|
|
|
|
|
|
DATUMS
Sa 6 Junie 2026
- Rugby: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
- Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
Ma 8 Junie 2026
Di 9 Junie 2026
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)
Do 11 Junie 2026
- Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)
Vr 12 Junie 2026
Ma 15 Junie 2026
Di 16 Junie 2026
Wo 17 Junie 2026
Do 18 Junie 2026
- Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)
Vr 19 Junie 2026
- Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Sien asseblief die program vir die laaste twee weke van skool hieronder:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
ALGEMEEN
|
|
|
|
|
Hier volg 'n paar datums om van kennis te neem:
|
2024 Donderdag, 28 November - Winkel sluit (reeds toe) Vrydag, 29 November - Aanlynwinkel sluit
|
2025 Vrydag, 10 Januarie - Aanlynwinkel maak oop (07:00) Maandag, 13 Januarie - Winkel oop (08:00 - 10:00) Dinsdag, 14 Januarie - Winkel oop (08:00 - 10:00 & 16:00 - 17:30)
|
Die gewone tye sal vanaf Woensdag, 15 Januarie gevolg word:
|
Maandag & Woensdag: 07:00 - 08:00 Dinsdag & Donderdag: 13:30 - 14:30
|
|
Vir enige navrae, kontak asseblief vir Megan per epos: megan@jvrprim OF Whatsapp (slegs boodskappe) 067 448 4943
|
|
|
|
|
|
|
Die nasorg sluit die jaar op 'n lekker noot af! Sien die besonderhede vir die afsluiting hier onder:
|
|
|
|
|
|
|
|
Die sluitingsdatum vir die kompetisie is binnekort! Maak asseblief seker dat jy jou plakkaat of kortverhaal so gou moontlik by juffrou Marecia inhandig.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Elke gesin is uniek. Tog is daar vier “pilare” wat ‘n gemene deler is en wat ouers in gedagte kan hou om ‘n gemaklike, gebalanseerde en gelukkige gesin te skep. Hierdie week fokus ons op empatie.
|
Hoe leer ek my kind om empatie te hê binne ‘n “als-gaan-oor-myself-wêreld”? Ons digitaal-gedrewe generasie kinders leer ongelukkig nie emosies aan deur ‘n “emoji” te kies nie! Ons taak as ouer is veel groter as dit. So getrou soos ‘n ouer vir sy/haar kind kleure of syfers van vroegs af al aanleer, so natuurlik moet dit vir jou kind word om sy/haar eie warboel van emosies te erken en ‘n naam daarvoor te gee. Jou kind kan nie ‘n ander gesinslid se emosies raaksien en leer om in ‘n boetie of sussie se “skoene” te klim voor hy/sy nie sy/haar EIE emosies ken en leer om dit te hanteer nie.
|
1. Gebruik emosionele taal as jy met jou kind praat: Indien jou kind met iets besig is wat vir hom/haar belangrik is wat jy moet onderbreek, kan jy sê: “Ek kan sien jy is gefrustreerd en kwaad om nóú alles weg te pak, maar as ons nie almal klaarmaak nie, gaan ons laat wees vir ete by Ouma.” Jy gee nie toe nie, jy wys net jy verstaan hoe jou kind voel. ‘n Kind se brein moet ook letterlik “ingeoefen” word om emosies op ander kinders se gesigte te kan herken: ”Sien jy daardie dogtertjie, lyk sy nie ook vir jou hartseer nie?” of “ Hoe dink jy het Mia gevoel toe jy haar speelgoed gevat het sonder om te vra?”
|
2. Stel self ‘n voorbeeld: As jy jou kind wil leer om ingestel op ander se emosies te wees, moet jý daarop ingestel wees om emosionele “taal” en ek-boodskappe deel van jou kommunikasie met jou kind te maak, soos: “Vandag voel ek regtig moedeloos en asof niks reg loop nie.” Of: “Dit maak my hartseer as jy aan my slaan...” En belangrik, erken jou eie foute en leer om vir jou kind jammer te sê. Indien jy ongeduldig of onredelik teenoor ‘n ander persoon was, wees bereid om dit te erken en verskoning vir jou kind te vra. Dit is al hoe hy/sy gaan leer om dit self te kan doen.
|
3. Gee erkenning aan jou kind se optrede van omgee: Ouers is geneig om soms net hul kinders te prys as hulle goed presteer. Jy kan hul empatie koester en laat groei deur te wys dit maak vir jou saak dat hulle sensitief is vir ander se emosies en bereid is om ‘n verskil te maak. Stop ‘n oomblik as jy sien jou kind gee om vir ‘n ander en maak ‘n opmerking soos: “Sjoe, dit was so gaaf van jou om te stop en daardie seuntjie te help. Het jy gesien hoe gelukkig dit hom gemaak het?”
|
4. Stel hulle bloot: Jóú optrede teenoor mense van verskillende etnisiteite, gelowe of fisieke voorkoms, gaan bepaal hoe aanpasbaar en gemaklik jou kind verskille rondom hom/haar omarm en daarop reageer.
|
5. Vestig jou gesin se waardes: Gebruik “ons-stellings” om die waardes van jou gesin te beskryf, soos: “Ons sê ons is jammer as ons mekaar se gevoelens seergemaak het” ... “In ons gesin vergewe ons mekaar as ons baklei het en gaan aan.” Indien jou kind iets vir sy/haar broer of suster toesnou, sê op ‘n rustige manier: “Wat is ‘n gawer manier om dit te sê?” Jy doen dit nie om hulle te verkleineer nie, maar jy gee aan hulle die geleentheid om vir dié rondom hom /haar te wys hulle weet van beter!
|
Volgende week kyk ons na die kritiese rol wat kommunikasie binne ‘n gesin speel.
|
Marike Badenhorst Opvoedkundige Sielkundige
|
|
|
|
|
|
|
|
November-maand het nog net een dag oor en dan breek die laaste maand van die jaar aan. Met ‘n groot skok besef ek dat 2024 amper iets van die verlede is. Weereens ‘n bewys dat Vader Tyd vir niemand stil staan nie. Op ‘n positiewe noot, die langverwagte somervakansie waarna almal uitsien, kom vinnig nader.
|
Op Woensdag, 27 November, het die finale eksamens vir die Gr. 4 – 7-leerders uiteindelik tot ‘n einde gekom en ek glo ons huisgesinne het ‘n groot sug van verligting gegee, want nou kan huishoudings weer ‘normaal’ en stresvry funksioneer. Alhoewel die rapporte nog nie gefinaliseer is nie, wil ek vir julle graag die versekering gee dat ons leerders puik tydens hul finale eksamens gevaar het. Die afgelope week is ek aktief by die modereringsproses betrokke om vir die jaarlikse promosie en progressie voor te berei wat vir die Grondslagfase op Woensdagmiddag, 27 November, plaasgevind het en vir die Intersenfase (Gr. 4 – 7) op Maandagmiddag, 02 Desember, sal plaasvind. Graag wil ek die onderwysers hartlik bedank vir hulle deeglike nasienwerk van die antwoordstelle om seker te maak die leerders ontvang hul regmatige punte. Laat my ook toe om die modereringspan hartlik te bedank vir die belangrike rol wat hulle speel om seker te maak dat die eksamenpunte volledig en akkuraat is, wat ook benodig word vir die prysuitdelings vir Gr. 5 wat op Dinsdag, 03 Desember, en vir Gr. 6 en 7 op Donderdag, 05 Desember, plaasvind. Soos julle bewus is, sal daar vanaf vanjaar nie meer Top 10 akademiese prestasies in Graad 4 aangewys word nie. Dit sal slegs vanaf Graad 5 geskied en hiermee poog ons om die onnodige akademiese druk op Graad 4-leerders vir eers uit die weg te ruim.
|
Ek het begrip dat prysuitdelings altyd kontroversieël van aard sal wees, maar wees verseker dat die prysuitdelings by ons skool met die grootste respek en omsigtigheid hanteer word. Net soos ons weekliks erkenning aan sport- en kultuurprestasies in die saal en in die nuusbriewe gee, wil ons ook graag erkenning vir leerders wat akademies hard werk en presteer gee, want akademie is darem ons kernbesigheid. Ons neem deurdagte besluite rakende die proses van erkenning aan presteerders gee sonder om die ander leerders na te kom. Ons fokus beslis nie net op ons presteerders nie en wil graag ons leerders te alle tye beskerm, maar ons besef ook dat dit ons plig as laerskool is om ons leerders te bemagtig vir die hoërskool asook die grootmenswêreld wat voorlê. Dus sal die top tien presteerders in Grade 5 tot 7 tydens die prysuitdelings bekend gemaak word.
|
Op Sondagaand, 24 November, om 19:00 het beide ons junior- en senior kore saam met Hoërskool Jan van Riebeeck se koor in die pragtige NG Kerk, Tamboerskloof tydens die jaarlikse kerssangdiens opgetree. Vanjaar se kerssangdiens het so ‘n bietjie van ‘n metamorfose ondergaan met Jaco Dippenaar wat in beheer daarvan was. Beide ons kore het hul puik van hul taak gekwyt en al die kerkgangers betower met hulle pragtige kersliedere. Jaco het sommer myself en Pieter Rademeyer (skoolhoof van die HS JvR) ingespan as voorlesers en dit was ‘n wonderlike voorreg om vanaf die preekstoel voorlesing te doen. Verskeie kersliedere is die aand gesing, maar die een lied wat beslis vir my uitgestaan het en amper ‘n tasbare saligheid en vrede in die kerk gebring het, was beslis Lied 358:
|
‘Welkom o stille nag van vrede, onder die Suiderkruis, wyl stemme uit die ou verlede oor sterrevelde ruis: Kersfees kom, Kersfees kom – gee aan God die eer, Skenk ons ‘n helder Somerkersfees in hierdie land, o Heer.’
|
|
Graag wil ek al ons ouers wat die kerssangdiens bygewoon het, hartlik bedank en ek glo dat julle ook die geseënde diens geniet het. Mag die Kersseisoen vir almal baie vreugde bring.
|
|
|
Die afgelope naweek het Hamilton Junior Rugbyklub se jaarlikse prysuitdeling plaasgevind en ons jannies het na 'n lang en nat seisoen soos volg uitgeblink:
|
50 wedstryde (caps) vir die klub:
|
- Dax Liversage
- Ben Schoeman
- Carter Schoeman – o/12 Speler van die Jaar
- Dwayne Whittaker – o/13B Speler van die Jaar
- Frank van der Walt - o/13A Speler van die Jaar & Junior Speler van die Jaar
|
Baie geluk aan die bogenoemde spelers wat ons so trots maak.
|
|
|
Ek sluit week 9 van kwartaal 4 af met ‘n anonieme aanhaling rakende waardering vir wat ons alles het, maar dikwels nie raaksien nie. Ek wens vir julle ‘n wonderlike naweek saam met jul gesin en/of vriende toe.
|
“We are often caught up in our destination that we forget to appreciate the journey, especially the goodness of the people we meet on our way. Appreciation is a wonderful feeling, don’t overlook it.”
|
Vriendelike groete, Naas Beets SKOOLHOOF
|
|
|
|
|
|
Kliek HIER vir Die Suidooster
met al die nuutste artikels, foto's en video's.
|
|
|
|
Kliek HIER vir advertensies van die week
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|