|
|
|
|
|
|
DATUMS
Sa 6 Junie 2026
- Rugby: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
- Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
Ma 8 Junie 2026
Di 9 Junie 2026
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)
Do 11 Junie 2026
- Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)
Vr 12 Junie 2026
Ma 15 Junie 2026
Di 16 Junie 2026
Wo 17 Junie 2026
Do 18 Junie 2026
- Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)
Vr 19 Junie 2026
- Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons foto's wat in kwartaal 1 geneem is, is gereed om bestel te word.
|
- Webtuiste: Lunchbox Photography
- Wagwoord: JVR2020
- Lees asb. die instruksies om te bestel op die foto hier onder ingesluit.
- Bestellings wat voor 24 Mei 2024 op die webtuiste geplaas en betaal word, kry gratis aflewering by die skool.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Op 13 en 15 Mei 2024 hou ons graad 6 en 7-musiekleerders 'n musiekkonsert. Dit is ‘n wonderlike geleentheid waar hulle die afgelope twee kwartale se harde werk met vriende en familie kan deel. Ons leerders is nie verplig om deel te neem nie, maar ons moedig almal aan om die geleentheid te gebruik.
|
Die konserte sal in graadverband plaasvind. Sien asseblief die spesifieke datums en tye hier onder.
|
Ons nooi alle ouers, familie en klasmaats uit om te kom luister en die middag saam met ons te geniet.
|
Graad 6: Maandag, 13 Mei @ 14:15 – 15:00 Graad 7: Woensdag, 15 Mei @ 14:15 – 15:00
|
|
Indien daar graad 6 of 7-leerders is wat buite die skool musieklesse neem en graag aan die musiekkonsert wil deelneem, stuur asseblief ‘n e-pos aan juf. Rolene: rolene@jvrprim.co.za
|
|
|
|
|
|
Ons deel graag die sluitingsdatums vir inskrywings vir die UNISA Musiekeksamens en die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod (Instrumentele Afdeling) hier onder:
|
UNISA Musiekeksamens: 10 Mei 2024 (afsnydatum vir inskrywings van JvR-musiekleerders is 3 Mei 2024)
|
Kaapse Afrikaanse Eisteddfod (Instrumentele Afdeling): 7 Mei (afsnydatum vir inskrywings van JvR-musiekleerders is 3 Mei 2024)
|
|
Musiekleerders wat by die skool musiekonderrig ontvang, sal ingeskryf word op grond van die betrokke musiekonderwyser se diskresie rakende gereedheid vir die eksamen of eisteddfod. Ouers of musiekonderwysers van leerders wie buite die skool musiekonderrig ontvang, is self verantoordelik vir eksamen en Eisteddfod inskrywings. Kontak gerus vir juf Rolene vir enige verdere navrae.
|
|
|
|
|
|
|
|
- 10 Mei 2024 tydens eerste pouse.
- Items vanaf R15 tot R50 te koop.
- Ten bate van die graad 7-fonds 2024.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons leerders het Dinsdag, 30 April, hulle eerste skaak Ligawedstryd van die jaar teen Laerskool Tamboerskloof gespeel. Dit was vir van ons leerders hul heel eerste skaakwedstryd en ons is baie trots op hulle sportsmanskap. Die telling was 1-5 in Tamboerskloof se guns en ons het baie geleer. Ons sien uit na ons volgende wedstryd!
|
|
|
|
|
|
|
Maandag, 29 April, het die Jannies teen Laerskool Monte Vista gespeel. Tellings is soos volg:
|
13A wen 51-3 13B wen 25-0 12A wen 27-0 12B wen 6-0 11A wen 16-1 11B wen 6-3 10A wen 10-3 10B verloor 2-3 9A wen 6-0 9B wen 1-0 8A verloor 1-5 8B wen 5-2 7A wen 1-0 7B wen 2-0
|
|
Baie geluk aan al die netbaldogters met hierdie fantastiese uitslae!
|
|
|
|
|
|
Ons o.9 en o.10-seuns en dogters het op 27 April aan Table View se mini-hokkiedag deelgeneem.
|
o.9A-Seuns: Vs Kenridge 1-0 Vs Gene Louw 1-1 Vs TV 2-0 Vs Milnerton 0-0
|
o.9B-Seuns: Vs Kenridge 0-2 Vs Eversdal 2-3 Vs Totius 2-4 Vs Sunningdale 4-0
|
o.10 B-Dogters Vs Eversdal 0-3 Vs Curro Durbanville 0-0 Vs Rouxville 1-0 Vs Boston 1-1
|
o.10A-Seuns Vs Gene Louw 1-1 Vs Durbanville 8-1 Vs Sunningdale 4-0 Vs Curro Durbanville 1-0
|
o.10 B-Seuns Vs Eversdal 1-1 Vs CBC St John's 5-0 Vs Boston 0-1 Vs Parow-Oos 1-1
|
|
|
|
|
|
Ons hokkie ligawedstryde het die 25ste April teen Sunningdale plaasgevind. Die seuns het tuis gespeel en die dogters weg. Hier volg die uitslae van die dag:
|
Seuns: o.7A 1-1 gelyk o.8A 6-0 wen o.8B 1-0 wen o.9A 3-1 wen o.9B 2-0 wen o.10A 2-0 wen o.10B 0-0 gelyk o.11A 6-0 wen o.13A 1-0 wen o.13B 1-1 gelyk
|
Dogters: o.7A 2-3 verloor o.8A 0-3 verloor o.9A 0- 4 verloor o.10A 0-0 gelyk o.10B 1-0 wen o.11A 2-2 gelyk o.13A 3-0 wen o.13B 1-0 wen
|
|
|
|
|
|
|
|
Die afgelope week was daar twee openbare vakansiedae. Vorige jare het dit altyd met ‘n lekker langnaweek gepaard gegaan, maar ongelukkig mis ons vanjaar op die meevallertjie uit. Ek dink dit is ook belangrik dat ons nie sommer net die betekenis van die twee openbare vakansiedae miskyk nie. Daar word elke jaar op die 27 ste April Vryheidsdag in Suid-Afrika gevier. Vryheidsdag is ‘n belangrike dag in die Suid-Afrikaanse geskiedenis daarom is dit belangrik om ons kinders daaroor te leer asook om die waarde daarvan te verduidelik. Vryheidsdag is juis ingestel om die eerste postapartheid verkiesings te vier. Dit is daarom ‘n viering van vryheid vir alle Suid-Afrikaners. Laat ons nooit vergeet dat die eerste nasionale verkiesing op 27 April 1994 in Suid-Afrika plaasgevind het waar elke persoon bo die ouderdom van 18 kon stem, maak nie saak watter ras hulle was nie.
|
Verder is daar op Woensdag, 01 Mei, ook Werkersdag in Suid-Afrika gevier om die werkers van ons land te huldig vir die harde werk wat hulle verrig asook die soeke na regverdige indiensneming, die vestiging van menseregte en werkerregte in die werkplek. Werkersdag het sy oorsprong in die internasionale stryd van werkers en hul vakbonde vir solidariteit tussen werkers asook die regverdige behandeling van werkers. Hiermee wil ons, ons personeel en almal in ons skoolgemeenskap salueer wat hard werk om nie net ‘n verskil in ons gemeenskap te maak nie, maar ook ‘n groot bydrae tot die onderwys asook die Suid-Afrikaanse ekonomie bewerkstellig sodat daar meer werksgeleenthede vir werklose mense geskep kan word. Dit is so hartseer om die stryd te sien wat haweloses daagliks in ons Moederstad moet voer net om te oorleef. Kaapstad en die res van Suid-Afrika word tans gekonfronteer met ‘n reuse uitdaging van haweloosheid. Die getal hawelose mense in die stad word daagliks meer-en-meer en moet tussen motors by verkeersligte loop en bedel net om ‘n geldjie te kry om hul hongerpyne te stil. Ons hoop en vertrou dat die plaaslike-, provinsiale- en nasionale regering die behoeftiges in ons land se nood spoedig sal aanspreek voordat die probleem tot ‘n punt van onomkeerbaarheid bring. Weereens kan ons so dankbaar wees om net ‘n dak oor die kop te hê en kos op die tafel vir ons geliefdes te plaas.
|
|
Die bouprojek op die skool se tweede vloer regoorkant die gr. 6 en 4-klasse om ons eie volwaardige leerontwikkelingsentrum te skep, het volgens plan afgeskop. Heelwat van die binnemure van die sportkantoor, Marinda en Suzaan se ‘ou’ kantore en die afrolkamer is deurgebreek. Die van julle wat die afgelope week netbalwedstryde op die hoofnetbalbaan in die vierkant gekyk het, sou beslis die deurbreek na buite bokant my kantoor waargeneem het. Die kontrakteurs werk middae vanaf 15:00 – 23:00 en dus word die funksionaliteit van die skool glad nie deur die bouwerk geaffekteer nie. Die kontrakteurs werk baie netjies en daar is ‘n uitstekende veiligheidsplan in plek om die veiligheid van ons leerders, ouers, voogde en personeel te verseker. Ons kan nie meer wag dat daar genoegsame spasie gaan wees om leerders met spesifieke uitdagings (akademiese, emosionele en sosiale) beter te ondersteun en te bemagtig nie. Die opwindende projek behels ook onder andere die sentralisering van ondersteuningsdienste in een gang met meer moderne en goed toegeruste lokale waar ons al die terapeute, opvoedkundige sielkundige en leerontwikkelingspersoneel kan akkommodeer.
|
|
|
Dan wil ek graag vir die sportkantoor in die bresse tree wanneer dit kom by die reël van wedstryde vir ons wintersporte. Mnre. Leon en Rashard gaan werklik uit hul pad om vir al die wintersportspanne wedstryde te reël, maar ons is totaal afhanklik van die opposisie om ons van spanne te voorsien. Skole onttrek dikwels hul spanne op dieselfde dag van die wedstryde en dit maak dit so moeilik om te bestuur. Hou ook verder ingedagte dat wanneer dit by die kies van juniorspanne kom, word die A-span op meriete gekies, terwyl die B- en C-spanne roteer om almal ‘n speelkans te gee. Ons probeer regtig ons bes om vir almal genoeg speelkans te gee.
|
Graag sluit ek weer af met ‘n opvolg dankbaarheidsjoernaal, hierdie keer in Engels, en ek wens vir julle ‘n wonderlike naweek saam met jul geliefdes toe:
|
"Gratitude is when memory is stored in the heart and not in the mind"
|
|
|
|
|
|
Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek
|
|
|
|
Kliek HIER vir advertensies van die week
|
|
|
|
|
|
|
|
|