Share this emailCopy the public link or share it on your favorite channel.
Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

Sa 6 Junie 2026

  • Rugby: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
  • Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
  • Veiling

Ma 8 Junie 2026

  • Interne sport begin

Di 9 Junie 2026

  • Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)

Do 11 Junie 2026

  • Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)

Vr 12 Junie 2026

  • Eksamen Eindig

Ma 15 Junie 2026

  • Skoolvakansiedag

Di 16 Junie 2026

  • Jeugdag

Wo 17 Junie 2026

  • Hoofleiers Verkiesing
  • Eksamen Sieketoetse

Do 18 Junie 2026

  • Musiekkonsert ISF
  • Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar
  • Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)

Vr 19 Junie 2026

  • Finkom vergadering
  • Hoofleiers aanwys
  • Musiekkonsert GF
  • Toer oorhandiging
  • Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)




>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Markdag Grondslagfase: 19 September 2024

Markdag sal op 19 September plaasvind. Hierdie keer kry die grondslagfase 'n beurt om iets te verkoop.
  • Geen klappers of lewende hawe mag verkoop word nie.
  • Dit begin om 10:00, ouers kan al van 09:30 kom regmaak.
  • Bespreek asseblief jou tafel op Karri.

KULTUUR

Junior en Senior Koor - Belangrike Datums vir Oktober 2024

Kontak my gerus indien daar enige vrae is. Ons sal weer kommunikasie nader aan die tyd stuur.

Vriendelike groete,
Rolene van Zyl

ALGEMEEN

Ouma- en Oupadag: 4 Oktober 2024

Ons is opgewonde om ons ouma- en oupadag vanaf vandag op Karri te adverteer. Nooi gerus ons mooi kinders se grootouers om hierdie oggend saam met ons te geniet.

Konsertfoto's: Voorsmakie

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 13 September 2024

Maandagoggend, 09 September, kon seker nie op ‘n beter wyse afgeskop het nie met al die tasbare opwinding en energie nog steeds in die lug na afloop van die magtige Springbokke se puik oorwinning hier op tuisbodem teen die legendariese All Blacks. Ek glo dat almal wat die wedstryd gaan kyk het, sal saamstem dat die opbou na die wedstryd, die ‘gees’ aan die buitekant van die ikoniese stadion, die groot getal mense wat vanaf vroegoggend in groen en goud oral in die Moederstad geklee was, die ongelooflike ‘gees’ wat net ‘n rugbytoets kan bewerkstellig, was eenvoudig die beste ervaring ooit. Behalwe dat ons gewen het, kry dr. Rassie en die Bokke dit werklik reg om Suid-Afrikaners oor verskillende kulture te herenig asook om belangrike nasietrots te bou. Ek dink julle sal saamstem dat hulle die beginsel van veerkragtigheid, vasberadenheid en spanwerk verpersoonlik. Ek bewonder Rassie en sy bestuurspan se toewyding tot inklusiwiteit en transformasie in SA Rugby. Ek glo nie daar is tans ‘n kragtiger daad om versoening en eenheid binne ons pragtige land te bewerkstellig nie. Ons het dit so nodig gehad dat Springbokrugby herenigde volksbesit word.

Week 10 sluit op ‘n baie hoë noot af met die gala-aand van die skoolkonsert wat op Donderdag, 12 September, plaasgevind het. Kwartaal 3 is alreeds gekenmerk met soveel sukses en hoogtepunte, maar die skoolkonsert het die spreekwoordelik kersie op die koek geplaas. Jy mag dalk dink ‘n skoolkonsert is tog maar net nog ‘n skoolkonsert, maar dit mag dalk arrogant klink, maar dit is beslis nie die geval by Laerskool Jan van Riebeeck nie. In week 9 het ons drie suksesvolle konsertaande aangebied en elke aand het ons verbeter op die vorige aand tot ons in die tweede week dit perfek reggekry het. Die hoofkarakters is almal Graad 7-leerders. Vanjaar kry elke Graad 7-leerder die geleentheid om as ‘n hoofkarakter op te tree. Ek dink die rotasie van hoofkarakters is uniek en besonders. Leerders wat selde die geleenthede kry om die kollig te steel, het hierdie geleentheid met ope arms aangegryp en baie mense aangenaam verras.
Ons skoolkonsert verdiskonteer ‘n puik produksie en elke item is aand-vir-aand luidkeels deur die gehoor toegejuig. Die gehoor het sommer lekker op die ritme van die liedjies saamgeklap. Ek het al ses aande van die konsert bygewoon, nie omdat ek die skoolhoof is nie, maar omdat ek dit saam met die leerders geniet het. Ek is oortuig dat elke gehoorganger na afloop van die konsert met ‘n lied in die hart uit die saal gestap het. Ek staan elke aand agter in die saal by die klank- en beligtingspersoneel en voor ek my kon kry, dan dans en sing ek tog te lekker saam op die maat van die musiek. Die liedjies wat vir elke graad en klas gekies is, is mooi afgewissel van moderne musiek tot musiek wat die oumas en oupas mee kon assosieer. Dus is daar vir oud en jonk voorsiening gemaak om die konsert terdeë te geniet. Die uitstekende beligting en klank, die asemrowende kostuums en professionele grimering het elke aand perfek afgerond. Ons streef in alles wat ons by die skool doen na uitnemendheid en dit is presies wat tydens die konsert ook gebeur het. Ek kan nie anders as om seker die trotste skoolhoof in die land te wees nie.

Ek wil weereens ons ouers/voogde/au pairs wat leerders op- en/of aflaai by die skool ernstig versoek om asseblief stadig op ons skoolperseel te bestuur vir die veiligheid van ons leerders, ouers en personeel. Ry eerder asseblief stadiger as wat jy dink jy moet, en observeer die hele tyd - ‘n kind is net ‘n kind en mag maklik besluit om in ‘n rigting te hardloop sonder om vir aankomende voertuie te kyk. Baie dankie vir jul samewerking in die verband.

Ek deel ongelukkig met julle ‘n bietjie leed, juf. Jua-Marie (Gr. 2 Klas-intern) se pa is Woensdagmiddag, 11 September, onverwags oorlede. Hy was die bekende eienaar en wynmaker van Allesverloren wynlandgoed. Ons gebede is met juf. Jua-Mari en haar familie in die moeilie tyd. Mag die Here vir hulle as familie die nodige vertroosting bring.

My dankbaarheidsbeker loop al vir ‘n geruime tyd met die spreekwoordelike vet en olie behoorlik oor daarom wil ek die leerders, personeel, ouers/voogde en Beheerraad hartlik bedank vir julle kollektiewe aandeel tot die sukses van ons trotse skool. Dus kan ek myself nie keer om nog ‘n bekende aanhaling rakende dankbaarheid, dié keer deur Brené Brown, met julle te deel nie. Ek wens vir elkeen ‘n wonderlike naweek saam met jul gesinne toe. Die vakansie is om die draai!

“What separates privilege
from entitlement, is gratitude.’’


Vriendelike groete,
Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek

Kliek HIER vir advertensies van die week