|
|
|
|
|
Dagboek
Do 8 Oktober 2026
Vr 9 Oktober 2026
- Dapper stappers kamp en stapnaweek (Greyton)
- TOETS: Engels (Gr.5 & Gr.7)
- TOETS: Afrikaans (Gr.4 & Gr.6)
Sa 10 Oktober 2026
- Hs JvR - Gr.7 Inligtingsdag
Ma 12 Oktober 2026
Di 13 Oktober 2026
- Krieket: Kampsbaai (TUIS) o.7 - o.9
Wo 14 Oktober 2026
Vr 16 Oktober 2026
- TOETS: Afrikaans (Gr.5 & Gr.7)
- Skaak: vs Deutsche Internationale Schule Kaapstad TUIS (o.9, o.11 en o.13 span)
- TOETS: Engels (Gr.4 & Gr.6)
Sa 17 Oktober 2026
- Tennis: o.13A Brackenfell (Seuns & Dogters)
Di 20 Oktober 2026
- Atletiek: De Kuilen (o.10 - o.13)
- Atletiek: Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
Wo 21 Oktober 2026
- Hs JvR - 100 Feeskonsert (in Stadsaal)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hiermee sluit ek ‘n opwindende kwartaal drie af as ‘n baie dankbare en trotse skoolhoof met ‘n ongelooflike kwartaal propvol kosbare hoogtepunte agter die rug. Die magiese skoolkonsert was beslis vir my die hoogtepunt van die kwartaal waartydens al ons leerders deelgeneem het! Die kwaliteit van die produksie, die kostuums met soveel detail en die standaard wat ons stel om ‘n suksesvolle konsert aan te bied, is weereens ‘n bewys van die fokus en strewe na uitnemendheid wat ons by die skool wil handhaaf.
|
Ons het op Maandag, 21 September, vir die eerste keer ‘n kultuursaal gehou om erkenning aan ons kultuur-, kuns- en musiekleerders te gee vir hul puik prestasies tydens die onlangse Kaapse Afrikaanse Eisteddfod, Jan Arté, Trinity- en Unisa-musiekeksamens. Daar is tydens die spesiale saal meer as 200 sertifikate aan 110 leerders uitgedeel wat weereens ‘n bewys van die groei en ontwikkeling is wat die afgelope twee jaar t.o.v. musiek, kuns en kultuur plaasgevind het. Ons leerders is so talentvol en hul veelsydigheid is bewonderenswaardig! Welgedaan aan al ons kultuur-, kuns- en musiekleerders met jul merkwaardige prestasie – julle maak ons so trots!
|
Ons beker van dankbaarheid loop spreekwoordelik oor as ons terugkyk oor wat die skool die afgelope kwartaal vermag het. Dit sluit onder andere die volgende in:
|
- die weeklange magiese skoolkonsert;
- die junior koor wat vir die eerste keer by die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod puik opgetree het;
- die onvergeetlike optrede van die junior- en senior koor saam met die Tsjeggiese koor in die Tamboerskloof NG Kerk;
- die opwindende optrede van ons senior koor saam met die Tygerberg Kinderkoor en al die top-laerskoolkore in Kaapstad se ikoniese stadsaal;
- puik Eisteddfod-, JanArté-, Trinity- en Unisa-uitslae;
- suksesvolle ‘koffie- en beskuit’-musiekkonserte op Dinsdagoggende;
- die merkwaardige kodering- en robotikaprestasie deur brons tydens die nasionale World Robotics Olimpiade in Pretoria te wen;
- handhawing van hoë akademiese standaarde asook die puik Wiskundeuitslae wat vanjaar weer tydens die De Kock Wiskunde Olimpiade behaal is:
- die puik wintersportuitslae met 1126 wedstryde wat tydens kwartale 2 en 3 plaasgevind het. Puik netbalprestasies is behaal met die o.13A-netbalspan wat silwer en die o.10A- asook o.11A-span wat bronsmedaljes tydens die distrik se topskole-uitspeeltoernooi behaal het.
- ‘n suksesvolle o.13A-kriekettoer vanaf 20–23 September na Knysna. Ons het vanjaar vir die eerste keer ‘n toerklere-seremonie vir die krieketspan gehad en hartlike dank aan ons borg, SALT, wat die mooiste krieketsakke vir ons spelers geborg het. Ons toerspanne het ook twee dogters ingesluit wat weereens bewys dat ons dogters ook aan hardebalkrieket by ons skool kan deelneem terwyl hulle dikwels die seuns ‘n les of twee leer.
|
|
Die bogenoemde suksesse sou nie sonder 'n dinamiese Beheerraad en Opvoedingstrust, onder leiding van ons voorsitter, Merwe Scholtz, kon plaasvind nie. ‘n Hartlike dank aan ons beheerraad vir hul waardevolle insette, lojale ondersteuning en kosbare tyd om saam met my, die EXCO (bestuurspan) en personeel Laerskool Jan van Riebeeck se reis na uitnemendheid moontlik te maak. Die kombinasie van goeie verhoudinge en vertroue tussen Beheerraad, skoolbestuur, personeel en ouers is instrumenteel dat ons ons skool jaar-in en jaar-uit na nog hoër hoogtes kan lei sodat ons trotse skool homself as een van die voortreflikste skole in die land kan vestig.
|
‘n Skool kan verder slegs suksesvol wees indien sy ouers/voogde aktief betrokke en ondersteunend is, en dit is presies waarvoor ons skool staan – betrokke ouers/voogde wat net die beste vir hul kind(ers) en die skoolgemeenskap wil hê. Mag ons die spesiale JvR-etos by die skool asook die unieke band tussen leerders, ouers/voogde, personeel en sportafrigters vir nog baie lank koester! Solank ons onsself kan wees, sal Laerskool Jan van Riebeeck van krag-tot-krag gaan.
|
Laat my ook toe om ons toegewyde personeel hartlik te bedank vir hul harde werk die afgelope kwartaal, maar veral hul omgee om seker te maak dat ons leerders ‘n leersame, veilige en genotvolle skoolervaring geniet. Ons opvoeders is lank nie meer net verantwoordelik vir onderrig nie, maar tree elke dag onder andere as beraders, sielkundiges, maatskaplike werkers, ouers asook wonderwerkers op en ek glo nie ons ouers besef dit elke dag nie. Baie dankie ook aan juf. Marinda (Adjunkhoof) en die EXCO (Skoolbestuur) vir jul lojale ondersteuning en toegewydheid, saam maak ons ‘n gedugte span om ons trotse skool effektief operasioneel te bestuur. Laaste, maar nie die minste nie, baie dankie aan Louise en haar wonderlike span by Huppelland wat ongelooflike werk doen om die Huppellanders so mooi vir die laerskool voor te berei.
|
Môre, 24 September, op dag 1 van die vakansie, vier die hele land Erfenisdag, of ook bekend as ‘Braaidag’. Ons land kan spog met ‘n magdom kulture en ‘n mengelmoes van ongelooflike mense. Daarom vier ons Erfenisdag jaarliks op 24 September. Ons moet op die spesiale dag as trotse Suid-Afrikaners ons kultuur en ons kosbare erfenis behoorlik vier. Kom ons gebruik die dag om as ‘n trotse nasie ons wonderlike land, sy pragtige mense, diere en natuurskoon te waardeer. Erfenisdag is juis in 1996 ingestel om die kultuur en die unieke diversiteit van ons Reënboognasie te vier! Jy kan dus op die spesiale dag self besluit gebaseer op jou taal, geloof, kultuur en herkoms om iets te doen om jou eie erfenis te vier, asook om die geleentheid te gebruik om meer oor ander kulture en hul kosbare erfenis te leer. Ek glo almal sal die dag omhels en ‘n smaaklike vleisie op die kole gooi of aan iets heerliks eie aan jou kultuur smul.
|
|
Dit is ook Clivia-tyd by ons skool! Ek glo ook dat julle opgelet het dat die clivia-bedding by die Kloofnek-ingang pragtig in blom is. Hierdie inheemse plante, ook bekend as boslelies, kondig gewoonlik die lente aan met hul helderoranje kleure wat ons skool se kleure so mooi komplimenteer.
|
|
|
Aan die einde van hierdie jaar neem ons afskeid van ons geliefde musiekonderwyser, mnr. Ben, wat besluit het om vroeg af te tree. Mnr. Ben is ’n gewaardeerde lid van ons skoolgemeenskap en het deur die jare ’n besondere bydrae tot ons musiekprogram en die lewens van ons leerders gelewer. Sy passie vir musiek, toewyding en liefde vir ons Jannies sal opreg gemis word. Alhoewel ons hartseer is om hom te sien gaan, is ons ook baie opgewonde saam met hom oor die nuwe avontuur wat voorlê. Ons wens hom alles van die beste toe vir hierdie nuwe fase van sy lewe en hoop dit bring vir hom baie vreugde, nuwe ervarings en onvergeetlike oomblikke.
|
Dankie vir alles, mnr. Ben. Ons gaan jou baie mis en sien met opgewondenheid uit na alles wat vir jou voorlê!
|
Op dieselfde noot is ons ook hartseer om aan die einde van die jaar van ons geliefde Engels Huistaal juffrou en Graad 7-Graadhoof (Charlene van Rooyen) afskeid te neem. Sy het baie diep spore in ons skool getrap en sal definitief gemis word. Ons wens haar egter baie voorspoed en geluk toe met die nuwe lewensfase wat sy betree.
|
Gelukkig vir ons sal ons vir juffrou Charlene nog gereeld sien aangesien sy tydens kw. 1 van 2027 in juffrou Marianne (gr. 4) se klas aflos aangesien juffrou Marianne dan met kraamverlof sal wees.
|
Die afgelope week was dit ook die Afrikaanse Woordfees in Stellenbosch om ons unieke en wonderlike taal te vier. Afrikaans is ‘n kosbare taal wat so ryk aan kleurryke idiome en gesegdes is daarom hou ek aan om nog bekende Afrikaanse uitdrukkings/idiome en die betekenis daarvan met julle te deel in ‘n poging om ons pragtige taal verder te promoveer, deel gerus met jou kind/ers:
|
‘as die perde horings kry’
|
Die uitdrukking beteken dat dit nooit sal gebeur nie of iets is onmoontlik om plaas te vind.
|
Ek sluit dan af en mag julle ‘n wonderlike kort vakansie saam met jul gesinne, vriende en familie geniet – lekker braai môre! Sien julle dan D.V. op Dinsdag, 06 Oktober, wanneer die skool weer vir die laaste kwartaal van die jaar heropen.
|
|
|
|
|
|
|
|
Om aan die WKOD en nasionale regulasies te voldoen, moet Laerskool Jan van Riebeeck ons ouers/voogde 30 dae kennis gee van die jaarlikse skoolgeld- en begrotingsvergadering. Neem asseblief kennis dat dit op Maandag, 02 November 2026, om 18:00 in die saal sal plaasvind. Die nuwe BELA-wetgewing vereis 'n kworum van 10% van ons ouerkorps wat die vergadering moet bywoon.
|
Die gedetailleerde begrotingsvoorstelle sal vir besigtiging vanaf Maandag, 12 Oktober 2026, daagliks tussen 10:00 en 14:00 by die finansiële kantoor beskikbaar wees.
|
Indien jy belangstel om die 2027-begroting te kom besigtig, maak asseblief gebruik van die hoofingang te Kloofstraat.
|
|
Ons sien uit om julle by die vergadering te verwelkom.
|
|
|
|
|
|
|
|
VIR AANDAG
|
|
Neem kennis van die volgende belangrike aankondigings en gebeure:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
β¨ VAKANSIE-HANDJIES SE VAKANSIEPRET! β¨
|
Die vakansie is amper hier!
|
Ons is besig om voorbereiding te tref, asook speletjies en kreatiewe aktiwiteite vir ons vakansieleerders te beplan π¨
|
π
DATUMS:
Vr, 25 Sept β Ma, 5 Okt 2026
|
π VAKANSIE-HANDJIES IS OOP:
β¨ Vr, 25 Sept
β¨ Ma, 28 Sept β Vr, 2 Okt
β¨ Ma, 5 Okt
|
Om seker te maak dat ons genoeg hande en aktiwiteite vir almal gereed sal hΓͺ, benodig ons so gou as moontlik die volgende belangrike informasie:
|
1. Die Naam & Van van leerders wat die vakansiesorg gaan bywoon;
2. Watter dae/datums die leerder by ons gaan kom kuier.
|
π RSVP β STUUR ASB DIE VOLGENDE PER WHATSAPP AAN FELICITY: 073 856 6577
|
π§ Naam & Van: ____
π
Datums:____
|
Hoe meer inligting ons het, hoe meer voorbereid kan ons wees om dit βn onvergeetlike vakansiekuier vir almal te maak.
|
Ons kan nie wag om die vakansie saam met al ons vakansiesterre kreatiewe dinge te doen en pret te hΓͺ nie! βοΈ
|
Groete,
Die Vakansie-Handjiesspan β¨β€οΈ
|
|
|
|
|
|
TERUGVOER
|
|
Die jongste sportuitslae, toekennings, prestasies en ander resultate:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Op 11 September het drie van ons leerders die skool met groot trots by die World Robot Olympiad (WRO) Nasionale Kompetisie verteenwoordig. Hierdie kompetisie het by die Heartfelt Arena in Pretoria plaasgevind.
|
Ons span het in die Heritage Explorer Lite-kategorie deelgeneem, waar hulle hul robotika-, programmerings- en probleemoplossingsvaardighede teen van die beste jong robotika-spanne in die land kon toets.
|
Om hul plek by die nasionale kompetisie te verdien, moes die span eers uit 160 deelnemende spanne kwalifiseer, ’n besondere prestasie opsigself. By die nasionale kompetisie het hulle hul vaardighede, kreatiwiteit en deursettingsvermoë ten toon gestel en ’n ongelooflike 3de plek in Suid-Afrika behaal.
|
Ons is besonders trots op Kohl Kushner, Rafa Lamprecht en Liam du Plessis. Al drie in graad 7. Hulle harde werk, spanwerk, kreatiwiteit en vasberadenheid het hulle tot onder die top 30 spanne in die land geneem en uiteindelik ’n welverdiende 3de plek nasionaal besorg.
|
Hierdie prestasie is ’n wonderlike voorbeeld van wat moontlik is wanneer leerders met passie, nuuskierigheid en deursettingsvermoë werk.
|
|
Baie geluk met hierdie fantastiese prestasie, julle het LS JvR se naam hoog gehou.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Op 28 September sal twee van ons Jannies, Nina Burger (6DV) en Klara Pfeifer (4H), die Wes-Kaap by die Nasionale Ritmiese Gimnastiekkampioenskap verteenwoordig. Die kampioenskap vind van 23 tot 29 September plaas. Ons wens hulle alle sterkte toe en hoop hulle geniet hierdie besondere geleentheid!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Klik HIER vir advertensies van die week
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Jy ontvang hierdie nuusbrief
|
|
omdat jy 'n ouer of ondersteuner van Laerskool Jan van Riebeeck is.
|
|
|
|
|
Laerskool Jan van Riebeeck, Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad
|
|
|
|
|
|
|
|