|
|
|
|
|
Dagboek
Sa 6 Junie 2026
- Rugby: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
- Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
Ma 8 Junie 2026
Di 9 Junie 2026
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)
Do 11 Junie 2026
- Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)
Vr 12 Junie 2026
Ma 15 Junie 2026
Di 16 Junie 2026
Wo 17 Junie 2026
Do 18 Junie 2026
- Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)
Vr 19 Junie 2026
- Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Dit is my groot voorreg om ons leerders, ouers/voogde en personeel die week hartlik na ‘n welverdiende wintervakansie te verwelkom. Ek glo dat almal die drie weke van lekker rus behoorlik gebruik het om die spreekwoordelike battery sommer ten volle te herlaai, en dat julle slaggereed is vir nog ‘n besige kwartaal, propvol opwindende aktiwiteite.
|
Op Dinsdag, 22 Julie, het ons Jannies en onderwysers met groot opwinding terug skool toe gekeer. Die eerste dag van Kwartaal 3 is tradisioneel met ‘n saalbyeenkoms begin, waartydens ek almal amptelik na die heerlike vakansie kon terug verwelkom. Mnr. Ben het die saal met ‘n puik boodskap geopen.
|
Daar is verder heelwat sport- en kultuurgeleenthede (Koortoer & Eisteddfod) om na uit te sien – veral die jaarlikse interskole, wat vanjaar weg tydens die naweek van 15 en 16 Augustus te Moorreesburg plaasvind – asook die Senior Koortoer wat vanaf 9–11 Augustus aan die gewilde Cantamus Koorkompetisie te George gaan deelneem.
|
Die Suid-Kaap Sporttoer, wat vanaf 23–27 Junie 2025 plaasgevind het, was weereens ‘n reuse sukses, en die leerders wat die toer meegemaak het, praat nog steeds met lof oor die wonderlike ervaring – veral om teen ander skole buite ons onmiddellike area te speel, asook die ongelooflike besienswaardighede wat hulle besoek het.
|
Ons het vanjaar weer nie toegelaat dat die leerders hul selfone saam op toer kon neem nie. Hulle het dus saans ná die sportwedstryde bordspeletjies gespeel en lekker met mekaar gesels. Dit is juis die samesyn, sosialisering en kameraadskap wat die leerders vir ‘n baie lang tyd gaan onthou en waardeer.
|
Weereens, baie dankie aan die personeel (Leon, Ischké, Shahneé, Sharon, Suné, André, Keenen) wat die leerders op toer vergesel het en so mooi na hulle omgesien het. Baie dankie en geluk, mnr. Leon, vir al die puik reëlings om die sporttoer moontlik te maak.
|
Normaalweg word die Top 10 Akademiese Gr. 7-leerders kwartaalliks op die laaste dag van die kwartaal bekend gemaak. Weens die gr. 7’s se deelname aan die Suid-Kaap Sporttoer (23–27 Junie), kon ons Kwartaal 2 se Top 10 Akademiese Gr. 7-leerders eers op die dag wat die skool vir die derde kwartaal open, bekend maak en hul sertifikate oorhandig.
|
Baie geluk aan die volgende Gr. 7-leerders (alfabeties) met jul harde werk en toewyding:
|
- Sabine Barnard
- Ben Esterhuyse
- Andries Gouws
- Johannes Mouton
- Dané Olivier
- Stella Pansegrouw
- Zani Scholtz
- Katryn Silvis
- Amelie van der Walt
- Annalene Viljoen
Tans is ons o.13A-tennisspanne (seuns en dogters) besig om vanaf 21 Julie aan die prestigeryke Sun City Tennistoernooi deel te neem. Tydens saktyd vir die nuusbrief het beide ons seuns- en dogterspanne vir die semi-finale gekwalifiseer, en sal ons volgende week in dié verband volledige verslaggewing doen.
|
|
Baie dankie aan juf. Suné en mnr. Rashard wat onderskeidelik die dogters- en seunspanne vergesel.
|
|
|
Ek sluit dan die eerste week af, en mag julle ’n wonderlike Kwartaal 3 geniet.
|
Graag gaan ek voort om ons pragtige moedertaal te promoveer, en sluit ek af met ‘n minder bekende Afrikaanse uitdrukking:
|
‘Iemand beduie hoeveel blou boontjies vyf is’
|
Die uitdrukking beteken om iemand ernstig te berispe. ‘n Blou boontjie is destyds in Nederlands gebruik as beeldspraak vir die blougrys kleur van lood/koeëls. Dus, om vir iemand te beduie hoeveel blou boontjies vyf is, is om vir hom/haar koeëls te wys. Vyf verwys na die ou gewoonte om boontjies te gebruik as hulpmiddel wanneer iets getel moes word. Die boontjies is gewoonlik in vywe eenkant toe geskuif.
|
Vriendelike groete Naas Beets SKOOLHOOF
|
|
|
|
|
|
VIR AANDAG
|
|
Neem kennis van die volgende belangrike aankondigings en gebeure:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Tussen 17–26 September 2025 fokus ons op geïntegreerde, interaktiewe leer deur allerhande leergeleenthede te skep wat die boublokke van ontwikkeling benadruk word. Almal van ons het iewers begin wat ons òf ontwikkel het òf gestaak/verander het – jou stokperdjie of jou loopbaan. Jou nuuskierigheid en vaardighede het iewers of by iemand posgevat.
|
Indien jy by hierdie week op welke manier ook al betrokke wil raak, moet jy asb. vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) kontak. Idees is welkom.
|
Ouma- en oupadag (19 Sept.)
|
The Brick Club: uitstallings, werkSwinkels, speel-en-bou Maandag tot Dinsdag, 22-23 Sept.
|
Curro-musiekfees (23 Sept.)
|
|
Jannies Talent (25 Sept.)
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons ouerbesoeke vir die derde kwartaal vind plaas op Maandag, 28 Julie en Dinsdag, 29 Julie 2025. Hierdie geleentheid stel ouers in staat om eerstehands met onderwysers te gesels oor leerders se vordering, prestasies en enige areas van ondersteuning.
|
???? Volg hierdie skakel om 'n tydgleuf te bespreek: KLIK HIER
|
|
Vir enige navrae, maak asseblief kontak met die betrokke klasonderwyser of stuur 'n e-pos aan megan@jvrprim.co.za
|
|
|
|
|
|
|
|
Daar lê ’n opwindende derde kwartaal vir die senior koor voor, met ’n hele paar optredes en ’n toer na George om aan die Cantamus Koorfees en Kompetisie deel te neem. Neem asseblief kennis van die datums en tye, en hou die Senior Koor WhatsApp-groep dop vir spesifieke reëlings oor elke geleentheid:
|
- Dinsdag, 29 Julie: Koor Oefenkamp 13h15 - 16h45 (skoolsaal)
- Dinsdag, 29 Julie: Ouervergadering oor George Toer 17h00-17h30 (skoolsaal)
- Maandag, 4 Augustus: Tafelberg Koorfees 18h00 (Hoërskool JvR)
- Dinsdag, 5 Augusuts: Reddam Sings (Reddam Constantia) 18h00
- 9-11 Augustus: Cantamus Koorfees en Kompetisie (George)
- 23 September: Nootvas Musiekfees (Curro Durbanville)
Kontak gerus vir Juf Rolene met enige vrae. rolene@jvrprim.co.za
|
|
|
|
|
|
|
|
Daar lê vir ons musiekleerders ’n baie opwindende tyd in Augustus voor, met ’n propvol program vir deelname aan die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod. Sien die program met spesifieke datums, tye, en venues by hierdie skakel: KAE PROGRAM
Teken die relevante datum\s in jou dagboek aan, om sodoende enige botsings te voorkom óf vroegtydig uit te sorteer. Kontak gerus vir Juf. Rolene vir enige verdere navrae.
|
|
|
|
|
|
|
|
Die musiekdepartement bied heelwat opsies indien jou kind daarin belangstel om met musieklesse te begin. Die instrumente waarvan leerders kan kies is:
|
- Klavier
- Viool
- Tjello
- Kitaar
- Dwarsfluit
- Saksofoon
- Klarinet
- Blokfluit
- Sang
|
Kontak gerus vir Juf. Rolene (rolene@jvrprim.co.za) vir meer inligting, of sien die Musiekinskrywingsvorm hier onder:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons is opgewonde om aan te kondig dat die Jantrap Fietsry Klub amptelik afskop met ons eerste fietsrydag op Vrydag, 27 September om 09:00! Hierdie is die perfekte geleentheid vir almal – van beginners tot ervare fietsryers – om saam te kom, nuwe mense te ontmoet en die buitelewe te geniet.
|
Wil jy deel wees van die avontuur? Sluit aan by ons WhatsApp-groepie vir meer inligting, roetes en opdaterings. Kliek hier om aan te sluit: Jantrap WhatsApp-Groep
|
|
Maak seker jou fiets is reg, en trap saam met ons 'n nuwe seisoen in beweging!
|
|
|
|
|
|
|
|
Indien jy nie in kwartaal 2 'n Karri-kaart bestel het nie en nou een wil hê, kan jy direk deur hul webtuiste vir jou kind 'n kaart bestel. Jy kan jou eie adres gebruik vir aflewering.
|
|
|
|
|
|
|
TERUGVOER
|
|
Die jongste sportuitslae, toekennings, prestasies en ander resultate:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons is trots om te deel dat Bordeaux onlangs 'n brons medalje verwerf het tydens die Suid-Afrikaanse Judo Kampioenskappe. Baie geluk, Bordeaux!
|
|
|
|
|
|
|
Ons is trots om aan te kondig dat Aiyana Alfredo op 17 Julie die Wes-Kaap verteenwoordig het by die Akrobatiese Solo-dans Sport Assosiasie se Nasionale Kampioenskappe in Johannesburg. Sy het ’n uitstekende telling van 8.9 uit 10 vir haar vertoning behaal. Baie geluk, Aiyana – ons is ongelooflik trots op jou prestasie!
|
|
|
|
|
|
|
Maia du Toit en Willem Viljoen het die afgelope naweek die Wes-Kaap verteenwoordig in die o.11-dubbels tennistoernooi teen Boland. Hoewel Boland uiteindelik die toernooi gewen het, was daar verskeie baie noue en kompeterende wedstryde. Goed gedaan, Maia en Willem – ons is trots op julle deelname en sportmangees!
|
|
|
|
|
|
Volg Die Suidooster vir al die nuutste artikels, foto's en video's.
|
|
|
|
Klik HIER vir advertensies van die week
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Jy ontvang hierdie nuusbrief
|
|
omdat jy 'n ouer of ondersteuner van Laerskool Jan van Riebeeck is.
|
|
|
|
|
Laerskool Jan van Riebeeck, Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad
|
|
|
|
|