Share this emailCopy the public link or share it on your favorite channel.
Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

Sa 6 Junie 2026

  • Rugby: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
  • Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
  • Veiling

Ma 8 Junie 2026

  • Interne sport begin

Di 9 Junie 2026

  • Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)

Do 11 Junie 2026

  • Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)

Vr 12 Junie 2026

  • Eksamen Eindig

Ma 15 Junie 2026

  • Skoolvakansiedag

Di 16 Junie 2026

  • Jeugdag

Wo 17 Junie 2026

  • Hoofleiers Verkiesing
  • Eksamen Sieketoetse

Do 18 Junie 2026

  • Musiekkonsert ISF
  • Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar
  • Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)

Vr 19 Junie 2026

  • Finkom vergadering
  • Hoofleiers aanwys
  • Musiekkonsert GF
  • Toer oorhandiging
  • Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)




>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Skool verdaag vroeër: Vrydag, 30 Augustus 2024

Neem asseblief kennis dat die skool Vrydag, 30 Augustus, om 12:00 vir GF en 12:15 vir ISF verdaag. Dit is die afsluiting van die wintersportwedstryde teen Laerskool Welgemoed (tuis) met die hokkie wat reeds om 13:00 by die skool sal begin. Netbal en rugby sal Saterdag plaasvind. Hou die programme dop vir meer inligting.

Senior Koorlede: Optrede by saalbyeenkoms, 27 Augustus 2024

Alle Senior Koorlede moet asseblief Dinsdagoggend, 27 Augustus, teen 07h00 by die skool wees om op te warm voor hul optrede by die saalbyeenkoms. Laat weet asseblief vir juf. Rolene indien daar koorlede is vir wie dit nie moontlik is om vroeër by die skool te wees nie.

Konsertreëlings en kaartjies: Augustus 2024

Konsertreëlings:

Volg hierdie skakel om die volledige konsertreëlings te sien:
https://bit.ly/konsertreëlings2024

Konsertkaartjies:

Bespreek by die skakel hier onder:

Kaartjies vir 2-11 September 2024
https://qkt.io/vBCzZL

Grand Finale Kaartjies - 12 September 2024
UITVERKOOP

Vir enige navrae kontak vir Megan per e-pos by:
megan@jvrprim.co.za

ALGEMEEN

Disco vir ‘n doel! SA Kinderhuis (SACH)

Quicket: Maak hier 'n donasie

Die SA Kinderhuis (SACH) is ons gemeenskap – afgesien daarvan dat die huis net om die draai is van die skool, ken julle baie kinders wat daar is en was. Die sowat 40 kinders in ons sorg word mooi na gekyk deur die wonderlike bestuurspan wat afhanklik is van donateurs en fondsinsamelings. Baie van julle doen reeds jul deel en help waar julle kan daarvoor is ons as die raad, baie dankbaar.

Die jaar wou ons iets nuut probeer en ons wil graag ons Jannies-skoolouers ook daar hê (en bring almal wat lekker is saam). Okay ja, dit is ‘n persoonlike versugting om weer saam met lekker mense ‘n dansvloer vol te pak, te eet en te kuier. Daarom hou ons ‘n disco op Media24 se besonderse Nasdakvenue saam met Kaapstad se top-geleentheidsorganiseerders XL Events en internasionale DJ Marné (wat ook weet hoe om middeljariges aan die gang te kry). Dis Vrydag die 6de September (die Bokke speel die volgende dag). TV-sjef Herman Lensing se span gaan heerlike kos maak en daar sal genoeg borrels, wyne en biere wees. Dis alles ingesluit. Die borge help sodanig dat omtrent jou hele kaartjieprys na SACH toe kan gaan.

Baie mense vra of ons gaan aansit vir ete: Nee, dis ‘n informele storie – maar jy gaan gemaklik kan sit of staan en eet. En jy kan aantrek wat jy wil! Die wat die Disco-tema wil gestand doen, is welkom.

Sien asseblief die skrywe vir nog inligting. As jy dit nie kan maak nie, kan jy ook op Quicket ‘n donasie maak.

Hoop ons sien jou op die dansvloer!

Izelle Venter (SACH-raadslid Bemarking) en die ander raadslede

Welwillendheidsprojek: Dierebeskerming

TERUGVOER

HS JvR-Kunstefees: Uitslae

Ons wil graag die volgende musiekleerders gelukwens met hul puik uitslae by die HS JvR Kunstefees:

Saksofoon:
Lukas van der Westhuizen: Goud

Klarinet:
Karu Rademeyer: Goud

Klavier:
Ruben de Ridder: Goud
Ruben de Ridder: Goud
Daniella Boshoff: Silwer
Eliana Greeff: Silwer
Karu Rademeyer: Goud
Karu Rademeyer: Silwer
Antjie Samuel: Silwer
Antjie Samuel: Brons
Hanna Thom: Goud
Frank van der Walt: Goud
Susie Samuel: Silwer
Susie Samuel: Goud
Leah de Kock: Goud
Leah de Kock: Silwer

Viool:
Anabella Boshoff: Silwer
Daniella Boshoff: Silwer

Musiekblyspel:
Mia Bothma: Goud
Karu Rademeyer: Goud

Solosang:
Mia Bothma: Goud
Jean Jacques Rossouw: Goud
Daniella Boshoff: Silwer
Karu Rademeyer: Goud

Sang Duet:
Karu en Daniella: Goud

Podiumpret Redenaars: Augustus 2024

Baie geluk aan die volgende leerders se prestasie tydens die finaal van Podiumpret se redenaarskompetisie:
  • Petronella Gouws (Graad 2): 10de in kategorie
  • Jean-Jacques Rossouw (Graad 2): 23ste in kategorie
Ons is baie trots op julle!

Abi Fourie presteer in gimnastiek

Abi Fourie het op 9 Augustus WP-kleure vir Ritmiese Gimnastiek ontvang. Baie geluk, Abi! Sy gaan in September die Wes-Kaap verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe. Ons is baie trots op jou!

Sportuitslae van die week: 16-22 Augustus 2024

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde  - 23 Augustus 2024 

Na afloop van die jaarlikse Interskole wat oor die afgelope naweek tuis teen Laerskool Dirkie Uys plaasgevind het, kan ek nie anders as om spesiale melding daaroor in my weeklikse nuusbrief te maak nie.
Die opwinding met die Interskole het op Maandag, 12 Augustus, met die afskop van die Geesweek begin en die spreekwoordelike kersie op die koek was die ‘Groot Brag’ wat Vrydagoggend vanaf 09:00 – 10:00 in die saal plaasgevind het. Vanjaar het die geeskomitee nog ‘groter’ gegaan en almal se verwagtinge oortref met die aanbied van ‘n baie spesiale ‘Groot Brag’. Indien jy gedink het dat ons ‘n ‘Baby Brag’ aanbied, maak jy ‘n groot fout. Die ’Groot Brag’ is met ‘n spesiale video afgesluit waarin al die personeel hul onderskeie dansies en aksies uitvoer as deel van die ‘olimpiese’ geesvang asook om ons leerders sterkte met die Interskole toe te wens. Dit is weereens ‘n bewys van die goeie gees wat onder die personeel heers asook hul omgee-karakter wat baie kosbaar is. Die Hoërskool Jan van Riebeeck was ook deel van hierdie verrigtinge en onder leiding van hul Interskole rasieleiers het ons sommer heerlik in die saal liedjies gesing en behoorlik geesgevang. Baie dankie aan mnr. Rademeyer wat ook die verrigtinge bygewoon het. Na afloop van die voorstelling van ons eerstespanne is daar nog ‘n spesiale video aan ons leerders vertoon waarin verskeie bekende Protea-sportsterre al ons spanne sterkte met die Interskole toegewens het. Ek wens ons het genoeg spasie in die saal gehad om ook ons ouers te nooi om saam met ons die ongelooflike funksie en gees te kon ervaar. Graag bedank ek die Geeskomitee onder leiding van juff. Suné en Shahneé wat eenvoudig ons wildste verwagtinge met die geesweek en ‘Groot Brag’ oorskry het. Ek glo dat ons leerders hierdie geleentheid vir nog baie jare sal onthou.
Ons wintersportspanne het deur die bank goed oor die twee dae van Interskole presteer met die hokkiewedstryde wat op Vrydag, 16 Augustus, en die rugby- en netalwedstryde wat op Saterdag, 17 Augustus, plaasgevind het. Die gure weer het egter ons Saterdagoggend bederf en kon die netbalwedstryde nie as gevolg van die nat bane voortgaan nie. Laat my toe om al ons eerstespanne (dogtershokkie, seunshokkie en rugby) hartlik geluk te wens met hul puik oorwinnings. Gunstige tellingborde is beslis nie al waaroor Interskole gaan nie, maar eerder oor sportmanskap, deursettingsvermoë, spanwerk, toets van jou karakter en die geleentheid vir ons leerders om nuwe vriende te maak. Natuurlik is ek baie trots op die suksesvolle naweek, maar ek is besonders trots op die wyse hoe ons leerders hulself op en van die veld gehandhaaf het. Baie dankie aan ons seuns en dogters dat julle ons Jannie-waardes uitgeleef het. Ek is veral beïndruk met die wyse waarmee ons leerders hul opposisie en die skeidsregters met die nodige respek hanteer het. Ons as skoolgemeenskap kan uiters trots op ons leerders en afrigters vir hul voorbeeldige en onberispelike gedrag wees, terwyl daar baie druk op beide was. Laat my toe om die onderwysers en hul gades wat Saterdag in die reën die rugbywedstryde kom ondersteun het, hartlik te bedank – weereens ‘n bewys van die toegewydheid en lojalitiet van ons puik personeel! Baie dankie aan ons ouers/voogde wat die interskole oor die twee dae ondersteun het. Dit is vir my ‘n riem onder die hart om julle daar saam met jul kinders te sien. Welgedaan Laerskool Jan van Riebeeck mag ons alyd in oorwinning nederig bly, maar nog steeds voortbou op ons suksesse om van krag-tot-krag te gaan.
Oor twee weke sluit ons die wintersportseisoen met ‘n sportnaweek tuis teen LS Welgemoed af. Dan is dit konserttyd! Daar word baie hard geoefen om vanjaar weereens ‘n kwaliteit konsert aan te bied. Verseker is die konsert wat elke twee jaar aangebied word, ‘n hoogtepunt vir leerders, ouers/voogde asook oumas en oupas. Ons glo dat mnr. Ben, juff. Naomi en Jana saam met die onderwysers vanjaar weer ‘n skouspel op die planke sal bring. Kaartjies verkoop op die oomblik soos soetkoek. Maak seker jy koop jou kaartjie/s onmiddellik, want jy gaan vir seker spyt wees indien jy op die konsert uitmis!

Baie geluk aan ons leerders wat die afgelope weke aan Eisteddfod deelgeneem het. Ons Jannies vaar puik op kultuurgebied en maak ons so trots! Ons kore werk so hard om te verbeter terwyl meer en meer leerders musiekonderrig by ons skool neem as gevolg van meer instrument-aanbieding wat ons nou by die skool bied.

Dit is dan ook my voorreg om die volgende leerders hartlik geluk te wens met hul puik deelname en uitslae aan die ‘’Spelling Bee’’ kompetisie van Vrydag, 16 Augustus:
  • Dané Olivier
  • Katryn Silvis
  • Amelie van der Walt
  • Johannes Mouton
Die bogenoemde leerders se finale rondte sal op Vrydag, 4 Oktober 2024, plaasvind. Ons is baie trots op die feit dat 4 uit die 10 leerders wat vir die laaste rondte gekwalifiseer het, vanuit ons skool se geledere kom. Welgedaan juf. Charlene wat die leerders bystaan en mag dit met hulle baie goed tydens die finale rondte gaan.

Baie geluk aan ons gr. 7’s wat op Donderdag, 22 Augustus, ‘n puik Entrepreneursdag tydens eerste pouse aangebied het. Hierdie geleentheid is altyd gewild onder ons leerders en hulle kon nie wag dat eerste pouse aanbreek nie. Opvallend was al die tuisgemaakte produkte wat teen bekostigbare pryse te koop was. Die tuisgemaakte eetgoed was smullekker en het soos soetkoek verkoop. Welgedaan mnr. Erick en die gr.7-leerders. Ek hoop julle is in jul noppies met jul winste!
Dit gaan so goed met die skool op alle terreine en daardeur sê ek nie dat alles perfek is nie, maar eerder dat ek uiters dankbaar is. Dit kan egter net gebeur indien ‘n skool oor ‘n dinamiese Beheerraad, toegewyde personeel en betrokke ouergemeenskap beskik wat omgee. Baie dankie vir julle ondersteuning en vertroue.

Ek sluit dan die week weer af met ‘n bekende aanhaling van William Arthur Ward rakende dankbaarheid. Ek wens vir elkeen ‘n wonderlike naweek toe!


“Feeling gratitude and not expressing it,
is like wrapping a present
and not giving it.’’


Vriendelike groete,
Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek

Kliek HIER vir advertensies van die week