Share this emailCopy the public link or share it on your favorite channel.
Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

Sa 6 Junie 2026

  • Rugby: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
  • Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
  • Veiling

Ma 8 Junie 2026

  • Interne sport begin

Di 9 Junie 2026

  • Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)

Do 11 Junie 2026

  • Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)

Vr 12 Junie 2026

  • Eksamen Eindig

Ma 15 Junie 2026

  • Skoolvakansiedag

Di 16 Junie 2026

  • Jeugdag

Wo 17 Junie 2026

  • Hoofleiers Verkiesing
  • Eksamen Sieketoetse

Do 18 Junie 2026

  • Musiekkonsert ISF
  • Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar
  • Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)

Vr 19 Junie 2026

  • Finkom vergadering
  • Hoofleiers aanwys
  • Musiekkonsert GF
  • Toer oorhandiging
  • Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)




>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Roosterruiling

Eerskomende Maandag en Dinsdag se rooster sal omruil a.g.v. kooroefening wat moet plaasvind voordat die kore Maandagaand by HS JvR optree.

Skool verdaag vroeër

As gevolg van die sportnaweek (26 en 27 Julie) te Langebaan Curro het ons besluit om die skool op Vrydag, 26 Julie, vroeër te verdaag. Die hokkiespelers sowel as hul afrigters moet reeds Vrydagmiddag om 13:30 met die eerste wedstryde begin.

Gr. 1-3: verdaag om 10:45
Gr. 4-7: verdaag om 11:00

Baie dankie vir die samewerking in hierdie geval.

Bekers/trofees inhandig

Leerders wat wisseltrofees ontvang het, moet dit asseblief so gou moontlik terugbring skool toe. Handig dit asseblief by juffrou Marietjie in.

Jan Kas

Baie dankie vir al die Woolworths-sakke wat aan Jan Kas geskenk is. Dit maak 'n reuse verskil en dis lekker om te weet ons doen ons deel wanneer dit by die voetspoor wat ons in die natuur los, kom.

As jy enige swart Woolworths winkelsakke het waarvan jy ontslae wil raak, stuur dit asseblief saam skool toe. Leerders kan dit vir juffrou Megan in haar kantoor aflewer.

Belangrike skakels:
Klere omruil:

Indien jy iets gekoop het wat jy wil omruil, kan jy vir my (Megan) 'n boodskap stuur en die item saam met jou kind skool toe stuur. Maak asb. seker dat dit steeds in die oorspronklike kondisie en sakkie(s) is.

Vir enige navrae, kontak my direk d.m.v. Whatsapp:

Megan - 067 448 4943 (slegs boodskappe)

KULTUUR

Senior Koor: Koorkamp Vrydag, 19 Julie 2024

Beste Ouers/Voogde,

Ons Koorkamp se datum het geskuif na Vrydag, 19 Julie, en vind nie meer Saterdag, 20 Julie, plaas nie. Weens onvoorsiene omstandighede moes die datum verander, en ons hoop dat ons senior koorlede steeds die Vrydag-sessie kan bywoon.

Plek: Laerskool Jan van Riebeeck skoolsaal
Datum: Vrydag, 19 Julie 2024
Tyd: 14h00 – 15h15

Ek is jammer vir enige ongerief wat hierdie skuif veroorsaak. Ons sien uit na ‘n produktiewe en geïnspireerde tyd saam met die koor, waar ons gaan fokus op die finale voorbereiding en afronding van ons musiek vir Maandag se optrede.

Laat weet asseblief indien jou kind nie hierdie oefening kan bywoon nie.

Weereens baie dankie vir almal se wonderlike ondersteuning!

Vriendelike groete,
Rolene van Zyl
rolene@jvrprim.co.za

Senior Koor: Tafelberg Koorfees

Woensdag, 17 Julie 2024

Beste Ouers/Voogde,

Ek deel graag meer detail met julle rakende ons senior koor se optrede by die Tafelberg Koorfees eerskomende Maandagaand (22 Julie).

Plek: Hoërskool Jan van Riebeeck skoolsaal (dit vind niè meer in die Groote Kerk plaas nie)

Tyd: Alle leerders moet asseblief teen 15h45 by HSJvR wees.

Daar sal hoërskoolleerders wees om ons kinders na die opwarmingslokaal te neem.

Die vertoning begin 18h30, en daar sal vanaf 17h00 reeds lekker pannekoek en sop in die Rooiplein te koop wees.

Indien daar ouers is wie nie die vertoning bywoon nie, kan jy jou kind na afloop van die konsert, 19h30, in die opwarmingslokaal optel.

Kleredrag:

DOGTERS
• Lang- of kortmou wit en donkerblou hemp
• “Soft Shell” baadjie
• Geruite rompie / donkerblou langbroek
• Swart sykouse
• Swart skoolskoene

SEUNS
• Lang- of kortmou wit en donkerblou hemp
• "Soft Shell” baadjie
• Khaki langbroek
• Swart skoolskoene

Kos: Pak asseblief vir jou kind water en iets om te eet in. Ons sal vir die kinders kans gee om rustig iets te eet voor die optrede 18h30 begin.
Onthou asseblief om julle kaartjies vir die vertoning op Quicket te koop.

Laat weet gerus indien daar enige vrae is. Ons sien baie uit na die Koorfees, en kan nie wag om ons nuwe musiek met almal te deel nie!

Vriendelike groete,
Rolene van Zyl

Junior Koor: Tafelberg Koorfees

Woensdag, 17 Julie 2024

Beste Ouers/Voogde,

Ek deel graag meer detail met julle rakende ons junior koor se optrede by die Tafelberg Koorfees eerskomende Maandagaand (22 Julie).

Plek: Hoërskool Jan van Riebeeck skoolsaal (dit vind niè meer by die Groote Kerk plaas nie)

Tyd: Alle leerders moet asseblief teen 17h00 by HSJvR wees.

Daar sal hoërskoolleerders wees om ons kinders na die opwarmingslokaal te neem.

Die vertoning begin 18h30, en daar sal vanaf 17h00 reeds lekker pannekoek en sop in die Rooiplein te koop wees.

Indien daar ouers is wie nie die vertoning bywoon nie, kan jy jou kind na afloop van die konsert, 19h30, in die opwarmingslokaal optel.

Kleredrag: DOGTERS en SEUNS
  • Lang- of kortmou wit en donkerblou hemp
  • Sweetpak (top en broek)
  • Wit sokkies en tekkies
Onthou asseblief om julle kaartjies vir die vertoning op Quicket te koop.

Laat weet gerus indien daar enige vrae is. Ons sien baie uit na die Koorfees, en kan nie wag om ons nuwe musiek met almal te deel nie!

Vriendelike groete,

Rolene van Zyl

rolene@jvrprim.co.za

ALGEMEEN

Oud-Jannies Presteer: ATKV-Afrikaansolimpiade

Ons is baie trots op twee van ons oud-Jannies wat skitterend tydens hierdie jaar se nasionale senior ATKV-Afrikaansolimpiade gevaar het!

Stella Malan behaal 'n gesamentlike 4de plek in die Wes-Kaap en 7de in Suid-Afrika en Mari Swanepoel die gesamentlike 7de plek in die provinsie en 11de in die land.

Dit is 'n ongelooflike prestasie vir 'n baie uitdagende eksamen waaraan duisende hoërskoolleerders regoor Suid-Afrika deelneem.

Ons harte loop oor van trots! Welgedaan, Jannies.

Mandela-Dag Skenking

TERUGVOER

Ella Grey presteer by ATKV-DigiKuns

Ons is ongelooflik trots op Ella Grey (gr.6) wat onlangs aangewys is as kategorie-wenner vir Beeldhoukuns: ouderdom 9 – 12 jaar. Die tema vir haar kunswerk was “Ontdekkingsreis deur die wildtuin”. Ella het nie net in die Beeldhou-afdeling presteer nie, maar behaal ook ‘n A-simbool vir haar kunswerk in die afdeling, Gemengde Media. Dankie vir jou inspirerende werk, Ella!

Dané Olivier presteer in ballet

Dané bet tydens die Kaapse Ballet- en moderne dans Eisteddfod die volgende prestasie in haar ouderdomsgroep behaal:
- Ballet repertoire - 2de plek
- Eie reuse solo(kontemporêr) -1ste plek
- Groep - 2de plek

Sy is ook gekies om deel te neem aan die South African International Ballet Competition te Artscape vanaf 14-17 Julie.

Dané is deur na die finaal van hierdie kompetisie te Artscape. Dit is 'n groot eer om aan die kompetisie deel te neem.

Welgedaan, Dané!

Rugby teen Laerskool Kenridge: 17 Julie 2024

Op Woensdag, 17 Julie, het die Jannies Bellville toe gery om teen Laerskool Kenridge te speel. Hierdie wedstryd, wat lyk of dit 'n jaarlikse instelling gaan raak, is 'n goeie maatstaaf vir ons rugby en hoe dit ontwikkel. Alhoewel die tellings nie gister aan ons kant was nie, het ons beslis gewys dat Jannies veggees in moeilike omstandighede het.

Ons volgende wedstryde is teen LS Primêr (24/06, Tuis) en Curro Langebaan (27/06, Weg).

Rugby vir die kwartaal is nou amptelik in volle swang!

Netbal: JvR vs Kampsbaai, Woensdag, 17 Julie 2024

0.13A wen 32-2
0.13B wen 17-3
0.13C wen 12-1
0.12A wen 28-1
0.12B wen 15-1
0.12C wen 17 -3
0.11A wen 12-2
0.11B wen 11-0
0.11C wen 8-0
0.10A wen 11-1
0.10B wen 8-5
0.9A wen 10-2
0.9B wen 4-1
0.9C wen 2-0
0.8A wen 13-0
0.8B wen 2-0
0.7A wen 6-0
0.7B verloor 0-1

Tennis: Sun City tennistoernooi Julie 2024

Dit is met groot opgewondenheid dat ons die nuus deel van ons tennisspan se deelname aan die onlangse tennistoernooi te Sun City wat gedurende die week van 8-12 Julie 'n ware beproewing van uithouvermoë en vaardigheid vir ons spelers was. Ons is verheug om ons sukses en ervarings met julle te deel.

Die toernooi het begin met intense wedstryde en 'n atmosfeer van kompetisie wat aan ons span 'n unieke geleentheid gebied het om hul vaardighede ten toon te stel. Met elke dag wat verloop het, het ons gesien hoe ons spelers groei en hulself op die baan uitdaag.

Vir die dogterspan was dit 'n besondere toernooi. Hulle het hulself as formidabele mededingers bewys en het met groot vasberadenheid vir elke punt baklei. Ons is trots om aan te kondig dat ons dogters 'n indrukwekkende derde plek in die toernooi behaal het. Hierdie prestasie getuig van hul toewyding en harde werk.

Die seuns het ook nie teruggestaan nie en het hulself as mededingende teenstaanders bewys. Hulle beklee 'n eerbare agtste plek en het elke wedstryd met dapperheid en vasberadenheid aangedurf. Hulle prestasies is 'n weerspieëling van hul verbintenis tot die spel en die span.

Die ondersteuning van ons jannie-gemeenskap het 'n groot rol in ons sukses gespeel. Julle aanmoediging en ondersteuning het ons aangespoor om elke dag ons beste op die baan te lewer. Dit was 'n ervaring wat ons span sal koester en wat ons motiveer om voort te gaan met ons tennisreis.

Ons sien uit na die volgende uitdaging wat op ons wag en is vasbeslote om voort te bou op die sukses wat ons te Sun City bereik het.

Sportgroete,

Suné Swanepoel
Tennishoof

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 19 Julie 2024 

Wie sou kon dink dat gure en ontwrigtende weersomstandighede die eerste 2 weke van die kwartaal so kon beïnvloed. Die sluiting van die skool op Donderdag, 11 Julie, deur die WKOD mag dalk vir ons vreemd wees, maar ons skool het nie noodwendig dieselfde stormskade soos die meeste skole in die Wes-Kaap opgedoen nie. Dit is veral skole in die Wynlande en Overberg wat groot skade ondervind het. Die grootste ontwrigting vir ons skool was beslis dat ons nie met die buitemuurse program kon begin nie. Selfs die jaarlikse en gewilde hokkietoernooi te Laerskool Stellenbosch moes gekanselleer word tot groot teleurstelling van die leerders en afrigters.

Soos in my vorige nuusbrief belowe, gee ek graag terugvoer rakende ons o/13A-tennisspanne (seuns en dogters) wat vanaf 08 – 12 Julie aan die prestige Sun City tennistoernooi deelgeneem het. Ons dogterspan het uitstekend gevaar deur ‘n 3de plek uit 14 skole te behaal. Ons seuns eindig 7de uit 15 skole. Ons het teen die top tennisskole in die land meegeding sonder om vir hulle terug te staan. Welgedaan, dogters. Om met ‘n 3de plek weg te stap teen heelwat groter skole, is eenvoudig net merkwaardig! Baie dankie aan juf. Suné en mnr. Rashard wat onderskeidelik die dogters- en seunspanne vergesel het. Ek sal my plig versuim indien ek nie ‘n lansie breek vir Yurich Daniels en sy tennisakademie wat instrumenteel in ons tennissukses is. Baie dankie Yurich vir jou passie om tennis by ons skool na ‘n hoër vlak te neem. Ons waardeer baie!

Op Dinsdag, 16 Julie, het die Gr. 7-musiekkonsert plaasgevind. Dit kon nie in kwartaal 2 plaasvind nie as gevolg van die Suid-Kaap Sporttoer. Baie geluk aan die volgende leerders met hul puik optrede tydens die konsert:
  • Leah de Kock – klavier
  • Daniella Boshoff – viool, klavier en sang (solo en duet).
  • Jeanne Koen - klavier
  • Mari Steyn – klavier
  • Michaan Naylor – klavier
  • Karu Rademeyer – klarinet, klavier en sang (solo en duet)
  • Stella Zulch – klavier
  • Frank van der Walt - klavier
Baie geluk aan Jack Dawes wat sy o/12 WP-Sonekleure op Maandag, 15 Julie, te Laerskool Tableview ontvang het. Ek het die voorreg gehad om die oorhandigingsfunksie by te woon. Ek wil dan ook vir juf. Shahneé gelukwens, want sy is as spanbestuurder aangewys. Dit is die eerste keer dat ‘n leerder by ons skool WP-Sonekleure vir hokkie ontvang om nie eens van ’n spanbestuurder te praat nie. Baie geluk, julle twee maak ons baie trots!
Wintersportwedstryde vir netbal en rugby het ook op Woensdag, 17 Julie, afgeskop. Ons netbalspannne het weereens uitstekend teen LS Kampsbaai gevaar deur 17 van die 18 wedstryde te wen terwyl ons rugby ‘n bietjie swaarder teen LS Kenridge getrek het. Ons is net dankbaar dat ons so tussen die gure weer vir ‘n slag sport kon beoefen.

Op Donderdag, 18 Julie, het ons Internasionale Nelson Mandela-dag gevier deur fondse in te samel om aan ‘’The Haven Night Shelter’’ te skenk sodat hulle benodigdhede kan aankoop wat haweloses tydens die koue en gure weer kan ondersteun om die lewe vir hulle ‘n bietjie meer draaglik te maak. Baie dankie vir almal se ruim bydraes! Mandela-dag is 'n jaarlikse wêreldwye viering wat op 18 Julie plaasvind om die lewe en nalatenskap van die ikoniese Nelson Mandela te eer. Hierdie dag dien as 'n oproep tot aksie vir individue, gemeenskappe en organisasies om oor Mandela se waardes en beginsels na te dink en 'n positiewe impak in hul eie asook ander gemeenskappe te maak. Die tema vanjaar is om armoede en ongelykheid te bekamp. Ons wil graag as skoolgemeenskap mense en diere in nood help. Dit vorm deel van ons liefdadigheidsprojekte vir die jaar.

Verder versoek ek ouers/voogde om asseblief ook seker te maak dat jul kind/ers se skoolklere duidelik gemerk is en ook om jul kind/ers te vra om mooi na dit te kyk, veral as dit vir sport en/of koor uitgetrek word. Ons leerders laat ongelukkig hul skoolklere en besittings die wêreld vol lê en verlore goedere sukkel om voor te bly in die hantering daarvan. Maak ook asseblief seker dat jou kind/ers nie ander se skoolklere (gemerkte) per ongeluk neem en dra nie. Baie dankie vir julle samewerking in die verband.

Graag sluit ek dan af met ‘n kort, maar treffende stelling van dankbaarheid vir ons skoolgemeenskap en wens vir julle ‘n wonderlike naweek toe.

“Dankbaarheid is die kortste weg na Geluk!.’’


Vriendelike groete,
Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek

Kliek HIER vir advertensies van die week