Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Klerebanknuus 2023

Aangesien die skooldrag aangepas is vir ‘n meer moderne, interaktiewe Laerskool Jan van Riebeeck is daar ook besluit dat die skool die bedryf van die klerebank sal oorneem.

Hierdie oordrag sal vanaf 1 Oktober in werking tree. Soos met die skooldrag is daar ook ‘n oorgangsproses met die klerebank. Ons het onder meer reeds ‘n groot bestelling van verskeie skooldrag items geplaas om aan ons ouers/leerders se onmiddellike behoefte te voldoen. Baie dankie vir diegene wat reeds klere bestel het om vir die eerste skooldag van 2024 gereed te wees. Gaan gerus voort met aanlyn bestellings sodat jy met sekerheid jou kind Jan. 2024 skool toe kan stuur.

Die nuwe bedryfstye en -organisasie sal later aan almal gekommunikeer word.

Tot tyd en wyl staan Eda steeds aan die stuur van die klerebank en alle vrae kan nog aan haar gerig word. Klere wat reeds by Eda bestel is, sal steeds hanteer word soos afgespreek. Sodra die klere beskikbaar is, sal dit gekommunikeer word.

Met hierdie skrywe poog ons om meer gereelde kommunikasie betreffende skooldrag en klerebankreëlings te sirkuleer. Ons wil graag ook rustigheid aan almal bied dat die skool werklik luister en die beste vir ons skoolgemeenskap probeer doen.

Ons leerders lyk werklik mooi en netjies met die nuwe skooldrag wat gedra word. Ons sien uit na die gr. 4-7-geruite rompies wat binnekort ook beskikbaar sal wees.

Graag wil ons ook vir Eda bedank vir 8 jaar se toegewyde diens en die moeite wat sy ingesit het om boonop die skooldrag bekostigbaar te hou.

2024 is ‘n MOOI jaar waarna ons almal kan uitsien.

Laerskool Jan van Riebeeck KLEREBANK-groete

AKADEMIE

Boekverkope: 11 & 12 Sept. 2023

Dit is weer tyd vir ons kwartaallikse boekverkope! Dit sal eerskomende Maandag en Dinsdag (op die 11de en 12de September) in die biblioteek plaasvind. Stuur asseblief 'n geldjie saam indien leerders belangstel om 'n boek te koop. Ons sien baie uit!
  • Maandag, 11 Sept., 09:30 - 15:30
  • Dinsdag, 12 Sept., 07:30 - 15:30
  • Betaal met kontant, kaart of Snapscan

KULTUUR

Koorfees: 17 Oktober 2023

Albei ons kore tree 17 Oktober by die Weskus Koorfees op.
  • Dit word hierdie jaar by Laerskool Table View aangebied.
  • Kaartjies is op die Karri-toep teen R85 te koop.
  • Ons skool kry slegs 'n beperkte aantal kaartjies, so gou spring!!
  • Die afsnydatum vir kaartjie-aankope is 27 September.

Barbara Schreuder Dansskool: Cape Studio Exams 2023

Barbara Schreuder Dansskool bied aan 'n pragtige Moderne Dans-program: "Modern Assessments" Cape Studio Exams 2023

Datum: Sat., 16 Sept. 2023
Tyd: 11vm @JvR saal (Deure open 10.30vm)
Kaartjies: Te koop by deur
Kostes: R60 volwassenes R40 kinders
Beoordelaar: Anene Engelbrecht van Dance@studio 15 Hermanus

Ouers en familie en vriende is almal welkom om ons oulike dansers te kom ondersteun.

Elke ouderdoms groep demonstreer 'n verskeidenheid van nuwe Barre werk, (CentreWork) Arm en vloerwerk en (Jetes) Spronge en (Pirouettes turns) draaie. Daarna volg twee danse insluitende 'n karakter dans uit Blyspele en 'n voorgeskrewe Eisteddfod 2023 dans.

Die volgende dansers neem deel:

Gr. 1:
Deidre Louw, Michaela Lawson, Klara Pfeiffer, Katherine de Korte, Anya Greeff, Petronella Gouws, Mika Ohloff, Ciera February, Kacey Coulson, Iris Caldeira, Sienna Kruger, Elia Zwane

Gr. 2:
Christa-Bella Swart, Mika vd Walt, Lucy le Roux, Alayne Brink, Isla Jooste

Gr. 3:
Natalie Lawson, Skylar-Blake Ables, Heidi v Heerden

Gr. 4:
Solange Stevens, Jana v Gijsen

Gr. 5:
Ella Grey, Gabriella Buckenham, Danielle Fourie

Gr. 6:
Larah Opperman, Jessica Schincariol, Michaan Naylor, Isabella Marais, Daniella Boshoff

Gr. 7:
Kerala Allewell, Karlien vd Walt

Gr. 8/9:
Lara Basson, Lumarie Fourie, Emma Liebenberg

Lekker dans, break a leg!! Ons is trots op elkeen!

SPORT

Dapper Stappers: 15 September 2023

Volgende Vrydag na skool gaan ons 'n lekker vinnige stappie op Tafelberg inwerk. Ouers is welkom om saam te stap of om hul kinders saam te stuur en hulle later weer by die skool op te laai.

Roete: Beginpunt is onder die kabelkarretjie, die beginpunt van Indiavenster. Ons gaan 'n ent daarmee op en dan op 'n kontoerpad. Die plan is om na die grot - Andy's Cave - te stap.

Tyd: Ons vertrek 14:10 van die skool af. Die duur van die stap sal later bevestig word, maar sal nie lank wees nie.

Moeilikheidsgraad: Die eerste deel is opdraend, maar omdat dit nie ver is nie, sal beginners dit steeds kan doen, ons kan dit stadig vat.

Vorm

Ek sal binnekort 'n Skoolergroep maak met al die ouers wat die vorm ingevul het.

Somersportprogram 2023

Ons begin Maandag, 11 September, met ons Somerprogram. Kliek op die foto of volg die skakel vir die volledige program.

ALGEMEEN

Roomysverkope: 15 September

Graad 7-Fondsinsameling

Bring R10, R15 of R20 en kom ondersteun die graad 7's!

Prysuitdeling bekers 2023

Kan alle leerders wat verlede jaar bekers by die prysuitdeling ontvang het, dit asseblief so gou as moontlik terugbring skool toe. Onthou asseblief ook dat leerders self daarvoor verantwoordelik is om die beker te laat graveer. Alle bekers kan na die biblioteek gestuur word. Baie dankie!

The World Needs a Father CT: 13 - 15 Oct 2023

Kliek HIER vir meer inligting en vir die vorm wat jy kan voltooi indien jy belangstel.

Bok-Vrydag

Ter ondersteuning van die Springbokke by die Rugby Wêreldbeker, mag leerders elke Vrydag tot en met die einde van die kwartaal groen met geel sivvies aantrek.

TERUGVOER

WOW-spelfees 2023: Distrikskompetisie Uitslae

Die WOW-distrikskompetisie van 'n paar weke terug het ongelooflik goed verloop. Ons is baie trots op elke leerder wat deelgeneem en deurgedring het na die provinsiale rondte.

Prestasies per graad tydens die distrikskompetisie:

Graad 1: Alexander Styan (eerste), Wrensch Silvis (tweede), Anya Greeff (derde)
Graad 2: Mika van der Walt (eerste), Elisabet van den Berg (tweede)
Graad 3: Antjie Samuel (eerste), Maia du Toit (eerste), Dirk de Jager (derde)
Graad 4: Ghia Perreira (eerste), Anabella Boshoff (tweede), Ella van der Walt (derde)
Graad 5: Katryn Silvis (eerste), Susie Samuel (tweede), Amelie van der Walt (derde)
Graad 6: Isabella Marais (eerste), Michaan Naylor (tweede)
Graad 7: Liza Hertzog (eerste), Lisa-Mari Bosman (tweede), Katia van Wyk (derde)

Sterkte met die provinsiale rondte wat Saterdag, 8 September, plaasvind! Ons gee volgende week graag terugvoer.

Sport teen Welgemoed 1 & 2 September: Uitslae

Netbal:

Dit was 'n nat en koue dag, maar die reën het nie die Jannies gekeer op die netbalbaan nie. Elke Jannie het karakter gewys en deurgedruk op die gladde baan. Ons is trots op elke liewe Jannie. Geluk met die puik uitslae.

o.7A verloor 0-5
0.7B verloor 012
0.7C verloor 1-3
o.8A verloor (nie telling gehou)
0.8B verloor (nie telling gehou)
0.8C verloor (nie telling gehou)
o.9A verloor 3-15
0.9B verloor 0-1
0.9C verloor 0-6
o.10A verloor 7-8
0.10B wen 5-3
0.10C verloor 1-10
o.11A wen 18-5
0.11B verloor 6-14
0.11C verloor 0-15
o.12A wen 17-8
0.12B wen 8-3
o.13A wen 18-10
0.13B verloor 9-12
0.13C verloor 1-8

Rugby:

Op die 2de September speel die Jannies teen Laerskool Welgemoed. Ons was gegroet met 'n snerpende koue wind en nat gras in Belville. Die o.7, o.8 en o.9-spanne het eerste die Blessies die stryd aangesê en moes ongelukkig die knie buig teen baie talentvolle spanne.

Die o.11A-span wen 'n naelbytstryd 10-8, met Carter Schoeman wat 'n strafskop oorskop nadat tyd reeds verstreke was. Dit was 'n ongelooflike vertoning deur die hele span. Die span sluit die jaar af met slegs 3 verlore op hul kerfstok.

Die o.13A-span, wat swaargetrek het onder beserings in kritiese posisies, het toe op die veld gedraf. Na 50 uiters fisiese en senuwee-belaaide, minute het hulle as oorwinnaars uit die stryd getree. Hulle eindtelling was 22-14. Hierdie wen sluit dan 'n seisoen af waarin hulle net 4 van hulle 24 wedstryde verloor het. Ons is ook trots op die wenne behaal teen Kenridge, Welgemoed en Dirkie Uys.

Dankie aan die ouers en leerders se toewyding deur die jaar. Dit dra by tot 'n suksesvolle rugbyprogram waarin deelname die kernpunt is.

Nou is dit tyd vir die Springbokke!

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 8 Sept. 2023

Vandag vier ons "#Bok-Friday" en versoek ons al ons leerders, personeel en ouers/voogde om elke Vrydag vanaf 08 September tot die einde van die kwartaal ‘n springboktrui, of ‘n springbok t-hemp of iets groen en goud aan te trek as ‘n kollektiewe poging om die Bokke tydens die 2023 Rugby Wêreldbeker in Frankryk te ondersteun. Soos ons Springbokkaptein, Siya Kolisi sê: "We are in it together and together we are stronger". Ons wil deel van die nasionale inisiatief wees om bankvas agter die Bokke te staan in ‘n poging om hul titel van 2019 te verdedig en geskiedenis te maak as die eerste land wat vier wêreldbekers verower het. Ek glo almal sien daarna uit om te sien hoe twintig internasionale spanne sake gaan uitspook om vanjaar as die wêreldkampioene bekroon te word.

Op Vrydag, 01 September, is ons akademiese week op ‘n hoogtepunt afgesluit met die gewilde kaskarresies wat op die mini-sportveld agter die skool plaasgevind het. Ons leerders het omtrent die akademiese week terdeë saam met die personeel geniet en ons het leerders die geleenthede gebied om op ander kreatiewe maniere te leer terwyl hulle hope pret het. Ek glo dat die KUNS om ‘n Jannie te wees na afloop van die spesiale week bemeester is.
Ons eerste sportnaweek teen LS Welgemoed het vanaf 01 – 02 September weg plaasgevind. Alhoewel ons dit net as ‘n einde van die seisoen-sportdag gesien het, het dit wel as ‘n interskole-naweek vir die Blessies gedien. Op Vrydag, 01 September, het ons hokkiespanne teen hulle deelgeneem en bietjie "houe gevat", maar opvallend was die manier hoe ons Jannies, die afrigters en personeel, saam met ouers die verloor-uitslae op die spreekwoordelik ken gevat het. Ek was so trots om te sien dat die Jannies deurgaans oor die naweek met wen of verloor altyd beleefd was, geglimlag het en te alle tye puik sportmangees getoon het. Die naweek was weereens ‘n bewys van die spesiale verhouding tussen leerder en onderwyser, tussen leerder en leerder asook tussen onderwyser en ouer. Selfs een van die Welgemoed-mammas het my genader om ons leerders en personeel se gedrag en sportmangees te komplimenteer. Daar is min skole wat ons unieke etos en kultuur het. Op Saterdag, 02 September, het die momentum tydens die netbal- en rugbywedstryde egter na ons kant geskuif met ons senior netbalspanne wat puik oorwinnings behaal het.
Verskoon dat ek die o.11- en o.13-rugbywedstryde uitlig, maar hier was beslis die Dawid teen Goliat situasie a.g.v. beserings en siektes van sleutelspelers wat nie op die dag kon speel nie. Beide wedstryde was uiters spanningsvol en luidkeels deur leerders, ouers en afrigters aangemoedig. Die o.11’s wen 8 – 7 met ‘n strafdoel van buite die kwartgebied wat deur Carter (kaptein) verdoel is. Ons o.13A’s speel sonder vier sleutelspelers wat ongelukkig beseer en/of siek was. Die span speel egter die wedstryd van hul lewe. Hulle het absoluut vir mekaar gespeel en hul lywe letterlik op die spel geplaas, want hul wou ‘n punt op die dag bewys. Die o.13A’s wen die titaniese stryd met 22 – 14 en laat ons almal in ekstase met hul vasberadenheid en deursettingsvermoë. Baie geluk aan al ons spanne, ons puik en toegewyde afrigters asook ons ondersteunende ouers wat deur dik en dun by ons staan. Glo vir my dat hierdie spesiale vertonings deur sportspanne nie sommer elke dag gebeur nie en almal wat daar teenwoordig was, sal getuig dat dit kosbaar was en ons sal dit nog vir baie lank onthou. Die hoogtepunt was natuurlik toe al ons hokkie- en netbalspelers saam met die rugbyspelers en personeel ‘n kringetjie gemaak het om dit te vier. Ek kon myself nie keer nie en het self by die kringetjie aangesluit en die Jannie-Bom liedjie saam met die spelers gesing. Dit was so spesiaal en as ‘n trotse skoolhoof het ek vir ‘n oomblik amper emosioneel geraak, want ons skool is so geseënd in baie opsigte.

Op Maandag, 04 September, het die bekende motiveringspreker, Lynette Beer (Seeds of Inspiration), ons personeel kom toespreek as deel van personeelontwikkeling asook om die akademiese week met die personeel af te sluit. Lynette is ‘n formidabele dame wat die vermoë het om enige uitgeputte, afgematte en oorlaaide personeel binne een sessie so positief te inspireer dat hulle gevoel het of hulle sopas van ‘n heerlike lang vakansie teruggekeer het. Sy het veral gefokus op die feit dat die mens in die algemeen vergeet om sy/haar dankbaarheidsbril daagliks op te sit, want dit is net te maklik om te kla, negatief te wees en te kritiseer. Sy het verder gefokus op gesindheid en die feit dat jou eie gedagtes jou geestelik en emosioneel kan inspireer of dat dit jou na donker en negatiewe plekke kan dryf. Ons het elke dag twee eenvoudige keuses m.a.w. 1) ons sien al die uitdagings as geleenthede met ‘n silwer randjie of 2) ons laat toe dat negatiwiteit ons totaal insluk. Soos ek in my vorige nuusbriewe al gemeld het, leef ons in ‘n land vol negatiewe situasies soos byvoorbeeld korrupsie, beurtkrag, misdaad, stakings, verkeer, swak dienslewering, nadelige wisselkoerse, ens. en dit opsigself kan baie maklik tot negatiewe gedagtes en angs bydra. Dis juis hieroor waar ons onsself met positiewe mense moet skaar en positiewe dinge uitspreek. Dit is dan ook ons kollektiewe verantwoordelikheid om ons leerders/kinders positief te hou en hulle, die jeug, te motiveer dat hulle instrumenteel in die toekoms moet wees om die land ten goede te verander. Ons woon nog steeds in een van die mooiste stede in die wêreld en beleef elke dag eindelose genade. Ons moet net die moeite doen om die dankbaarheidsbril op te sit en die 'pragtige' wêreld saam met ons leerders/kinders aan die anderkant van die lens raak te sien.
Twee Vrydae terug, 25 Augustus, het ons aan die jaarlikse WOW-Spelkompetisie deelgeneem. Ons leerders het puik gevaar en weereens stof in die ander groter skole se oë geskop. 19 uit die 20 van die leerders wat deelgeneem het, het deurgedring na die provinsiale rondte wat môre in Stellenbosch plaasvind. My beste wense vergesel hulle.

Graag sluit ek af met die onderstaande aanhaling van G.K. Chesterton met die fokus op dankbaarheid en positiewe denke. Ek wens vir julle ‘n wonderlike naweek toe.

"When it comes to life
the critical thing is whether you take it for granted
or take them for gratitude!"

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek

Kliek HIER vir advertensies van die week

Email Marketing Powered by MailPoet