Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

AKADEMIE

Akademiese Week 2023: Aktiwiteite

Sien gerus die beplande aktiwiteite vir die jaar se akademiese week. Indien jy belangstel om op een of ander manier by die week betrokke te wees, kontak gerus vir Marinda: marinda@jvrprim.co.za

Ek is nog opsoek na sprekers en opleidingsessies wat moontlik onder die volgende onderwerpe kan val:
  • Dis ‘n kuns om my geld te spaar – finansies, ens.
  • Kuns – beeldende kuns, drama, skryf
  • musiek / sang
  • Interessante sport – reeds joga en pilates op rooster
  • Dis ‘n kuns om my liggaam gesond te hou – gesonde eetgewoontes, leefstyl, medisyne, goeie tandversorging, ens.
  • Kuns van goeie mediese versorging
  • Velsorg
  • Enige iets anders

KULTUUR

WA Joubert Talentkompetisie

Indien JvR-leerders belangstel, kan ouers hul self inskryf:

Die Paarl Talentkompetisie is ‘n inisiatief van Laerskool WA Joubert en skep aan talentvolle kunstenaars die platform om hulle talente met die res van die Paarl te deel. Die komitee bestaan uit stigterslede Marinda Hunter van Laerskool WA Joubert asook Johan Roos van Bokradio en oud-leerder van Laerskool WA Joubert. Die sub-komiteelede is Marli Marais (admin), Lizaan Durr (finansies) en Jana Broodryk (bemarking).

Die kompetisie verloop as volg:
  • Vanaf 25 – 28 September word vier uitdunrondtes gehou by Laerskool WA Joubert.
  • Bekenstelling van finaliste asook video opnames van deelnemers (21 Oktober).
  • Gala-aand – 11 November
Die algehele prysgeld in totaal is R16 000 waarvan daar ‘n Junior- (R2 000), Senior- (R4 000) en Ope-wenner (R4 000) aangewys gaan word. Uit hierdie drie finaliste word dan ‘n algehele wenner (R6 000) aangewys.
  • Junior-wenner R2 000
  • Senior-wenner R4 000
  • Ope-wenner R4 000
  • Algehele wenner R6 000
Volg die skakel vir die inskrywingsvorm.

Ons sien daarna uit om u inskrywing te ontvang.

By voorbaat dankie

WA Joubert Talentkompetisie-span

ALGEMEEN

Bring-en-Raai 2023

  • 11 Augustus 2023
  • Stuur 'n e-pos aan karienzulch@gmail.com en bespreek 'n tafel vir 'n span van 8 spanlede teen R1800 per tafel.

Loslitdag: 1 September 2023

*Plakkers gaan van volgende week af op Karri beskikbaar wees.


Vrydag, 1 September 2023, is Loslitdag!
  • Tema: Share a smile
  • Trek bont en kleurvol aan!
  • Betaal R20 vir 'n loslitdagplakker om Vrydag, 1 September, sivvies aan te trek!

TERUGVOER

Stella Zulch presteer in Musiek

Stella Zulch het haar Graad 1 Trinity Eksamen in tromme deur die Welgemeend Skool vir Musiek voltooi en maak ons baie trots. Sy het uitstekend gevaar en 'n totaal van 88 uit 100 gekry. Baie geluk, Stella!

Skaakuitslae: 28 Julie & 2 Augustus

Ons skaakspan het hul eerste wedstryd vir kwartaal 3 verlede Vrydag, 28 Julie, teen Laerskool Kampsbaai gespeel. Ons Jannies het uitstekende strategiese skuiwe gemaak. Kampsbaai het 4-2 gewen. Ons stap met 'n glimlag weg wetend dat ons span alles ingesit het.

Ons het Woensdag, 2 Aug., Herzlia in die biblioteek ontvang om teen ons span skaak te speel. Hierdie was 'n moeilike wedstryd en ons is trots om te kan sê dat ons 3-3 gelykop gespeel het.

Baie geluk, Jannies!

Netbaluitslae: 2 Aug 2023

Woensdag, 2 Augustus, het Laerskool JvR teen Table View netbal gespeel. Dit was 'n ongewone warm dag, maar die Jannies het nie opgegee nie. Laerskool Table View se o.12A-span is die nommer 1 span in die Wes-Kaap en gaan binnekort aan die nasionale toernooi in Boksburg deelneem. Ons wens vir hulle baie sterkte toe.

JvR vs. Table View

o.7A verloor 0-2
0.7B verloor 0-2
0.7C verloor 0-3
o.8A wen 7-0
0.8B verloor 0-2
0.8C verloor 0-1
o.9A verloor 3-7
0.9B verloor 0-6
0.9C verloor 2-4
o.10A gelyk4-4
0.10B wen 8-5
0.10C verloor 0-2
o.11A wen 22-2
0.11B verloor 3-6
o.12A verloor 9-23
0.12B wen 12-7
o.13A wen 16-15
0.13B wen 6-4
0.13C verloor 4-6

Hokkie-uitslae: 3 Augustus

Ons hokkie-spanne het Donderdag ‘n vriendskap-like wedstryd teen Fanie Theron gespeel. Ons o.7 en o.8-seuns en dogters het hul eerste wedstryd gespeel en dit só geniet! Ons is opgewonde om hul wedstryd-gereed te maak vir Interskole vs. Dirkie Uys wat om die draai is!

Hier volg ons uitslae:

Seuns:
o7 1-0 w
o8 0-0
o11 0-0
o13 6-0 w

Dogters:
o7 1-2 v
o8 0-6 v
o11 7-0 w
o13 5-0 w

Welgedaan aan alle leerders wat deelgeneem het!

Stella en Rafa Lamprecht presteer in Tennis

Ons wil graag vir Stella en Rafa Lamprecht baie geluk toewens met hul puik prestasie tydens die verskillende Wilson-tennistoernooie. Beide Stella en Rafa het eerste geëindig in hul verskeie ouderdomsgroepe. Rafa is 1ste uit 18 spelers en Stella 1ste uit 24 spelers. Hulle is uitgenooi om deel te neem aan die Meesters-toernooi. Dit is ‘n merkwaardige prestasie. Ons is uiters trots op julle!

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Moeder natuur het haar spreekwoordelike winterkloue behoorlik vir die Wes-Kaap en veral vir ons pragtige Moederstad ingeslaan. Selfs die weervoorspelling-toeps se akkuraatheid word die afgelope tyd bevraagteken, want dit voorspel nie reën nie, maar tog word ons geseën. Presies 5 jaar gelede het ons almal gedink Dag Zero gaan aanbreek aangesien ons damme en reservoirs dolleeg was. Ons mag beslis nie weer oor al die wonderlike reën wat aanhoudend oor die stad val, kla nie. Die ongure weer beïnvloed beslis al ons buitemuurse aktiwiteite. Daarom is ons en ander skole in die stad se sport verlede naweek afgestel. Die watertafel van beide die Conradieveld en die junior veld (agter die skool) het met al die baie reën die afgelope tyd baie gestyg en maak dit selfs moeilik om te oefen. Ons vra vir begrip indien oefeninge ook nie kan plaasvind nie.

Beide ons junior en senior kore het op Dinsdagaand, 01 Augustus, saam met die bekende sanger, Jak de Priester, by die ikoniese Groote Kerk opgetree. Die merkwaardige kerk is Suid-Afrika se oudste plek van Christelike aanbidding, gebou deur Herman Schuette in 1841. Ons kore het hulle puik van hul taak gekwyt en het ons baie trots gemaak. Baie dankie juf. Helecia en mnr. Ben vir hul leeue-aandeel in die verband asook juf. Heidré vir die toesig. Graag wil ek al ons ouers/voogde bedank wat die spesiale optrede bygewoon het om ons kore te ondersteun en in die dieselfde asem wil ek Hoërskool Jan van Riebeeck gelukwens met die puik reëlings en ‘n baie suksesvolle aand saam met Jak de Priester.

Groen Vrydag wat op 28 Julie by die skool plaasgevind het, is georganiseer om die afskop van die Vroue Netbal Wêreldbeker te vier. Dit was ‘n reuse sukses. Ons leerders en personeel het lekker geesgevang deur groen en goud aan te trek om ons nasionale netbalspan vir die toernooi, wat op ons voorstoep plaasvind, te ondersteun. Volg hierdie skakel vir 'n video van die doelgooikompetisie. Ek doen ‘n beroep dat ons as skoolgemeenskap aanhou om die Proteas te ondersteun. Hulle gelykop telling teen New Zealand op Woensdagaand, 02 Augustus, was beslis ‘n hoogtepunt vir ons nasie. Kom ons hou styf duimvas dat hulle goed sal vaar in die res van die toernooi en 5de sal eindig.
Graag sluit ek af met die volgende stelling deur Joel Randymar oor die lewe en wens ek vir al die mini-sportspanne (o.7 & 0.8-netbal en rugby) wat môreoggend aan ons eie mini-rugby en -netbaldag gaan deelneem, sterkte toe. Mag almal ‘n wonderlike naweek saam met jul gesinne geniet.

“Life is not about having everything
It is about finding meaning in everything.’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir advertensies van die week

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Email Marketing Powered by MailPoet