|
|
|
|
|
Dagboek
Di 17 November 2026
- Huppelland Gr.R Kleedrepitisie
- Koffie en Beskuit Konsert (slegs Grade 1-3)
Do 19 November 2026
- Krieket: Tableview (WEG) o.7 - o.9
Vr 20 November 2026
- Megan Zondagh (Kommunikasie) verjaar
- RachΓ© Turner (Onderwyser) verjaar
Sa 21 November 2026
Ma 23 November 2026
Di 24 November 2026
- Prysuitdeling: Gr.1 (08:30)
- Prysuitdeling: Gr.2 (10:00)
- Prysuitdeling: Gr.3 (11:30)
Wo 25 November 2026
- Jan Kas Monitors Afsluiting
Do 26 November 2026
- Kersfees Musiekkonsert (onder afdak langs snoepie)
Vr 27 November 2026
- Eksperimaats Instappie: Gr.1-3 (Saal)
Ma 30 November 2026
Di 1 Desember 2026
- Prysuitdeling: Gr.5 (11:30)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Die eerste week van die eksamen vir die graad 7’s is agter die rug terwyl die graad 4 - 6-leerders op Woensdag, 11 November, met hulle eksamens afgeskop het. Ons besef dat eksamenstres 'n realiteit vir ons leerders is. Sommige hanteer dit makliker as ander, terwyl die meeste leerders 'n groot vrees vir teleurstellende resultate het.
|
Ek weet ook dat die eksamentydperk vir julle as ouers ook stresvol is, maar dit is belangrik dat julle jul kind(ers) sal aanmoedig om net hulle beste te probeer. Baie dankie dat julle nie hul waarde aan punte sal koppel nie, maar eerder aan die poging wat jou kind(ers) aanwend. Baie dankie dat julle saam met ons as onderwysers ons leerders sal ondersteun sodat hulle nie voel dat hulle die eksamenpad alleen hoef te stap nie. Ek weet ook dat sommige van julle bekommerd is dat jou kind(ers) nie goed in die komende eksamens sal vaar nie. Daarom wil ek graag uitwys dat dit net 'n laerskooleksamen is en nie 'n kompetisie nie!
|
Indien jou kind(ers) spogpunte behaal, is dit wonderlik en julle as ouer(s) is baie geseënd, maar ongelukkig is dit nie vir almal beskore nie. Maak gerus seker dat jou kind(ers) verstaan dat dit belangrik is om vir die eksamen voor te berei, maar ook dat die uitslae nie hul as 'n leerder definieer of bepaal watter tipe persoon hy/sy is nie. Nie almal kan goed in Wiskunde presteer nie; dalk is jou kind eendag 'n talentvolle kunstenaar of akteur en maak Wiskunde dalk nie saak nie, of dalk word hy/sy eendag 'n suksesvolle entrepreneur en maak Geografie- en Taalpunte dalk nie eers saak nie. As eksamenpunte so belangrik is en ons glo dit sal tot geluk lei, dan sal onder andere alle dokters, ingenieurs, geöktrooieerde rekenmeesters en aktuarisse mos die enigste gelukkige mense in die wêreld wees.
|
Dit is jammer dat eksamenpunte nie ook karakter, omgee, empatie en kreatiwiteit meet nie. Onthou dat elke kind teen sy/haar eie tempo ontwikkel. Ons sien jaar-in en jaar-uit hoe oud-Jannies wat in hul graad 7-jaar by ons nie eers die Top 10 akademiese posisies beklee het nie, maar vanaf graad 8 begin uitskiet het en teen matriek as akademiese uitblinkers uitstaan. Dus moet asseblief nie jou kind(ers) op laerskoolvlak onnodig vir uitmuntende punte druk nie, net omdat jy dit dalk op laerskoolvlak behaal het.
|
Ons onderwysers het die hele jaar uit hul pad gegaan om die leerders so goed moontlik vir eksamens voor te berei. Ons het betyds die eksamenrooster aan ouers/voogde versprei om genoeg tyd vir voorbereiding te gee. Ek sien dat eksamens as 'n belangrike tydperk van groei en ontwikkeling (aanleer van spesifieke vaardighede) vir leerders dien en nie 'n tydperk van prestasie en angs nie – daarvoor het ek julle as ouers se begrip nodig. Kom ons ondersteun ons kinders. Julle kinders is soos my eie kinders - moedig hulle net aan om hul beste te doen, vir ander om te gee en te weet dat ons nog steeds vir hulle lief is, ongeag die uitslae.
|
|
Op Maandagoggend, 09 November, het die graad 1-klasse hul mondelingopdragte, huise wat hulle vir hul assesserings gebou het, in die vierkant uitgestal vir almal om te bewonder. Hulle was so trots op hul spogwerke en ek was sprakeloos oor al die fyn besonderhede terwyl hulle vir my presies vertel het hoe hulle dit gebou het. Baie geluk, graad 1's, julle maak ons so trots!
|
|
|
Op Donderdagoggend, 05 November, het ons 'n spesiale Opedag vir ons 2027-gr. 1's gehou om hulle by die skool te verwelkom en vroegtydig te oriënteer sodat die transisie vanaf gr. R na gr. 1 soomloos kan geskied, sonder onnodige trane. Hulle is dan ook aan hulle nuwe juffrouens vir 2027 voorgestel en hulle het ook die geleentheid gehad om die skool se nuwe gelukbringer, BRUL-JANt, in die nasorgparkie te ontmoet, wat tot groot opwinding gelei het. Op dieselfde aand het ons 'n inligtingsessie aan hul ouers in die saal aangebied. Baie dankie aan juf. Nicola (graadhoof) en haar span vir die puik aanbieding en reëlings.
|
Ons jaarlikse gr. 4-inligtingsessie met ons huidige gr. 3-ouers het op Dinsdagaand, 10 November, om 18:00 in die saal geskied. Die doel van die inligtingsessie is om aan die huidige gr. 3-ouers te verduidelik wat gr. 4 asook die nuwe fase (intermediêre fase) behels. Dit sluit onder andere die nuwe gr. 4-vakke in, die voorstelling aan die verskillende onderwysers wat die vakke onderrig, die volg van 'n ruilrooster vanaf 2027, die gebruik van MS Teams, eksamens asook om hul voor te berei vir hul kind(ers) se oorgang na gr. 4. Ouers is dikwels meer angstig as hul kind(ers) wat na 'n volgende fase beweeg. Ek wil graag vir juf. Ilse-Marié (graadhoof 2027) en haar span hartlik bedank vir die puik en insiggewende aanbieding.
|
Dan het ons die inligtingsgeleenthede aan ouers met die graad 7-2027 ouers afgesluit waartydens ons lig op die senior fase geplaas het. Hierdie gesprek het op Donderdagaand, 12 November, in die skoolsaal plaasvind. Baie dankie aan mnr. André (graadhoof 2027) en sy span wat 'n vinnige blik oor die opwindende graad 7-jaar en tienerdinge gegee. Ons leerders presteer goed aangesien julle as hul ouers so betrokke is!
|
Afrikaans bly darem 'lekker' op die tong en is eenvoudig net 'n kosbare taal wat so ryk aan kleurryke idiome en gesegdes is, daarom hou ek aan om nog bekende en/of minder bekende Afrikaanse uitdrukkings/idiome en die betekenis daarvan met julle te deel in 'n poging om ons pragtige taal verder te promoveer. Deel gerus met jou kind(ers):
|
“Iemand dra sy hart op sy mou”
|
Die uitdrukking beteken dat iemand maklik sy/haar gevoelens (emosies) wys, of dit nou blydskap, hartseer, frustrasie of liefde is.
|
Ek sluit dan week 6 af en mag julle 'n wonderlike naweek saam met jul gesinne, vriende en familie geniet. Sterkte aan ons mini-krieketspanne wat vanmiddag by Curro Durbanville aan 'n toernooi deelneem. Mag die Bokke vanaand die Franse hane se stertvere behoorlik pluk!
|
|
|
|
|
|
VIR AANDAG
|
|
Neem kennis van die volgende belangrike aankondigings en gebeure:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Die prysuitdeling is om die draai! Gr.4 - 7-leerders kan aansoek doen vir die volgende spesiale toekennings by die prysuitdeling: Algehele veelsydigheid t.o.v. akademie, sport en kultuur: Gr.6 en 7 Mees veelsydige sportleerder: Junior (gr.4/5) en Senior (gr.6/7) Mees veelsydige kultuurleerder: Junior (gr.4/5) en Senior (gr.6/7)
|
Die vorm en bewyse (afskrifte) van die leerder se prestasies moet voor of op 20 November by juf. Lucia de Jager ingehandig word. Geen e-posinskrywings/bewyse sal aanvaar word nie.
|
|
|
|
|
|
|
|
Sien asseblief die skryfbehoeftes wat jou kind in 2027 gaan nodig hê hier onder:
|
|
|
|
|
|
|
|
Neem asseblief kennis van die volgende datums en tye:
|
- Gr. 7 Musiekkonsert: Maandag, 2 November, om 08:00 - 09:00
- Begrotingsvergadering: Maandag, 2 November, om 18:00 (slegs vir ouers)
- Graad 1 2027-oueraand: Donderdag, 5 November, om 18:00 (slegs vir ouers)
- Skool verdaag om 13:00 en 13:15 vir die hele skool: Vrydag, 6 November (personeel neem afskeid van terreinpersoneel)
Skool verdaag vanaf Dinsdag, 10 November, tot Dinsdag, 8 Desember, om 13:00 vir GF en 13:15 vir ISF.
|
- Eksamen begin vir graad 7: Maandag, 9 November
- Eksamen begin vir graad 4-6: Woensdag, 11 November
- Graad 4 2027-inligtingsgesprek: Dinsdag, 10 November, om 18:00 (slegs vir ouers)
- Graad 7 2027-inligtingsgesprek: Donderdag, 12 November, om 18:00 (slegs vir ouers)
- Spesiale interne kultuur- en sportprogram tree tydens skoolure in werking - 16 - 27 November
- Eksamen eindig: 20 November
- Graad 1-prysuitdeling: Dinsdag, 24 November, om 08:30
- Graad 2-prysuitdeling: Dinsdag, 24 November, om 10:00
- Graad 3-prysuitdeling: Dinsdag, 24 November, om 11:30
- Graad 4-prysuitdeling: Dinsdag, 1 Desember, om 09:00
- Graad5-prysuitdeling: Dinsdag, 1 Desember, om 11:30
- Kleure-atletiek (velditems o.9 - OPE): Woensdag, 2 Desember
- Graad 6-prysuitdeling: Donderdag, 3 Desember, om 09:00
- Graad 7-prysuitdeling: Donderdagaand, 3 Desember, om 18:00
- Kleure-atletiek (baanitems o.7 - OPE): Vrydag, 4 Desember
- Dinsdag, 8 Desember: sivvies
- Woensdag, 9 Desember: sivvies; rapporte word uitgedruk en uitgedeel (nie elektronies nie) en skool sluit om 10:30 vir alle leerders
|
|
|
|
|
|
|
Die afsnydatum vir bestellings is Woensdag, 25 November. Ongelukkig sal geen bestellings meer na hierdie datum gemaak kan word nie. Wagwoord - JVR2020
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons sien uit daarna om op Donderdag, 26 November, ons jaarlikse Kerskonsert aan te bied. Kom vier saam met ons die vreugde van die feestyd terwyl ons leerders hul talente op die verhoog ten toon stel.
|
'n Musiek-voorkonsert vind vanaf 17:30 tot 18:15 by die snoepie-area plaas, waarna die hoofkonsert om 18:30 begin.
|
Kaartjies kos R60 elk en is via Karri beskikbaar. Let asseblief daarop dat sitplekke beperk is en dat kaartjieverkope beperk is tot drie kaartjies per gesin, per deelnemende kind.
|
|
Ons sien daarna uit om hierdie besondere geleentheid saam met ons skoolgemeenskap te deel.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Neem asseblief kennis dat Jan Kas gedurende die eksamentyd die volgende winkelure vanaf 11 November tot 26 November sal volg:
|
- Maandag & Woensdag: 07:00 - 08:00
- Dinsdag & Donderdag: 12:30 - 13:30 (vroeër tye)
- Vrydag: Gesluit
Jan Kas sluit op 26 November vir voorraadopname en sal eers weer in Januarie 2027 oopmaak. Maak dus asseblief seker dat jou kind alles het wat hy/sy vir die laaste paar weke van skool en sport sal nodig hê. Geen bestellings of aankope sal vanaf 26 November meer gemaak kan word nie.
|
Hou asseblief die nuusbrief dop vir die bevestigde heropeningsdatums en winkelure vir die nuwe jaar.
|
|
Ons wens almal 'n voorspoedige eksamentyd toe!
|
|
|
|
|
|
|
|
Kihandré in Gr. 2T is doof en gebruik 'n spesiale Bluetooth-toestel wat sy onderwyseres se stem direk na sy gehoorapparate stuur. Dit help hom om agtergrondgeraas uit te skakel en beter in die klas te kan hoor.
|
Die toestel het verlede Vrydag verdwyn, moontlik by die klas of nasorg. Ongelukkig is dit 'n duur stuk toerusting wat ongeveer R23 000 kos om te vervang.
|
Indien enige ouer of leerder die toestel gesien of dalk opgetel het, vra ons vriendelik dat dit by die kantoor ingehandig word. 'n Foto van die toestel word aangeheg (Kihandré s'n het 'n toutjie aan).
|
|
Baie dankie vir julle ondersteuning en hulp.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Inskrywings sluit VANDAG, so finaliseer asseblief julle spanne spoedig!
|
Heerlike pryse is op die spel — baie dankie aan al ons borge wat reeds ingespring het!
|
π€ Ope-mikrofoon (Open Mic):
|
Ons nooi alle leerders en musikante hartlik uit om deel te neem aan 'n buitelug-ope-mikrofoon op die dag!
|
- Oop vir sang, elektroniese klawerbord, en enige instrumente wat jy self kan saambring.
- Neem asseblief kennis dat dit 'n minimale klankopset buite sal wees.
- The Studio - New Rising Arts behartig die musiekstasie.
π Stel jy belang om op te tree? Voltooi asseblief die vorm hier:
|
π Is jy nie een vir op die sportveld of verhoog nie? Geen probleem nie!
|
Daar is werklik iets vir almal.
|
|
Sien julle almal by die Ouersportdag 2026!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Die vakansie is amper hier!
|
Ons is besig om voorbereiding te tref, asook speletjies en kreatiewe aktiwiteite vir ons vakansieleerders te beplan π¨π§©β½οΈππ
|
π
DATUMS: 10 Desember – 12 Januarie
|
ππ VAKANSIE-HANDJIES IS OOP: β¨ 10 – 11 Des β¨ 14 – 18 Des β¨ 21 – 24 Des β¨ 4 – 8 Jan β¨ 10 – 12 Jan
|
Om seker te maak dat ons genoeg hande en aktiwiteite gereed vir almal sal hê, benodig ons so gou as moontlik die volgende belangrike informasie:
|
1. Die Naam & Van van leerders wat die vakansiesorg gaan bywoon? 2. Watter dae/datums die leerder by ons gaan kom kuier?
|
π RSVP – STUUR ASB DIE VOLGENDE PER WHATSAPP NA FELICITY: 073 856 6577
|
π§ Naam & Van: ____ π
Datums:____
|
Bv. Liam Groenewald – 10, 14 & 15 Des
|
Hoe meer inligting ons het, hoe meer voorbereid kan ons wees om dit ‘n onvergeetlike vakansiekuier vir almal te maak.
|
Ons kan NIE WAG om die vakansie saam met al ons vakansiesterre kreatiewe dinge te doen en pret te hê nie! βοΈππ
|
Dankie vir ouers se samewerking en ondersteuning!
|
Groete Die Vakansie-Handjies span β¨β€οΈ
|
|
|
|
|
|
|
TERUGVOER
|
|
Die jongste sportuitslae, toekennings, prestasies en ander resultate:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier volg die week se krieketuitslae:
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Klik HIER vir advertensies van die week
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Jy ontvang hierdie nuusbrief
|
|
omdat jy 'n ouer of ondersteuner van Laerskool Jan van Riebeeck is.
|
|
|
|
|
Laerskool Jan van Riebeeck, Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad
|
|
|
|
|
|
|
|