Share this emailCopy the public link or share it on your favorite channel.
Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

Sa 6 Junie 2026

  • Rugby: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
  • Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
  • Veiling

Ma 8 Junie 2026

  • Interne sport begin

Di 9 Junie 2026

  • Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)

Do 11 Junie 2026

  • Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)

Vr 12 Junie 2026

  • Eksamen Eindig

Ma 15 Junie 2026

  • Skoolvakansiedag

Di 16 Junie 2026

  • Jeugdag

Wo 17 Junie 2026

  • Hoofleiers Verkiesing
  • Eksamen Sieketoetse

Do 18 Junie 2026

  • Musiekkonsert ISF
  • Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar
  • Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)

Vr 19 Junie 2026

  • Finkom vergadering
  • Hoofleiers aanwys
  • Musiekkonsert GF
  • Toer oorhandiging
  • Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)




>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Eksamenrooster: November 2024

Hier volg die eksamenrooster vir November 2024:

Boeliegedrag

Soos ons die vorige keer genoem het, is dit belangrik dat my kind PRESIES weet wát boelie is. Ons het genoem dat ons dit in eenvoudige taal só vir ons kind kan verduidelik:

Boelie is:
Iets wat jou laat sleg voel oor jouself en jou hartseer maak
Iets wat ‘n maatjie opsetlik en aspris doen
Iets wat vir jou moeilik is om op jou eie te stop
Iets wat oor en oor gebeur
Iets wat nie by die skool mág gebeur nie

Met bogenoemde in gedagte, wat moet ek doen as my kind ontsteld by die huis kom en sê hy/sy word geboelie? Ouers kan op een van twee maniere reageer. ‘n Mens kan dit eerstens afmaak as: “Ag, jy verbeel jou; dit kan nie so erg wees nie!”… Of ‘n mens kan sê: “Ek gaan onmiddellik sy/haar ouers bel…” Dalk help nie een van hierdie twee reaksies op daardie oomblik regtig jou kind nie.

So, wat moet ek doen? Die volgende mag help:

1. Wys jy gee om. Net om na jou kind te luister wat hulle ookal met jou wil deel, help al klaar. Dit bemagtig jou kind om die volle storie met jou te deel.

2. Kry al die feite. Wanneer jy min of meer kan aflei wat gebeur het en jou kind minder ontsteld is, kry die spesifieke feite.
- Waar gebeur dit?
- Wanneer?
- Hoe gereeld?
- Wat presies word gesê of gedoen?

Ek gebruik gewoonlik die volgende drie riglyne om presíés die omvang van die situasie te probeer verstaan. Dalk kan dit jou as ouer ook help:
-Frekwensie: Hoe gereeld gebeur dit? ‘n Paar keer per dag? Een maal in die week wat verby is? Of was dit net een terloopse opmerking wat jou kind ontstel het?
-Intensiteit: Hoe “erg” is dit? Word jou kind élke pouse opsetlik uitgesluit? Wanneer en waar gebeur dit? Wat word gesê wat jou kind so seermaak?
-Duur: Hoe lank gebeur dit al?

3. Dokumenteer die feite. Skryf al die details neer. Probeer om ‘n tydslyn te skep: wat het waar gebeur en wanneer? As jy voel jou kind kan dit self hanteer, gaan saam met hom/haar deur die tydslyn en wat gebeur het.

4. Deel die inligting met iemand wat jy vertrou. Vra vir terugvoer nadat jy dit gedeel het. Het jy by die feite gebly? Raak jy te emosioneel wanneer jy dit vertel?

5. Vergewis jou met jou skool se boeliebeleid. Dit sal jou die riglyne gee watter stappe jy moet volg om dit te rapporteer en wie jy om hulp kan vra. Deel hierdie inligting met jou kind sodat hulle weet die skool het ook reëls in plek en glo óók hierdie gedrag mag nie toegelaat word nie.

6. Monitor die skool se reaksie. Indien die boeliegedrag voortgaan, dokumenteer nuwe insidente en lig die skool onmiddellik hiervan in.

7. Maak jou kind bewus van boeliegedrag en praat daaroor. Dit gaan jou kind help om te leer watter gedrag is aanvaarbaar en watter gedrag is nie.

8. Bly ingelig en op hoogte van jou kind se gedrag en leefwêreld. Probeer monitor hoe jou kind optree in verskillende situasies wanneer jy by is. Weet jy wie jou kind se maats is? Ken jy die ouers? Wat doen jou kind in sy/haar vrye tyd? Hoe en wanneer gebruik jou kind sosiale media? Volgende keer gesels ons oor wat ons as ouers nog kan doen om ons kind emosioneel weerbaar te maak.

Marike Badenhorst
Opvoedkundige Sielkundige

KULTUUR

Redenaars is hier!

Dit is weer tyd vir redenaars! ATKV het 2025 se temas bekend gemaak. Indien jou kind (Gr. 1 - 7) aan die redenaarsprogram van 2025 wil deelneem, maak asseblief seker jy is deel van die WhatsApp-groep in die Laerskool Jan van Riebeeck Community teen Maandag, 21 Oktober.
Alle belangrike kommunikasie en reëlings gaan daar plaasvind.

Sluit hier aan: REDENAARS (LS JVR)

ALGEMEEN

Ouerpraatjie: Carla de Beer

Carla de Beer kom op Dinsdag, 22 Oktober 2024 by ons kuier om met ouers te gesels oor tieners en die gebruik van sosiale media. Koop jou kaartjie op Karri! Jy wil dit nie mis loop nie.

Mediasentrum en biblioteek: Middae beskikbaar

Die biblioteek sal oop wees vir leerders wat wil kom lees, huiswerk of take doen.

Sien die beskikbare tye hier onder:

Hou die spasie dop: Loots Maandag, 21 Oktober 2024

Ons het iets opwindends op pad wat ons skool se nuus en stories op 'n heel nuwe manier sal bring. Hou jou oë oop, jy wil dit nie mis nie!

TERUGVOER

Tennis: 16 Oktober 2024

Die o.13's het hierdie week teen drie verskillende skole gespeel. Hier is die uitslae:
Tennis: 16 Oktober 2024

Swemgala: 11 Oktober 2024

Die eerste swemgala van die seisoen het op 11 Oktober 2024 by ons skool plaasgevind. Die gees was hoog en die Jannie-swemmers het ongelooflike resultate gelewer. Hier onder volg die resultate van die dag. Ons is opgewonde om te sien wat die res van die seisoen inhou.

Krieketuitslae: 17 Oktober 2024

Ons het hierdie week teen Laerskool Kampsbaai gespeel. Hier volg die uitlsae:

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 18 Oktober 2024 

Week drie van die laaste kwartaal skop met ‘n opwindende kultuurweek af wat vir ons leerders en ouers/voogde aangebied word. Hierdie inisiatief is deel van die skoolbestuur en Beheerraad se visie om die kwaliteit van die kultuuraanbieding by die skool te bevorder en te promoveer. Ek is seker dat julle sal saamstem dat kultuur ‘n opvoedkundige bondgenoot is en dat dit gelykwaardige ruimte, tyd en erkenning soos akademie en sport binne ons skoolopset moet geniet. Dus wil ons skool ‘n wye verskeidenheid van kultuuraktiwiteite aanbied waarin leerders hulself kan uitleef en hul talente ontwikkel.

Die kultuurweek het die volgende aktiwiteite ingesluit:

Dag 1: Ons was baie bevoorreg om op Maandag, 14 Oktober, die Kaapse Filharmoniese orkes te ontvang en hulle het hul puik produksie Pieter en die Wolf vir ons leerders in die saal aangebied. Dit was voorwaar ‘n verrykende belewenis vir die leerders en personeel.
Dag 2: Op Dinsdag, 15 Oktober, is die kultuurweek verder gevier met ‘n kunsuitstalling van ons leerders se kunswerke in die personeelkamer en skoolgange. Ons het ook ‘n stylvolle Dankie-sê-funksie die aand aan al ons donateurs en borge wat oor die afgelope paar jaar ruim donasies asook kosbare tyd aan die skool en Huppelland geskenk het om skoolinfrastrukture, tegnologie, kurrikulum- en dienslewering vir ons leerders op te gradeer en te verbeter. Agtergrondmusiek is die aand deur mnr. Ben en sy orkes verskaf. Die hoogtepunt van die glansfunksie was vir seker die puik kultuuroptredes tydens die aand:
  • Junior koor onder leiding van mnr. Ben.
  • Ruben de Ridder met ‘n klavieritem.
  • Adigail Theron met ‘n kitaaritem asook ‘n duet saam met mnr. Brent.
  • Strykensemble-optrede bestaande uit Coreen Scholtz, Jacob Venter, Peter More, Anabella en Daniella Boshoff en juf. Shannon wat saamgespeel het.
  • Sang duet deur Danielle Boshoff en Karu Rademeyer wat deur mnr. Ben begelei is.
  • Leah de Kock met ‘n klavieritem.
  • Senior koor onder leiding van Leon Starker.
Baie dankie en baie geluk aan ons hoofseun en -dogter, naamlik Frank van der Walt en Karu Rademeyer, wat soos wafferse en ervare seremoniemeesters opgetree het om die gladde verloop van die program te verseker. Ons spesiale gaste het die aand ook die geleentheid gekry om ons leerders se indrukwekkende kunswerke in die personeelkamer en skoolgange te besigtig, asook die nuwe mediasentrum en Zen Den te besoek. Ons kunsleerders is so talentvol en hul beeldende kunswerke is merkwaardig. Ek bewonder hul kreatiwiteit en skeppende vaardighede. Maak gerus ‘n plan om die pragtige kunswerke van ons leerders te besigtig.

Dag 3: Op Woensdag, 16 Oktober, is daar ‘n redenaarswerkswinkel deur Lindie Strydom vir die Gr. 6 en 7-leerders en hul ouers in die mediasentrum aangebied. Bianca Flaunders het ook vir die Gr. 1 – 3-leerders die opwindende produksie ‘Pampoenpit voel ‘n Beat’ in die nasorgsaal aangebied. Haar energie en passie was opvallend en die leerders het dit terdeë geniet.
Dag 4: Op Donderdag, 17 Oktober, is ‘’Mutton Hour’’ deur die bekende akteurs Cintaine Schutte en Wilhelm van der Walt vir die Gr. 6 en 7-leerders aangebied. Dit was ‘n absolute vreugde om hierdie akteurs in aksie te beleef! Die ISF-kultuurkonsert het in die saal vanaf 18:00 plaasgevind. Ons is so dankbaar aan elkeen wat hierdie aand bygewoon het.
Dag 5: Die GF-kultuurkonsert vind op Vrydag, 18 Oktober, vanaf 08:00 – 09:00 plaas. Drum Cafe bied ‘n opwindende en interaktiewe trommesessie vir die Gr. 4 en 5-leerders vanaf 11:00 – 12:00 aan.
Laat my toe om juff. Marinda, Rolene en hulle span hartlik te bedank vir die uitstekende reëlings van die kultuurweek. Kultuur is die afgelope week behoorlik omhels en gevier. Mag die Kunste vir altyd by ons skool gevier word. Dankie ook aan juf. Rentia wat soveel moeite met die kunsuitstalling gedoen het.

Ons junior - en senior kore het op Saterdag, 12 Oktober, tydens HS Jan van Riebeeck se PlezierMarkt opgetree. Baie geluk met hul onderskeie puik optredes tot groot vermaak van die markgangers. Ons kore het in ‘n baie kort tydjie so verbeter met die kwaliteit samesang wat hulle lewer. Baie dankie aan juf Rolene en mnre. Ben en Leon Starker vir jul harde werk en passie vir koorafrigting. Geluk met jul nuwe keuses van musiekstukke, dit verleen sprankel en bevorder positiewe koorgees. Baie geluk ook aan HS Jan van Riebeeck met die puik aanbieding van die PlezierMarkt.

Dit is dan my eer en voorreg om die volgende Gr. 6-leerders hartlik geluk te wens met hul merkwaardige prestasie tydens die Gr. 6 English Home Language Spelling Bee kompetisie waar die volgende vier leerders met die louere weggeloop het:
  • Katryn Silvis (eerste plek)
  • Dané Olivier (tweede plek)
  • Amelie van der Walt (derde plek)
  • Johannes Mouton (vierde plek)
Ons was die enigste Afrikaanssprekende skool wat aan die Engelse spelkompetisie deelgeneem het, wat dus die bogenoemde leerders se prestasie so merkwaardig maak. Baie dankie aan juff. Charlene en Mardry wat die vier bogenoemde leerders help voorberei en bygestaan het. Julle maak ons baie trots!

Baie geluk aan Ruben Eksteen wat ‘n onoorwonne 102* lopies op Dinsdag, 15 Oktober, tydens ‘n o/13 krieketwedstryd teen LS Kampsbaai aangeteken het en ook sommer in die proses vyf paaltjies geneem het. Dit is nie aldag dat ‘n speler ‘n honderdtal in krieket aanteken asook vyf paaltjies neem nie, en dit in ‘n T20. Dit is ‘n merkwaardige prestasie Ruben, ons is baie trots op jou!
Ek sluit dan die derde week van die kwartaal op ‘n dankbare noot af met die onbekende aanhaling oor die lewe en ek wens vir julle ‘n wonderlike naweek saam met julle gesin en/of vriende toe.

“A good life is when you assume nothing,
do more, need less, smile often, dream big,
laugh a lot and realize how blessed you are for what you have!’


Vriendelike groete,
Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir advertensies van die week