|
|
|
|
|
|
DATUMS
Sa 6 Junie 2026
- Rugby: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
- Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
Ma 8 Junie 2026
Di 9 Junie 2026
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)
Do 11 Junie 2026
- Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)
Vr 12 Junie 2026
Ma 15 Junie 2026
Di 16 Junie 2026
Wo 17 Junie 2026
Do 18 Junie 2026
- Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)
Vr 19 Junie 2026
- Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons het 'n paar skooltasse ontvang en kry binnekort nog. Dit is die gewone JvR-skooltas. Die duurder Ramble-rugsak sal eers middel-Mei beskikbaar wees. Bestel gerus aanlyn of kom koop in die winkel.
|
- Winkelure:
- Maandae & Woensdae: 07:00 - 08:30
- Dinsdae & Donderdae: 13:00 - 14:30
- Jan Kas aanlyn winkel: Tuis - Jan Kas
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Op 13 en 15 Mei 2024 hou ons graad 6 en 7-musiekleerders 'n musiekkonsert. Dit is ‘n wonderlike geleentheid waar hulle die afgelope twee kwartale se harde werk met vriende en familie kan deel. Ons leerders is nie verplig om deel te neem nie, maar ons moedig almal aan om die geleentheid te gebruik.
|
Die konserte sal in graadverband plaasvind. Sien asseblief die spesifieke datums en tye hier onder.
|
Ons nooi alle ouers, familie en klasmaats uit om te kom luister en die middag saam met ons te geniet.
|
Graad 6: Maandag, 13 Mei @ 14:15 – 15:00 Graad 7: Woensdag, 15 Mei @ 14:15 – 15:00
|
|
Indien daar graad 6 of 7-leerders is wat buite die skool musieklesse neem en graag aan die musiekkonsert wil deelneem, stuur asseblief ‘n e-pos aan juf. Rolene: rolene@jvrprim.co.za
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons foto's wat in kwartaal 1 geneem is, is gereed om bestel te word.
|
- Webtuiste: Lunchbox Photography
- Wagwoord: JVR2020
- Lees asb. die instruksies om te bestel op die foto hier onder ingesluit.
- Bestellings wat voor 24 Mei 2024 op die webtuiste geplaas en betaal word, kry gratis aflewering by die skool.
|
|
|
|
|
|
Ons het hierdie tema vir 2024 se veiling gekies omdat dit tot ‘n universele eienskap van die mensdom spreek – die behoefte aan gemeenskap. Die tema simboliseer dat ons diversiteit omarm en dat ons saam sterker is as wat ons apart is, omdat ons ons unieke talente met mekaar deel. “Alles in wit”-partytjies het die afgelope klompie jare al gewilder geraak, onder meer danksy die elegante Dîner en Blanc-byeenkomste wat in Frankryk begin het. Met hul wit uitrustings as ‘n simbool van hul samesyn, bring hierdie sjiek partytjies mense van diverse agtergronde byeen. Terwyl 'n bietjie pret en intrige ingeweef word, vier hul die mensdom se vermoë om saam positiewe verandering teweeg te bring. Die tema herinner ons ook daaraan dat daar altyd meer is wat ons in ons menslikheid verbind as wat ons verdeel. Die tema sluit daarom goed aan by ons skool se leuse, “Wees Jouself”.
|
Ons moedig gaste vanjaar aan om in wit te skitter as ‘n simbool van ons gemeenskapsbande en die lig wat ons uitstraal. Ons is opgewonde oor hierdie elegante en betekenisvolle tema, maar jou teenwoordigheid is vir ons belangriker as jou uitrusting. As jy dus verkies om in ander kleure te skitter, wees gerus dat ons jou steeds met ope arms sal verwelkom.
|
|
Kom ons skep saam ‘n atmosfeer van inklusiwiteit, vreugde en bowenal hegte gemeenskap. Ons sien uit daarna om jóú daar te hê – presies nes jy is! Ons kan nie wag om almal daar te sien nie!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Gustav van der Linde, Ané Swanepoel en Anna Louw het al drie die Cape Town Bodyboarding-span gemaak en gaan in September in Port Alfred die WP verteenwoordig. Ons is so trots op hulle! (Anna en Ané verskyn ongelukkig nie op die spanfoto nie)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Bordeaux Wheeler het die 13de April in die Paarl aan die CWJA NOVICE judo-kompetisie deelgeneem en 'n tweede plek behaal. Hy het ook die 20ste April in Piketberg aan die West Coast Open onder Novice deelgeneem en weer tweede gekom. Daarna het hy aan die West Coast Open deelgeneem waar hy 'n 4de plek behaal het. Baie geluk, Bordeaux, ons is trots op jou!
|
|
|
|
|
|
|
|
Met herfs in volle swang begin die winter stadig, maar seker haar merk maak met fyn motreën asook koue en mistige toestande wat die afgelope tyd in die Moederstad voorkom. Die winter het sy eie bekoring en wanneer die koue windjie soggens vroeg aan die blare roer, sou ons seker eerder verkies om ‘n bietjie langer in die bed te bly. Ek glo julle stem saam alhoewel die oggend lug ‘n mens laat bibber, maak die winterreuk daarvoor op veral om die verfrissende koue lug in te asem. Vroegoggend met ‘n heerlike warm koppie boeretroos is die perfekte tonikum om ‘n mens se wintersdag aan die gang te kry, veral op ‘n Saterdagoggend as daar ‘n opwindende sportdag vir die Jannies voorlê.
|
Graag wil ek die week met jul ‘n netelige kwessie bespreek, naamlik die gevare wat sosiale media vir kinders inhou. Ek besef die gebruik van selfone en/of ander toestelle en natuurlik die gepaardgaande tegnologie is vandag deel van ons kinders se verwysingsraamwerk. Ek moet egter gereeld optree rakende kuberboelie via sosiale platforms wat hoofsaaklik na skoolure plaasvind. Die vraag wat by julle mag opkom, is die volgende: 'Dit vind buite skoolure plaas en het jy as skoolhoof enige sê daarin?' My antwoord is heel eenvoudig, ek dink nie ouers besef dat boelie deesdae méér aanlyn as op die skoolgronde gebeur nie. Dit is juis hier waar ek betrokke wil raak, want ons moet saam met julle die kinders leer om in die eerste plek nie die boelie te wees nie. Ek kom al hoe meer agter hoe min ouers/voogde bewus is van hul kind/ers se doen en late op die internet. Selfs volwassenes verstaan nie altyd dat die digitale spoor wat hulle deur die gebruik van die internet los, vir ewig daar gaan bly nie. Wanneer jy ‘n flater begaan, is daar selde iets wat jy kan doen om die saak te verbeter. Onthou die kritiek wat ouers/voogde nie te lank gelede ontvang het nie toe hulle die televisie as kinderoppasser ingespan het om net ‘n bietjie later te kan slaap of ‘n Sondagmiddagslapie te geniet. Dit is egter kinderspeletjies in vergelyking met vandag se situasie.
|
Verder is daar geen handleiding vir die gebruik van sosiale platform toepassings aan ouers/voogde en kinders beskikbaar nie. Leerders deel dikwels met ons dat van hulle volle toegang tot Instagram, Tik Tok, SnapChat, Facebook en WhatsApp het. Ek dink ook as ouers/voogde moet ons ernstig nadink hoekom ons kinders op sosiale media moet wees en waarom hulle gedurig iets van hulself of ander kinders daarop moet plaas. Indien jou kind/ers ‘n slimfoon besit of toegang d.m.v. ander toestelle tot die internet het, rig ek ‘n dringende versoek om gereeld die gebruik daarvan te ondersoek en/of te reguleer. Baie dankie vir julle ondersteuning in die verband.
|
Ek glo baie van julle het gewonder wanneer ek iets oor die kontroversiële BELAB-wetgewing gaan noem. Hiermee dan in ‘n neutedop terugvoering rakende die nuwe BELAB-wetgewing wat onlangs deur die Nasionale Raad van Provinsies se verkose komitee oor Onderwys, Tegnologie en Sport goedgekeur is. Die Uitvoerende Hoof van FEDSAS (die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole), dr. Jaco Deacon, som dit soos volg op: die aanvanklike wysigings rakende taal- en toelatingsbeleid, wat die besluitnemingsmag na die onderwyshoof sou skuif, is tot so ’n mate aangepas dat dit steeds ’n funksie van ’n skoolbeheerraad bly. “Dit gee wel beperkte oorsigkapasiteit aan onderwyshoofde, maar met duidelike riglyne oor hoe dit moet gebeur.” Gelukkig vir ons is die voorgestelde wysigings nou van so ’n aard dat openbare skole steeds openbare skole bly wat deur skoolbeheerliggame (beheerrade) beheer word. In die jongste wysigings bepaal die beheerraad nog steeds die toelatings- en taalbeleid sonder dat dit deur ’n onderwyshoof goedgekeur hoef te word. Waar ’n onderwyshoof wel ’n finale besluit oor toelating moet neem, moet die skool se beleid gebruik word. Dit moet in oorleg met die beheerraad geneem word en die administratiewe besluit moet redelik, regmatig en prosedureel billik wees. Dit gee darem vir ons ‘n bietje meer gemoedsrus sodat ons onverpoos met die puik werk by ons skool kan voortgaan tot voordeel van ons leerders.
|
Graag sluit ek af deur steeds my dankbaarheidsjoernaal te deel. Hiermee wens ek vir elkeen ‘n wonderlike naweek toe:
|
“Thankfulness is the beginning of gratitude. Gratitude is the completion of thankfulness. Thankfulness may consist merely of words. Gratitude is shown in acts.’’
|
|
|
|
|
|
Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek
|
|
|
|
Kliek HIER vir advertensies van die week
|
|
|
|
|
|
|
|
|