|
|
|
|
|
Dagboek
Sa 6 Junie 2026
- Rugby: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
- Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
Ma 8 Junie 2026
Di 9 Junie 2026
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)
Do 11 Junie 2026
- Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)
Vr 12 Junie 2026
Ma 15 Junie 2026
Di 16 Junie 2026
Wo 17 Junie 2026
Do 18 Junie 2026
- Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)
Vr 19 Junie 2026
- Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Dit is my groot eer en voorreg om almal na afloop van die lekker somervakansie by ons geliefde skool terug te verwelkom. Ek vertrou almal het ‘n heerlike vakansie en ‘n Geseënde Kerstyd saam met familie en vriende geniet. Ek glo almal se spreekwoordelike batterye is ten volle herlaai en slaggereed om die nuwe jaar aan te pak.
|
|
Groot opwinding het saam met hoë energievlakke op Woensdagoggend, 16 Januarie 2026, tydens die opening van die skool na die heerlike somervakansie geheers. Ons graad 1’s asook al ons nuwe leerders is spesiaal met ope arms deur die nuwe leerderraad en BRUL-JANt ontvang en sonder enige trane na hul onderskeie klaskamers vergesel. Dit was so lekker om al ons leerders, ouers/voogde en personeel weer te sien, blad te skud, drukkies te gee en sommer net lekker te gesels oor die wonderlike vakansie-ervarings asook die opwindende jaar wat voorlê.
|
|
|
Ek het dan ook die voorreg gehad om met die aanvang van die eerste skooldag die gr. 2- tot 7-leerders amptelik in die saal te verwelkom. My saalboodskap vir die eerste dag van die skooljaar het gehandel oor of hulle (leerders en personeel) gereed voel vir hul onderskeie nuwe grade asook alles wat die nuwe jaar gaan bied. Ek het mooi verduidelik dat ‘n mens nooit regtig gereed sal voel om iets nuuts aan te pak nie, want dit is nie ‘n gevoel nie - dis eerder ‘n besluit.
|
Ons weet dat ons vanjaar weer baie besluite moet neem en dus het ek en die personeel saam met die leerders kollektief die volgende besluite (ons Jannies-nuwejaarsvoornemens) geneem:
|
- Om te alle tye alle mense met respek te behandel;
- Om verantwoordelikheid vir ons besluite en dade te neem;
- Om eerlik te wees;
- Om vir mense, diere en die omgewing om te gee.
|
Hierdie bogenoemde besluite is gebaseer op ons skool se vier kernwaardes, naamlik Respek, Omgee, Verantwoordelikheid en Eerlikheid. Baie dankie aan Pieter Derksen (Gr. 5) en Graham Ford (Gr. 4) wat my gehelp het tydens die saalaanbieding om my boodskap oor te bring.
|
|
|
Laat my toe om veral ons nuwe leerders en ouers/voogde hartlik by die LS Jan van Riebeeck-familie te verwelkom. Ek weet julle sal sommer vinnig inskakel en deel word van ‘n trotse omgee-skoolgemeenskap. Laat my toe om weereens vir almal ‘n wonderlike en ‘n voorspoedige 2026 toe te wens. ‘n Nuwe jaar bring nuwe geleenthede, nuwe lesse en nuwe uitdagings – kom ons maak die beste daarvan gebruik.
|
Dit is dan ‘n riem onder die hart om met julle te deel dat al ons personeel veilig na die lang vakansie terug is, uitgerus en slaggereed is om jul kinders te onderrig en te inspireer om te verseker dat elke Jannie sy/haar skooljaar terdeë sal geniet. Ons streef daarna dat elke leerder sy/haar volle potensiaal sal bereik teen die tempo waarteen elke leerder individueel ontwikkel.
|
Graag verwelkom ek dan ook die volgende nuwe personeellede:
|
- Juf. Bea de Wit (musiekonderwyser en betrokke by junior koor)
- Juf. Mieke Eefting (Gr. 1-opvoeder)
- Juf. Anthea Gravett (Gr. 2-opvoeder)
- Juf. Esmarié du Plessis (Gr. 3-opvoeder)
- Juf. Monica Robertson (Gr. 1-intern)
- Juf. Herculine Becker (Gr. 1-intern)
|
Baie welkom ook aan juf. Mardry (Gr. 5-opvoeder) wat na afloop van haar kraamverlof teruggekeer het.
|
|
|
Graag wil ek julle asseblief versoek om volgende week op Donderdagaand, 22 Januarie 2026, vanaf 18:00 die jaarlikse bekendstellingsfunksie en inligtingsaand by die skool by te woon sodat julle ook al jul kinders se nuwe opvoeders asook ander nuwe personeel kan ontmoet. Die program vir die aand werk as volg:
|
18:00 – Inligtingsgesprek met klasopvoeder in die klaskamer soos deur opvoeders gereël. Benut asseblief dié geleentheid om jou kind se leeromgewing te verken en die roetines/stelsels binne-in die klas beter te verstaan. Ons gaan ook die akademiese verwagtinge vir die betrokke graad deurgee. Die opvoeders moet egter direk na afloop van die vergadering saam met julle as ouers/voogde na die saal vir die bekendstellingsfunksie beweeg. Individuele afsprake sal op ‘n latere stadium met ouers/voogde gemaak word sodra die basislynassesserings voltooi is.
|
18:45 – Almal verdaag saal toe vir ons algemene inligtings- en bekendstellingsvergadering. Na afloop van die bekendstellingsfunksie sal smaaklike etes wat deur Karri verkoop word, geniet word. Ek sien baie uit na die heerlike samesyn.
|
Neem asseblief kennis dat ons vanjaar weer vroeër met ons sportoefeninge begin. Die atletiekspan het alreeds vanaf Woensdag, 14 Januarie, begin oefen ter voorbereiding van die Interskole-atletiekbyeenkoms wat Dinsdag, 17 Februarie, plaasvind. Die somersport buitemuurseprogram skop dan amptelik op Maandag, 19 Januarie 2026, af. Hou asseblief Saterdagoggend, 24 Januarie 2026, oop waartydens ons weer die gewilde ouer-kind sportdag by die Conradieveld gaan aanbied. Daar sal ook heerlike verversings te koop wees. Die doel hiervan is om pret saam met jou kind/ers te hê terwyl ouers ook die geleentheid kry om sommer mekaar beter te leer ken, nuwe vriende te maak en saam die jaar behoorlik op ‘n hoë noot af te skop met lekker geesvang.
|
Die musiekprogram skop ook amptelik op Maandag, 19 Januarie 2026, onder leiding van juf. Rolene van Zyl, Hoof van Musiek en Kultuur, af. Kontak gerus vir juf. Rolene indien jou kind musiekonderrig wil ontvang of in musiek belangstel. Ons poog om vanjaar weer aktief die kultuur-spyskaart vir ons leerders uit te brei.
|
Indien iemand dalk sou belangstel om vanaf 2026 ‘n behoeftige leerder van ons skool se 2026 skoolfooie te borg, is julle welkom om my te kontak.
|
Hiermee gaan ek voort om bekende Afrikaanse uitdrukkings/idiome en die betekenis daarvan met julle te deel in ‘n poging om ons pragtige taal verder te promoveer:
|
‘n Pleganker wees
Die uitdrukking word gebruik om na iemand te verwys wat tydens uiterste nood kan help. Die letterlike betekenis van pleganker het met skeepsvaart te doen. ‘n Pleg verwys na ‘n verhoogde dek op die voor- of agterstewe van die vaartuig. Die pleganker is die anker op die pleg van die vaartuig wat in noodgevalle gebruik word. Figuurlik sinspeel dit dus op iets of iemand wat ondersteuning bied of ‘n laaste toevlug is.
|
Mag julle ‘n wonderlike naweek saam met jul vriende en gesin geniet.
|
Groetnis Naas Beets SKOOLHOOF
|
|
|
|
|
|
VIR AANDAG
|
|
Neem kennis van die volgende belangrike aankondigings en gebeure:
|
|
|
|
|
|
|
|
Leerders word volgens hulle grade in groepe ingedeel. Die groepe bestaan uit 8–10 leerders per groep en kom een keer per week vir 45 minute bymekaar. Leerders gaan vir 7 weke gratis studie-ontwikkeling ontvang. U kan ’n e-pos aan Marietjie de Kock (marietjie@jvrprim.co.za) stuur om vir u kind ’n plek te bespreek.
|
Die studie-ontwikkeling bestaan uit die volgende:
|
-
|
Beplanning vir die kwartaal en doelwitstelling
|
-
|
Hersiening van verskillende opsommings
|
-
|
Luister- en konsentrasievaardighede
|
-
-
|
Beantwoording van toetse en eksamens
|
|
Die kursus begin die week van 26 Januarie. Hier is die tye en datums vir die onderskeie grade.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Musiekaansoeke vir 2026 is oop! Skryf gerus jou kind in vir musieklesse en kontak Juf Rolene vir enige navrae. Vul asseblief hierdie vorm in indien jy belangstel: ???? https://jvr.info/musiek2026
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Sien die Buitemuurseprogram vir kwartaal 1, 2026 hier onder:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Om by ‘n nuwe skool betrokke te raak, verg soms kophou om belangrike inligting nie mis te loop nie. Ons help graag deur hierdie kort opsomming as induksie te gebruik totdat jy vertroud is met die kalender, weeklikse nuusbrief en al die ander doen en late van ons skool. Die doel hiermee is nie om enige ander dokument te vervang nie, maar eerder om onnodige angs en onsekerhede uit die weg te ruim.
|
|
Klik op die knoppie hier onder om die volledige program te sien:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Sluit nou aan by ons WhatsApp-gemeenskap! WhatsApp is ons hoof vorm van kommunikasie met ouers. Maak asseblief seker dat jy op alle relevante groepe is.
|
Ons nooi jou uit om by die volgende groepe aan te sluit:
|
-
-
-
|
Verlore Goedere (opsioneel)
|
Soek asseblief jou kind se graadgroep sowel as klasgroep, byvoorbeeld:
|
Sluit ook aan by die sport- en kultuurgroepe waarin jou kind betrokke is, sowel as die toepaslike ouderdomsgroepe vir elke sportsoort.
|
|
Vir enige navrae, kontak vir Megan by megan@jvrprim.co.za
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Sluit aan by ons skoolkalender om op hoogte te bly van belangrike datums en gebeure by die skool. Graad 4-7 het hul eie take- en toetsrooster-kalenders, en ouers kan daarby inskakel om seker te maak hulle bly op hoogte. Vir meer inligting en om aan te sluit, besoek gerus die volgende skakel: Skoolkalender
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons sien uit om saam as ouers, voogde en onderwysers volgende week Donderdagaand, 22 Januarie, te kuier.
Oudergewoonte sal Stan van Boulevard 82 se "Food truck" weer na afloop van die inligtingsessie in die saal (rondom 20:00) regstaan met voorafbestelde etes wat op Karri beskikbaar is. Daar sal ook ’n tafel wees om jou dors te les. (Slegs SnapScan en Yoco)
|
Alle kosbestellings moet teen Dinsdag om 13:00 op Karri geplaas word. Geen kos sal sonder voorafbestelling verkoop word nie. Karri-bestellings maak vandag oop.
|
-
|
Falafel vegetarieseburger met skyfies – R130
|
-
|
Karringmelkhoenderburger met skyfies – R155
|
-
|
Kaasbeefburger met skyfies – R165
|
-
|
Die koskaartjies sal by die registeronderwyser in die kind se klas wees deur wie die kosbestelling geplaas is. Dit kan op die aand tydens die klasvergaderings afgehaal word.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Neem asseblief kennis dat klere-items wat by die klerebank omgeruil word, glad nie gedra mag wees nie. Alle omruilings moet binne 4 weke geskied. Geen omruilings sal ná afloop van die 4 weke toegestaan word nie. Dankie vir die samewerking.
|
|
|
|
|
|
|
|
Jannies vir Jesus vind elke Donderdagoggend van 07:15 - 07:45 in die NASORGLOKAAL plaas. Ons eerste samekoms van die jaar is volgende Donderdag, 22 Januarie. Ons sing eers lekker saam en dan bring ds Marietjie Steyn, van die Groote Kerk, of een van die onderwysers 'n boodskap. Dit is baie van ons Jannies se gunstelingoggend van die week.
Alle gr.1 - 7-leerders en hul ouers is welkom! Sluit asb. by die WhatsApp-communitygroep aan indien jy graag op hoogte wil bly van die aktiwiteite.
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons eer graag Jannies wat iets besonders gedurende die week doen. Besonders is 'n besondere term vir 'n besonderse daad. Om hulpvaardig teenoor 'n maat op te tree wie se arm gebreek is en nie haar tas kan dra nie; om rommel op te tel sonder dat enigiemand vir jou opdrag gee; om vriendelik te wees teenoor iemand wat afsydig en ongeskik is; om respekvol teenoor besoekers op te tree is alles voorbeelde van 'n Jannie wat die Jannie van die week-toekenning verdien.
Hou asseblief hierdie spasie dop aangesien ons weekliks 'n Jannie van die week-verteenwoordiger op hierdie ruimte gaan aanwys.
|
|
|
|
|
|
|
|
Daar is 'n netbal- asook 'n hokkiegroep vir ouers wat op Dinsdag- of Donderdagaande by die skoolgronde lekker saam speel. Skandeer die QR kode vir die WhatsApp-groepe of kontak ons gerus vir meer inligting.
Hokkie
Annemarie Kemp
082 808 8681
Netbal
Tanja de Korte
072 744 7993
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons verwelkom hierdie jaar drie nuwe grondslagfase onderwyseresse!
|
Ons het vir hulle die volgende vrae gevra: 1. Het jy voorheen skool gehou? Indien wel, waar? 2. Wat doen jy graag in jou aftyd? 3. Wat is jou gunstelingkos/-dis? 4. As jy met 'n bekende persoon kan kuier, wie sal dit wees? 5. As jy 'n superpower gehad het, wat sou dit wees? 6. As jy die Lotto wen...
|
|
Kom ons kyk 'n bietjie wat sê hulle...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Insigte, wenke en kundige leiding vir ouers wat hul kinders se groei en welstand wil bevorder.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
So op die drumpel van jou graad 1-kind se skoolloopbaan ervaar jy as 'n ouer baie emosies. Jy besef jou kind word groot en al hoe meer mense word deel van haar wêreld: vriende, onderwysers, die skoolgemeenskap, dalk terapeute en meer. Ons weet mos dat dit 'n hele gemeenskap verg om 'n emosioneel sterk en gebalanseerde kind die grootmenswêreld in te stuur. Wanneer ons kinders die “groot skool” betree, word ons “beheer” oor hul doen en late algaande minder.
|
|
|
|
|
|
|
|
Volg Die Suidooster vir al die nuutste artikels, foto's en video's.
|
|
|
|
Klik HIER vir advertensies van die week
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Jy ontvang hierdie nuusbrief
|
|
omdat jy 'n ouer of ondersteuner van Laerskool Jan van Riebeeck is.
|
|
|
|
|
Laerskool Jan van Riebeeck, Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad
|
|
|
|
|