Share this emailCopy the public link or share it on your favorite channel.
Liewe Ouers

Dagboek

Sa 6 Junie 2026

  • Rugby: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
  • Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
  • Veiling

Ma 8 Junie 2026

  • Interne sport begin

Di 9 Junie 2026

  • Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)

Do 11 Junie 2026

  • Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)

Vr 12 Junie 2026

  • Eksamen Eindig

Ma 15 Junie 2026

  • Skoolvakansiedag

Di 16 Junie 2026

  • Jeugdag

Wo 17 Junie 2026

  • Hoofleiers Verkiesing
  • Eksamen Sieketoetse

Do 18 Junie 2026

  • Musiekkonsert ISF
  • Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar
  • Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)

Vr 19 Junie 2026

  • Finkom vergadering
  • Hoofleiers aanwys
  • Musiekkonsert GF
  • Toer oorhandiging
  • Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)


>> SIEN DIE VOLLEDIGE KALENDER <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 12 September 2025

Ek glo dat almal die heerlike sonskynweer van die afgelope tyd geniet. Die warmer weer is so goed vir almal se gemoed en dit het net betyds gekom om die aanvang van ons somersportoefeninge te komplimenteer.

Ons het skaars met nog ‘n suksesvolle wintersportseisoen afgesluit en ons skop sommer onmiddellik met die somersportprogram af. Ons leerders geniet werklik die sportaanbieding by ons skool en veral die spanformaat wat deur wintersporte gebied word. Die belangrikheid vir kinders om aan sport deel te neem en in die proses aktief te wees, hoef ek nie vir julle as ouers te verduidelik nie. Die belangrike lewenslesse wat sport bied, kan nie altyd tussen die vier mure van ‘n klaskamer geleer word nie.

Ons werk sedert 2022 baie hard om die sport by ons skool te verbeter en meer geleenthede vir ons leerders te skep. Graag deel ek met julle ‘n bietjie wintersport-statistieke (hokkie, netbal & rugby) om die vooruitgang en ontwikkeling van sport by ons skool sedert 2022 te bevestig. Ons leerders het gedurende die 2025-wintersportseisoen (Kwartale 2 en 3) aan 897 wedstryde deelgeneem; dit sluit natuurlik liga-wedstryde, sportdae en toernooie in. Ek dink dit is merkwaardig en ‘n welverdiende kompliment aan die sportkantoor onder leiding van ons Hoof van Sport, mnr. Leon, wat weer vanjaar seker gemaak het dat ons Jannies voldoende wedstrydblootstelling en goeie afrigting ontvang. Sien gerus hier onder die grafiese illustrasie van die aantal wintersportwedstryde per jaar wat vanaf 2022 tot 2025 plaasgevind het. Daar was sedert 2022 tot 2025 ‘n toename van 69,8% in die aantal wintersportwedstryde waaraan ons deelgeneem het.
Die groei in leerderdeelname aan netbal, rugby en hokkie (dogters en seuns) vanaf 2022 per jaar is soos volg:
Soos julle kan sien, was daar sedert 2022 ‘n groot toename per jaar in die aantal leerders wat aan hokkie deelgeneem het, veral die seuns (106%). Ek glo ook dat die koms van die kunsgrasveld nog meer leerders sal trek om aan hokkie deel te neem.

Groei en ontwikkeling het die afgelope vier jaar nie net by ons sportaanbieding plaasgevind nie, maar ook by kultuur, veral die toename van musiekleerders en die aantal instrumente waarvan hulle kan kies. Die groei is veral merkbaar vanaf 2024 met die aanstelling van juf. Rolene as ons nuwe Hoof van Kultuur en Musiek. Die onderstaande grafiese illustrasie toon dat ons in 2022 ‘n totaal van 80 musiekleerders gehad het en vanjaar gevorder het tot 116.
Die grootste toename is in die aantal leerders wat twee of meer musieklesse neem weens die feit dat die aanbod van musiekinstrumente aansienlik uitgebrei het. Tot en met 2023 kon ons leerders net onderrig in klavier, blokfluit, kitaar en viool ontvang. Vanjaar word daar onderrig in nege musiekinstrumente (klavier, blokfluit, kitaar, viool, saksofoon, klarinet, tjello, dwarsfluit en marimba) aangebied. Verder is ons senior koor tydens die Cantamus Koorkompetisie op 10 Augustus 2025 as die beste laerskool aangewys. Dit is merkwaardige groei en ontwikkeling van ons senior koor in so ‘n relatiewe kort tydperk. Die sukses van ons toneelskapgroep tydens die onlangse ATKV Tjokkertoneel Wes-Kaap, Katryn Silvis wat deurdring tot die finale van die ATKV Wes-Kaap redenaars, puik kwartaallikse musiekkonserte, die uitstekende uitslae en terugvoering van ons Eisteddfod-deelnames, is amper tasbare bewyse dat ons hard werk om kultuur sy regmatige plek by ons skool te vestig.

Graag spog ek met ons o.9 Topskole-skaakspan wat oor die naweek van 6 en 7 September aan die Wes-Kaap Topskole-skaaktoernooi te Hermanus onder leiding van juf. Jua-Marié deelgeneem het. Ons o.9-span behaal ‘n vierde plek. Baie geluk aan die volgende jongmanne, naamlik Alexander Wille, Pieter-Steph Bothma, Daniel Lawson, Johannes Smit, Robert Rand, Martin Crots en Sebastiaan Scott met jul vierde plek in Wes-Kaap (daar is 1 137 laerskole in die Wes-Kaap wat ook privaatskole insluit) – dit is ‘n merkwaardige prestasie! Baie dankie aan juf. Jua-Marié wat hulle vergesel het en so mooi na hulle omgesien het. Julle maak ons baie trots!
Verder wil ek net weer ons ouers/voogde herinner dat ons onderneem om jul kommunikasie d.m.v. e-pos en/of ‘’WhatsApp’’ binne 24 ure te beantwoord, naweke en vakansies uitgesluit. Neem dus asseblief kennis dat onderwysers nie in klastyd aandag aan jul boodskappe kan gee nie, maar dit sal hanteer sodra die akademiese dag en/of sportoefeninge verstreke is. Indien julle egter ‘n baie dringende boodskap tydens skooltyd het, moet julle asseblief vir Adri by ontvangs skakel of ‘n e-pos stuur. Baie dankie vir jul begrip en samewerking in dié verband.

Dit is dan my voorreg om voort te gaan om ons pragtige moedertaal te promoveer, en ek sluit af met nog ‘n bekende Afrikaanse uitdrukking:

‘Hy skil nie sy aartappels twee keer oor nie.’

Die uitdrukking verwys na iemand wat ‘n ding een keer doen en hy/sy doen dit reg.

Sterkte aan ons o.12-rugbyspan wat oor die naweek aan ‘n o.12-rugbytoernooi te Hoër Jongenskool (Boishaai) in die Paarl deelneem. Hierdie ter voorbereiding vir die…

Geniet ‘n wonderlike naweek.

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF

VIR AANDAG

Neem kennis van die volgende belangrike aankondigings en gebeure:

AKADEMIE

Akademiese- en Kultuurweek 2025

Om vaardighede aan te leer en kennis uit te bou, begin ons almal deur blokkies te bou. Ons is opgewonde om vanjaar se program en die aktiwiteite met julle te deel: Die Boublokke van Ontwikkeling

Blokkies bou: BCSA en CapeLUG-uitstalling

Ons is super opgewonde en bevoorreg om BCSA en CapeLUG as deel van ons Akademiese- en Kultuurweekprogram te verwelkom.

Graad 1 - 3-leerders gaan heerlik blokkies bou terwyl die gr. 4 - 7-leerders torings vooraf in groepe gaan beplan en dit dan met bepaalde blokkies en figuurtjies gaan bou om te bepaal watter groep se toring die sterkste, hoogste, maklikste vervoer kan word, ens. is. BCSA bring hul eie blokkiestelle waarmee leerders gaan speel en bou terwyl CapeLUG se lede hul modelle gaan uitstal vir die maats wat baie geïnteresseerd is in blokkies bou.

Hierdie organisasie doen dit vrywillig en geen koste is hieraan verbonde nie. Ons wil hulle egter ondersteun deur blokkies in te samel sodat hulle dit vir ander projekte kan aanwend. Sien gerus die onderstaande inligting oor hierdie organisasie.
Information for donations

What is Brick Club SA
Brick Club SA is a donation driven community initiative that brings play first activities to South African communities. We host free building sessions mainly in public libraries, with occasional Brick Club Experiences at daycares, children’s homes, and community centres. Children are the builders. Parents are welcome to be present and encourage them. Our duck mascot reflects our raise a village idea. Many small parts working together make something strong. Ducks are social, resilient, and intelligent. That spirit shapes how we welcome families and keep play simple, joyful, and free. Every Child, Every Brick, Every Possibility.

Where your donations go: Club Boxes
We wash and sort both new and used genuine LEGO® and pack them into Club Boxes issued to participating librarians. We choose libraries because they are safe and inclusive community hubs. In some areas they are among the few neutral safe spaces that everyone respects. Each Club Box can support about 20 to 40 children, depending on staffing. The same boxes are used by librarians or Club Leaders for ECD sessions, reading programs, holiday activities, and outreach. We also have homeschool groups and are piloting a neurodiversity group for 6 to 8 children where stimming and each child’s uniqueness are embraced in a welcoming environment. LEGO® is expensive. Many children know it but cannot access it. Librarians see wish lists that simply ask to play with real LEGO. Your donations help create new Club Boxes stocked with minifigures, baseplates, wheels, windows, and DUPLO® for younger builders. We issue these boxes as part of BCSA with monthly theme support, supply rotation, and guidance at no cost, so play stays free for families.

Brick Club SA is run entirely by volunteers and funded only by donations. Your contribution helps us expand as demand grows and supplies remain limited.

LEGO® and DUPLO® are trademarks of the LEGO Group, which does not sponsor, authorize, or endorse Brick Club SA.

You can see what we do or share https://www.facebook.com/BrickClubSA and our display with CapeLUG here https://www.facebook.com/share/p/16zNGKj9gR/

KULTUUR

Jannies Talent: 25 September 2025

Kom geniet ’n aand vol talent en pret!

???? Donderdag, 25 September
???? Skoolsaal
18:00

Kaartjies beskikbaar op Karri.

SPORT

Buitemuursprogram Kwartaal 4

Sport vir Kwartaal 3 sal plaasvind vanaf Maandag, 8 September tot en met Donderdag, 25 September.
Kwartaal 4 begin wanneer die skool weer hervat.

ALGEMEEN

Kommunikasie aan onderwysers

Ons streef na ope en gemaklike kommunikasie tussen alle partye om gesonde verhoudinge met ons skoolgemeenskap te handhaaf. Ons rig egter 'n vriendelike versoek om ons kommunikasiepraktyk te respekteer:

Indien jy dringend met 'n onderwyser tydens klastyd wil gesels deur gebruik te maak van WA-geskrewe of stemboodskappe en e-posboodskappe, ens. moet jy asseblief kennis neem dat die onderwyser se kernfokus spesifiek op onderrig en betrokkenheid by ons leerders gedurende klastyd lê. Ons onderwysers beantwoord baie graag boodskappe vanaf ouers, maar doen dit sodra hulle 'n adminperiode tot hul beskikking het. In ons beleid stipuleer ons dat boodskappe binne 24 uur beantwoord sal word. Indien jy 'n boodskap dringend onder die onderwyser se aandag wil bring en dit nie kan wag nie, moet jy asseblief vir Adri Marais (LS JvR) en/of Roxanne Kiko (Huppelland) kontak sodat hulle die boodskap direk en spoedig moontlik aan die onderwyser kan oordra. 

Baie dankie vir die samewerking in hierdie verband.

Kontakbesonderhede:
Adri (ontvangs) - 021 423 4209
Roxanne (Huppelland) - 021 424 6056

Korrekte uitspraak van Nkosi Sikelel' (Ons Volkslied)

Weekliks sing ons die volkslied uit volle bors, arms langs die sye, met groot entoesiasme en uiters trots op ons mooi, diverse land. Ons wil egter verseker dat ons elke taal wat in die volkslied ter sprake is, respekteer deur die woorde korrek uit te spreek. Ons sal dit op 'n georganiseerde manier met die onderskeie graadgroepe implementeer. 

Kan ons vra dat julle hierdie video saam met julle kinders by die huis kyk, ter voorbereiding van ons inisiatief:
Emirates Karaoke Anthems: South Africa

Boodskap van Merwe Scholtz, Beheerraadvoorsitter

Beste JvR-ouers,

Koöpteer van beheerraadslede

Ek glo dat dit goed met julle en jul kinders gaan en dat julle die skool geniet.

Daar is van ons beheerraadslede wie se termyn in die komende maande tot ‘n einde kom. Daar is vele strategiese kwessies op die horison, insluitend ingrypende wysigings tot die skolewet. Ter selfde tyd moet ons vir Naas en sy span die nodige ruimte skep om voort te gaan met die uitstekende werk wat hulle doen en ons unieke skoolomgewing met sy wees jouself-manier van doen te handhaaf en verder uit te bou. Dit midde die toenemende finansiële voetwerk wat nodig is om in 'n openbare skool die boeke te laat klop.

Ek doen 'n beroep op minstens twee van ons ouers wat volgende jaar kinders in graad R, 1, 2 of 3 het wat belangstel en bereid is om betrokke te raak. Kontak my (mscholtz@genfin.co.za). Ons het spesifiek ‘n behoefte aan finansiële kundigheid en breër bestuursvaardighede.

Dit is nodig om ouers wat kinders het wat minstens nog 5 jaar by ons op skool is tot die beheerraad te verkies, sodat hulle twee termyne kan dien en so die nodige kontinuïteit kan verskaf.

Stuur asseblief ook aan ander ouers wat julle voel kan help.

Groetnis,
Merwe
082 783 8795

Drukwerk by die skool

Het jou kind nodig om iets te print? Moenie bekommerd wees nie, ons help jou graag by die skool!
  • Swart & wit: R5 per bladsy
  • Kleur: R10 per bladsy
Onthou net om jou dokument in PDF-formaat te stuur, minstens 24 uur voor die tyd, na marecia@jvrprim.co.za

Ouma- en Oupadag: 19 September

Ons sien met groot opwinding uit na Ouma- en Oupadag wat op Vrydag, 19 September, plaasvind. Dis altyd ’n spesiale geleentheid waar ons die belangrike rol van grootouers in ons kinders se lewens vier.

????️ Kaartjies is nou beskikbaar op Karri!

Maak seker jy bespreek betyds om nie hierdie kosbare dag mis te loop nie.

???? Vir meer inligting en besonderhede, sien asseblief hier onder.

Ouersportdag 2025 – Kry jou spanne reg!

Maak reg vir pret, spanpoging en sportgees!

Saterdag, 29 November 2025, van 08:30 tot 17:30 bied ons die opwindende Ouersportdag aan.

Kom wys jou vaardighede in:
  • Netbal
  • 7’s Raakrugby
  • 8’s Hokkie
  • Aflosswem
  • Tennis
  • Skaak
Daar is slegs plek vir 8 spanne, elk bestaande uit 16–20 lede. Moenie uitmis nie – dit beloof ’n dag vol lag, kompetisie en lekker saamwees.

???? Skakel of WhatsApp Danielle le Clus-Rossouw by 082 923 5903 om meer inligting te kry en jou span se plek te bevestig.

Vakansiesorg: 6 – 10 Oktober 2025

Sien meer besonderhede oor vakansiesorg by hierdie skakel:
VAKANSIESORG

TERUGVOER

Die jongste sportuitslae, toekennings, prestasies en ander resultate:

KULTUUR

Kaapse Afrikaanse Eisteddfod Uitslae

Ons wil al ons leerders wat die afgelope maand aan die instrumentale afdeling van die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod deelgeneem het, gelukwens met hul uitmuntende prestasies! Ons is regtig baie trots op julle toewyding en harde werk. Welgedaan!

OUD-JANNIES PRESTEER

Nuus oor ons oud-Jannies se prestasies.

Trots op ons Jannies: Matriekraad 2025/2026

Baie geluk aan ons Jannies wat tot die 2025/2026 Matriekraad verkies is!

’n Spesiale geluk aan Fredrich Erasmus (hoofseun), Luca Zulch (hoofdogter) en Daniel Wasserman (onderhoofseun). Ons is ook trots op die res van die leerderraad wat oud-Jannies is nl. Kate Heyns, Lara Pieterse, Hendrik Bredenkamp, Elle Nortje, Jan Karsten, Carla Snijders en Mia Symington.

Volg Die Suidooster vir al die nuutste artikels, foto's en video's.

Klik HIER vir advertensies van die week

facebook instagram 
Jy ontvang hierdie nuusbrief
omdat jy 'n ouer of ondersteuner van Laerskool Jan van Riebeeck is.
Laerskool Jan van Riebeeck, Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad