|
|
|
|
|
|
DATUMS
Sa 6 Junie 2026
- Rugby: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
- Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
Ma 8 Junie 2026
Di 9 Junie 2026
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)
Do 11 Junie 2026
- Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)
Vr 12 Junie 2026
Ma 15 Junie 2026
Di 16 Junie 2026
Wo 17 Junie 2026
Do 18 Junie 2026
- Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)
Vr 19 Junie 2026
- Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons is opgewonde om aan te kondig dat konsertkaartjies eersdaags op Quicket beskikbaar sal wees. Hou asseblief hierdie spasie dop om presies te weet wanneer kaartjie verkope open. Neem dan asseblief ook kennis dat die konsert vanaf 2 - 12 September plaasvind. As gevolg van die energievlakke en deelname van al die leerders in ons skool, vind die konsert nie elke aand gedurende daardie twee weke plaas nie.
Sodra ons gereed is om Quicket oop te stel, sal almal in kennis gestel word. Wees asseblief nog 'n rukkie geduldig.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Vier 216 Jaar saam met SA Kinderhuis en WEN GROOT!
|
Om ‘n merkwaardige 216 JAAR te vier, hou die SA Kinderhuis 'n spesiale Raffle met ongelooflike pryse, insluitend 'n Limited Edition 70th Anniversary Weber, Rondevlei Wild Geskenkpakke, en nog veel meer!
|
Elke Raffle kos net R216, 'n simboliese verwysing na 216 jaar van liefde en sorg vir ons kinders.
|
Skryf in via SnapScan - volg die skakel WEN HIER! Besoek ons webwerf - volg die skakel WEN HIER!
|
|
Daar is geen limiet op die aantal kaartjies wat jy kan koop nie, so gaan groot en maak hierdie viering onvergeetlik!
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons hokkiespanne het 25 Julie teen Blouberg Ridge gespeel:
|
Seuns: (TUIS) O9A wen 9-0 O11A wen 3-0 O13A wen 1-0
|
Dogters: (WEG) O9A gelykop 1-1 O10A verloor 4-6 O11A wen 6-0 O13B wen 6-0 O13A wen 9-0
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons hokkiespanne het 26 Julie, weg teen Langebaan Curro gespeel:
|
Seuns: O7B wen 1-0 O7A wen 7-0 O8B wen 5-0 O8A verloor 1-4 O9C verloor 0-5 O9B wen 4-0 O9A verloor 1-2 O10B verloor 0-4 O10A wen 3-0 O11A verloor 1-2 O13A wen 2-0
|
Dogters: (WEG) O7A wen 4-1 O8A verloor 1-5 O9A wen 2-0 O10B verloor 0-1 O10A wen 1-0 O11A wen 3-0 O13A gelykop 0-0
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Saterdag, 27 Julie, was die 0.13A's die enigste netbalspan van ons skool wat kans gekry het om binnehuis te speel. Jannies wen die wedstryd 23-14. Ons is ongelooflik trots op die span en hul uithouvermoë. Baie dankie aan elkeen wat die span ondersteun het. Dit word opreg waardeer.
|
|
|
|
|
|
0.7A verloor 1-4 0.7B verloor 0-4 0.7C verloor 0-14 0.8A verloor 2-13 0.8B verloor 0-16 0.9A verloor 8-10 0.9B verloor 1-12 0.9C verloor 0-13 0.10A verloor 3-15 0.10B verloor 0-20 0.10C verloor 1-21 0.11A verloor 8-10 0.11B verloor 5-13 0.11C verloor 1-7 0.12A wen 8-6 0.12B verloor 2-14 0.12C verloor 4-12 0.13A verloor 12-32 0.13B verloor 7-18 0.13C verloor 2-19
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Nog ‘n opwindende week het met ‘n bitterkoue Maandagoggend afgeskop terwyl dit nog steeds reën en dit na ’n naweek van erge koue en reën. Ek weet nie van julle nie, maar ek is nou gereed om my ‘verhouding’ met die winterseisoen finaal te beëindig. Hierdie ‘koue’ behandeling wat ek van die winter kry, sien ek nie meer voor kans nie. Dit is nou tyd om ander seisoene te ontmoet en tyd saam met hulle te spandeer. Aan die ander kant mag ons dalk hier in die stad koud kry, maar ons kan dit nie eens vergelyk met die snerpende koue van die binneland nie, veral op plekke soos Sutherland waar die temperature gereeld gedurende die wintermaande ver onder vriespunt daal. Ek stem ook saam met die ‘wintermense’ dat die winter sy eie bekoring het. Die natuur moet ook tyd kry om te rus, amper te hiberneer om daarna sy prag met die aanvang van Lente met ons te deel. Gelukkig het die son sy kop die afgelope paar dae uitgesteek om almal se gemoedere op te kikker.
|
|
Die afgelope naweek het ons vir die eerste keer aan ‘n sportnaweek teen Curro Langebaan deelgeneem. Hopelik is dit die begin van ‘n langtermyn-reëling van ‘n sportnaweek tussen ons en Curro Langebaan. Die idee is dat hulle ons volgende jaar besoek en ons in 2026 weer by hulle gaan meeding. Dit was ‘n riem onder die hart om te sien hoeveel ouers/voogde die sportgeleentheid in ‘n gesinsnaweek in en rondom Langebaan ‘omskep’ het. Dit het Vrydag amper soos ‘n groot uittog gelyk van ouers/voogde en leerders uit die stad op pad na Langebaan. Baie ouers/voogde en leerders het ook die aand in Langebaan en nabygeleë dorpies oornag. Die opwinding, gees, kameraderie en samesyn onder ouers/voogde en leerders was feitlik tasbaar. Dit is egter jammer dat die netbalwedstryde gekanselleer is en dit sonder om ons betyds in te lig. Natuurlik het dit tot groot ongelukkigheid en frustrasie veroorsaak, want om vroeg in die pad te val en so ver te ry, net om by aankoms eers te hoor dat die netbalwedstryde nie meer voortgaan as gevolg van nat gereënde bane nie, was onaanvaarbaar. Ek het my misnoë met hul Curro Langebaan se Uitvoerende Hoof, mnr. George van Rensburg, uitgespreek en dus het ek sy brief om om verskoning te vra met julle op Maandag, 29 Julie, via WhatsApp gedeel. Die naweek het darem ook ‘n ‘blink’ kant gehad met die puik uitslae van die hokkie- en rugbyspanne. Baie geluk aan ons o/13A-seunshokkiespan wat 2 – 0 gewen het ten spyte van drie sleutelspelers wat nie kon speel nie. Om dinge nog verder te vererger, doen van ons spelers beserings tydens die wedstryd op en moes juf. Shahneé van ‘n o/11 speler gebruik maak. Sy stuur toe vir Dane Botha (Gr. 5) op die veld en hy skiet die twee indrukwekkende doele. Dit wil gedoen wees vir ‘n 11 jarige seun! Ek glo dat die seuns hierdie oorwinning vir ‘n baie lang ruk sal onthou, aangesien hulle die wedstryd teen alle verwagting gewen het. Baie geluk juf Shahneé en haar span. Die o/13A-netbalspan was die enigste netbalspan wat op die dag binnehuis kon speel. Hulle speel ‘n ongelooflike wedstryd ten aanskoue van ‘n saal propvol toeskouers en wen 23 – 14. Welgedaan, juf. Ischké en haar span.
|
|
|
|
Op Woensdag, 31 Julie, speel ons o/7 - o/13 rugbyspan tuis op die Buys-veld teen LS Goodwood Park en het puik gevaar. Ons wen 6 van die 8 wedstryde en speel een gelykop! Baie geluk met julle puik spel, manne. Terselfde tyd het ons netbalspanne teen LS Kenridge weg gespeel. Ons was hier minder suksesvol, maar hou ingedagte dat dit teen ‘n skool met meer as 1 500 leerders was.
|
|
|
|
Ongelukkig moes ons ook op 31 Julie van juf. Izél Storm (Gr. 7) afskeid neem aangesien sy vanaf volgende week by ‘n internasionale skool in Budapest, Hongarye, aansluit. Baie dankie juf. Izél vir alles wat jy vir die skool en sy leerders die afgelope 4 jaar gedoen en beteken het. Jy het uit jou pad gegaan om jou oor jou leerders asook die kinderhuisleerders te ontferm. Ons gaan jou omgee en ‘mooi’ hart baie mis! Jy was vir ons leerders ‘n ware rolmodel en ‘n mens kon jou spreekwoordelik elke dag deur ‘n ring trek. Ons beste wense vergesel jou met jou nuwe hoofstuk op jou lewensreis.
|
|
|
Met die af- en oplaai van leerders by Huppelland asook die sportaktiwiteite en bouwerk wat by Conradieveld plaasvind, wil ons graag die volgende verkeersreëling instel om verkeersknope asook onnodige frustrasies te voorkom:
|
Eenrigting verkeer op in Varsitystraat m.a.w. in die rigting van Leeukop sal vanaf Maandae tot Vrydae tydens die volgende tye streng toegepas word: 07:30 – 09:00 12:30 – 15:00
|
Die bogenoemde reëling geld ook tydens sportdae op Saterdae. Ons sal ook skole en hul ouers wat aan sportwedstryde kom deelneem van die reëling inlig.
|
My tweede versoek is dat wanneer ouers/voogde/au pairs leerders soggens by die skool aan die agterkant (Nuwe Kerkstraat) aflaai en graag jou kind/ers wil help om skooltas/se uit die kattebak te haal, of ‘n drukkie/soentjies te gee, of ‘n bietjie bemoediging vir die dag wat voorlê te gee, eerder van die parkering as die af- en oplaai-sone gebruik sal maak. Dit hou verkeersvloei vanaf Nuwe Kerkstraat op en jaag onnodig ouers/voogde se bloeddruk op. Baie dankie vir jul begrip en samewerking in die verband.
|
Vanaand vind die jaarlikse Bring-en-Raai (Quiz-aand) in die saal plaas. Baie dankie aan almal wat help met die voorbereiding. Ek glo almal wat dit gaan bywoon, sien uit na die kosbare samesyn en lekker kuier terwyl daar ‘n bietjie gedink en geraai word.
|
Môre vind die jaarlikse mini-netbal en rugbydag (o/7 - o/9) by die skool en Conradieveld plaas. Dit gaan heel moontlik die grootste sportdag wees wat ons skool nog aangebied het, want 19 skole het vir die netbal- en 14 skole vir die rugbytoernooi ingeskryf. Daar sal lekker eet- en drinkgoed asook koffie te kope wees. Weens die groot hoeveelheid kinders en volwassenes wat die dag bywoon, is daar ook 6 mobiele toilette by die skool (netbal) en 6 vir die Conradieveld (rugby) gereël. Sterkte aan al ons personeel wat by die opwindende sportdag betrokke is. Ek weet ons leerders gaan dit baie geniet.
|
Ek sluit dan weer af met die volgende stelling deur J.F. Kennedy oor dankbaarheid en wens vir almal ‘n wonderlike naweek toe. Die van julle wat ons sportdag môre tuis gaan bywoon, moet dit terdeë geniet – ek sien julle daar.
|
“As we express our gratitude, we must never forget that our highest appreciation is not to utter words, but to live by them!’’
|
Vriendelike groete, Naas Beets SKOOLHOOF
|
|
|
|
|
|
Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek
|
|
|
|
Kliek HIER vir advertensies van die week
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|