Share this emailCopy the public link or share it on your favorite channel.
Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

Sa 6 Junie 2026

  • Rugby: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
  • Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
  • Veiling

Ma 8 Junie 2026

  • Interne sport begin

Di 9 Junie 2026

  • Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)

Do 11 Junie 2026

  • Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)

Vr 12 Junie 2026

  • Eksamen Eindig

Ma 15 Junie 2026

  • Skoolvakansiedag

Di 16 Junie 2026

  • Jeugdag

Wo 17 Junie 2026

  • Hoofleiers Verkiesing
  • Eksamen Sieketoetse

Do 18 Junie 2026

  • Musiekkonsert ISF
  • Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar
  • Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)

Vr 19 Junie 2026

  • Finkom vergadering
  • Hoofleiers aanwys
  • Musiekkonsert GF
  • Toer oorhandiging
  • Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)




>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Konsertreëlings en kaartjies: Augustus 2024

Konsertreëlings:

Volg hierdie skakel om die volledige konsertreëlings te sien:
https://bit.ly/konsertreëlings2024

Konsertkaartjies:

Bespreek by die skakel hier onder:

Kaartjies vir 2-11 September 2024
https://qkt.io/vBCzZL

Grand Finale Kaartjies - 12 September 2024
UITVERKOOP

Vir enige navrae kontak vir Megan per e-pos by:
megan@jvrprim.co.za

Foto- en videobestellings: Konsert 2024

Bestellings kan nou op Karri plaas word.

Fotograaf: Annene van Eeden neem foto’s van die konsert (voor en tydens die kinders op die verhoog is). Bestellings kan teen R150 per gesin op Karri geplaas word.

Videograaf: Daar word ook ‘n video deur Epitome van die konsert gemaak. Bestellings kan teen R180 per gesin op Karri geplaas word.

BELANGRIK: Maak asb seker dat jy slegs een keer vir jou gesin bestel. M.a.w. een betaling vir foto’s en een betaling vir die video per gesin.

Konsert: Nasorgtoesig

Goeiedag ouers en personeel.

Madri en Felicity by die nasorg wil graag vir die ouers 'n toesig geleentheid bied tydens die konserttyd vanaf 17:15 tot en met 18:00 teen R100 per leerder, per aand. Hulle sal sorg dat leerders 'n ete kry soos vetkoek en sop of 'n boereworsrolletjie. Die leerders sal skoon en netjies 18:00 na hul klasse toe geneem word.

Indien jul belangstel kan julle gerus vir Madri kontak by 0712876579.

Musieklesse: Maandag 2 September

Daar sal geen musieklesse op Maandag, 2 September, plaasvind nie. Maandag gaan die kinders en onderwysers volkome fokus op die kleedrepetisie en finale voorbereiding vir die skoolkonsert. Ons gaan Dinsdag, 3 September, weer voort met musieklesse.

Kontak my gerus indien daar enige vrae is.

Rolene van Zyl

ALGEMEEN

Rugby op die grootskerm: Saterdag, 7 September 2024

PlezierMarkt 2024: HS Jan van Riebeeck & Welgemeend

Kliek hier of op die foto vir meer inligting.

Felix-sussies soek verblyf

Welwillendheidsprojek: Dierebeskerming

TERUGVOER

Karu presteer in aksienetbal

Karu Rademeyer het die afgelope jaar, as deel van die Western Cape Coastal-netbalprogram, twee aksienetbalspanne tydens hul weeklikse aandligawedstryde verteenwoordig. Karu is die hoofdoel van beide spanne.

Tydens die afgelope week se finale rondes, het Karu en haar spanmaats van Thunderballers (o.12's en o.13') en Golden Mustang (o.13-provinsiale spelers) in beide afdelings die goue medaljes verower.
Karu is boonop in dié naelbytwedstryde as speler van die wedstryd aangewys.

Wel gedaan, Karu! Jy maak ons trots!

Christiaan Cronje Presteer in Stoei

Christiaan Cronje het Saterdag, 24 Augustus 2024, aan die WP-stoeikampioenskappe deelgeneem. Hy is op 27 Augustus 2024 gekies om deel van die WP-stoeispan te wees.

Baie geluk, Christiaan! Ons is trots op jou.

Oud-Jannies maak ons trots: HS JvR leierskap 2025

Ons is uiters trots op die leerders van HS JvR wat hul skool in leierskapposisies verteenwoordig. Dis die oud-Jannies waarop ons in besonder verheug is!
Graad 9 VRL: Carmen Barnard, Johan Symington, Jan-Willem Silvis, Stella Lamprecht en Katia van Wyk.
Graad 10 VRL: Cara Swanepoel, Albert Griesel en Helene Greeff.
Graad 11 VRL: Daniel Wasserman, Luca Zulch en Fredrich Erasmus.
Graad 12 Leerderraad: Roelf v.d. Merwe, Stella Malan, Christian Viljoen, Kianna-Gro Liversage,

Emma Bartel (onderhoofdogter) en Lara-Lisa Senekal (hoofleier en hoofdogter).

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 30 Augustus 2024 

Augustus-maand het net te vinnig tot ‘n einde gekom terwyl Moeder Natuur beslis nie haastig is om die lenteseisoen aan Kaapstad bekend te stel nie. Dit is ongelooflik dat ons die een kouefront op die ander kry wat groot hoeveelheid reënvalneerslae bring. Selfs die nuutste weervoorspelling toepassing sukkel om by te hou. Ons weet ook dat Lentedag tradisioneel orals in Suid-Afrika op 01 September gevier word, maar hier in die Moederstad gaan dit ons ongelukkig nog nie op 01 September beskore wees nie. Ek weet nie van julle nie, maar ek soek nou warmer weer met heerlike sonskyndae en bome vol pragtige lentebloeisels wat die hele omgewing ophelder. Kom ons hoop dat ons warm baadjies binnekort met warmer dae vervang sal word.

Graag wy ek die grootste gedeelte van my nuusbrief dié week aan die nuwe leerontwikkelingsentrum wat op Maandag, 26 Augustus, amptelik sy deure oopgemaak het. Hierdie wêreldklas-sentrum met al sy moderne meubels, speelgoed en apparate is tot stand gebring as gevolg van die ruim skenking van Whitey en Annalise Basson asook Mari en Brynn Kushner. Ons is vir julle as familie baie dankbaar en ons is saam met julle baie trots op die merkwaardige ruimte. Na deeglike oorweging en konsultasie is daar op ‘n baie gepaste naam, naamlik Zen Den besluit. Die leerders is eens dat Zen Den ‘n baie “cool’’ naam en plek is. Die betekenis van Zen Den is soos volg:
  • Zen: Dit is die Japanese uitspraak van ‘n Chinese woord wat ‘n gevoel van rustigheid en balans binne jouself verteenwoordig.
  • Den: ‘n Plek waar ons leer om self slim keuses te maak.
By die Zen Den word daar gestreef om ‘n veilige en kalm omgewing vir leerders wat sensories oorlaai of oorweldig voel, te skep. Hier kan leerders ondersteuning en rustigheid ervaar. Ons doel met die Zen Den is om die nodige wegbreekruimte gedurende skooltyd te skep waar leerders nodig het om hulle sintuie te reguleer en van hul angstigheid ontslae te raak. Hulle innerlike kalmte kan hier herstel word, sodat hulle weer rustig kan raak om verder in die klaskamer te funksioneer. Die sentrum bevorder selfregulering, emosionele welstand en akademiese sukses deur ‘n holistiese benadering wat die uniekheid van elke leerder erken en ondersteun. Om op te som, kan Zen Den gesien word as ‘n ‘toevlugsoord’ waar leerders kan selfreguleer, herlaai en floreer. Hier wil ons ook leerders met unieke uitdagings rakende neurodiverse prosessering ondersteun en hulle met die nodige vaardighede bemagtig om die wêreld met selfvertroue vierkantig in die oë te kyk. Ouers/voogde is welkom om die ongelooflike sentrum te kom besigtig. Ek glo ons skool is stadig maar seker besig om homself van ander skole te onderskei deur onder andere wêreldklas fasiliteite vir ons leerders te skep danksy ondersteuning van donateurs en weldoenders. Baie dankie ook aan Stephen Hitchcock (Stretch Architects), ‘n ouer en Beheerraadslid vir jou aandeel in die ontwerp van Zen Den. Laat my toe om veral vir Mari Kushner hartlik te bedank vir haar leeue-aandeel tot die totstandkoming van Zen Den. Mari, ons waardeer al jou kosbare tyd, finansiële bydraes en jou besonderse estetiese oog rakende die fynere afronding van die merkwaardige sentrum.
Vandag sluit ons die lang wintersportseisoen met ‘n sportnaweek tuis teen Laerskool Welgemoed af. Vanmiddag word al die hokkiewedstryde aangebied terwyl netbal- en rugbwedstryde môre sal plaasvind. Daar sal verskeie kosstalletjies by die skool en Conradieveld wees met smaaklike disse te koop. Vanaf Maandag, 02 September, is dit konserttyd! Daar is die laaste paar weke baie hard geoefen om vanjaar ‘n konsert, naamlik ’’Somewhere over the Rainbow’’, aan te bied wat jou vir seker sal meevoer. Ons Graad 7-leerders kry vanjaar elkeen ‘n geleentheid om as hoofkarakter op te tree. Ons weet dat dit vir hulle ook ‘n hoogtepunt sal wees. Kaartjies verkoop op die oomblik soos soetkoek. Tyd hardloop nou vinnig uit. Ek hoop van harte almal het al hul kaartjie gekoop, want mis jy die konsert, gaan jy vir seker baie spyt wees. Die skoolkonsert gaan beslis weer skooltrots en –gees aanwakker. Baie dankie aan al ons ouers/voogde wat so hard aan die kostuums werk. Ons is julle baie dankbaar en weet dat dit asemrowend gaan lyk.
‘n Skoolkonsert bied vir ons leerders net soveel lewenslesse buite die vier mure van die klaskamer as wat byvoorbeeld sportwedstryde doen, naamlik om te leer om effektief as ‘n span saam te werk en te volhard. Verder bevorder dit die leerders se selfvertroue en kweek dit ‘n gesonde werketiek. Kom ons wees eerlik: om op ‘n verhoog voor ‘n gehoor van meer as 350 mense op te tree, definitief intimiderend vir die meeste mense sal wees. Die skoolkonsert bied dus ‘n geleentheid vir leerders om moedig voor ‘n gehoor op te tree, ‘n vaardigheid wat hy/sy nog baie in hul lewe nodig sal kry. Geniet die konsert, lekker saamsing en mag dit al jul verwagtinge oortref!

Ek sluit dan die week weer af met nog ‘n bekende aanhaling rakende dankbaarheid, dié keer deur Arianna Huffington. Ek wens vir elkeen ‘n wonderlike naweek toe en geniet die sportnaweek teen Laerskool Welgemoed!

“Living in a state of gratitude
is the gateway to grace.’’


Vriendelike groete,
Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek

Kliek HIER vir advertensies van die week