Share this emailCopy the public link or share it on your favorite channel.
Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

Sa 6 Junie 2026

  • Rugby: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
  • Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
  • Veiling

Ma 8 Junie 2026

  • Interne sport begin

Di 9 Junie 2026

  • Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)

Do 11 Junie 2026

  • Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)

Vr 12 Junie 2026

  • Eksamen Eindig

Ma 15 Junie 2026

  • Skoolvakansiedag

Di 16 Junie 2026

  • Jeugdag

Wo 17 Junie 2026

  • Hoofleiers Verkiesing
  • Eksamen Sieketoetse

Do 18 Junie 2026

  • Musiekkonsert ISF
  • Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar
  • Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)

Vr 19 Junie 2026

  • Finkom vergadering
  • Hoofleiers aanwys
  • Musiekkonsert GF
  • Toer oorhandiging
  • Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)




>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

KULTUUR

SENIOR KOOR: MCC 14-16 Maart 2025

Mzanzi Conductor’s Convention by die CTICC: 14 - 16 Maart 2025

Beste Ouers,

Die naweek waarvoor die koor so hard oefen en voorberei, is om die draai. Tydens die MCC gaan ons senior koor deel vorm van die MCC Kinderkoor wat saamgestel word uit vier kinderkore: Tygerberg Kinderkoor, Pietermaritzburg Kinderkoor, Cantaré Kinderkoor, en die Laerskool Jan van Riebeeck Senior Koor.

Die MCC Kinderkoor gaan onder leiding van die bekende Kanadese kinderkoor dirigent, Zimfira Poloz, vanaf Vrydag, 14 Maart, tot Sondag, 16 Maart, werk. Die leerders se toewyding en harde werk word dan Sondag, 16 Maart @ 13h45, tydens die Convention Choirs Showcase ten toon gestel. Dit is defnitief ‘n geleentheid wat julle nie wil misloop nie!

Deel van hierdie konvensie sluit verskeie optredes deur plaaslike en internasionale kore in. Ek heg die program vir die naweek aan, en moedig almal aan om die geleentheid te gebruik om na hierdie briljante kore te luister. Ons koorlede sal toegang hê tot hierdie konserte, maar familie en vriende sal vooraf kaartjies moet koop om dit by te woon. Kaartjies kan op die MCC se webtuiste gekoop word: https://tickets.tixsa.co.za/events/26842

Hier is ‘n lys van die konserte waarvoor julle kaartjies kan koop. Ons senior koor tree op in die Convention Choirs Showcase op Sondag, 16 Maart:
Die koor gaan lang ure by die CTICC spandeer, maar ons vertrou dat die naweek ‘n besonderse belewenis vir elke kind sal wees.

*KLIEK HIER vir die volledige program en betrokkenheid.

Indien jou kind nie hierdie naweek se verrigtinge kan bywoon nie, laat my asseblief weet. Ek sal verdere inligting nader aan die tyd deurgee. Vra gerus indien iets onduidelik is – ons wil graag help.

Vriendelike groete,
Rolene van Zyl

SENIOR KOOR MCC - "Rehearsal" Program

Sien die oefensessieprogram vir Mzanzi Conductor’s Convention by die CTICC hier onder:

KLIEK HIER : MCC REHEARSAL SCHEDULE

SENIOR KOOR: Maart Oefenkampe

Daar lê twee oefenkampe vir die senior koor voor, waartydens ons gaan fokus op die finale afronding van die musiek vir die Mzanzi Conductors Convention.

Waar: LJvR Skoolsaal

Tyd: Saterdag, 1 Maart: 08h00 – 13h30

Donderdag, 6 Maart:
  • 07h45 – 08h45 (Gewone oefentyd)
  • 14h00 – 17h00 (Geen sport of buitemuurse aktiwiteite vir koorlede op hierdie middag nie).
Alle leerders moet stiptelik na afloop van die oefenkampe opgetel word. Die agterste hek sal oop wees vir gebruik.

Kleredrag: Saterdag, 1 Maart: Informeel en gemaklik.

Kos:
  • 1 Maart: Ons vra dat elke ouer asseblief middagete, ‘n peuselhappie en water vir jou kind sal inpak.
Saterdagoggend begin ons stiptelik om 08h00 - ons sal vir die leeders tye gee om te ontspan en iets te eet tussen ons oefensessies.
  • 6 Maart: Ons sal 14h30 vir die leerders middagete voorsien. Pak asseblief peuselhappies en water in vir die res van die middag.
Maak seker jou kind bring genoeg water om gedurende die oefensessies te drink.

Die snoepie is nie oop nie, en geen kind sal toegelaat word om die skoolgronde te verlaat tydens die kooroefening of pouses nie.

Laat weet asseblief indien jou kind nie ‘n oefenkamp kan bywoon nie. Ons hoop om alle koorlede teenwoordig te hê.

Ons sien uit na twee heerlike oefeninge! Vra gerus indien daar onsekerheid is oor iets.

Vriendelike groete,
Rolene van Zyl

ALGEMEEN

Klasbraai: 21 Februarie 2025

Ons sien uit na ons jaarlikse klasbraai wat vanaand vanaf 18:00 by die Conradieveld plaasvind. Kom kuier asb. saam deur ou en nuwe Jannie-vriendskappe te koester. Bring gerus jou eie piekniekmandjie of vleisie, kampstoele, komberse, ens. saam. Ons voorsien braaidromme en -hout. Die braaidromme word in graadgroepe van stygende orde (gr. 1 – 7) vanaf die hek tot by die klubhuis gerangskik. Kom kuier lekker saam waartydens ons die mooiste uitsig in die land kan vier!

Somersokkie: 19 Maart 2025

Dis weer tyd vir 'n somersokkie! Sien meer inligting hier onder:

Dapperstappers en Welwillendheid smelt saam!

Kom geniet 'n vroegoggend-stappie op Melkbos se strand en help ons om die strand skoon te maak.

Wat moet jy saambring:

  • 'n Waterbottel en peuselhappie
  • Gemaklike klere en sonroom
  • Ons voorsien die sakke en handskoene (vir die opruim).
Sien julle Saterdag, 1 Maart om 07:30 by Melkbosstrand!

TERUGVOER

Interskole Atletiekbyeenkoms Uitslae

Op Dinsdag, 18 Februarie, het ons aan die jaarlikse interskole atletiekbyeenkoms deelgeneem. Dit was 'n heerlike dag waar meer as 450 atlete van 10 skole deelgeneem het.

Ons het die dag baie goed begin deur 5 van die 8 langafstand-wedlope te wen. Daarna het ons atlete baie mooi presteer op die baan en veld.

Ons kondig nie 'n wen-skool aan die einde van die dag nie, maar as ons na die punte kyk na afloop van die dag, sou Jan van Riebeeck met die loure weggestap het.

Baie geluk aan Leah Jacobsz wat die beker verower het vir die beste dogter-atleet op die dag.

Baie dankie aan al ons onderwysers wat op die dag diens gedoen het om te verseker dat dit 'n uiters suksesvolle dag was.

Sien volledige uitslae hier:
FINALE UITSLAE - Interskole Atletiek 2025


23 van ons atlete het gekwalifiseer om aan die Zone-kampioenskappe deel te neem. Dit vind Saterdag, 22 Februarie by Vygieskraal plaas. Ons hou vir al die atlete duim vas en weet almal sal hulle beste gee.

Tennisuitslae: 20 Februarie 2025

Sien die week se tennisuitslae hier onder:

Swemuitslae: 14 Februarie 2025

Sien die week se swemuitslae hier onder:

Krieketuitslae: 18 - 21 Februarie 2025

Sien die week se krieketuitslae hier onder:

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Ā Geagte Ouers / Voogde - 21 Februarie 2025

Hierdie week het vier Nederlandse proefstudente vanaf Saxion Universiteit in Enschede by ons skool aangesluit. Hulle is almal derdejaar-onderwysstudente en doen by ons ‘n internskap tot einde April 2025. Gedurende hierdie tydperk ontvang hulle opdragte/projekte van hul universiteit om vir hul studies te voltooi saam met die proeftydperk en praktiese ondervinding wat hulle by ons kom aflê. Aangesien hulle ook by uitreikprojekte in minder bevoorregte areas betrokke gaan wees, sal hulle slegs drie dae per week by ons skool wees. Hierdie ooreenkoms met die universiteit gee weer vir ons as skool blootstelling aan hul leer- en onderrigmetodiek. Baie welkom aan die volgende vier Nederlandse onderwysstudente wat almal studeer om laerskoolopvoeders te word, en mag hulle horisonne by ons verbreed word terwyl ons ook van hulle kan leer:

  • Pien van Dam
  • Robin Groot Rouwen
  • Jette Somsen
  • Kaylee Taken
Ons is so opgewonde om die bogenoemde vier oorsese studente by ons te akkommodeer, want ons weet dat ons leerders en personeel met hul besoek aan ons ‘n breër perspektief van onderwys en opvoeding in Nederland sal kry. Hierdie uitruil-ooreenkoms stel ons in staat om ‘n eerstewêreld-metodiek van leer en onderrig direk in ons klasse te ervaar. Hulle gaan verseker ook ons kulturele diversiteit verder verryk, en ons gaan ‘n dieper begrip van hul denkwyses en kultuur ervaar.

Op Dinsdag, 18 Februarie, het ons skool weer die jaarlikse Interskole Atletiekbyeenkoms by Hoërskool Jan van Riebeeck se sportveld aangebied, en 53 van ons atlete het deelgeneem. Baie dankie en baie geluk aan mnr. Leon en sy span met die suksesvolle atletiekdag waaraan ses skole deelgeneem het. Baie geluk aan die volgende 23 atlete wat na afloop van die Interskole atletiekbyeenkoms gekwalifiseer het om môre aan die sonebyeenkoms te Vygieskraal deel te neem:

  • Gia Kruger o.10
  • Lukas Loubser o.10
  • Mateo Perreira o.10
  • Louis Hofmeyer o.10
  • Maia du Toit o.11
  • Lea Jacobsz o.11
  • Willem Viljoen o.11
  • Stef Nel o.11
  • Ellen van Heerden o.11
  • Rafa Lampbrecht o.12
  • Dane Botha o.12
  • Zander Smit o.12
  • Ella van der Walt o.12
  • Andree Steyn o.12
  • Anabella Boshoff o.12
  • Ynes Samba Kabassidi o.13
  • Stella Pansegrouw o.13
  • Jeanne van Heerden o.13
  • Zani Scholtz o.13
  • Jack Dawes o.13
  • Nils le Roux o.13
  • Carter Schoeman o.13
  • Rudi Badenhorst o.13
Ons is baie trots op julle en hou styf duim vas dat julle almal vir die WP-kampioenskappe op 27 Februarie 2025 sal kwalifiseer.
Op Dinsdag, 11 Februarie, om 12:30 het ons ‘n beplande ontruiming vir brand by die skool geoefen. Ons oefen een keer per kwartaal ‘n veiligheidsontruiming sodat ons leerders en personeel presies weet watter prosedure om te volg indien een van die volgende gevaarlike situasies homself voordoen:

  • ‘n brand
  • ‘n bomdreigement
  • stakings en siviele onrus
Baie dankie aan al ons leerders en personeel wat so vinnig en ordelik ontruim het. Hierdie is ‘n belangrike oefening om die veiligheid van ons leerders en personeel te verseker.

Baie dankie aan MC du Toit, een van ons ouers, wat een oggend lekker saam gespeel het om die rol as skoolhoof te vertolk. Hy het baie deftig agter my lessenaar gelyk, maar was egter nie bereid om my werk te doen nie. Dit is juis wat ons skool so uniek maak – met ‘n ouer wat sommer vir tien sekondes kom skoolhoof speel om ons almal se dag te vermaak. Baie dankie, MC, jy is ‘n groot sport.
Ons skool presteer weer eens op verskeie gebiede, want ons fokus op uitnemendheid in alles wat ons by die skool doen en aanpak. Dus sluit ek die week af met die bekende aanhaling van Aristotle rakende uitnemendheid. Ek sien baie uit om julle en jul kinders vanaand by die kwartaallikse klasbraai by Conradieveld vanaf 18:00 te ontvang. Mag julle dit terdeë geniet en ek weet die samesyn gaan voortreflik wees!

Geniet ‘n heerlike naweek saam met jul gesinne en sterkte aan ons atlete en mini-krieketspelers wat môre gaan deelneem.

“We are what we repeatedly do.
Excellence then is not an act,
but a habit.”

Vriendelike groete,
Naas Beets

Kliek HIER vir Die Suidooster

met al die nuutste artikels, foto's en video's.

Kliek HIER vir advertensies van die week