|
|
|
|
|
|
DATUMS
Sa 6 Junie 2026
- Rugby: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
- Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
Ma 8 Junie 2026
Di 9 Junie 2026
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)
Do 11 Junie 2026
- Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)
Vr 12 Junie 2026
Ma 15 Junie 2026
Di 16 Junie 2026
Wo 17 Junie 2026
Do 18 Junie 2026
- Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar
- Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)
Vr 19 Junie 2026
- Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons is reeds besig om aan 2025 se Akademiese week te beplan. Indien enige iemand 'n kontak het met iemand by Lego - boublokkies sal dit so gaaf wees om my (Marinda Brink) in kennis te stel. Die tema van die week is geskoei op Lego - boublokkies. Die plan is om volgende jaar se Akademiese week nog groter en met nog meer pret aan te bied.
|
|
Kontak my gerus: marinda@jvrprim.co.za
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons nooi graag alle lede van die Jan van Riebeeck- en Dirkie Uys-gemeenskap om Vrydag, 16 Augustus, saam op die Boshoffveld (hoërskoolsportvelde) onder die pragtige Tafelberg te kuier. Die hele familie is welkom en kan verversings op die aand koop.
|
Bestel gerus vooraf 'n Butlers-pizza of heerlike Stud-burger. Plaas asb. die bestelling vir etes teen Dinsdag, 13 Augustus, om 10:00 op Quicket.
|
|
By voorbaat dankie vir almal se ondersteuning - ons sien uit na 'n heerlike interskole-kuieraand!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier is die program vir Woensdag se onnies vs ouer(s)/voog(de) wedstryde. Woensdag, 14 Aug Onnies vs Ouer(s)/Voog(de) Rugby Tyd: 12:30 - 13:15 Plek: Veld
Netbal Tyd: 13:15 - 13:50 Plek: Vierkant
|
|
|
|
|
|
|
|
Interskole 2024 is om die draai en dit moenie mis geloop word nie. Hier is die program vir volgende week se geesweek.
Ons vertrou dat die Jannies saam sal geesbou!
Kliek op die foto om saam gees te vang:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Op Saterdag, 03 Augustus, het ons skool vir ‘n agtereenvolgende jaar weer ‘n baie suksesvolle mini-sportdag (o/7 - o/9 rugby & netbal) aangebied. Vanjaar was dit ‘n perd van ‘n ander kleur, aangesien dit hierdie jaar soveel groter was met 1 500 leerders wat aan 208 wedstryde deelgeneem het. Vir seker het ons skool nog nooit so ‘n groot sportbyeenkoms aangepak nie. Die weer het vir ‘n slag saamgespeel en ons kon op ‘n perfekte, sonnige dag ons skool aan soveel ander leerders, onderwysers en ouers ten toon stel. Vir ‘n beter dag kon ons beslis nie gevra het nie. Agter die skerms het die dag verskeie logistieke uitdagings gebied aangesien dit by die skool en Conradieveld plaasgevind het. Onwillekeurig dwing dit ons outomaties uit ons gemaksone. Die mini-sportdag bied ‘n geleentheid vir ons personeel om hulself te bemagtig en te groei. Ons weet almal dat daar geen groei in ‘n mens se gemaksone plaasvind nie. Die dag was uiters suksesvol weens puik beplanning, veerkragtigheid en deeglike uitvoering! Baie geluk en baie dankie aan ons personeel wat so hard gewerk het om die dag se sukses te verseker. Groot dankie ook aan ons OOV-lede, onder leiding van Coreen Scholtz, wat die snoepie by die Conradieveld hanteer het. Ek glo dat ons ouers/voogde saam met ons as personeel en leerders baie trots op die puik mini-sportdag maak.
|
|
|
Die EXCO (skoolbestuur) het vanaf 07 – 08 Augustus hul jaarlikse strategiese beplanningsessie suksesvol afgelê. Hierdie sessie is uiters belangrik om seker te maak ons trotse skool is strategies op die regte pad om ons skool na nog hoër hoogtes saam met ons dinamiese Beheerraad te lei. Tydens die sessies word onder andere die volgende items gefinaliseer:
|
- 2025 Kalender met buitemuurse programme
- 2025 Klasroosters
- 2025 Werksindeling van personeel
- 2025 Sportplan
- 2025 Kultuurplan
- 2025 Graad- en vakhoofde
- Insette vir 2025 konsepbegroting
- 2025 Veiligheid- en sekuriteitsplan
- 2025 Komitees
- Analise en terugvoering oor die 2024 meningspeiling van ouers/voogde
- Hersiening van 2024 – 2026 Strategiese Plan
|
|
Ek glo dat almal die spesiale vakansiedag, naamlik Vrouedag, wat môre 09 Augustus plaasvind, saam met hul gesinne as ‘n langnaweek sal geniet. Hierdie meevallertjie is die enigste langnaweek wat vanjaar buite die skoolvakansies plaasvind. Hou ingedagte dat dit nie sommer net nog ‘n publieke vakansiedag is nie, maar ‘n baie spesiale dag waartydens ons die belangrike rol van vrouens in ons samelewing moet vier. Graag wil ek van die geleentheid gebruik maak om al ons vrouens in ons skoolgemeenskap hartlik te bedank vir die belangrike rol wat hulle speel. Vrouedag moet gevier word om hulde te bring aan vroue wat groot bydraes tot vroueregte in Suid-Afrika gemaak het. Ek glo dat vroue die spreekwoordelike gom is wat gesinne en families bymekaar hou. Hulle vorm die pilare van ons gemeenskap terwyl hulle soveel rolle moet vertolk. Ons vergeet dikwels dat vroue ‘n onregverdige balans moet handhaaf tussen persoonlike ontwikkeling, kinders grootmaak, die huwelik en dan ook met ons as mans kompeteer om die korporatiewe leer te klim. Kom ons vier hierdie maand alle aspekte van vrouwees en bring hulde aan alle vroue, ongeag hul klas of ras. Maak seker julle bederf die vroue in jul lewens!
|
|
Baie dankie aan die ouers van ons leerderraad wat die jaarlikse Bring-en-Raai-aand gereël het. Dit was weereens ‘n reuse sukses. Die heerlike aand van samesyn en sommer net lekker kuier was so kosbaar. Baie geluk aan die Quizzards of Oz (Theo en Coralie van der Berg, Carina en Marc Jooste, Yolandi en Jannie de Ridder, Zirkea en Neil Leach) wat as die wenspan aangewys is. Graag wil ons ook die aanbieder van die aand, Wilhelm van der Walt, hartlik bedank vir sy puik hantering van die aand.
|
|
|
|
|
Besef julle dat oor minder as ‘n maand begin die gewilde tweejaarlikse konsert? Ons is tans hard besig aan die oefen om weereens ‘n merkwaardige konsert te hou – of sal ek eerder na dit as ‘n skouspel verwys? Kry solank jou konsertklere en skoentjies reg, dit is om die draai - hou hierdie spasie dop!
|
Ek sluit dan die week af met ‘n bekende aanhaling van Bob Parsons om ons almal weer so ‘n bietjie buite ons gemaksone te dwing - die plek waar groei, leer en ontwikkeling plaasvind. Ek wens vir almal ‘n wonderlike langnaweek toe, reis veilig!
|
“Get and stay out of your comfort zone. I believe that not much happens of any significance when we are in our comfort zones!’’
|
Vriendelike groete, Naas Beets SKOOLHOOF
|
|
Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek
|
|
|
|
Kliek HIER vir advertensies van die week
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|