Share this emailCopy the public link or share it on your favorite channel.
Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

Sa 6 Junie 2026

  • Rugby: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
  • Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
  • Veiling

Ma 8 Junie 2026

  • Interne sport begin

Di 9 Junie 2026

  • Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)

Do 11 Junie 2026

  • Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)

Vr 12 Junie 2026

  • Eksamen Eindig

Ma 15 Junie 2026

  • Skoolvakansiedag

Di 16 Junie 2026

  • Jeugdag

Wo 17 Junie 2026

  • Hoofleiers Verkiesing
  • Eksamen Sieketoetse

Do 18 Junie 2026

  • Musiekkonsert ISF
  • Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar
  • Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)

Vr 19 Junie 2026

  • Finkom vergadering
  • Hoofleiers aanwys
  • Musiekkonsert GF
  • Toer oorhandiging
  • Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)




>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

KULTUUR

Ballet vir Dogters en Seuns

Ons is opgewonde om met julle te deel dat ons balletprogram vinnig vol raak! Ons moedig julle aan om jul kind so gou moontlik in te skryf, aangesien daar beperkte plekke beskikbaar is. Moenie hierdie wonderlike geleentheid misloop vir jou kind om deel van ons balletprogram te wees nie!

Marimba Club

Marimba Club is ‘n opwindende nuwe buitemuurse musiekaktiwiteit by ons skool. Hierdie program bied leerders die kans om marimba te speel, wat musikale vaardighede, spanwerk en kreatiwiteit bevorder. Dit is ‘n vrolike manier om musiektalente te ontwikkel en deel te wees van ‘n dinamiese groep. Ons nooi alle leerders uit om deel te neem en hierdie ervaring te geniet!

Kliek HIER om die demonstrasie te sien.

Senior Koor: Belangrike datums

1. OEFENTYE
Die senior koor oefen hierdie jaar gedurende die volgende tye:

Dinsdag: 07h30 - 08h30
Donderdag: 07h45 - 08h45

Let asseblief op dat ons oefening op ’n Dinsdag reeds 07h30 begin. Leerders kan hul tasse in die Nasorg sit voor die oefening, en kan dit dan na die oefening gaan haal en klas toe neem.

2. KOORKAMP
Die senior koor het ’n lekker koorkamp om na uit te sien in Februarie! Buiten vir die musiek waaraan ons gaan werk, sal ons seker maak om die kinders ook te bederf.

Datum: 7-8 Februarie
Plek: LJvR Skoolsaal
Tyd: Vrydag, 7 Februarie @ 14h30 - 17h30
Saturday, 8 Februarie @ 08h00 - 13h30

Saterdag, 1 Maart @ 08h00 - 13h30
Donderdag, 6 Maart @ 13h00 - 17h00

Ek sal meer detail deel nader aan die tyd. Laat weet asseblief indien daar ’n oefening is wat jou kind nie kan bywoon nie.

3. MZANZI CONDUCTORS CONVENTION: 14-16 Maart 2025

Ons sien baie uit na die MCC wat in Maart by die CTICC plaasvind. Tydens hierdie geleentheid gaan ons senior koor deel wees van ’n kinderkoor wat, onder leiding van die befaamde Kanadese kinderkoordirigent Zimfira Poloz, gaan leer en werk. Die MCC kinderkoor word opgemaak deur die koorlede van die volgende kore: Tygerberg Kinderkoor, Pietermatizburg Kinderkoor, en Laerskool Jan van Riebeeck Senior Koor.

Die MCC verrigtinge gaan die kinders meeste van die naweek besig hou, en die koor gaan die volgende tye by die CTICC spandeer:

Vrydag, 14 Maart: 13h00 - 18h00
Saturday, 15 Maart: 09h00 - 21h30
Sondag, 16 Maart: 08h00 - 16h00

Daar gaan maaltye aan die kinders voorsien word, en hulle gaan defnitief tyd hê om tussen die oefeninge, konserte, en meestersklasse te ontspan. Sien asseblief die volledige program (ons senior koor is betrokke by die “children’s choir”):

Kliek hier > VOLLEDIGE PROGRAM

Wat ’n geleentheid!

Ek sal meer detail stuur soos ons dit ontvang, maar julle is baie welkom om my te kontak indien daar enige vrae is.

Groete,
Rolene van Zyl
rolene@jvrprim.co.za

SPORT

Ouer-kind Sportdag: Saterdag, 25 Januarie

Liewe Ouers,

Baie dankie dat julle vir ons jaarlikse Ouer-Kind Sportdag ingeskryf het!

Neem asseblief kennis dat die dag om 08:30 sal begin en rondom 12:00 sal eindig. Daar sal 'n snoepie beskikbaar wees, asook boereworsrolle en pannekoeke te koop wees. Ons nooi julle uit om ons plaaslike verskaffers te ondersteun.

Ons het ons bes gedoen om alle spanne soveel as moontlik speeltyd te gee, en ons vra vriendelik dat alle spanne teen 08:30 teenwoordig sal wees, sodat ons die program kan volg wat môreoggend aangekondig sal word.

Trek asseblief gemaklik aan en let daarop dat daar geen toks toegelaat word nie.

Alle nodige toerusting sal voorsien word.

Ons sien uit daarna om almal te huisves en 'n wonderlike dag saam te geniet!

Sien almal môre!

Groete,
Rashard

ALGEMEEN

Advertensies: WhatsApp-groep

Sluit aan by ons Advertensies WhatsApp-groep!

Ons plaas 1 keer 'n week advertensies hier wat ook in ons nuusbrief verskyn.

Druk HIER om aan te sluit.

Mediasentrum Tye

Sien die mediasentrum se tye hier onder:

Verlore goedere: Nuwe Reëlings

Daar is soveel aspekte van Jannie-wees, maar een wat uitstaan, is om ons skooldrag en persoonlike besittings so goed moontlik op te pas. Verlore goedere bly 'n onnodige kopseer vir Jannies.

As ons die skool se waardes regtig wil eerbiedig, moet ons eerlik met onsself wees en bewus word van ons verantwoordelikheid om na ons besittings om te sien. Ons moet respek vir onsself en ons besittings hê sodat ons skool nie nodig het om verlore goedere te bestuur nie. Wanneer ons iets sien rondlê wat aan iemand anders behoort, is dit die regte ding om dit aan die persoon te oorhandig. Op hierdie manier gee ons vir mekaar om.

Jannie-wees is maklik, want ons elkeen kyk na ons eie besittings.

Hoe gaan verlore goedere van nou af hanteer word?
  • Verlore goedere wat gemerk is, gaan 2 keer 'n week aan leerders uitgedeel word.
  • Goedere wat nie gemerk is nie, sal vir 1 week in juf. Helene (gr.1S) se klas beskikbaar wees.
  • Leerders of ouers kan dit onder toesig daar kom soek.
  • Iemand sal tot 15:00 in die middae in haar klas beskikbaar wees.
Goedere wat na 'n week nie afgehaal is nie, sal verwyder word en as tweedehandse items verkoop word.

Maak asseblief seker jou kind se items is alles duidelik gemerk.

Korrekte skooldrag 2025

Let asseblief op die skrywe hier onder sodat jou kind die regte skooldrag van die begin af dra:

Grondslagfase (Graad 1 - 3):
  • Dogters: Hempie (mouloos of moue) met skort of sportbroekie + kaalvoet/ donkerblou plakkies/tekkies met wit sokkies
  • Seuns: Hempie met sportbroekie + kaalvoet/ donkerblou plakkies/tekkies met wit sokkies
  • Koue dae: skoolsweetpaktop en/of broek.
Intersenfase (Graad 4 - 7)
  • Dogters: Hempie soos in Grondslagfase met geruite rompie en/of netjiese donkerblou kortbroek + kaalvoet/ donkerblou plakkies/swart skoolskoene met wit sokkies
  • Seuns: Hempie soos in Grondslagfase met netjiese, donkerblou kortbroek/khaki langbroek + kaalvoet/ donkerblou plakkies/swart skoolskoene met lang, donkerblou kouse met wit strepies
  • Koue dae: Langmou hempie en/of soft shell donkerblou baadjie - GEEN sweetpaktop nie!
LET WEL: Sportdrag mag slegs op LO-dae skool toe gedra word. Indien jou kind sport direk na skool het, moet die rompie/broekie vinnig met die sportbroekie gedurende tweede pouse of na skool vervang word.

Wedstryddrag mag slegs op wedstryddae skool toe gedra word.

Help ons asseblief om ons korrekte skooldrag met trots te dra!

JANNIES GESPREKKE

Nuwe leesprogram: Lees 101

Verlede week het ons ouers/voogde aangemoedig om na die opnames van ons skool se opvoedkundige sielkundige, Marike Badenhorst, op RSG te luister.

Hierdie week wil ons 'n splinternuwe leesprogram (Lees101) wat op Netwerk24 beskikbaar is, bekendstel. Hierdie program fokus daarop om ouers/voogde advies te gee oor lees en waarom lees belangrik is. Dit bestaan uit 12 episodes. Ons skool is so bevoorreg om hierdie bemarkingsblootstelling te ontvang aangesien die geletterdheidsentrum (biblioteek) en Zen Den as aanbiedingsruimte gebruik is. Ongelukkig sal slegs lede wat ingeteken is, toegang tot hierdie platform ontvang.

KLIEK HIER om na die skakel te gaan.

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 24 Januarie 2025

Ek is baie opgewonde om die jaar saam met julle af te skop. Alle skoolaktiwiteite is met die aanvang van die 2de week van die nuwe kwartaal in volle swang en alles loop klopdisselboom.

Op Maandag, 20 Januarie 2025, het die buitemuurseprogram amptelik afgeskop en ons is baie opgewonde oor die deelname van leerders aan die verskillende somersportkodes. Baie dankie aan al die ouers/voogde vir julle aandeel om jul kinders te motiveer om vanjaar weer aktief aan skoolsport deel te neem en dit saam met hul maats te geniet.

Baie geluk aan die volgende leerders (alfabeties) wat op Dinsdag, 21 Januarie, tydens die saalbyeenkoms hul leerderraadbalkies ontvang het:

  • Rudi Badenhorst
  • Jack Dawes
  • Abigail Fourie
  • Ben Esterhuyse
  • Gusto Hoogendyk
  • Nils le Roux
  • Elisabet Marais
  • Johannes Mouton
  • Dané Olivier
  • Vincent Oosthuizen
  • Stella Pansegrouw
  • Katryn Silvis
  • Amelie van der Walt
  • Annalene Viljoen
Baie dankie aan hul trotse ouers wat die spesiale geleentheid bygewoon het om die tradisionele aansteek van hul balkies te behartig. My beste wense vergesel die 2025 leerderraad vir die belangrike rol wat hulle vanjaar as leerderleiers by ons skool gaan speel.
Graag wil ek al ons ouers/voogde wat die gewilde inligtings- en bekendstellingsaand op Donderdag, 23 Januarie 2025, bygewoon het, hartlik bedank. Al was daar elders musiekopvoerings, was dit werklik ‘n riem onder die hart om te sien dat soveel ouers/voogde werklik betrokke by sy/haar kind se skool wil wees en dit koester om deel van ‘n spesiale skoolgemeenskap te wees. Laat my toe om ons uittredende OOV-voorsitter, Coreen Scholtz, en haar span hartlik te bedank vir die puik reëlings en harde werk wat die sukses van die aand verseker het. Die samesyn was kosbaar en die ‘lekker gees’ onder die ouers/voogde was amper tasbaar. Die doel van die aand was natuurlik om inligting oor jou kind/ers se nuwe graad aan ouers/voogde oor te dra, asook om die personeel bekend te stel. Ek dink almal stem saam dat die funksie absoluut die regte geleentheid was om die jaar op ‘n hoogtepunt af te skop. Ek glo ouers/voogde het ook die geleentheid gebruik om mekaar beter te leer ken, veral die Graad 1-ouers asook al die nuwe ouers en daardeur nuwe vriendskappe te bewerkstellig. Groot dankie aan Coreen Scholtz vir wat sy alles vir die skool as OOV-voorsitter gedoen het – ons is jou baie dankbaar! Graag wens ek ons nuwe OOV-voorsitter, Susan Derksen, wat by Coreen oorneem, en haar span alle voorspoed toe en ons sien baie uit na al die gesellige sosiale geleenthede wat die jaar weer voorlê.
Die pret en samesyn vir die week het egter nie by Donderdagaand gestop nie, dus glo ek dat ek môreoggend almal weer tydens die ouer- en kindsportdag by die Conradieveld sal sien. Ouers/voogde en leerders word vanjaar in spanne van 5 lede gedeel wat bestaan uit 2 volwassenes en 3 kinders. Daar gaan vanjaar aan sokker, raak-rugby, ‘’pickle ball’’ en veldnetbal deelgeneem word. Hier is dus die ideale geleentheid om jou balvaardighede ten toon te stel en in die proses ‘n wonderlike dag saam met jou kind/ers en ander ouers/voogde te geniet. Indien jy bekommerd is oor ‘n moontlike besering, gaan ons spesiaal voorsiening van professionele noodhulp maak. Daar sal ook heerlike koffie, smaaklike eet- en drinkgoed te koop wees. By voorbaat dankie dat julle die dag gaan ondersteun. Groot dankie aan die personeel wat as beamptes gaan optree en die snoepieverkope gaan hanteer.

Graag wil ek ook van die geleentheid gebruik maak om Hoërskool Jan van Riebeeck asook Pieter Rademeyer en sy personeel hartlik geluk te wens met hul puik 2024 matriekuitslae. Agt van die top tien presteerders was by ons in die laerskool – ons is saam met julle ongelooflik trots op die volgende merkwaardige uitslae:

  • 211 vakonderskeidings
  • 9 leerders slaag met 7 A’s
  • 4 leerders slaag met 6 A’s
  • 6 leerders slaag met 5 A’s
  • 53% behaal ‘n gemiddelde bo 70%
  • 24,4% behaal ‘n gemiddelde bo 80%
  • 100% slaagsyfer
Graag gee ek erkenning aan die agt oud-Jannies wat die Top Tien posisies behaal het:

  1. Mari Swanepoel met 95,29%
  2. Peet Karsten met 93,57%
  3. Marianne Nel met 92,29%
  4. Layla Erasmus met 90,86%
  5. Liezel Snijders met 89,71%
  6. Andreé van Zyl met 88,86%
  7. Ander skool
  8. Zazzie Henderson met 87,71%
  9. Ander skool
  10. Leila Lonte met 87,00%
Mag Hoërskool Jan van Riebeeck vanjaar weer voortbou op die uitmuntende matriekuitslae. Ons beste wense vergesel hulle.

Ons beplan om sekuriteit by die skool verder op te knap deur spesiale plakkers vir jul voertuie uit te reik om toegang tot die skoolterrein te verleen. Ons deel twee plakkers per gesin op Maandag, 27 Januarie, aan die leerders uit. Die plakkers moet asseblief links voor aan die binnekant van die motor se voorruit geplak word. Indien jy meer as twee voertuie besit en dus meer as twee plakkers verlang, kan jy ekstras teen R10 elk d.m.v. Karri aankoop. Slegs motors met die spesifieke plakkers gaan deur die wagte op die terrein toegelaat word en die nuwe reëling sal vanaf Maandag, 10 Februarie, streng toegepas word. Baie dankie vir julle samewerking in die verband om die veiligheid van ons leerders, ouers/voogde en personeel te verseker.

Ek sluit dan af met ‘n versoek dat ons die jaar met ‘n hart van dankbaarheid moet begin vir al die wonderlike voorregte wat ons so daagliks as vanselfsprekend aanvaar en deel die onderstaande aanhaling van William Arthur Ward rakende dankbaarheid. Geniet môre se pret-sportdag en mag julle ‘n heerlike naweek verder saam met jul gesinne spandeer.

“Gratitude can transform common days into thanksgivings, turn routine jobs into joy, and change ordinary opportunities into blessings.”

Vriendelike groete,

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir Die Suidooster

met al die nuutste artikels, foto's en video's.

Kliek HIER vir advertensies van die week