Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Skooltye Maandag, 4 Sept. 2023

Die skool verdaag Maandag, 4 Sept., vroeër a.g.v. 'n personeelopleiding:

12:45 (graad 1 - 3)
13:00 (graad 4 - 7)
Die bus vertrek om 13:05

Klerebanknuus 2023

Aangesien die skooldrag aangepas is vir ‘n meer moderne, interaktiewe Laerskool Jan van Riebeeck is daar ook besluit dat die skool die bedryf van die klerebank sal oorneem.

Hierdie oordrag sal vanaf 1 Oktober in werking tree. Soos met die skooldrag is daar ook ‘n oorgangsproses met die klerebank. Ons het onder meer reeds ‘n groot bestelling van verskeie skooldrag items geplaas om aan ons ouers/leerders se onmiddellike behoefte te voldoen. Baie dankie vir diegene wat reeds klere bestel het om vir die eerste skooldag van 2024 gereed te wees. Gaan gerus voort met aanlyn bestellings sodat jy met sekerheid jou kind Jan. 2024 skool toe kan stuur.

Die nuwe bedryfstye en -organisasie sal later aan almal gekommunikeer word.

Tot tyd en wyl staan Eda steeds aan die stuur van die klerebank en alle vrae kan nog aan haar gerig word. Klere wat reeds by Eda bestel is, sal steeds hanteer word soos afgespreek. Sodra die klere beskikbaar is, sal dit gekommunikeer word.

Met hierdie skrywe poog ons om meer gereelde kommunikasie betreffende skooldrag en klerebankreëlings te sirkuleer. Ons wil graag ook rustigheid aan almal bied dat die skool werklik luister en die beste vir ons skoolgemeenskap probeer doen.

Ons leerders lyk werklik mooi en netjies met die nuwe skooldrag wat gedra word. Ons sien uit na die gr. 4-7-geruite rompies wat binnekort ook beskikbaar sal wees.

Graag wil ons ook vir Eda bedank vir 8 jaar se toegewyde diens en die moeite wat sy ingesit het om boonop die skooldrag bekostigbaar te hou.

2024 is ‘n MOOI jaar waarna ons almal kan uitsien.

Laerskool Jan van Riebeeck KLEREBANK-groete

Toestemming om foto's te plaas vir Skole Spogblad in Die Burger

Die Burger het twee keer per jaar 'n Skole Spogblad en ons wil graag iets van Jan van Riebeeck plaas. Ons gaan foto's van leerders gebruik om met 'n paar aktiwiteite en prestasies by JvR te spog. Indien jy nie graag wil hê 'n foto van jou kind moet in die koerant verskyn nie, stuur asb. 'n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za of 'n Skooler-boodskap op die Algemeen kontakgroep voor Woensdag, 6 September.

Die bylaag sal in Die Burger van 11 September verskyn.

Bok-Vrydag

Ter ondersteuning van die Springbokke by die Rugby Wêreldbeker, mag leerders elke Vrydag tot en met die einde van die kwartaal groen met geel sivvies aantrek.

KULTUUR

Privaat dramalesse Maandag, 4 Sept. 2023

Maandag, 4 September, sal daar geen privaat dramaklasse wees nie. Die personeel het 'n opleiding wat ek ongelukkig moet bywoon. Die drama-maats is meer as welkom om Woensdag of Vrydag by te woon.

Lekker naweek!

Groete, Jana

SPORT

Somersportprogram 2023

Ons eindig die Wintersportprogram hierdie naweek teen Laerskool Welgemoed. Dit was ‘n bedrywige seisoen en ons sportspanne het hulle puik van hul taak gekwyt.

Neem asb. kennis dat daar geen buitemuurse oefening volgende week, 4 – 8 September, gaan wees nie. Daar is egter verskeie spanne wat nog wedstryde speel en die afrigters sal persoonlik met elke kind en ouer kontak maak rakende oefentye en wedstryde.

Ons begin Maandag, 11 September, met ons Somerprogram. Kliek op die foto of volg die skakel vir die volledige program.

ALGEMEEN

Prysuitdeling bekers 2023

Kan alle leerders wat verlede jaar bekers by die prysuitdeling ontvang het, dit asseblief so gou as moontlik terugbring skool toe. Alle bekers kan na die biblioteek gestuur word. Baie dankie!

TERUGVOER

Akademiese Week 2023: Terugvoer

Jannie-wees verg voorwaar ‘n spesiale KUNS. ‘n Kuns wat oor jare bemeester word tot die dag dat jy graad 7 verlaat. Vir sommige is hierdie reis vanaf gr. 00 by Huppelland en vir ander is dit slegs ‘n kort tydperk. Hoe ookal om by Laerskool Jan van Riebeeck betrokke te wees, maak dat jy na leer, die wêreld en sy mense anders kyk. Die lens waardeur ons kyk, help om ons leerders se horisonne net so ‘n klein bietjie meer te verbreed en daarom die idee van die akademiese week met sy anderste benadering en integrasie tot leer. Ons kinders leer en dink lankal nie meer op en aan dieselfde dinge as ons op hul bepaalde ouderdomme nie.

Hier bied ons iets wat nie noodwendig gebottel kan word nie, maar ons weet dat ons met ‘n unieke KUNSversameling besig is waarvan die materiale, aanwendig, proses, begin en eindresultaat verskillend is. Die LS JvR kunsgalery is kleurryk en poog daarin om aan al ons kunswerke spesiale aandag te skenk.

Ons waardeer elkeen wat ons galery so gereeld kom besoek. ‘n Groot en baie spesiale dankie aan elkeen wat betrokke was by hierdie week se verskillende uistallings. Met groot sukses het ons aan die einde van ons KUNSweek gekom. Dankie aan elkeen wat so hard werk om hul ‘kunswerk’ tuis aan te moedig en te inspireer om ‘n groter bydrae aan KUNS te lewer, want leer is lekker!

Besoek gerus die JvR-kiek vir nog baie lekker foto's oor ons 'kunsuitstalling'.

Ek is super dankbaar teenoor elke personeellid wat ekstra moeite en geduld aan die dag moes lê – ‘n trefferspan vir seker!

Mag Jannie-wees nog vir lank ‘n spesiale KUNS verg.

Met groot liefde vir ons skool – Marinda Brink

Abigail Fourie vaar goed by WP-kampioenskappe in gimnastiek

Abigail het Saterdag 'n brons medalje by die WP-kampioenskappe in gimnastiek gewen en sy is vir die WP-span verkies wat in Oktober te Pretoria aan SA's gaan deelneem. Baie geluk, Abigail!

Skaakuitslae: 25 Augustus 2023

Ons skaakspelers het 25 Augustus (Vrydag) teen die Deutsche Schule (tuis) gespeel. Ons spelers het uitstekend gevaar en 4-2 gewen. Baie geluk, Jannies!

Netbaluitslae: 26 Aug 2023

Saterdag, 26 Augustus, was dit ons jaarlike deelname aan Laerskool Brackenfell se sportdag. Dit was 'n koue, reënerige oggend, maar die dag het mooi oopgetrek en die dogters het hul harte uitgespeel. Baie dankie aan al die afrigters wat betrokke was en aan die spanne met hul mooi uitslae. Ons is baie trots.

o.10A
vs Curro Durbanville wen 9-3
vs De Kuilen wen 12-3
vs Sun Valley wen 16-4

o.11A
vs Curro Durbanvillle wen 14-5
vs Rhenish wen 9-2
vs Eversdale wen 10-8

o.12A
vs Bastion verloor 4-23
vs Sun Valley wen 7-5
vs Eversdale verloor 7-15

o.13A
vs De Kuilen wen 22-7
vs Sun Valley wen 22-9
vs Eversdale verloor 9-17

Jannies Talent 2023: Uitslae

Baie geluk aan AL die deelnemers! Julle was uitstekend!

Top 10 wenners
Andre Marais - kitaar
Armand Coetzer - beatbox
Jean- Jacques Rossouw - “ensemble”
Christina du Toit - dans
Danielle Boshoff - sang
Nicolaas Marais - kitaar
Keisha en Colleen - sang
Pieter en John - kitaar en tromme
Karu Rademeyer - sang
Petronella Gouws - dans

Baie geluk aan die Top 3:
Andre Marais
Armand Coetzer
Jean-Jacques Rossouw

Kaapse Afrikaanse Eisteddfod 2023: Klavier-uitslae

Baie geluk aan die volgende leerders se puik uitslae!

Lukas Venter: Hoogste Lof
Ella Grey: Lof++
Ruben de Ridder: Lof+, Hoogste Lof
Sabine Barnard: Lof++, Lof+, Lof+, Lof
Leah de Kock: Lof+, Lof++, Lof++, Hoogste Lof
Stella Zulch: Hoogste, Lof, Hoogste Lof
Neil Ferreira: Lof, Lof, Lof+
Karu Rademeyer: Lof, Hoogste Lof
Antjie Samuel: Hoogste Lof, Hoogste Lof, Diploma
Daniella Boshoff: Lof+
Mari Steyn: Lof
Susie Samuel: Lof+, Lof++, Lof++

Gerhard en Chrystal Conradie op KykNet en Via

Beide Gerhard en Chrystal Conradie doen jare lank al TV-advertensies, stem-werk en films. Op 24 Augustus is Gerhard na KykNet se Silwerskerm Filmfees by die Bay Hotel genooi vir ‘n Kortfilm, “Eensaam”, waarin hy teenoor Erica Wessels en Morne Visser speel. Gerhard en Chrystal het ook onlangs op die Via-kanaal in die kortfilm “Padlangs” saam met Viljé Maritz gespeel.

Ons is almal baie trots op die akteur en aktrise!

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 1 September 2023

Vandag vier ons Loslitdag. Loslitdag is vir die eerste keer in 1995 gevier. Hierdie toonaangewende en bewusmakingsinisiatief is ten bate van mense met gestremdhede. Ons moedig dus vandag ons leerders, ouers en personeel aan om iets unieks (so bont en kleurvol moontlik) aan te trek en in die proses ook ‘n klein donasie (plakker @ R20) te maak wat ons dan vir ‘n organisasie wat vir persone met gestermdhede help, skenk. Hiermee kan ons dan as skoolgemeenskap ons klein gebaar van dankbaarheid en omgee betoon. Ons tema vanjaar is "share a smile". ‘n Glimlag kos nie ‘n sent nie; ek daag ons skoolgemeenskap uit om dit daagliks vir ander mense te gee en so skep ons ‘n beter wêreld.

Op Vrydag, 25 Augustus, het die jaarlikse en gewilde Ouma- en Oupadag plaasgevind. Oumas en Oupas het van heinde en verre gekom om die spesiale dag saam met hul kleinkind(ers) by ons pragtige skool te geniet. Die hoogtepunt van die dag was beslis die insiggewende toespraak deur ons gasspreker, naamlik Elsabé Daneel. Elsabé is nie net ‘n formidabele vrou en aktrise nie, maar ook ‘n ouma by ons. Die dag is verder opgekikker met smaaklike lekkernye om aan te smul terwyl ons deur die gr. 7-leerders met drinkgoed bedien is. Groot dankie aan Marinda en haar span wat die dag onvergeetlik gemaak het.

Dit was ‘n groot eer en voorreg om al ons oumas en oumas by ons skool te ontvang, hulle te ontmoet en die dag saam met hulle te kon spandeer. Ons moet nooit vergeet dat Oumas en Oupas die spilpunte is van die familie tussen die verlede en hede veral wanneer dit kom by familie-erfenis, tradisies en die oordra van stories oor die jare heen. Ek salueer al ons oumas en oupas vir die belangrike rol wat hulle in ons skoolgemeenskap speel. Hulle is vir ons leerders veral in vandag se veranderde lewe belangrike mentors en rolmodelle en natuurlik ook hul helde. Graag wil ek sommer namens ons leerders en ouers/voogde vir al ons oumas en oupas hartlik bedank vir hul onverdeelde aandag, liefde, toegeneentheid en omgee. Oumas en Oupas is baie spesiaal en hulle moet dit nooit vergeet nie. My beste wense vergesel hulle!

Hierdie afgelope week vier ons akademiese week en fokus ons op die KUNS om ‘n Jannie te wees! Die doel van die akademiese week is juis om ons leerders blootstelling te gee wat juis nie tydens ‘n normale akademiese week plaasvind nie. Hulle het die geleenthede gekry om aan die volgende aktiwiteite en aanbiedinge deel te neem:
  • Die KUNS van Karate – Gr. 1-3
  • Die KUNS van Joga – Gr. 5-7
  • Die KUNS van Pilates – Gr. 4
  • Die KUNS van Entrepreneurskap – Gr. 7
  • Die KUNS van algemene gesondheid – Gr. 1-3
  • Die KUNS van redenaars
  • Die KUNS van goeie velsorg – Gr. 5-7
  • Die KUNS om jou tande te versorg – Gr. 1-3
  • Die KUNS van omgee
  • Die KUNS om gesond te leef – Gr. 5-7
  • Klimaat - ‘n KUNS op sy eie – Gr. 5-7
  • KUNS van leierskap – Gr. 6-7 en personeel
  • KUNS van modeparade – Gr. 7
  • Die KUNS van toekomstige vaardighede – personeel
  • Die KUNS om sensoriese integrasie aan te spreek - personeel
  • KUNS om talente te ontwikkel – Jannies Talent
  • Die KUNS van klassieke musiek – Gr. 1-3
  • Die KUNS van houtwerk – Gr. 4
  • Die KUNS om kunstig te wees – Gr. 2
  • Die KUNS om pret te hê - Gr. 1-7 (Kaskarresies)
  • Die KUNS om jouself te verdedig – Gr. 5-7
Die bogenoemde aktiwiteite en aanbiedinge is juis gereël om ons leerders blootstelling op ‘n ander vlak van leer te gee. Leer hoef nie noodwendig in die tradisionele sin van die woord byvoorbeeld slegs in die klaskamer plaas te vind nie. Daarom het die leerders aan nuwe, kreatiewe aktiwiteite deelgeneem om hulle juis te inspireer om buite die spreekwoordelike boksie te dink. Baie dankie aan al ons ouers wat die afgelope week as gasspekers opgetree het. Dinsdagmiddag het Jonty Thomson (‘n ouer by die skool) die onderwyspersoneel toegespreek as deel van die akademiese week oor leierskap. Hy noem onder andere dat onderwysers almal leiers is en leiers inspireer ander mense om te groei en ‘n beter weergawe van hulself te wees. Sy aanbieding was merkwaardig en ons gaan poog dat hy een aand ook ons ouers toespreek. Ons is so bevoorreg om julle kundigheid in die skool aan te wend en wat ‘n wonderlike voorreg vir ons leerdes om na hulle eie ouers te kon luister. Hierdie akademiese week kan nie plaasvind indien dit nie deeglik beplan en gereël is nie, dus laat my toe om vir Marinda en haar span hartlik te bedank en geluk te wens met ‘n fantastiese en inspirerende akademiese week wat vir ‘n lang tydjie by die leerders en personeel sal bly.

Woensdagaand, 30 Augustus, is die jaarlikse en gewilde Jannies Talent-aand gehou. Weereens laat ons talentvolle Jannies ‘n mens stomgeslaan staan met hul unieke talente en selfvertroue. Ek wil elke deelnemer baie gelukwens met hul puik optrede. In my oë was julle almal wenners! Baie geluk aan die volgende leerders wat op die aand as trofee-wenners aangewys is:
  • André Marais
  • Armand Coetzer
  • Jean-Jacques Rossouw
Baie dankie aan die OOV onder leiding van Coreen Scholtz wat vir ons die drank en spyse hanteer het. Laat my ook toe om die organiseerder, naamlik Helecia Groenewald, hartlik te bedank met die puik en gesellige aand. Dit was ook ‘n nostalgiese aand, aangesien Helecia na 32 jaar van ongebroke diens by ons skool aan die einde van die jaar aftree. Groot dankie ook aan Ben wat verantwoordelik was vir die professionele verfraaiing van die saal en die voorportaal.

In die vorige nuusbrief het ek verwys na Frank van der Walt (gr. 6) se opname in die WP o.12-rugbygroep wat die komende September-vakansie te Riversdal gaan deelneem. Graag deel ek dat hy hierdie afgelope week vir die WP o.12A-Span gekies is. Dit is die eerste keer sedert 2013 dat ons skool ‘n WP-Skole rugbyspeler oplewer. Baie geluk ook aan die trotse ouers, naamlik Franci en Nel, ons is saam met julle trots op sy prestasie.
Baie geluk ook aan al ons leerders wat op Vrydag, 25 Augustus, aan die jaarlikse WOW-Spelkompetisie deelgeneem het. Ons leerders het puik gevaar en weereens stof in die ander groter skole se oë geskop. 19 uit die 20 leerders wat deelgeneem het, het deurgedring na die provinsiale rondte in Stellenbosch wat op Saterdag, 09 September, gaan geskied.

Baie dankie aan Stephanie le Roux van Alive Foundation wat gereël het dat van ons leerders en personeel gratis oogtoetsing ondergaan het en in die proses ook brille ontvang het. Ons leerders en personeel se dag is beslis gemaak toe Stephanie dit die afgelope week kom aflewer het.
Graag sluit ek af met die onderstaande aanhaling met die fokus op "Die KUNS om ‘n Jannie te wees". Ek wens vir julle ‘n wonderlike naweek toe. Sterkte aan al die spanne wat oor die naweek aan sportwedstryde teen Laerskool Welgemoed deelneem.

"The artist is not a special kind of person;
rather each person is a special kind of artist!":

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek

Kliek HIER vir advertensies van die week

Email Marketing Powered by MailPoet