 22 Julie: Tafelberg Koorfees 18h00 Ons junior en senior kore neem deel aan die Tafelberg Koorfees, en ons kan nie wag om ons nuwe repertorium met almal te deel nie. Verdere inligting rakende hierdie geleentheid sal binnekort uitgestuur word.
|
Ek vra dat enige afwesighede van hierdie drie geleenthede asseblief persoonlik aan my gekommunikeer word. Ons wil graag ’n positiewe ervaring tydens ons koor se eerste groot optrede hierdie jaar verseker, en hoop dat ons met ’n volledige koor kan werk by al ons oefen geleenthede.
|
Baie dankie by voorbaat vir almal se samewerking. Ons waardeer dit opreg.
|
Groete, Rolene van Zyl rolene@jvrprim.co.za
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons Graad 7-musiekleerlinge hou konsert op Dinsdagoggend, 16 Julie, om 07h45, in die skoolsaal. Daar sal dus geen normale saalbyeenkoms plaasvind nie. Ons nooi graag al die deelnemers se ouers/voogde uit om die konsert saam met ons te kom geniet
|
|
|
|
|
|
Hier is nog ’n fantastiese kultuurgeleentheid vir ons leerders om na uit te sien! Hoērskool Jan van Riebeeck bied in Kwartaal 3 ’n Kunstefees aan, wat tussen 22-26 Julie op hul skoolgronde plaasvind. Ons gaan sommer lekker baie Jannies inskryf sodra almal weer terug is by die skool na die vakansie. Ons heg solank die inligtingstuk rakende die Kunstefees hier aan.
|
Intussen hoop ons dat die musiekinstrumente nie té veel stof opgaar gedurende die vakansie nie, want ons spring in Julie flink met ’n propvol kultuurkwartaal weg! Ons leerders neem aan die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod deel in Augustus, die Unisa-musiekeksamens is aan die beurt, én ons eie skoolkonsert is in September op die planke. Ons Junior- en Senior koor tree ook by die Tafelberg Koorfees, wat die 22ste Julie by die Grootte Kerk plaasvind, op.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
- Ons reik gedurende die 3de kwartaal uit na verskillende DBV's.
- Julle is welkom om kos, komberse, speelgoed of halsbande skool toe te stuur.
- Volg die skakel of kliek op die foto vir 'n resep om hondebeskuitjies te maak.
- Stuur die bogenoemde voor of op 30 Augustus 2024.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Gedurende die laaste skoolweek van kwartaal 3, 10 - 14 Junie, het 50 van ons leerders na die Suid-Kaap op ‘n Rugby-, netbal- en hokkietoer vertrek. Die opwinding was groot en ons is hier weg in goeie gees. Die Maandag het ons hokkiewedstryde gespeel teen Laerskool Volschenk. Die dogters het 1-1 gelykop gespeel en die seuns het ongelukkig in die laaste oomblikke van die wedstryd 1 – 2 verloor. Ons het daarna na Hartenbos vertrek waar ons vir die week gebly het. Van hier af het ons elke dag wonderlike aktiwiteite gedoen en wedstryde gespeel.
|
Dinsdag het ons teen Laerskool Park in Mosselbaai gespeel. Beide ons o.12 en o.13 netbalspanne het gewen teen uiters sterk kompetisie. Ons rugbymanne het ongelukkig verloor. Woensdag was ons in Oudtshoorn waar ons weer aan netbal- en hokkiewedstryde deelgeneem het. Al ons spanne het gewen.
|
Donderdag was ons by Laerskool Vorentoe in Grootbrak. Ons netbalspanne het beide hulle wedstryde gewen en ons rugbymanne het in ‘n uiters spannende wedstryd 17-24 verloor. Ons het in totaal 12 wedstryde gespeel, 8 gewen, 1 gelykop en 3 verloor.
|
Tussen al die wedstryde het ons leerders baie pret gehad. Van Redberry Farm waar hulle deur die doolhof kon beweeg en hulle eie aarbeie pluk, ten pin bowling speel, die volstruisplaas in Oudtshoorn geniet tot "sandboarding" in Vleesbaai.
|
|
Dit was ‘n onvergeetlike week en ons leerders het dit baie geniet. Die herinneringe sal nog lank by ons almal bly.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Dit is my groot voorreg om ons leerders, ouers/voogde en personeel hartlik terug by die skool na ‘n heerlike wintervakansie te verwelkom. Ek glo dat almal die drie weke van lekker rus behoorlik gebruik het om die spreekwoordelike battery sommer ten volle te herlaai en is ook slaggereed vir nog ‘n besige kwartaal propvol opwindende aktiwiteite wat voorlê. Een van die hoogtepunte vir die kwartaal is ongetwyfeld die twee-jaarlikse konsert wat voorlê. Daar is verder heelwat sport- en ander kultuurgeleenthede (Koor & Eisteddfod) om na uit te sien, veral die jaarlikse interskole wat tuis tydens die naweek van 16 en 17 Augustus plaasvind.
|
Die Suid-Kaap Sporttoer vanaf 10 – 14 Junie 2024 was weereens ‘n reuse sukses en die leerders wat die toer meegemaak het, praat nog steeds met lof oor die wonderlike ervaring om teen ander skole, veral buite ons area, te speel asook die ongelooflike besienswaardighede wat hulle besoek het nie. Ons het weer nie toegelaat dat die leerders hulle selfone saam op toer neem nie. Hulle het dus saans na die sportwedstryde bordspeletjies gespeel en lekker met mekaar gesels. Dit is juis die samesyn, sosialisering en kameraadskap wat die leerders vir ‘n baie lang tyd gaan onthou en waardeer. Weereens baie dankie aan die personeel (Leon, Lucia, Ischké, Shahneé, Sharon, Maricqe, André, Erick, en Rashard) wat die leerders op toer vergesel het en so mooi na hulle omgesien het. Mnr. Leon, baie dankie en geluk met die reël van nog ‘n puik sporttoer.
|
|
Op Dinsdag, 09 Julie, het ons Jannies en onderwysers terug skool toe gekeer. Die eerste dag van kwartaal 3 is tradisioneel met ‘n saalbyeenkoms begin waartydens ek almal amptelik na die heerlike vakansie kon terug verwelkom. Die saalboodskap is deur ons 2024 Hoofdogter en Hoofseun gelewer. Karu Rademeyer en Frank van der Walt het met hul eerste amptelike optrede as die nuwe hoofseun en –dogter hul puik van hul taak gekwyt. Baie dankie aan Pieter en Jana Rademeyer (Karu se ouers) en Frank en Nel van der Walt (Frank se ouers) wat die simboliese aansteek van die hoofleierbalkies behartig het. My beste wense vergesel ons hoofleiers vir die groot taak wat op hulle wag. Graag wil ek ook vir Frank hartlik gelukwens met sy puik spel tydens die afgelope Cravenweek wat gedurende die vakansie in Pretoria plaasgevind het. Hy het onder andere die eerste drie van die toernooi vir WP teen Vrystaat gedruk en word tydens die finale wedstryd as beste speler van die wedstryd aangewys. Welgedaan, Frank!
|
|
|
Dit is dan verder ook my voorreg om met julle te deel dat juf. Ischké (netbalhoof) en afrigter van die o/13 WP-Netbalspan (Doves) die afgelope vakansie goud tydens die interdistrikte netbaltoernooi te Riversdal verwerf het. Juf. Sharon was die spanbestuurder van die o/13 WP-Dolphins en hulle het silwer ontvang na afloop van die finale teen die WP-Doves. Juf. Shahneé se o/11 Disas het ‘n 5de plek behaal. Welgedaan, juff. Ischké, Sharon en Shahneé. Julle maak ons baie trots en ons is dankbaar vir alles wat julle vir netbal by ons skool doen. Tydens dieselfde netbaltoernooi het Stella Pansegrouw vir die WP o/12 Doves gespeel en brons verwerf terwyl Anouk van der Linde vir die WP o/11 Dolphins gespeel het wat ‘n 6de plek behaal het. Ons is baie trots op julle twee!
|
Tans is ons o/13A-tennisspanne (seuns en dogters) besig om aan die prestige Sun City tennistoernooi deel te neem. Ons dogterspan vaar uitstekend en het teen saktyd van die nuusbrief (Donderdag, 11 Julie om 13:00) vir die semi-finale gekwalisfieer. Ons kompeteer teen van die top tenniskole in die land en om die semi-finale te haal, is werklik ‘n merkwaardige prestasie. Welgedaan, dogters! Ons sal volgende week in die verband volledige verslaggewing doen. Baie dankie aan juf. Suné en mnr. Rashard wat onderskeidelik die dogters- en seunspanne vergesel.
|
Die buitemuurse program, behalwe skaak, kon nie a.g.v. die gure weer die week afskop nie. Ons sportvelde (Conradie en agter die skool) se velde het versadingspunt bereik aangesien dit vinniger gereën het as wat die grond dit kon absorbeer. Dit bied groot uitdagings om rugby en hokkie daarop te oefen en te speel. Die sluit van die skole op Donderdag, 11 Julie, as gevolg van ontwrigtende weer laat ‘n mens onwillekeurig terugdink aan die Covid-tye. Ons gebede gaan uit aan al die gemeenskappe wat deur die ontwrigtende weersomstandighede negatief geraak is. Groot skade is veral aan skole gerig terwyl verskeie informele nedersettings onder vloede deurgeloop het.
|
Neem asseblief ook kennis dat juf. Anene Loots vanaf 09 Julie tot 08 September vir ons die digitale geletterheidspos, werksaam in die nuwe biblioteek, gaan waarneem. Juf. Merecia Swarts sluit dan permanent vanaf 09 September in die pos by ons aan. Baie dankie juf. Anene dat jy altyd bereid is om te help met aflos.
|
Graag sluit ek dan af met ‘n anonieme stelling van dankbaarheid dat ons skool slegs geringe lekskade tydens die ontwrigtende weer ondervind het en wens vir julle ‘n wonderlike naweek toe.
|
“Dankbaarheid gee sin aan gister,
|
en skep ‘n droom vir môre.’’
|
|
|
|
|
|
Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek
|
|
|
|
Kliek HIER vir advertensies van die week
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|