|
|
|
|
|
Dagboek
Sa 6 Junie 2026
- Rugby: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
- Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
Ma 8 Junie 2026
Di 9 Junie 2026
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)
Do 11 Junie 2026
- Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)
Vr 12 Junie 2026
Ma 15 Junie 2026
Di 16 Junie 2026
Wo 17 Junie 2026
Do 18 Junie 2026
- Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)
Vr 19 Junie 2026
- Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Kan julle dit glo? Die voorlaaste skoolweek van die besige kwartaal kom vandag met die kleure-atletiek tot ‘n einde. Desembermaand het haarself kom tuismaak in ons kalenders en dit beteken ‘n welverdiende vakansie en Kersfees is net om die draai. Ek glo almal is druk besig om die finale projekte en take vir die jaar so spoedig moontlik af te handel voordat die welverdiende vakansie aanbreek.
|
|
Op Donderdagaand, 27 November, het ons musiekdepartement ‘n wonderlike kerskonsert vanaf 19:00 in die saal aangebied. Die indrukwekkende draaiboek is deur Frances Samuel (‘n ouer by ons) geskryf en die storieverteller is deur Pieter Rademeyer (gr. 6) en die skaapwagtertjies is deur Petronella Gouws (gr. 3) en Frannie Samuel (gr. 1) uitstekend vertolk. Hulle drie het hulle puik van hul taak gekwyt, terwyl die senior- en junior koor onderskeidelik onder leiding van Leon Starker en mnr. Ben opgetree het. Die skoolkore en die ouerkoor saam met die Cape Town Camerata het die aand met hul pragtige kerssang betower en onwillekeurig die gevoel van nostalgie en heimwee geprikkel. Die ongelooflike aand is verder gekomplimenteer met die fantastiese optredes deur die senior ensembles, asook Elisabet Marais (graad 7) met die puik voordra van die kersgedig, ‘n Os en ‘n Eseltjie. Die aand is op ‘n hoë noot met die samesang van ‘Hoor die blye eng’lelied’ afgesluit. Sjoe, dit was ‘n belewenis met almal in die saal wat die pragtige kerslied met soveel deernis gesing het. Baie dankie aan juf. Rolene, mnr. Ben, juf. Jana en die span wat hierdie unieke en merkwaardige aand gereël het.
|
|
|
|
’n Nuwe geleentheid wat die OOV dié jaar aangepak het, was die Ouersportdag, wat op 29 November plaasgevind het. Die geleentheid is deur Danielle Rossouw (gr. 3-ouer) gelei, en dit was lekker om te sien hoe ons ouers mekaar in spanne in die volgende dissiplines uitgedaag het: rugby, hokkie, netbal, skaak, swem en tennis! Dit was die keer die beurt van die kinders om hul dierbare ouers langs die sportveld aan te moedig. Dit was ’n dag vol pret, kompetisie en heerlike samesyn. Die opwindende dag is afgesluit deur almal wat die Springbokke in die skoolsaal teen Wallis aangemoedig het! Die Bokke het die ondersteuning baie ernstig opgeneem en die Rooi Drake met 73–0 kaf gedraf!
|
|
|
|
Op Sondag, 30 November, het ons junior- en senior kore tydens die kerssangdiens van NG Kerk, Tamboerskloof vanaf 10:00 opgetree. Ons kore het hul weereens puik van hul taak gekwyt. Baie dankie aan Stefan Lombard (orrelis) wat as diensameroeper opgetree het om die ongelooflike kerssangdiens moontlik te maak, wat die sopraan Lynelle Kenned, die Umbuntu Brass-kwintet en verskeie briljante musikante ingesluit het. Baie dankie ook aan ds. Scottie en Karin dat ons saam met die Tamboerskloof-gemeente die vreugde van Jesus Christus se koms na hierdie wêreld kon vier.
|
|
|
Alhoewel Kersfees die afgelope klompie jare ‘n kommersiële geldmakery geword het, is dit tog vir ons belangrik om dit saam met ons gesinne, familie en vriende te vier. Kersfees is vir my ‘n spesiale tyd van die jaar, want dit is ‘n simbool van liefde, vrede, omgee en veral word daar sommer weer hoop in ‘n mens se hart geskep dat mense in harmonie kan saamleef. Kom ons skep as ‘n skoolgemeenskap ‘n tradisie van liefdebetoning en omgee oor die Kerstyd.
|
Hierdie week is ook gekenmerk deur ons jaarlikse prysuitdelings vir grade 1 tot 7. Graag fokus ek eers op die prysuitdelings van die grondslagfase asook dié van grade 4 en 5, aangesien die saktyd vir die weeklikse nuusbrief te vroeg in die week is om ook die prysuitdelings vir graad 6 en 7 in te sluit. Prysuitdelings is op beste van tye ‘n sensitiewe en kontroversiële onderwerp van bespreking en ek wil julle die waarborg gee dat ons as skoolbestuur en beheerraad baie begrip daarvoor het. Prysuitdelings kan soms maklik in verwaande skouspelle ontaard wat slegs op die toppresteerders fokus. Ons prysuitdelings geskied op ‘n informele manier, maar tog uiters stylvol, waar elke leerder erkenning ontvang. Ons fokus beslis nie net op ons toppresteerders nie en wil graag ons leerders te alle tye beskerm, maar ons besef ook dat dit ons plig as ‘n laerskool is om ons leerders te bemagtig vir die hoërskool asook die grootmenswêreld wat voorlê. Daar was baie hoogtepunte tydens die prysuitdelings, maar opvallend was die gr. 4 – 5-leerders se toejuiging tydens die bekendmaking van die presteerders. Dit is ‘n riem onder die hart om te sien dat ons leerders werklik mekaar se prestasies vier – dit is nog iets wat ons skool uniek maak. Hierdie trotse oomblikke koester ek vir ewig en bevestig net weer dat daar ‘n plek vir akademiese erkenning is op die voorwaarde dat ‘n skool waardegedrewe moet wees en ‘n spesiale etos van omgee en respek omhels. Baie geluk aan al ons leerders, julle maak my baie trots! Graag wil ek al ons ouers/voogde versoek dat ons kollektief nie net trots op ons kinders se talente is nie, want God het dit vir hulle gegee, maar dat ons eerder trots is op wat hulle daarmee doen. Help ons verder dat ons leerders nie hul identiteit slegs op prestasie of nie-prestasie moet bou nie, want volgende jaar mag die bordjie verhang word soos elke kind teen sy/haar eie tempo ontwikkel.
|
|
Op Woensdag, 03 Desember, het die velditems van die jaarlikse kleure-atletiekbyeenkoms te HS Jan van Riebeeck se sportvelde plaasgevind. Die weer het heerlik saamgespeel en ons leerders het in massas deelgeneem en veral ‘n dag buite in die opelug na die eksamens terdeë geniet. Daar is bitter min mooier plekke in die wêreld as die Boshoff-veld met die ikoniese Tafelberg, Seinheuwel en Leeukop as agtergrond. Baie dankie aan mnr. Leon en sy span vir die puik reëlings om die sukses van die dag te verseker. Die baanitems geskied vandag met ‘n heerlike somersdag wat op ons wag.
|
|
|
Dit is dan soos die vorige weke my voorreg om verder voort te gaan om ons pragtige moedertaal te promoveer, en sluit ek met nog ‘n bekende Afrikaanse uitdrukking af:
|
‘Wors in ‘n hondehok soek’
|
Die uitdrukking word gebruik om aan te dui dat jy iets soek waar jy dit beslis nie gaan kry nie of iets tevergeefs doen.
|
Die skool sluit dan amptelik volgende week op Woensdag, 10 Desember, om 10:30. Geniet die atletiekdag vandag en mag julle ‘n vreugdevolle naweek saam met jul gesinne geniet.
|
Groetnis, Naas Beets SKOOLHOOF
|
|
|
|
|
|
VIR AANDAG
|
|
Neem kennis van die volgende belangrike aankondigings en gebeure:
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier volg 'n kort opsomming van die laaste week se aktiwiteite:
|
- Klasindelings vir 2026 word bekendgemaak
- Skool verdaag om 13:15
- Graad 7-sokkie om 18:00
- Sivvies
- Saalbyeenkoms gr. 1 - 6
- Leerderraadslede vir 2026 word bekendgemaak
- Gr. 7-afskeid
- Senior Koor vir 2026 oefen
- Skool verdaag om 13:15
- Sivvies
- Gr. 7's se laaste saalbyeenkoms 08:00 - 09:30 (Gr. 7-ouers is welkom)
- Ontvang rapporte (harde kopie en elektronies)
- Skool sluit 10:30
|
|
|
|
|
|
|
Sien asseblief die skryfbehoeftes wat jou kind in 2026 gaan nodig hê hier onder:
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons versoek ouers vriendelik om hul kontakbesonderhede (e-posadres en telefoonnommer) op MyJvR na te gaan en op te dateer indien dit verander het. Dit verseker dat alle belangrike kommunikasie, insluitend u kind/kinders se rapporte, ontvang word.
|
|
Dankie dat u saam met ons werk om gladde en effektiewe kommunikasie te verseker!
|
|
|
|
|
|
|
|
Raak deel van die Redenaars WhatsApp-groep om alle inligting rakende volgende jaar se redenaars te ontvang. Alle kommunikasie sal daar plaasvind. Gaan na ons LsJvR Community en soek die groep Redenaars (Ls JvR)
|
Vul asseblief die vorm in indien jou kind in Redenaars 2026 belangstel:
|
|
Hier is die kompetisiedatums asook inligtingsessie se datum wat in die eerste week van skool plaasvind. Dagboek asseblief hierdie datum!
|
|
|
|
|
|
|
|
Musiekaansoeke vir 2026 is oop! Skryf gerus jou kind in vir musieklesse en kontak Juf Rolene vir enige navrae. ???? Vul asseblief hierdie vorm in indien jy belangstel: https://jvr.info/musiek2026
|
|
|
|
|
|
|
|
Die bestuur van SACH droom om R200,000.00 vir die SA Kinderhuis in te samel.
Sien hier onder oor hoe jy kan help:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Kersfees is om die draai! Koop kookboeke as geskenke vir oumas, onderwysers, vriende en familie – en laat die skool daarby baat!
|
Vir elke kookboek wat teen R200 gekoop word, ontvang die skool R50.
|
Dis die perfekte manier om iets besonders vir Kersfees of verjaardae te gee, terwyl jy terselfdertyd ons skool ondersteun.
|
Kies uit vier pragtige kookboeke:
|
|
Geure deur Lientjie Wessels – eenvoudige resepte met jou gunstelingbestanddele soos asyn, sout en olyfolie. Heerlik en stylvol!
|
|
|
|
Cake It Till You Make It deur Anmar Wilding – stap-vir-stap riglyne om die perfekte koek te bak, met al die geheime vir goeie bakwerk.
|
|
|
|
Going Home deur Sophia Lindop – ’n Lebanese kookboek vol bekende Mediterreense disse soos hummus, laban en kofta. Gesond én smaaklik!
|
|
|
|
The Lockdown Recipe Storytelling Book saamgestel deur Ingrid Jones – ’n nostalgiese versameling resepte vir klassieke gunstelinge soos hertzoggies en sagopoeding.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
TERUGVOER
|
|
Die jongste sportuitslae, toekennings, prestasies en ander resultate:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons wens ons leerders wat hierdie jaar aan eksterne musiekeksamens deelgeneem het baie geluk! Dit verg besonderse toewyding en harde werk om hiervoor voor te berei, en ons is baie trots op julle uitstekende resultate!
|
|
|
|
|
|
|
Volg Die Suidooster vir al die nuutste artikels, foto's en video's.
|
|
|
|
Klik HIER vir advertensies van die week
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Jy ontvang hierdie nuusbrief
|
|
omdat jy 'n ouer of ondersteuner van Laerskool Jan van Riebeeck is.
|
|
|
|
|
Laerskool Jan van Riebeeck, Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad
|
|
|
|
|
|