|
|
|
|
|
Dagboek
Vr 5 Junie 2026
- Hokkie: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
- Skaak: Herzlia Highlands Primary School (WEG)
Sa 6 Junie 2026
- Rugby: Mini-toernooi by Durbanville (o.7 - o.9)
- Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
Ma 8 Junie 2026
Di 9 Junie 2026
- Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)
Ma 15 Junie 2026
Di 16 Junie 2026
Wo 17 Junie 2026
Do 18 Junie 2026
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)
Vr 19 Junie 2026
- Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons trotse skool het op Saterdag, 31 Januarie, sy 105de verjaardag gevier. Mense mag dalk dink dat ons skool baie oud is, maar die leer en onderrig asook die skoolpraktyke wat ons daagliks toepas, is egter modern en aangepas om ons leerders vir ‘n immer veranderde wêreld voor te berei asook om hulle vir hul hoërskoolloopbaan te bemagtig. Leerders, personeel en BRUL-JANt het op Vrydag, 30 Januarie, vroegoggend reeds met die verjaardagfeestelikhede begin deur al die leerders en hul ouers tydens aflaaityd by die skool te verwelkom.
|
|
|
Die skool se gange, klaskamers en deure was baie mooi versier om die spesiale geleentheid behoorlik te vier terwyl daar heerlik aan die spesiale geborgde kolwyntjies gesmul is. Ons is vir Japie Louw ewig dankbaar dat hy meer as ‘n eeu gelede trompop geweier het om in Engels skool te gaan sodat ons vandag trots in Afrikaans kan leer en onderrig. Mag ons merkwaardige skool vir nog ‘n verdere 105 jaar net hom-/haarself wees met ‘n sterk akademiese aanslag en die fokus op moedertaalonderrig.
|
Ons o.12- en o.13-netbalspelers het vanaf Donderdag, 29 Januarie, tot Sondag, 01 Februarie, ‘n voorseisoennetbalkursus saam met hul afrigters op die pragtige karooplaas, genaamd Elandsrus naby Drie Susters bygewoon. Die gewilde netbalkursus word deur die bekende Patrys van der Merwe aangebied en skole staan letterlik in ‘n ry om die spesiale netbal- en unieke plaaservaring saam te beleef. Patrys is ‘n voormalige Protea-speler en doen baanbrekerswerk as dit by netbalafrigting kom. Ek is so dankbaar dat die dogters en personeel veilig terug na die lang tyd op die pad is. Behalwe al die netbalvaardighede wat hulle opgedoen het en die hitte wat hulle moes trotseer, het hulle ook die plaaslewe terdeë geniet, iets wat ons stadsjapies nie elke dag ervaar nie – dit maak juis die ervaring so spesiaal en uniek. Die opwindende vier dae en drie nagte het onder andere ook die volgende aktiwiteite ingesluit:
|
- spanwerk;
- konserthou;
- skyf- en teikenskiet;
- modeparade;
- harde oefensessies;
- staproete in die karooveld en droë rivierbeddings;
- fantastiese plaaskos was soos altyd die hoogtepunt.
|
Baie dankie aan juff. Ischké en Sharon en mnr. Dian wat so mooi na die dogters gekyk het.
|
|
|
|
Op Dinsdag, 03 Februarie, het daar mini-krieketwedstryde teen Laerskool Milnerton by ons agter op die kunsgrasveld plaasgevind. Ons o.7- tot o.9-spanne het puik gevaar! Dit was ook vir ons o.7’s hul eerste amptelike mini-krieketwedstryd. Ek het gaan loer om hulle te ondersteun en hul waardering om my daar te sien, was net te kosbaar. Ek glo dat hul ouers ook die spesiale geleentheid saam met kinders terdeë geniet het.
|
|
|
Wêreld-hardopleesdag word jaarliks op die eerste Woensdag van Februarie gevier. Die doel van die dag is om mense wat ‘n gemeenskaplike liefde vir lees het, saam te bring en dit is presies wat op Woensdag, 04 Februarie, by die skool gevier is. Met hierdie inisiatief wou ons poog dat hardoplees nie angs hoef te veroorsaak nie. Lees is tog lekker! Hardoplees is beslis nie iets vreemd nie, veral nie wat die skoolkurrikulum betref nie. Al ons leerders in die verskillende grade het vanaf 11:30 aan die opwindende hardoplees–inisiatief met oorgawe deelgeneem. Leerders het die hele skoolterrein gebruik waar die senior leerders hardop stories vir die jonger leerders gelees het. Ons poog voortdurend om ‘n gesonde leeskultuur by ons skool te handhaaf deur ‘n liefde vir lees by ons leerders van ‘n baie jong ouderdom te kweek. Moedig gerus jou kind/ers aan om ‘n boek een keer ‘n week by die mediasentrum uit te neem en dit te lees.
|
Hiermee gaan ek voort om bekende Afrikaanse uitdrukkings/idiome en die betekenis daarvan met julle te deel in ‘n poging om ons pragtige taal verder te promoveer:
|
“om beet tussen jou beddings te plant”
|
Die uitdrukking word gebruik wanneer iemand geneig is om sy/haar tale te vermeng. Dit is wanneer iemand Afrikaans praat, maar met Englese woorde tussenin – word ook ‘Mengels’ genoem.
|
Mag julle ‘n wonderlike naweek saam met jul vriende en gesin geniet.
|
Groetnis Naas Beets SKOOLHOOF
|
|
|
|
|
|
VIR AANDAG
|
|
Neem kennis van die volgende belangrike aankondigings en gebeure:
|
|
|
|
|
|
|
|
Dit is weer daardie tyd van die jaar en die senior koor se jaarlikse koorkamp is om die draai!
|
- Middagete voorsien deur die skool: 14h00-14h20
- Oefen: 14h20 - 17h45
- Piekniek op die skoolveld vir alle koorlede en -ouers: 18h00 - 19h00
- Oefen: 09h00 - 14h00
- Ons voorsien:
- Waatlemoen vir peuselhappie
- Boereworsrolle vir middagete
- Leerders pak genoeg water en peuselhappies in.
- Kampkonsert vir ouers: 14h15 - 14h30
Kom kuier saam by ons senior koorpiekniek op Vrydag, 6 Februarie, vanaf 18h00 - 19h00. Ons nooi ook alle ouers uit om Saterdagmiddag, 7 Februarie, ’n kort kampkonsert in die skoolsaal by te woon.
|
Die koorkamp is verpligtend vir alle senior koorlede. Indien iemand nie die koorkamp kan bywoon nie, moet juf. Rolene asb in kennis gestel word.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier is hoe jy hierdie kwartaal 'n verskil kan maak:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Kom sluit aan by die gesprek oor kunsmatige intelligensie en sosiale media met Carla de Beer. Sien meer inligting hier onder:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Kom maak 'n draai by die Valentynsdagverkope! Sien meer inligting hier onder:
|
|
|
|
|
|
|
TERUGVOER
|
|
Die jongste sportuitslae, toekennings, prestasies en ander resultate:
|
|
|
|
|
|
JANNIES VAN DIE WEEK
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier volg die week se krieketuitslae:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier volg die week se tennisuitslae:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Anouk van der Linde, kaptein van die o.13A Western Cape Coastal aksienetbalspan, is gekies om die span aan die einde van Maart in Gauteng te verteenwoordig. Ons wens haar en die span alle sukses toe – hulle gaan die Wes-Kaap met trots verteenwoordig!
|
|
|
|
|
|
Volg Die Suidooster vir al die nuutste artikels, foto's en video's.
|
|
|
|
Klik HIER vir advertensies van die week
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Jy ontvang hierdie nuusbrief
|
|
omdat jy 'n ouer of ondersteuner van Laerskool Jan van Riebeeck is.
|
|
|
|
|
Laerskool Jan van Riebeeck, Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad
|
|
|
|
|
|