Share this emailCopy the public link or share it on your favorite channel.
Liewe Ouers

Dagboek

Sa 6 Junie 2026

  • Rugby: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
  • Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
  • Veiling

Ma 8 Junie 2026

  • Interne sport begin

Di 9 Junie 2026

  • Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)

Do 11 Junie 2026

  • Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)

Vr 12 Junie 2026

  • Eksamen Eindig

Ma 15 Junie 2026

  • Skoolvakansiedag

Di 16 Junie 2026

  • Jeugdag

Wo 17 Junie 2026

  • Hoofleiers Verkiesing
  • Eksamen Sieketoetse

Do 18 Junie 2026

  • Musiekkonsert ISF
  • Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar
  • Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)

Vr 19 Junie 2026

  • Finkom vergadering
  • Hoofleiers aanwys
  • Musiekkonsert GF
  • Toer oorhandiging
  • Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)


>> SIEN DIE VOLLEDIGE KALENDER <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 19 September 2025

Ek hoop en vertrou dat julle ook ’n baie goeie week geniet het, veral met die Springbokke wat die vorige naweek vir die Kiwi's behoorlik gewys het waar Dawid die spreekwoordelike wortels gegrawe het. Ek glo dit was ’n moeilike week vir die New Zealanders om hul grootste rugby-pakslae ooit te verwerk. Dr. Rassie en sy span weet darem net hoe om alle Suid-Afrikaanse rugbyliefhebbers baie trots te maak.

Die Kaapse weer bly darem net onvoorspelbaar en Moeder Natuur het weer die week haar “koue baadjie” aangetrek, al wil ons tog in ons harte glo dat lente uiteindelik hier is, en daarmee ook baie van ons gunsteling-blomplante. Ek glo dat julle opgelet het dat die clivias aan die voorkant (Kloofstraat se ingang) van die skool vanjaar weer in prag en praal blom met hul oranje kleure wat behoorlik die voortuin van die skool ophelder. Clivia miniata is een van ons meer bekende plante in Suid-Afrika en kom in tuine regoor die land voor. Hierdie wonderlike plante produseer nie net pragtige blomme tydens die lente nie, maar vermenigvuldig ook vinnig oor tyd, en as inheemse plante is hulle gewoond aan ons uiterste Suid-Afrikaanse klimaat. Ons pragtige oranje clivias komplimenteer ons skool se kleure beslis so mooi.
Baie geluk aan Ghia (Gr. 6) en Mateo Perreira (Gr. 4) wat bronsmedaljes na afloop van die WOW se provinsiale spelkompetisie op Saterdag, 13 September, te Wellington verower het. Hulle is dan die enigste Jannies wat verder tot die nasionale rondte, wat op 11 Oktober by die Universiteit van Stellenbosch plaasvind, gevorder het. Ons is baie trots op julle en dit is baie spesiaal dat boetie en sussie hierdie merkwaardige prestasie saam behaal het.
Baie geluk aan die volgende leerders wat vir die laaste rondte vir die SANF Wiskunde Olimpiade gekwalifiseer het:

Graad 6:
  • Anabella Boshoff
Graad 7:
  • Katryn Silvis
  • Ruben de Ridder
  • Ben Esterhuyse
  • Zani Scholtz
  • Annalene Viljoen
Die finale het op Donderdag, 11 September, by Bellvue Primêr in Belhar plaasgevind. Baie geluk aan die bogenoemde leerders. Ons wag nog egter vir hul uitslae.
Ons het twee jaar gelede ’n suksesvolle akademieseweek aangebied. Groot opwinding heers weer dié week by die skool met die afskop van die 2025 akademiese- en kultuurweek, wat op Woensdag, 17 September, begin het en tot Vrydag, 26 September 2025 duur. Die tema vanjaar is Die boublokke van ontwikkeling. Ons almal begin iewers …
Onder leiding van ons adjunkhoof, juf. Marinda, poog ons om met die akademiese- en kultuurweek ons leerders verdere blootsteling op akademiese gebied te gee wat normaalweg nie in die klaskamer geskied nie asook blootstelling tot kultuuraktiwiteite wat nie in die dag-tot-dag skoolprogram kan inpas nie. Deur leer interaktief en geïntegreerd aan te bied, bereik ons baie meer leerders. Dit sluit die volgende opwindende aktiwiteite in:
  • Kinderteater : Pampoenpit (Gr. R – 3)
  • Konflikhantering: Gr. 4 – 7
  • NSRI-aanbieding: Gr. 4 – 6
  • Brick Club (BCSA): Gr. 1 – 7 (speel en bou van torings met blokkies)
  • Bordspeletjies Gr. 1 -7
  • Oupa-en-oumadag: Gr. 1 – 7 (Gasprekers ds. Marietjie Steyn en haar pa, dr. Braam Hanekom)
  • Zeits Mocaa uitstappie: Gr. 6 & 7
  • Atlantic Film Studios uitstappie: Gr. 7
  • Karateklasse: Gr. 1 - 3
  • Jogaklasse: Gr. 4 – 7
  • Motiveringspreker: Ruswahl Samaai (SA & Olimpiese atleet)
  • Vriendskappe vir dogters met Lindie Strydom: Gr. 4 – 7
  • Amy Letcher (internasionale aktrise) besoek vir dramalesse: Gr. 5
  • Interne Robotika-kompetisie (eerste keer in ons skool se geskiedenis)
  • Etiket met Nel van der Walt: Gr. 4
  • Spaanseklasse: Gr. 1 en 2
  • Strykensamble
  • Skaaklesse: Gr. 1-6
  • Kooroptredes te Curro Durbanville (Nootvas Koorfees) op 23 September
  • Jannies Talent op 25 September
  • Dapper Stappers op 20 en en Jan Trap op 27 September
  • Ontwerp jou ideale slaapkamer: Gr. 6
Soos julle kan sien, is daar verskeie opwindende en opbouende aktiwiteite wat ons leerders ‘n wonderlike blootstelling en akademiese- en kultuurverryking gee wat nie in die normale skooldag kan geskied nie. Verder doen die onderwysers baie moeite om in die onderskeie klasse en grade met eie inisiatief ons leerders te inspireer. Ons glo dat die opwindende week ons Jannies holisties op akademiese en kulturele gebied sal motiveer om nòg meer kreatief en innoverend te wees. Mag dit vir hulle ‘n leersame week vol hope pret wees!
Graag wil ek van die geleentheid gebruik maak om die voorsitter van ons Beheerraad, Merwe Scholtz, hartlik geluk te wens met sy verjaarsdag vandag. Mag die Here sy nuwe lewensjaar ryklik seën. Baie dankie vir jou dinamiese leiding om ons skool na nog hoër hoogtes te lei. Geniet jou spesiale dag.


Dit is dan my voorreg om voort te gaan om ons pragtige moedertaal te promoveer en sluit ek met nog ‘n bekende Afrikaanse uitdrukking af:

‘Water in ‘n mandjie dra’

Die uitdrukking verwys na iemand wat 'n onmoontlike taak probeer doen.
Geniet ‘n wonderlike naweek.

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF

VIR AANDAG

Neem kennis van die volgende belangrike aankondigings en gebeure:

AKADEMIE

Akademiese- en Kultuurweek 2025

Om vaardighede aan te leer en kennis uit te bou, begin ons almal deur blokkies te bou. Ons is opgewonde om vanjaar se program en die aktiwiteite met julle te deel: Die Boublokke van Ontwikkeling

Blokkies bou: BCSA en CapeLUG-uitstalling

Ons is super opgewonde en bevoorreg om BCSA en CapeLUG as deel van ons Akademiese- en Kultuurweekprogram te verwelkom.

Graad 1 - 3-leerders gaan heerlik blokkies bou terwyl die gr. 4 - 7-leerders torings vooraf in groepe gaan beplan en dit dan met bepaalde blokkies en figuurtjies gaan bou om te bepaal watter groep se toring die sterkste, hoogste, maklikste vervoer kan word, ens. is. BCSA bring hul eie blokkiestelle waarmee leerders gaan speel en bou terwyl CapeLUG se lede hul modelle gaan uitstal vir die maats wat baie geïnteresseerd is in blokkies bou.

Hierdie organisasie doen dit vrywillig en geen koste is hieraan verbonde nie. Ons wil hulle egter ondersteun deur blokkies in te samel sodat hulle dit vir ander projekte kan aanwend. Sien gerus die onderstaande inligting oor hierdie organisasie.
Information for donations

What is Brick Club SA
Brick Club SA is a donation driven community initiative that brings play first activities to South African communities. We host free building sessions mainly in public libraries, with occasional Brick Club Experiences at daycares, children’s homes, and community centres. Children are the builders. Parents are welcome to be present and encourage them. Our duck mascot reflects our raise a village idea. Many small parts working together make something strong. Ducks are social, resilient, and intelligent. That spirit shapes how we welcome families and keep play simple, joyful, and free. Every Child, Every Brick, Every Possibility.

Where your donations go: Club Boxes
We wash and sort both new and used genuine LEGO® and pack them into Club Boxes issued to participating librarians. We choose libraries because they are safe and inclusive community hubs. In some areas they are among the few neutral safe spaces that everyone respects. Each Club Box can support about 20 to 40 children, depending on staffing. The same boxes are used by librarians or Club Leaders for ECD sessions, reading programs, holiday activities, and outreach. We also have homeschool groups and are piloting a neurodiversity group for 6 to 8 children where stimming and each child’s uniqueness are embraced in a welcoming environment. LEGO® is expensive. Many children know it but cannot access it. Librarians see wish lists that simply ask to play with real LEGO. Your donations help create new Club Boxes stocked with minifigures, baseplates, wheels, windows, and DUPLO® for younger builders. We issue these boxes as part of BCSA with monthly theme support, supply rotation, and guidance at no cost, so play stays free for families.

Brick Club SA is run entirely by volunteers and funded only by donations. Your contribution helps us expand as demand grows and supplies remain limited.

LEGO® and DUPLO® are trademarks of the LEGO Group, which does not sponsor, authorize, or endorse Brick Club SA.

You can see what we do or share https://www.facebook.com/BrickClubSA and our display with CapeLUG here https://www.facebook.com/share/p/16zNGKj9gR/

KULTUUR

Jannies Talent: 25 September 2025

Kom geniet ’n aand vol talent en pret!

???? Donderdag, 25 September
???? Skoolsaal
18:00

Kaartjies beskikbaar op Karri.

SPORT

Dapper Stappers: 20 September 2025

Kom herlaai in die natuur ná ‘n besige derde kwartaal en stap saam die Elephant’s Eye-roete op 20 September. Meer inligting is op die WhatsApp-groep beskikbaar.

Sluit hier by die groep aan:
Dapper Stappers: WhatsApp-Groep

Jantrap: 27 September 2025

Kom trap saam in die mooiste wynlandskap op die 27ste September by Meerendal. Kies tussen ‘n 5km en 10km roete. Almal is welkom. Meer inligting op die WhatsApp-groep.

Sluit hier aan:
Jantrap: WhatsApp-Groep

ALGEMEEN

Drukwerk by die skool

Het jou kind nodig om iets te print? Moenie bekommerd wees nie, ons help jou graag by die skool!
  • Swart & wit: R5 per bladsy
  • Kleur: R10 per bladsy
Onthou net om jou dokument in PDF-formaat te stuur, minstens 24 uur voor die tyd, na marecia@jvrprim.co.za

Kommunikasie aan onderwysers

Ons streef na ope en gemaklike kommunikasie tussen alle partye om gesonde verhoudinge met ons skoolgemeenskap te handhaaf. Ons rig egter 'n vriendelike versoek om ons kommunikasiepraktyk te respekteer:

Indien jy dringend met 'n onderwyser tydens klastyd wil gesels deur gebruik te maak van WA-geskrewe of stemboodskappe en e-posboodskappe, ens. moet jy asseblief kennis neem dat die onderwyser se kernfokus spesifiek op onderrig en betrokkenheid by ons leerders gedurende klastyd lê. Ons onderwysers beantwoord baie graag boodskappe vanaf ouers, maar doen dit sodra hulle 'n adminperiode tot hul beskikking het. In ons beleid stipuleer ons dat boodskappe binne 24 uur beantwoord sal word. Indien jy 'n boodskap dringend onder die onderwyser se aandag wil bring en dit nie kan wag nie, moet jy asseblief vir Adri Marais (LS JvR) en/of Roxanne Kiko (Huppelland) kontak sodat hulle die boodskap direk en spoedig moontlik aan die onderwyser kan oordra. 

Baie dankie vir die samewerking in hierdie verband.

Kontakbesonderhede:
Adri (ontvangs) - 021 423 4209
Roxanne (Huppelland) - 021 424 6056

Vakansiesorg: 6– 10 Oktober 2025

Sien meer besonderhede oor vakansiesorg hier onder:
VAKANSIESORG INSKRYWINGS

Ouersportdag 2025 – Kry jou spanne reg!

Maak reg vir pret, spanpoging en sportgees!

Saterdag, 29 November 2025, van 08:30 tot 17:30 bied ons die opwindende Ouersportdag aan.

Kom wys jou vaardighede in:

  • Netbal
  • 7’s Raakrugby
  • 8’s Hokkie
  • Aflosswem
  • Tennis
  • Skaak
Daar is slegs plek vir 8 spanne, elk bestaande uit 16–20 lede. Moenie uitmis nie – dit beloof ’n dag vol lag, kompetisie en lekker saamwees.

???? Skakel of WhatsApp Danielle le Clus-Rossouw by 082 923 5903 om meer inligting te kry en jou span se plek te bevestig.

Karri-Kaart Bestellings

Indien jy nie in kwartaal 2 'n Karri-kaart bestel het nie en nou een wil hê, kan jy direk deur hul webtuiste vir jou kind 'n kaart bestel. Jy kan jou eie adres gebruik vir aflewering.

Volg hierdie skakel om 'n kaart te bestel: KARRI KAART

Pragtige Musiek in die Welgemeend

16 November – DAGBOEK DIE DATUM EN BESPREEK
‘n Baie besonderse konsert in die Welgemeend-herehuis (op die JvR Hoërskool-terrein), Tuine, Kaapstad, word op Sondag, 16 November, aangebied – om 12:30 en 15:30.

Baie bekende Hofmeyr-kunstenaars tree op – in erkenning aan die familie se lang verbintenis met Welgemeend:
· Violis, Zanta Hofmeyr
· Fluitis, Melané Hofmeyr-Burger
· Sanger-liedjieskrywer, Laurinda Hofmeyr
· Komponis, Hendrik Hofmeyr – wat komposisies spesiaal vir die konsert skryf.

Kaartjies teen R250 (R200 vir pensionarisse en studente), wat ook verversings insluit, kan by Quicket bespreek word:
Hofmeyr Artists in Concert

TERUGVOER

Die jongste sportuitslae, toekennings, prestasies en ander resultate:

INDIVIDUEEL

Christiaan verower goud in stoei

Ons is trots om aan te kondig dat Christiaan Cronje, op 6 September 2025, aan die Parow Wrestlemania Toernooi deelgeneem het. Hy het in die Freestyle, FS-o.10-afdeling kragte gemeet en met groot vasberadenheid die goue medalje gewen.
Baie geluk, Christiaan, met hierdie uitstaande prestasie! ????

Volg Die Suidooster vir al die nuutste artikels, foto's en video's.

Klik HIER vir advertensies van die week

facebook instagram 
Jy ontvang hierdie nuusbrief
omdat jy 'n ouer of ondersteuner van Laerskool Jan van Riebeeck is.
Laerskool Jan van Riebeeck, Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad