|
|
|
|
|
Dagboek
Sa 6 Junie 2026
- Rugby: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
- Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
Ma 8 Junie 2026
Di 9 Junie 2026
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)
Do 11 Junie 2026
- Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)
Vr 12 Junie 2026
Ma 15 Junie 2026
Di 16 Junie 2026
Wo 17 Junie 2026
Do 18 Junie 2026
- Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)
Vr 19 Junie 2026
- Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Dit is my ’n wonderlike voorreg om al ons leerders, ouers/voogde en personeel terug by die skool te verwelkom na ’n heerlike, maar baie kort Oktober-vakansie. Ek hoop almal het die vakansie terdeë geniet. Verder glo ek almal se spreekwoordelike batterye is herlaai en slaggereed om kwartaal 4 met hope energie en entoesiasme aan te durf. Kwartaal 4 is vanjaar besonders kort, want dit is slegs nege weke lank met heelwat opwindende aktiwiteite wat gaan plaasvind – hou dus die spasie dop en maak jou spreekwoordelike gordel vas.
|
Die somersport buitemuurseprogram het alreeds op Maandag, 13 Oktober, met mening afgeskop en ons maak gereed vir al die somersportwedstryde, -toernooie, -swemgalas en -byeenkomste wat die kwartaal gaan plaasvind. Musieklesse het ook op Maandag, 13 Oktober, begin.
|
|
Die finale rondte van die WOW-spelfees het die afgelope naweek gedurende die vakansie by die Universiteit van Stellenbosch plaasgevind. Mateo (Gr. 4) en Ghia Pereira (Gr. 6) was die enigste Jannies wat tot die finale rondte deurgedring het. Mateo het ’n 7de plek en Ghia ’n 8ste plek in hul onderskeie kategorieë behaal. Hierdie is merkwaardige prestasies op nasionale vlak en baie spesiaal dat boetie en sussie saam op die hoë vlak kon presteer. Baie geluk julle twee – julle maak ons baie trots, en ons besef die harde werk en tyd wat daarmee gepaard gegaan het om vir die uitdagende kompetisie voor te berei.
|
|
|
Ons gebruik gewoonlik vakansies en naweke om onderhoudswerk by die skool te doen, en die afgelope vakansie is daar weer hard gewerk aan herstel- en verfwerk by die speelarea van die nasorg om die area op te gradeer en te verfraai. Daar is onder andere die volgende gedoen:
|
- Herstelwerk aan die plaveisel.
- Sement- en plaveiwerk.
- Herstelwerk aan agterste muur teen die woonstelblok.
- Teerwerk.
- Afskuur en vernis van die klimrame.
- Verfwerk van die bankies.
- Opvul van ’n dekarea om die veiligheid van leerders te verseker.
|
Baie dankie aan juf. Jodene vir al die reëlings, asook Hannes en die terreinmanne vir hul harde werk om die bogenoemde verbeteringe aan te bring.
|
|
|
|
Op Dinsdag, 14 Oktober, tydens die weeklikse saalbyeenkoms het ons skool onder groot geheimhouding vir die eerste keer sy eie gelukbringer bekend gestel – leerders en personeel was aangenaam verras en het dit glad nie verwag nie! Dit was ’n inisiatief van die volgende drie graad 4-leerders wat ’n afspraak met my kom maak het om voor te stel dat ons skool ernstig moet oorweeg om ’n gelukbringer, soos ander skole, tydens sportdae en veral tydens interskole, bekend te stel:
|
- Ilsa Jooste,
- Elliot Coetzee, en
- Dirkie van Eeden.
Hulle voorstel was Jannie die Jagluiperd as gelukbringer. Ek het, soos aan hulle belowe, hul voorstel aan die skoolbestuur (EXCO) voorgelê. Die EXCO het saamgestem dat dit ’n baie goeie inisiatief is en dat ons dit moet ondersoek. Om ’n lang storie kort te maak, is daar besluit dat die enigste dier wat in ons nuwe skoolwapen voorkom, ’n leeu (as gevolg van Leeukop) is, en dat ons eerder ’n leeu moet kies, aangesien dit ons skoolwapen en kernwaardes verder sal komplimenteer — wat baie sin maak.
|
Die leeu, of sal ek eerder sê die nuwe gelukbringer, het toe ook ’n baie unieke en spesiale naam gekry, naamlik BRUL-JANt. Dit is baie gepas, aangesien ’n leeu lekker kan brul en dan saam met ons briljante Jannies is die naam BRUL-JANt vir seker baie gepas.
|
Die opwinding in die saal was oorverdowend met die verskyning van BRUL-JANt op die verhoog, nadat ek eers die nuwe skoolwapen met al sy simboliek aan die leerders verduidelik het, asook die agtergrond met hulle gedeel het oor waarom daar besluit is om ’n leeu as ons skool se gelukbringer te kies. Kyk bietjie hier: BRUL-JANt se bekendstelling
|
|
BRUL-JANt se eerste optrede sal tydens die jaarlikse interhuis-atletiekbyeenkoms in Desember wees. Graag wil ek vir ons skool se finansiële bestuurder, Liesel Hammond, hartlik bedank vir al die reëlings om vir BRUL-JANt te laat maak. Laaste, maar nie die minste nie, ’n hartlike dankie aan die 2025-graad 7’s wat die maak van BRUL-JANt betaal het as deel van hul gr. 7-afskeidsgeskenk aan die skool.
|
|
|
|
Op Woensdag, 15 September, het die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) se jaarlikse sistemiese toetsing by ons skool vir gr. 3- en 6-leerders plaasgevind. Hierdie toetsing vind al sedert 2002 plaas. Die program is in 2010 ook na graad 9 uitgebrei. Die uitslae help skole om dele wat verbetering verg, te identifiseer, en die WKOD om vas te stel watter dele van die kurrikulum bykomende ondersteuning benodig. Ons sal julle op hoogte van die uitslae hou sodra ons dit vroeg volgende jaar ontvang.
|
|
Ons leerderraad het saam met juf. Marinda ’n leerderraadsontbyt op Donderdag, 16 Oktober, te Laerskool Welgemoed vanaf 08:00 bygewoon. Dit is ’n jaarlikse instelling waar Laerskool Welgemoed verskeie laerskole se leerderrade nooi vir leierskapontwikkeling asook ’n heerlike samesyn. Die gasspreker vir die oggend was die gewilde burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis. Sy positiewe en inspirerende boodskap aan die jong leerderrade het beslis hul dag gemaak.
|
|
|
|
Die afgelope Oktober-vakansie het juf. Marianne haar gewilde naaldwerkklasse aangebied, en ons leerders het dit vreeslik geniet.
|
|
|
Dit is dan, soos die vorige kwartaal, my voorreg om verder voort te gaan om ons pragtige moedertaal te promoveer, en ek sluit af met nog ’n bekende Afrikaanse uitdrukking:
|
‘Hy is agterstevoor suinig’
|
Die uitdrukking verwys na iemand wat geld op klein dingetjies wil spaar, maar tog baie geld op onnodige dinge bestee. Die Engelse weergawe sal wees: “penny wise but pound foolish.”
|
Geniet ’n wonderlike naweek saam met julle gesinne.
|
Vriendelike groete,
Naas Beets SKOOLHOOF
|
|
|
|
|
|
VIR AANDAG
|
|
Neem kennis van die volgende belangrike aankondigings en gebeure:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Sien die eksamenrooster vir November 2025 hier onder:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Neem asseblief kennis dat eerskomende Maandag en Dinsdag se periodes omruil. Maandag sal Dinsdag se periodes volg m.a.w. senior kooroefening om 07:30, saal, ens. Die graad 7's van 2020, wat volgende week met hul matriekeindeksamen begin, kom soos elke jaar vir oulaas ons saalbyeenkoms bywoon. Maak asseblief seker dat jou kind se LO-klere en boeke vir die dag se vakke reg ingepak word. Die buitemuurseprogram sal soos normaal voortgaan.
|
|
Dankie vir die samewerking.
|
|
|
|
|
|
|
|
Dit is weer tyd vir konsert hou! Ons rond die jaar se kultuuraktiwiteite af met ’n heerlike aand van musiek en kultuur, waartydens ons saam met ons leerders hul harde werk, toewyding en puik vordering vier. Let asseblief op dat ons ’n ekstra datum bygevoeg het, omdat daar soveel leerders is wat aan hierdie konserte deelneem. Ouers van die leerders wat deelneem, sal vandag ’n e-pos van my en jou kind se musiekonderwyser ontvang. Maak asseblief seker dat julle weet op watter datum en tyd jou kind speel. ISF-Kultuurkonserte: Woensdag, 29 Oktober @ 19h00 - 20h00 (Alle Graad 4-deelnemers) Donderdag, 30 Oktober @ 17h15 - 18h15 (Graad 5 - 7-deelnemers) Donderdag, 30 Oktober @ 19h00 - 20h00 (Graad 5 - 7-deelnemers) GF-Kultuurkonsert: Vrydag, 31 Oktober @ 08h00 - 09h00 Kontak gerus vir juf Rolene vir enige verdere navrae.
|
|
|
|
|
|
|
|
Daar lê ’n opwindende kwartaal vir ons kore voor, met optredes by verskeie geleenthede. Maak ’n aantekening in jou dagboek, en hou ons WhatsApp-groep vir verdere inligting dop: Woensdag, 22 Oktober (Junior en Senior Kore) * Weskus Koorfees @ Laerskool Van Riebeeckstrand Saturday, 25 Oktober (Junior Koor) * Pleziermarkt @ Hoërkool Jan van Riebeeck Donderdag, 27 November (Junior en Senior Kore) * Laerskool Jan van Riebeeck Kerskonsert Sondag, 30 November (Junior en Senior Kore) * NGK Tamboerskloof Kerkdiens Kontak gerus vir juf Rolene met enige vrae.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Sien die buitemuurseprogram vir kwartaal 4 hier onder:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Kyk hoe ons hierdie kwartaal 'n verskil in ons gemaak gemeenskap wil maak, hier onder:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons wil ouers vriendelik versoek om vroegtydig kennis te neem dat daar ’n belangrike skrywe oor die skool se Kunsmatige Intelligensiebeleid in hierdie week se nuusbrief onder Jannies Gesprekke ingesluit is. Dit is van groot belang dat alle ouers die dokument aandagtig deurlees, aangesien dit riglyne bevat wat ons skoolgemeenskap direk raak.
|
Kyk sommer ook na die kort video opname in die artikel, waar Jannies vertel waarom hulle skool toe kom, verstaan die potensieel negatiewe impak van KI op leer en vergewis jouself van die skool se KI-beleid.
|
|
|
|
|
|
|
|
Neem asseblief kennis dat alle omruilings binne 7 dae vanaf die datum van aankoop gedoen moet word. Ons kan ongelukkig nie klere omruil wat maande later, of selfs eers ’n jaar ná aankoop, na ons teruggebring word nie. Dankie vir julle begrip en samewerking.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Sien asseblief baie belangrike inligting hier onder rakende ons jaarlikse begrotingsvergadering op 3 November 2025:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Maak reg vir pret, spanpoging en sportgees!
|
Saterdag, 29 November 2025, van 08:30 tot 17:30 bied ons die opwindende Ouersportdag aan.
|
Kom wys jou vaardighede in:
|
Daar is slegs plek vir 8 spanne, elk bestaande uit 16–20 lede. Moenie uitmis nie – dit beloof ’n dag vol lag, kompetisie en lekker saamwees.
|
|
???? Skakel of WhatsApp Danielle le Clus-Rossouw by 082 923 5903 om meer inligting te kry en jou span se plek te bevestig.
|
|
|
|
|
|
|
TERUGVOER
|
|
Die jongste sportuitslae, toekennings, prestasies en ander resultate:
|
|
|
|
|
|
SPORT
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons is ongelooflik trots op Christiaan Cronje, wat sy WPWA-kleure verwerf het deur aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Jeugkampioenskappe in Pretoria (9–11 Oktober 2025) deel te neem.
|
|
Christiaan het uitmuntend presteer in die Freestyle (FS-U/10, Open)-afdeling en ’n silwer medalje huis toe gebring!
|
|
|
|
|
|
|
Volg Die Suidooster vir al die nuutste artikels, foto's en video's.
|
|
|
|
Klik HIER vir advertensies van die week
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Jy ontvang hierdie nuusbrief
|
|
omdat jy 'n ouer of ondersteuner van Laerskool Jan van Riebeeck is.
|
|
|
|
|
Laerskool Jan van Riebeeck, Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad
|
|
|
|
|
|