Share this emailCopy the public link or share it on your favorite channel.
Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

Sa 6 Junie 2026

  • Rugby: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
  • Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
  • Veiling

Ma 8 Junie 2026

  • Interne sport begin

Di 9 Junie 2026

  • Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)

Do 11 Junie 2026

  • Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)

Vr 12 Junie 2026

  • Eksamen Eindig

Ma 15 Junie 2026

  • Skoolvakansiedag

Di 16 Junie 2026

  • Jeugdag

Wo 17 Junie 2026

  • Hoofleiers Verkiesing
  • Eksamen Sieketoetse

Do 18 Junie 2026

  • Musiekkonsert ISF
  • Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar
  • Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)

Vr 19 Junie 2026

  • Finkom vergadering
  • Hoofleiers aanwys
  • Musiekkonsert GF
  • Toer oorhandiging
  • Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)




>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Jan Kas: Nuwe tye

Neem asseblief kennis dat Jan Kas-tye aangepas is en vanaf Maandag, 19 Augustus, gevolg sal word.

Die nuwe Jan Kas-tye is as volg:

Maandag & Woensdag: 07:00 - 08:00
Dinsdag & Donderdag: 13:30 - 14:30

Spaar tyd en koop aanlyn!
https://jankas.jvr.digital/koop/

Items wat aanlyn gekoop word, word by jou kind se klas afgelewer.

Interskoleprogram

Volg die skakel hier onder vir die volledige program:
https://bit.ly/interskoleprogramaug24

Konsertkaartjies: Augustus 2024

Die tyd stap nader en ons is amper gereed om die kaartjieverkope oop te maak! Die kaartjieverkope vir die konsert sal op Maandag, 19 Augustus 2024, open. Hou asseblief die WhatsApp announcement groep dop! Die skakel na Quicket sal daar gedeel word.

KULTUUR

Barbara Schreuder Dansskool: Moderne dans assessering en belangrike datums

Belangrike datums om van kennis te dra:
Saterdag, 24 Augustus: Modernedans Assessering@JvR
Saterdag, 9 November, en Sondag, 10 November: American Ballet Awards @JvR


Die Barbara Schreuder Dansskool neem deel aan die jaarlikse Moderne Dans Assessering op Saterdag, 24 Augustus 2024, te JvR
Program A @ 11.00vm
Program B @ 1.30 nm
Mev Belinda Mesecke van Durbanville is die beoordelaar.

Dansers demonstreer verskeie genres Moderne dans bewegings en interessante danse insluitende voorgeskrewe Eisteddfod danse op musiek van toeka tot nou.
Almal is baie welkom!
Kaartjies by die deure.
R60 Volwassenes
R40 Skoolgaandes

Ons is baie trots op die volgende dansers wat deelneem :
Juniors Gr1 tot Gr 4
Mila Maree
Emily Theron
Emma-Jane Wilke
Livia-Mae Liebenberg
Amatullah Bassardien
Heike Jansen van Rensburg
Vasti Swart
Cornelia Liebenberg
Anya Greeff
Ciera February
Iris Caldeira
Sienna Kruger
Ella Fischer
Mika vd Walt
Christa-Bella Swart
Lucy le Roux
Heidi v Heerden
Natalie Lawson
Ella Nel

Seniors :Gr 5 en ouer
Solange Stevens
Gabriella Buckenham
Ella Grey
Jessica Schincariol
Larah Opperman
Daniella Boshoff
Karlien vd Walt
Kerala Allewell
Lara Basson
Emma Liebenberg

BREAK A LEG!

ALGEMEEN

Graad 7 Entrepreneursdag: Donderdag, 22 Augustus 2024

Graad 7-fondsinsameling

Kyk Wie Praat: Inskrywing

Welwillendheidsprojek: Dierebeskerming

Wil jy eerder geld skenk? Bydraes kan ook op Karri gemaak word. Gaan na jou Karri toep en kies "Donasie vir diere".

TERUGVOER

Sportuitslae van die week: 8-15 Augustus 2024

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 16 Augustus 2024

Die jaarlikse interskolestryd tussen die Laerskole Jan van Riebeeck en Dirkie Uys is weer op hande. Dit is dan my eer om al ons besoekers vanaf Moorreesburg hier in die pragtige Moederstad hartlik te verwelkom. Ons wens vir julle ‘n wonderlike interskole-ervaring toe en by voorbaat dankie aan ons skoolgemeenskap wat ons besoekers met ope arms sal ontvang.

Dus het week 6 van die akademiese kwartaal tradisioneel met die ‘Geesweek’ afgeskop as deel van die jaarlikse Interskolebyeenkoms. Om gees te vang het ons vir elke dag die afgelope week ‘n spesifieke tema gehad en dit sluit die volgende in:
  • Maandag, 12 Augustus: Ouma- en Oupadag
  • Dinsdag, 13 Augustus: Olimpiese Spele
  • Woensdag, 14 Augustus: Bloudag met die wedstryde tussen Onnies en Ouers/voogde
  • Donderdag, 15 Augustus: Country vs Country Club
  • Vrydag, 16 Augustus: Oranjedag, ‘’Groot Brag’’ en hokkiewedstryde
  • Saterdag, 17 Augustus: Rugby- en netbalwedstryde
Die interskole is vir seker ‘n wonderlike tyd van die jaar vir die leerders daarom het hulle behoorlik die afgelope week geesgevang en getrou elke dag volgens die bogenoemde temas aangetrek. Ons weet die mededinging tydens die interskole gaan fel wees daarom wil ek by voorbaat ons ouers/voogde bedank vir hul onvoorwaardelike ondersteuning asook die daarwees wanneer daar gewen word, maar belangrik ook as daar verloor word. Mag ‘n gunstige tellingbord bloot ‘n meevallertjie wees. Verloor is nooit lekker nie, maar soos ek gereeld tydens die saalbyeenkomste vir ons Jannies leer: ‘n mens leer dikwels net as jy verloor. Mag goeie sportmansgees vanjaar se wenner wees.

Laat my ook toe om al ons organiseerders, onderwysers, afrigters en personeel wat die opwindende geleentheid moontlik maak hartlik te bedank vir hul harde werk en passie om die sukses van interskole te verseker. Ek is baie dankbaar vir ons puik en toegewyde personeel wat nooit skroom om die ekstra myl te loop nie.

Op Woensdag, 14 Augustus, was die rugby- en netbalwedstryde tussen die ouers/voogde en onnies as deel van geesvang natuurlik ‘n groot hoogtepunt. Die leerders is altyd so opgewonde om hul ouers teen die onnies te sien meeding. Hulle is dan ook nie altyd seker vir wie om te ondersteun nie. Die gesonde mededinging tussen ouers/voogde en onnies op die sportveld is so waardevol en kosbaar! Dit stel die voorbeeld vir die interskole en gee vir seker amper ‘n tasbare gevoel van kameraderie en trots. Baie dankie aan al die ouers/voogde wat deelgeneem het en sommer in die proses ‘n gratis oefensessie gekry het.
Laat my toe om HS JvR hartlik te bedank vir die uitnodiging om op Donderdagoggend, 15 Augustus, saam met ons eerste wintersportspanne en afrigters hul ‘Groot Brag’ in hulle saal te kon bywoon. Baie geluk aan mnr. Pieter Rademeyer en sy span met ‘n uitstekende ‘Groot Brag’ - dit was indrukwekkend en die ‘Gees’ is ‘Groot’! Hiermee wens ek al die JvR-spanne, Hoër- en Laerskool, sterkte vir die interskole toe en onthou al is daar baie op die spel, is dit nog steeds belangrik om dit te geniet!

Ons het die week ook afgeskop met die eerste deurloop as voorbereiding van die konsert wat binnekort gaan plaasvind. Die opwinding en energievlakke die afgelope week as gevolg van die interskole en inoefening van die konsert, is kosbaar!

Ek sluit dan die week af met ‘n bekende aanhaling van die voormalige tenniskampioen, naamlik Jim Couriers, rakende sportmanskap. Ek wens vir elkeen ‘n wonderlike interskole-ervaring en heerlike naweek toe!

“Sportsmanship for me is when a guy walks of the court
and you can't really tell whether he won or lost,
when he carries himself with pride either way!’’


Vriendelike groete,
Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek