|
|
|
|
|
|
DATUMS
Vr 26 Junie 2026
- Skole sluit (skoolvakansie)
Sa 27 Junie 2026
Di 30 Junie 2026
- Shahnee Felix (Onderwyser) verjaar
Wo 8 Julie 2026
- Claudia Abdol (Assistent) verjaar
- Leon Hanekom (Onderwyser) verjaar
|
|
|
|
|
|
|
|
Skool verdaag Vrydag, 24 Mei, vroeër a.g.v. Kaapse Afrikaanse Eisteddfod wat vanaf 13:00 by ons skool aangebied word.
|
- 12:00 (graad 1-3)
- 12:15 (graad 4-7)
- Nasorg sal steeds tot 17:15 voortgaan.
|
|
|
|
|
Neem asb. kennis dat buitemuurse aktiwiteite (sport & kultuur) vanaf 27 Mei tot 5 Junie tydens skooltyd sal plaasvind.
|
Skooltye tydens die eksamen:
|
- Graad 7's verdaag vanaf Maandag, 20 Mei, om 13:00.
- Graad 1-3 verdaag vanaf Donderdag, 23 Mei, om 13:00.
- Graad 4-7 verdaag vanaf Donderdag, 23 Mei, om 13:15.
- Hierdie tye geld tot Donderdag, 13 Junie.
|
|
|
|
|
Neem asseblief kennis dat ons ongelukkig op Vrydag, 2 Augustus, afskeid van juf. Izél Storm neem. Sy het besluit om Suid-Afrika vir Budapest (Hongarye) te verruil om leerders se lewens daar ook aan te raak. Hierdie verlies het ons genoodsaak na besluite wat ons leerders se behoeftes eerste stel.
|
Graag deel ons vir deursigtigheid die volgende met julle:
|
- isiXhosa: Na vele gesprekke, het die Beheerraad en die EXCO besluit om isiXhosa-klasse wat leerders (gr. 1-6) elke tweede week by juf. Sharon Mabena ontvang, te staak. Hierdie instelling is reeds 'n paar keer hersien om die vak so goed moontlik aan leerders te bied. Ons ondervind dat die taal ('n derde taal) nie met slegs een periode elke tweede week regtig optimaal aangeleer kan word nie. Ons benodig dus meer tyd, maar met ons kurukulum-aanbieiding is daar nie tyd op die rooster om meer isiXhosa- klasse aan te bied nie. Ons is wel van plan om isiXhosa as 'n buitemuurse aktiwiteit aan te bied, indien daar belangstelling is. Hierdie besluit tree dadelik in werking en die aanbieding sal aan die einde van hierdie kwartaal reeds tot 'n einde kom.
- Digitale geletterdheid/biblioteek: Hierdie vak/leerarea word elke tweede week afwisselend met isiXhosa aangebied wat direk deur die besluit geraak word. Ons gaan nou weekliks van die begin van kwartaal 3 hierdie baie belangrike vak aan ons leerders bied wat verseker dat die volle koderingskurrikulum ook aangespreek sal word. Digitale geletterdheid is 'n baie belangrike komponent van kodering en robotika. Tydens die onderrig van digitale geletterdheid fokus ons onder andere op digitale voetspoor en -veiligheid, navorsingsvaardighede en met die addisionele tyd wat nou toegeken word, sal leerders ook meer geleentheid tot ons ‘nuwe’ mediasentrum se biblioteekboeke kan ontvang. Daar is baie spesifiek op hierdie vak/leerarea gefokus toe ons besluit het om hierdie leerruimte op te gradeer.
Juf. Sharon sal nou vanaf 03 Augustus aangewend word om die volgende vakke van juf. Izél Storm te onderrig tot aan die einde van hierdie jaar:
|
- Gr. 5 Eng. HL
- Gr. 6 Eng. FAL
- Gr. 5 PSW (soos kw. 1 en 2), en
- Gr. 7 Aardrykskunde
Verder is die graad 7-klasse van drie na twee verdeel, aangesien die graadgroep baie klein (50 leerders) is. Daar sal dus nie 'n registeronderwyser in Izél se plek aangestel word nie. Hierdie nuus is reeds verlede week met die graad 7-leerders en ouers/voogde gedeel. Hierdie reëling is ook net tot die einde van hierdie jaar van toepassing. Vanaf 2025 sal daar weer 3 klasse by graad 7 wees.
|
Baie dankie vir jul ondersteuning in die verband.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
- 31 Mei 2024
- Koste: R20
- Alle fondse gaan aan die ouetehuis
|
|
|
|
|
|
Ons foto's wat in kwartaal 1 geneem is, is gereed om bestel te word.
|
- Webtuiste: Lunchbox Photography
- Wagwoord: JVR2020
- Lees asb. die instruksies om te bestel op die foto hier onder ingesluit.
- Bestellings wat voor 24 Mei 2024 op die webtuiste geplaas en betaal word, kry gratis aflewering by die skool.
|
|
|
|
|
|
Ons het hierdie tema vir 2024 se veiling gekies omdat dit tot ‘n universele eienskap van die mensdom spreek – die behoefte aan gemeenskap. Die tema simboliseer dat ons diversiteit omarm en dat ons saam sterker is as wat ons apart is, omdat ons ons unieke talente met mekaar deel. “Alles in wit”-partytjies het die afgelope klompie jare al gewilder geraak, onder meer danksy die elegante Dîner en Blanc-byeenkomste wat in Frankryk begin het. Met hul wit uitrustings as ‘n simbool van hul samesyn, bring hierdie sjiek partytjies mense van diverse agtergronde byeen. Terwyl 'n bietjie pret en intrige ingeweef word, vier hul die mensdom se vermoë om saam positiewe verandering teweeg te bring. Die tema herinner ons ook daaraan dat daar altyd meer is wat ons in ons menslikheid verbind as wat ons verdeel. Die tema sluit daarom goed aan by ons skool se leuse, “Wees Jouself”.
|
Ons moedig gaste vanjaar aan om in wit te skitter as ‘n simbool van ons gemeenskapsbande en die lig wat ons uitstraal. Ons is opgewonde oor hierdie elegante en betekenisvolle tema, maar jou teenwoordigheid is vir ons belangriker as jou uitrusting. As jy dus verkies om in ander kleure te skitter, wees gerus dat ons jou steeds met ope arms sal verwelkom.
|
|
Kom ons skep saam ‘n atmosfeer van inklusiwiteit, vreugde en bowenal hegte gemeenskap. Ons sien uit daarna om jóú daar te hê – presies nes jy is! Ons kan nie wag om almal daar te sien nie!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Bordeaux het Saterdag, 11 Mei, eerste plek in Judo behaal. Baie geluk, Bordeaux! Ons is so trots op jou vinnige vordering in die sport.
|
|
|
|
|
|
|
Saterdag, 11 Mei, het die Jannies te staan gekom teen Laerskool Mikro. Die tellings was soos volg:
|
13A wen 28-15 13B wen 27-1 12A wen 21-3 12B wen 6-4 12C verloor 5-9 11A verloor 6-17 11B verloor 2-5 11C wen 4-2 10A verloor 6-10 10B verloor 4-11 10C verloor 0-9 9A verloor 7-12 9B verloor 2-5 8A verloor 1-7 8B verloor 0-9 7A verloor 0-8 7B gelykop 1-1 7C verloor 0-5
|
Ons is trots op al die Jannies!
|
Woensdag, 15 Mei, was dit die Noord-liga se uitspele. Ons spanne het almal baie goed gevaar. Die tellings was soos volg:
|
0.10A JvR vs Edgemead verloor 4-8 JvR vs Milnerton verloor 4-7 JvR vs Vredelus gelyk 4-4 JvR vs Fanie Theron 4-4
|
0.11A JvR vs Parklands wen 9-0 JvR vs Sopokama wen 10-1 JvR vs Milnerton wen 16-3 JvR vs Totius wen 10-6
|
0.12A JvR vs Parow-Noord wen 12-1 JvR vs Elkanah wen 12-5 JvR vs Edgemead wen 9-4 JvR vs Elkanah wen 8-4
|
0.13A JvR vs CBC St Johns wen 13-2 JvR vs Sophokama gelykop 7-7 JvR vs GoodwoodPark wen 11-6 JvR vs Totius verloor 5-14
|
|
Baie geluk aan al ons spanne wat deurgaan na die finale. Ons hou styf duimvas!
|
|
|
|
|
|
|
Die skaakleerders het Dinsdag, 14 Mei, hul tweede wedstryd van die seisoen gespeel en het uitstekend gevaar. Ons het teen Herzlia gespeel en het 6-0 gewen. Ons is baie trots veral op hoe ons leerders die JvR-waardes uitleef. Welgedaan!
|
|
|
|
|
|
|
Ons het verlede week, 9 Mei 2024, teen Elkanah House en Rallim hokkie-ligawedstryde gespeel. Hier volg die uitslae:
|
Dogters: (almal vs Rallim) o.9 0-1 v o.10 1-1 o.11 0-5 v o.13 2-0 w
|
Seuns: o.9B 4-0 w (vs Rallim) o.10 A 2-2 (vs Elkanah) o.10 B 4-0 w (vs Rallim) o.10 C 0-2 v (vs Elkanah) o.11 4-0 w (vs Rallim) o.11 0-0 (vs Elkanah) o.13A 6-0 w (vs Rallim)
|
Ons het Vrydag, 10 Mei 2024, ‘n heerlike sportdag teen Laerskool Mikro gehad. Baie dankie aan al die ouers wat ons ondersteun het. Dit was goed om onsself aan ‘n goeie sportskool te meet. Ons is trots op hoe elke Jannie hul span se uitslae hanteer het! Omgee en respek was die waarde wat elkeen uitgeleef het!
|
Meisies: o.7 verloor o.8 0-2 v o.9 0-4 v o.10 A 0-5 v o.10 B 1-8 v o.11 0-3 v o. 13 1-1
|
Seuns: o.7 A 4-0 w o.7 B 2-0 w o.8 A 2-0 w o.8 B 0-2 v o.9 A 2-3 v o.9 B 2-2 o.9 C 2-2 o.10 A 1-2 v o.10 B 2-3 v o.11 0-1 v o.13 B 1-1 o.13 A 0-0
|
Ons hokkie-ligawedstryde het op 16 Mei vir die kwartaal tot ‘n einde gekom. Ons speel teen Curro Century City en Blouberg Ridge.
|
Seuns: o.9A wen 1-0 o.11A wen 6-0 o.13A wen 3-0
|
Dogters: o.8A wen 3-0 o.10A wen 7-2 o.11A wen 4-0 o.13B wen 8-0 o.13A wen 5-0
|
|
Baie dankie aan al ons leerders vir hul toewyding, ons ouers se ondersteuning en ons afrigters vir ‘n wonderlike kwartaal van hokkie!
|
|
|
|
|
|
Die rugby is nou in volle swang met proewe en wedstryde wat week na week plaasvind.
|
Ons het vir die eerste keer 10 spelers gehad wat aan die finale Suid-streeksproewe deelgeneem het. Baie geluk aan Carter Schoeman en Frank van der Walt wat aan die finale WP-proewe deelgeneem het.
|
Uitslae tydens die kwartaal was baie goed en ons is bevoorreg met goeie deelname wat kompeterende spankeuses en diepte beïnvloed.
|
Uitslae vir die kwartaal: o. 7 Rugby A: Wen 3 - 1 vs Curro Durbanville Verloor 1-5 vs Mikro Wen 1-0 vs Durbanville C
|
B: Wen 5-4 vs Curro Durbanville Wen 5-1 vs Mikro Wen 3-0 vs Durbanville D
|
o.8 Rugby A: Verloor 2-5 vs Curro Durbanville Verloor 1-3 vs Mikro Wen 5-2 Durbanville C
|
B: Wen 8 - 0 vs Curro Durbanville Wen 5-0 vs Mikro Wen 6-4 vs Durbanville F
|
o.9 Rugby A: Verloor 1-3 vs Curro Durbanville Wen 5-2 vs Edgemead Verloor 1-2 vs Mikro Gelykop 2-2 vs Durbanville C
|
B: Verloor 0-6 vs Curro Durbanville Verloor 2-4 vs Mikro Verloor 1-6 vs Durbanville D
|
o.11 Rugby A: Verloor 12-17 vs Curro Durbanville Wen 7-0 vs Edgemead Wen 17-5 vs Mikro
|
B: Verloor 0 - 45 vs Curro Durbanville Verloor 0-55 vs Mikro o.10A
|
o.13 Rugby A: Verloor 7 - 48 vs Curro Durbanville Wen 38-17 vs Edgemead Wen 21-6 vs Mikro
|
|
Ons afrigters hoop dat hierdie goeie uitslae en uitstekende deelname vir die nabye toekoms behoue kan bly.
|
|
|
|
|
|
|
|
Ek hoop julle het die naweek se sport tuis teen Laerskool Mikro net soos ek en die personeel geniet. Vrydagoggend en -middag het Moeder Natuur haar beste probeer om ‘n demper op die hokkiewedstryde te plaas, maar sy kon egter nie die geesdrif en opwinding stuit nie. Ons spanne het puik gevaar en die sportnaweek teen Laerskool Mikro gaan ‘n jaarlikse instelling word van een jaar tuis en die volgende weg.
|
As skool verwelkom ons dat ouers/voogde hul kind/ers by sportklubs inskryf om hul kind/ers meer blootstelling aan ‘n spesifieke sportsoort te gee. Al voorwaarde verbonde is dat die skoolsport altyd voorkeur moet geniet. Ek glo dat julle sal verstaan dat ons nie kan toelaat dat ‘n ouer/voog of leerder eerder verkies om ‘n klub tydens ‘n wedstryd te verteenwoordig as om vir die skool tydens ‘n wedstryd, sportdag of toernooie te speel nie. Ons skool het juis nie die getalle nie en daarom versoek ek julle as ouers/voogde om asseblief die reëling te eerbiedig.
|
Volgende week op Dinsdag, 21 Mei, begin die Junie-eksamen vir die gr. 7’s en die gr. 4 – 6'e begin op Vrydag, 24 Mei 2024. Die assesserings vir die Grondslagfase het reeds verlede week begin en alles verloop klopdisselboom. My beste wense vergesel ons leerders en onderwysers tydens die eksamen, of soos die leerders na die ‘e-woord’ verwys - ‘n woord wat ons nie durf waag om enigsins sommer te besig nie. Hou ingedagte dat leerders assesseringstyd verskillend ervaar. Ons weet dat assessering ongelukkig stresvlakke by meeste leerders verhoog en dit filter ook soms deur na die gesinne. Graag versoek ek julle om ons as personeel te help om die stresvlakke en spanning tydens die eksamen te beheer sodat dit nie die oorhand kry nie. Stres tydens ‘n eksamen is ‘n natuurlike reaksie en as dit reg aangewend en bestuur word, kan dit ook voordelig wees.
|
Probeer gerus die volgende wenke om jou kind/ers se eksamenstres en jou moontlike eie angstigheid daaroor hok te slaan:
|
- Berei asseblief betyds voor. Help jou kind/ers om ‘n studierooster op te stel wat jou kind/ers genoeg tyd gee om ook te ontspan en vroeg saans in die bed te spring sodat hulle genoeg slaap inkry.
- Skep ‘n rustige en ontspanne atmosfeer vry van enige stressors by die huis vir jou kind/ers om te leer.
- Skep ‘n toegewyde studieruimte met behoorlike beligting wat vry van geraas is.
- Skep ‘n emosionele band met jou kind/ers dat hulle nie voel dat hulle die eksamenpad alleen stap nie. Vra vir hulle hoe die eksamen was en spreek positiewe woorde uit. Laat hulle verstaan dat julle vir hulle nog steeds baie lief sal wees, ongeag die uitslae en hulle beslis nie op grond daarvan sal beoordeel nie.
- Help jou kind/ers om ‘n gewoonte te kweek dat hulle die regte skryfbehoeftes en die regte toerusting vir die dag inpak.
- Vermy gejaagdheid, veral om op die nippertjie soggens voor die eksamen jou kind/ers by die skool af te laai, want dit maak leerders angstig.
Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om vir Jack Dawes hartlik geluk te wens met sy opname in die o.12A WP-Hokkie-Sonespan (Durbell). Hokkie by Laerskool Jan van Riebeeck is ‘n baie jong sport wat besig is om te ontwikkel. Dis ook besig om baie gewild onder leerders te word, aangesien dit ook ‘n amptelike Olimpiese sport is. Vanjaar was die eerste keer dat ons leerders, in die geval seuns, gekwalifiseer het om aan die WP-hokkieproewe deel te neem. Aanvanklik het Johannes Mouton, Vincent Oosthuizen en Jack Dawes aan die eerste rondte van proewe deelgeneem. Johannes en Jack het vir die volgende rondte gekwalifiseer, maar net Jack het die span gehaal. Jack neem vanaf 19 - 20 Julie aan die WP-Intersone Hokkietoernooi te Laerskool De Hoop deel. Hiermee ook ‘n pluimpie aan ons hokkie-afrigters wat week-in, week-uit met passie en groot entoesiasme afrig.
|
Baie geluk aan ons o.10A-, o.11A-, o.12A- en o.13A-netbalspanne wat op Woensdag, 15 Mei, te Laerskool Totius puik tydens die Noordelike Distrikte liga-uitspeelrondte gevaar het. Al vier ons spanne gaan deur na die volgende uitspeelrondte teen ander distrikte wat tydens kwartaal 3 sal plaasvind. Die o.11A- en o.12A-spanne het die finale gewen m.a.w. die uitspeelwedstryde (x4) onoorwonne afgesluit. Ons o.13A-span het slegs die finale wedstryd teen Laerskool Totius verloor, maar hulle moes die laaste wedstryd sonder hul hoof- en hulpdoel speel aangesien Karu Rademeyer en Emma Snijders direk na die 3de wedstryd moes haas om aan die semi-finale redenaarskompetisie van die ATKV (Wes-Kaap) deel te neem. Baie geluk aan ons netbalafrigters en spelers vir die puik prestasie om eerste in hul liga te eindig en dan nog verder vir die tweede uitspeelrondtes te kwalifiseer. Laat my ook toe om al die ouers wat so getrou hul wedstryde lojaal ondersteun, hartlik te bedank.
|
Baie geluk aan die volgende leerders wat op Woensdag, 15 Mei, aan die ATKV-Redenaars se semi-finale rondte te HS Bellville deelgeneem het: Pieter Rademeyer, Sabine Barnard, Karu Rademeyer, Emma Snjiders en Dané Olivier. Ons is baie trots op julle! Baie dankie juf. Andri vir jou puik leiding en voorbereiding van ons redenaarsleerders. Hulle uitslae behoort binne tien werksdae beskikbaar te wees.
|
Ons spreekwoordelike dankbaarheidsbeker loop oor. Daarom sluit ek nog steeds af deur my dankbaarheidsjoernaal te deel. Hiermee wens ek vir elkeen ‘n wonderlike naweek toe:
|
“Feeling gratitude and not expressing it is like wrapping a present and not giving it.’’
|
|
|
|
|
|
Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek
|
|
|
|
Kliek HIER vir advertensies van die week
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|